Tuesday, January 9, 2007

die bybel en die big bang hoofstuk 1

HOOFSTUK 1.

Alle aanhalings is uit die King James 1611.

Sommige van julle mag dalk vind dat jy slaperig voel terwyl jy lees, dit is as gevolg van die herfokus van jou oog en brein, sien dit as ‘n positiewe teken.


Die nuwe skepping van hemel en aarde.


Die bybel is seker die mees bespreekte boek op aarde. Mense maak mekaar dood en is lief vir mekaar as gevolg van die bybel.

Dan is daar die verskille tussen die wat glo in evolusie en die wat glo in skepping. Sommige verwerp die wetenskaplikes wat glo in evolusie en glo absoluut “dat God alles geskape het.”
Persoonlik verstaan ek nie hierdie geskille nie, want is evolusie nie ook ‘n vorm van skepping nie?
Volgens die bybel is God Gees en alles waarvan jy weet het gees anders sal hulle nie kan bestaan nie.
Kom ons neem plante as voorbeeld. Plante moet gees hê anders sal hulle leweloos wees en nie kan groei nie. Om hierdie rede kan ‘n mens sê dit is die gees in die plant wat moontlik wil verander. Dit kan natuurlik om verskeie redes wees soos byvoorbeeld om homself te verdedig of om mooier te word.
Sal ‘n mens dan sê dit is die plant wat wil verander of is dit God (die gees in die plant) wat verandering bring?

Natuurlik is dit waar tensy jy glo dat God nie in alles is nie en dan sal alles dood wees want ons weet dat God = lewe, alle vorme van lewe.
Nietemin die bybel is duidelik; God is in alles. Jy kan besluit of jy die bybel glo maar ons sal dit in elkgeval volledig bespreek.

Skepping is ‘n stadige proses, ten minste vir ons is dit..


Dan is daar natuurlik die vraag; het God alles in 6 dae geskape nl. 144 uur.
Ons kan tog nie so naief wees om te dink en te glo dat dit waar is nie.
Indien dit waar sou wees, waarom neem dit ‘n mens 20 jaar om volwasse te word of ‘n boom jare om groot te word? Waarom neem dit dan nie bv. 0,0003 sekondes nie?
Genesis is in sy geheel ‘n boek van simbole, as jy dit nie glo nie sal jy niks verstaan nie. Indien jy dit nie glo nie is dit dan baie maklik om van Satan ontslae te raak want dan glo jy tog dat dit ‘n werklike slang was wat Eva verlei het, en al wat ons dan moet doen is om al die slange dood te maak en Satan sal DOOD wees.


Ons is op aarde om kennis in te win en wat meer is, ons eet van die boom van kennis. Verder; ons sterf omdat ons van die boom van kennis eet, sien Gen. 3:3 en 6. Kennis het merkwaardig vermeerder veral oor die laaste honderd jaar, bloot omdat ons van hierdie boom eet.
Indien jy terugdink aan die prehistoriese tyd sal jy onthou dat daar ‘n tyd was wat ons geglo het die aarde is plat. Nou weet ons die aarde is rond.
Ons ontvang dus nog steeds kennis elke dag, ons eet immers nog steeds van die boom van kennis. Daar is ‘n groot verskil in; om in iets te glo of om kennis van iets te hê.

Het jy al ooit hieraan gedink; God het die mens (Man en Vrou) op die sesde dag geskape maar dit is nog steeds die sesde dag.
Dit kan nog nie die sewende dag wees nie want die sewende dag is die dag van rus en jy is veronderstel om die dag van rus in te gaan, sien Open. 14:13 en Pslm. 95: 11.
God het die skepping slegs op die sesde dag voltooi en omdat ons nog op die sesde dag is het God logies nog nie die skepping voltooi nie. Sien Gens. 1: 31.

Dink ‘n oomblik aan die volgende; Gen.2: 17 van die boom van die kennis van goed en kwaad daarvan mag jy nie eet nie, want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.
Dit sê; die selfde dag as jy van die vrug van die boom van kennis eet, dieselfde dag sal jy sterwe. Dieselfde dag is logies die sesde dag.
Miskien verskil jy nou en sê; die sesde dag is die dag waarop die mens geskep is en dit is reeds lankal verby. Vir die wat so dink vra ek die vraag; Adam het die vrug geeët en God sê; op dieselfde dag as jy dit eet sal jy sterf, my vraag is; waarom het Adam dan nog ‘n verdere 800 jaar gelewe en nie op dieselfde dag gesterwe nie?
Die antwoord is eenvoudig; omdat die sesde dag nog nie tot ‘n einde gekom het nie.
As jy nie hierdie WAARHEID glo nie sal die bybel ‘n leuen en ‘n geslote boek vir jou wees.

Wat meer is, die mens is geskep om slegs vir een dag te lewe, nl. die sesde dag. Aan die einde van die sesde dag sal die mens vir ewig verdwyn, sowel as alles wat jy nou sien….

Jy mag dalk vra; waarom? Omdat ons dan oorbeweeg na die sewende dag, die dag van rus, waar jy ‘n nuwe liggaam sal ontvang want jou huidige liggaam sal dan verdwyn, vernietig word Gen 2:1-3 en 1 Kort 15:52.

Huidiglik is ons een uur weg van hierdie merkwaardige gebeurtenis. Een uur verteenwoordig 41.666 jaar en is ook gelykstaande aan een generasie.
Het jy gehoor? In minder as 40 jaar van nou af sal alles wat jy sien verander het, insluitende jou eie liggaam. Dit is die sogenaamde tweede koms!!!

Kom ons kyk wat die bybel sê hoe alles ontstaan het.
Om hierdie bespreking te verstaan sal jy hierdie volle manuskrip moet lees nl. die openbaring van Johannes.
Nietemin, kom ons gaan na Gen. 1, die skepping van die hemel en die aarde.
Onder die term hemel moet ons verstaan dit wat ons die ruimte noem en onder die term aarde alle sigbare hemel liggame soos sterre, sonne en planete.

Wanneer ons na die volgorde van die skepping kyk soos in die bybel beskryf sal ons sien die volgorde maak nie sin nie.

Die logiese volgorde sal soos volg wees;

Dag een; God sê laat daar lig wees.

Dag twee; (dag 4 volgens die bybel) die ontstaan van die planete, sterre en sonne.

Dag drie; (dag twee volgens die bybel) die skepping van atmosfeer om die hemelliggame.

Dag vier; (dag drie volgens die bybel) droë grond verskyn en plante begin groei in die water en op land.

Dag vyf; skepping van die see diere en voels.

Dag ses; die skepping van land diere en die mens.

Dag sewe; mens en dier en alle sigbare dinge verdwyn en ons betree die sewende dag van rus.


Volgens die bybel is plante en bome op die derde dag geskep en die son op die vierde dag.
Ons weet almal dit is onmoontlik vir plante om sonder sonlig te groei want plante het fotosintese nodig om te groei.

Die skepping bestaan uit twee helftes nl. hemel, en aarde die ander helfte.
Die hemel reageer as die manlike en die aarde as die vroulike baarmoeder of siel van die skepping. Om hierdie rede word die aarde die moeder van alle lewe genoem. Hierdie onderwerp word volledig in ‘n ander hoofstuk bespreek.

Die betekenis van die woord Genesis is oorsprong en dit moet ons dus vertel hoe alles ontstaan het.

Wetenskaplikes sê die huidige skepping het 20 biljoen jaar gelede ontstaan met ‘n oerknal soos hulle dit deesdae noem. Sommige wetenskaplikes sê nou dit was 15 biljoen jaar gelede. Syfers speel egter ‘n groot rol in die bybel en 15 biljoen jaar pas nie in nie.

Kom ons sê die skepping is wel 20 biljoen jaar oud; kom ons deel nou 6 dae in 20 biljoen in dan sal jy vind dat elke dag 3,333 biljoen jaar is.
Kom ons bespreek nou hierdie dae afsonderlik.
Ons sal jou die He-breeuse betekenis van sommige woorde gee.

Dag 1 Gen. 1:1. in die begin het God die hemel en aarde geskape.
Ons kan die afleiding maak dat God twee plekke geskape het; ‘n geestelike plek en ‘n fisiese plek of ‘n onsigbare plek en ‘n sigbare plek.

Vers 2. en die aarde was woes en leeg.
Die woord leeg beteken; ‘n leemte,’n vakuum, holte, nutteloos of waardeloos, om na binne te tril, om te bewe of te tril, om skielik in beroering te bring of om te skud, om te glinster/skitter.
Ons kan dan hieruit aflei; dit was ‘n lugleegte of vacuum wat onstabiel geword het en skielik in beroering gekom het en ‘n versamelplek van nuttelose material was. ‘n Mens kan aflei dat hierdie vakuum die sigbare deeltjies in die ruimte ingesuig het.

Die betekenis van woes; ons kan ook sê soos die engelse vertaling; dit was sonder vorm; rommel of afval, verlate en waardeloos.
Die aarde was op daardie stadium sonder ‘n spesifieke vorm omrede dit onstabiel was en die pulpitasie wat soos ‘n bodemlose put ‘n orkaan vorm en wat die materie laat tol. (Sien gees onder.)
Dit is ook waardelose materie.

Vers twee vervolg; en duisternis was op die wêreld vloed.
Duisternis; vermeerderde duisternis, verwoesting, elende, dood, hartseer, donker nag en toenemende duisternis.
Toenemende duisternis = dit het meer en meer sigbaar geword.
Hierdie versameling van materie het meer en meer verdig en sigbaar geword, nie meer deurskynend nie. Ons kan hieruit aflei dat die sigbare duisternis genoem word, ‘n plek van elende en smart.
Wêreld vloed; die engelse vertaling sê “face of the deep”.
Die betekenis van hierdie woorde word as volg beskryf.
Dit is ‘n malende massa, ‘n bodemlose put, ‘n onpeilbare put, ‘n golwende massa wat opwel, ‘n geraas/gebrul/rumoer, geweldige beroering en skudding, ‘n geskud en nog meer wat hierdie geweldige kragte beskryf.
Dit beskryf die toestand van die materie wat op een plek versamel het.
Ons kan dus ook sê hierdie kolkende massas het meer en meer verdig en swaarder geword, maar het nog geen vaste vorm gehad nie, logies kan ‘n mens dit aflei.

Vers twee vervolg; en die gees van God het gesweef op die waters.
Gees die beskrywing van gees in Hebreeus is as volg. Wind, asem, lug, woede, reuk, gewelddadigheid, by ooreenkoms gees of ‘n orkaan.
Die betekenis van gees in die nuwe testament het verander.

Hierdie geweldadige orkaan word genoem die gees van God.
Hierdie malende kolkende massas is die oorsaak van hierdie orkaan of gees.

Water. Die betekenis van water word hier beskryf as ‘n fontein of ‘n oog en dit beskryf hierdie draaiende kolkende massas. Ons is bekend daarmee om te praat van die oog van ‘n orkaan.


Vers 3. en God het gesê laat daar lig wees en daar was lig.
Hierdie malende kolkende massas het ontplof en dit beskryf die sogenaamde oerknal van twintig biljoen jaar gelede.
Lig; lig word beskryf as; om aan die brand te steek, om te glim, liggewend/skitter/ophelder.
Volgens die bybel het hierdie bodemlose put omgeval van noord na suid en in die middel van die ruimte oop gebars of ontplof.

Jy mag nou dalk argumenteer en sê die gees van God is nie ‘n orkaan nie.
My vriend, God het baie magte en kragte, die bybel sê God het sewe geeste. Ons bespreek dit verder in ander hoofstukke.


Vers 4; toe sien God dat die lig goed was en God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis.
Soos ons bespreek het; voor hierdie ontploffing het die ruimte meer en meer verdig met die sigbare “stof” deeltjies wat in die ruimte rondgesweef het en as waardelose material opgehoop het. Na hierdie ontploffing het hierdie sigbare deeltjies saamgevoeg en sigbare voorwerpe gevorm soos die son, sterre en planete om sodoende die ruimte skoon soos water te laat; dit is die skeiding.
Ek sê; die skeiding is die skeiding/samevoeging van die sigbare deeltjies wat in die lug rondgesweef het.

Vers 5. en God het die lig dag genoem en die duisternis het hy nag genoem.
Hy het die helder lug dag of lig genoem en die sigbare voorwerpe het hy nag of duisternis genoem. Gedurende ons besprekings sal jy agterkom hoe belangrik dit is om te weet God noem die sigbare dinge duisternis.
God het die hemel dag of lig genoem en die sigbare aarde nag of duisternis.
Ons is nou aan die einde van die eerste dag of aan die einde van 3,333 biljoen jaar van die skepping.

Dag 2 vers 6; en God het gesê; laat daar ‘n uitspansel wees tussen die waters en laat dit skeiding maak tussen waters en waters.
Waters; water is die simbool van gees en stel dus verskillende hemele of atmosfere voor. Ons bespreek dit later weer. Noag se ark het drie verdiepings en stel drie verskillende hemele voor, ons bespreek dit later.
Atmosfere vorm nou om die planete met ‘n koepel tussen die verskillende atmosfere wat elke afsonderlike atmosfeer se gees of atome afsluit van mekaar, ondeurdringbaar die een van die ander.
Daar is ‘n skeiding tussen die gees/atome van die planeet en die interplanitêre hemele gemaak, asook tussen verskillende atmosfeer lae.

Vers 8. en God het die uitspansel hemel genoem of verskillende lae in die atmosfeer.
Water; gees of hemel = deursigtig of helder.


Dag 3. die logiese skeppings orde bring ons nou by vers 14 (6,666 bj jaar na die oerknal).
God het gesê laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel om skeiding te maak tussen die dag en die nag en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye asook vir dae sowel as jare.
“Ons” beweeg nou in ‘n tyd sone in, terwyl dit voorheen tydloos was. Verder; gasse begin nou saamvoeg en begin “brand” soos die son. Ander dien as weerkaatsing soos die maan.

Vers 16. God het toe die twee groot ligte gemaak; die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre.
Son as energie vir die dag en die maan as energie vir die nag albei nodig vir “groei”. Dit word uitdruklik gesê om te heers.
Die hebreeuse betekenis vir heers is; om heerskappy en mag te hê.
Ons kan aanvaar dat die son en maan ‘n baie groot rol gespeel het in die skepping gedurende hierdie tyd want hulle het heerskappy en mag ontvang.

Vers 17. en God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde.
Lig; die betekenis van lig word weergee as opgewek of om opgeruimdheid te gee.
Hierdie uitspansel is opsigself soos ‘n spieël wat alles in ‘n agterstevoor beeld weergee, ‘n verlede beeld, ‘n vals skepping om “ons terug te hou.”

Die skepping lyk glad nie soos jy dit sien nie. Dink hieraan; as daar ‘n oerknal 20 biljoen jaar gelede was wat die skepping verander het kan die volgende moontlikhede wees…

Wanneer jy ‘n ster sien ontplof kon dit miljoene jare gelede gewees het maar jy sien nou eers die flits want jy is gebonde aan tyd, gemeet in ligjare. Veronderstel jy sien nou vir die eerste keer die flits van ‘n “nuut gebore” ster en daardie spesifieke ligflits het 10 biljoen jaar geneem om jou te bereik dan kan die volgende waar wees..

*Dit kon geheel getransformeer het.
*dit mag dalk glad nie meer bestaan nie want dit kon totaal gedisintregeer het en bestaan dalk nie meer vir die afgelope 10 biljoen jaar nie.
*gebruik die volgende hipotese; indien jy ‘n telleskoop het om ‘n sekere planeet te sien kan jy moontlik selfs bewegende wesens sien, alhoewel hulle glad nie meer bestaan vir die afgelope 10 biljoen jaar, want die lig bereik jou nou eers.
Ons hier op aarde is in so ‘n situasie.
Ek sê; ons bestaan nie, ons is vasgevang in die verlede.
Miskien is dit ‘n bietjie bo ons intelligensie vermöens.


Wetenskaplikes sê hulle is amper by die stadium waar hulle fotos kan neem van hoe die skepping gelyk het kort na die oerknal. Nou wat sê dit vir jou? Hulle het reeds fotos van die oerknal.

Dag 4; of 9,999 biljoen of liewer 10 biljoen jaar na die ontploffing.
Vers 9.God het gesê laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel sodat die droë grond sigbaar word.
“Aarde” was vloeistof met ‘n groot hoeveelheid “minerale”. Die vloeistof en minerale het geskei en droë grond het verskyn. God noem die droë materie aarde en die versameling van waters see.
Eenmaal verdeel kon mistigheid en reën begin want die aarde is warm en die water is koud, dus kon wind begin waai en dit was nodig vir plante se ontwikkeling. Sien Gen. 2: 4-6.

Vers 11. en God het gesê laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat volgens hul soorte, vrugte dra waarin hulle saad is op die aarde.

Om voorsiening te maak vir mens en dier moes die aarde plante voortbring om suurstof te verskaf.
Evolusie/skepping het in hierdie volgorde geskied;
Gras het evoleer tot gras met saad, wat na bome verander met hulle saad in hulle.
Die Hebreeuse betekenis vir grasspruitjies word beskryf as iets soos alge wat later ontwikkel het tot gras met spesifieke spesies volgens hul soorte.
Logies het alge ook in die water ontstaan.

Ons is gewoond aan die term sintuie.
Grasspruitjies is een sintuiglik, gras met saad het twee sintuie, vrugtebome drie sintuie, vis vier, diere vyf en mense is ses sintuiglik.
Sintuie is in der waarheid = gees = God.
Plante het ‘n asemhalings stelsel ‘n respiratoriese asemhaling, dit gebruik lug en dit is dus die eerste geestelike uitruiling (God is gees) maar daar is steeds geen kreature.

Dag 5 vers 20. En God het gesê laat die waters wemel met ‘n gewemel van (bewegende) lewende wesens en laat die voëls oor die aarde vlieg lands die uitspansel van die hemel.
Die oorspronklike skrifte noem dit bewegende wesens wat lewe het.
Bewegende wesens; dit word beskryf as organismes wat beweeg of kruip.
Wat lewe het; om lewend te word, maar hulle is nie asemhalend nie.
Vir die eerste keer is daar nou lewe met gees en beweging.

Vers 21; en God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg waar die waters van wemel, volgens hul soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte.
Die oorspronklike skrifte sê die water het voortgebring en noem die walvis as die groot dier.

Walvis; ‘n monster.
Lewende wesens; asemhalende kreature wat verstandelik is.
Hierdie wesens het nou ontwikkel tot diere wat longe het en verstandelik is, hulle het ‘n brein ontwikkel.

Die eerste wesens was bewegende wesens wat lewe het en het nou ontwikkel tot lewende wesens wat asemhaal.

Dag 6 vers 24; en God het gesê laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte; vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte.

Dit het in hierdie volgorde gebeur;
Lewende wesens met ‘n lae verstandelike brein funksie het uit die water aan land gekom en het geleidelik ontwikkel tot vee. Logies was hulle asemhalende wesens.
Vee; ‘n water “os”, ‘n seekoei of nyl “perd”.
Verder, om doofstom te wees (‘n dom dier sonder geluid of spraak/geluid.)
Gehoor en geluid is op land ontwikkel nie in die water nie.

Wilde diere; dit word beskryf as hardlopende wesens.
Al hierdie diere en ook later die “mens” beskryf in Gen. 4: 17 – 23 was tweeslagtige wesens, hulle het hulself bevrug by wyse van spreke; ons bespreek en bewys dit in ‘n ander hoofstuk.

Toe ongeveer 555,555 miljoen jaar gelede sê God; vers 26; laat ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis. ‘n Goeie vriend van my wat Predikant en Dr. en Professor agter sy naam kan skryf het aan my gesê; God was alleen en wou kinders skep; ja natuurlik is dit waar maar wie is die ons dan, want dit suggereer tog dat God wel nie alleen was nie?
Ons bespreek in ‘n ander hoofstuk wie die “ons” is.

Beeld; ‘n skim, spookbeeld, ilusie, droombeeld, sinsbedrog, spieëlbeeld, persoonlikheid, figuur en skadubeeld.

Gelykenis; ‘n ooreenkoms, model, vorm, fatsoen, ‘n vergelykende ontwerp, ‘n ewebeeld of ‘n denkbeeld.

Vers 27; en God het die mens geskape na sy beeld, na die beeld van God het hy hom geskape;
Dan sê God presies wat hy met hierdie beeld bedoel, hy sê; man en vrou het hy hulle geskape.

Inteendeel, God sê; sy beeld is man en vrou in een liggaam en jy is presies na hierdie selfde beeld en gelykenis geskape.
Die afleiding is dus dat ek en jy man en vrou is in een liggaam.
Onthou die bybel sê man en vrou sal een word, een vlees.
Ek wil dit nou duidelik stel; God sê; hy = manlik en vroulik.

Hoe kan dit gebeur om een vlees te word mag jy dalk vra. Slegs in hul kinders is dit moontlik. Wanneer ‘n kind verwek word ontvang hy die gene van beide sy ma en pa, 50% van beide.
Dus, slegs in hul kinders kan man en vrou een vlees word; daar is geen ander manier nie, logies.

Ons bespreek dit later verder in ‘n ander hoofstuk want dit openbaar groot geheime.

Nogtans kan ons hieruit aflei dat die mens uit diere ontwikkel het.
Verander dit jou doel, jou trots of jou waardigheid? God het immers gesê hy sal mense uit rots skep. Die mens is op die sesde dag geskape en sal ook op dieselfde dag vir ewig verdwyn….
Die mens is geskep om uiteindelik op die sewende dag oor die skepping te heers. Om hierdie rede maak dit absoluut sin dat die mens se ontstaan van rots tot gras tot vis tot landdiere tot mens ontwikkel het.
Die mens is dus uit die bestanddele van die huidige skepping geskep.
Indien ons die kennis moet hê om die skepping te wil bestuur is daar geen beter manier as om die bestanddele van die skepping te hê nie.

Hemel en aarde het mekaar bevrug ten tye van die Big Bang waar die atome van aarde en hemel saamgesmelt het in die baarmoeder van die aarde.
In hul kinders, ek en jy het hemel en aarde een vlees geword.
Ek sê; hemel en aarde het een vlees geword in my en jou want ons het dieselfde gene as ons ouers, naamlik die skepping.




OPSOMMING.

Dit moet nou vir jou baie duidelik wees dat die bybel die skepping presies beskryf soos die wetenskaplikes, want dit beskryf die Big Bang asook hoe alles ontstaan het; inteendeel dit beskryf dit baie beter en wetenskaplikes kan nou van die bybel leer.

Die woord evolusie het presies dieselfde betekenis as die woord wat die bybel gebruik om die skepping van diere te beskryf nl. volgens hulle soort.

Uit hierdie besprekings kan ons dan duidelik verstaan dat die aarde as baarmoeder dien want sy is die een wat kinders baar nl. plante, en diere en mense.

Die hemel dien dus as die manlike ouer.

No comments: