Friday, January 26, 2007

die vrou van Kain hoofstuk 3

HOOFSTUK 3.

Die vrou van kain.

Hierdie is ‘n baie komplekse bespreking en miskien sal nie almal dit verstaan nie, maar hopelik genoeg om te kan voortgaan. Aan die einde sal ek probeer om ‘n eenvoudige verduideliking te gee.

In die begin “was God man en vrou” in een gesamentlike liggaam Gen. 1:27.
Dit is hipoteties gesproke want eers aan die einde van die sesde dag met die begin van die sewende dag sal dit volkome vervuld wees. Ook die mens sal man en vrou wees in een liggaam tot sy volle volkomendheid, alleen dan, want jou twee helftes het nog nie saamgesmelt nie.

Wat ons as die begin sien is inteendeel die einde. Ons het tyd omgeruil volgens Dan. 7:25; ons bespreek dit later.
Die eerste en laaste dag genoem in die bybel is in der waarheid dieselfde dag.

In die huidige skepping is alles rond, in sirkels; soos die aarde en alle planete en dieselfde geld vir hul uitspansels of atmosfere. Ek sal verkies om dit koepels te noem. Dit is die perfekte vorm vir die huidige skepping.

Begin en einde kan nooit geskei word nie.
Dit is logies, want as jy ‘n ronde voorwerp neem en ‘n merk daarop maak wat begin aandui sal dieselfde merk ook einde aandui. Elke einde het ‘n begin en elke begin het ‘n einde en dit is presies op dieselfde oomblik.

Die aarde het verskillende atmosfere en elkeen word geskei deur ‘n koepel bv., ‘n troposfeer, ‘n stratosfeer, ‘n messosfeer, en ‘n inosfeer ens. en ‘n koepel skei elkeen van hulle van mekaar. Ons kan hulle ook verskillende hemele noem. Huidiglik is ons in die tweede hemel. Jesus/Mo Hammed en ander profete het ons tot in hierdie hemel gebring. Ons praat weer later daaroor.

Wanneer jy hierdie hoofstuk lees sal dit raadsaam wees dat jy eers hoofstukke 1+2 gelees het waar ons die ontstaan van die skepping en die beeld van God en jouself bespreek het anders sal jy nie hierdie deel verstaan nie.

Deur al die eeue was daar sekere vrae wat die mens nie kon antwoord nie soos bv.;
*as God ons vader is wie is ons Goddelike ma? Die kerk het hierdie kwessie totaal geignoreer, of liewer ons Goddelike ma geignoreer weens ‘n gebrek aan kennis en insig. Logies het ons dit nie verstaan nie en om hierdie rede dit geignoreer, want ons het nog nooit die beeld van God verstaan nie. Ek het nog nooit ‘n prediker hoor preek oor ons Goddelike ma nie.
Indien ons nie ‘n ma het nie is ons bloot ‘n leuen, want alles moet ‘n ma en ‘n pa hê, dis net logies.

Jy verstaan nou die beeld van God nl., God = pa en ma.
God het sewe verskillende beelde en sewe verskillende gelykenisse en elkeen van hulle verskil want hulle het verskillende betekenisse.

Die beeld = vroulik en tasbaar terwyl gelykenis = die man/gees.
Die rede waarom God sewe verskillende beelde het is omdat God sewe verskillende oë het wat alles uit sewe verskillende hoeke kan beskryf.
Jy sal alles omtrent hierdie beelde leer indien jy hierdie manuskrip in volgorde van voor tot agter lees.
Logies het jy dieselfde beeld, want God het gesê; kom ons maak mens/Adam na ONS beeld.

Kom ons noem ‘n paar van hierdie verskillende beelde;
God/jy = pa en ma.
God/jy = hemel en aarde jou ma en pa.
God/jy = jou vlees en jou gees.
God/jy = man en vrou.
God/jy = manlik en vroulik.
God/jy = onsigbaar en sigbaar.
God/jy = die ontasbare en tasbare.

Jou vlees het logies dieselfde komponente/atome as jou ma, en jou asem dieselfde as jou pa die hemel.
Die hemel het sewe atome wanneer voltooi en die aarde het huidiglik drie van hierdie atome.


Ek het eenmaal aan ‘n predikant gesê dat die aarde ons Goddelike ma is.
Hy was totaal verstom en het gesê; wil jy my vertel dat die aarde God is?
Ek het hom nie geantwoord nie want daar is geen sin daarin om met iemand te argumenteer wat nie kan sien nie en nog erger, wat nie wil sien nie.
Hierdie manuskrip is bedoel om jou oë oop te maak en sal dit beslis doen sodat jy in die toekoms die skepping kan verstaan en ook jouself en jou doel op aarde.
Ek vind die kerk onwillig om te verander of om te luister en baie verhard; as jy nie met hulle saamstem nie “sny” hulle jou eenvoudig af. Hulle glo blindelings wat hulle glo en logies sal hulle kry wat hulle glo…
Die dinge wat nou in hierdie manuskrip geopenbaar word was nog altyd daar vir een en elkeen wat sou belangstel om die bybel te bestudeer; jy kan vir jouself besluit…
Ek is nie anti kerk nie, ek is beslis anti leuens.

· ‘n ander onbeantwoorde vraag is; hoe het God die vrou uit die rib van die man geskep, die vraag is nie het hy nie, want ons het dit onvoorwaardelik geglo en gepreek, maar hoe?
· Ongelukkig kan kerk nie hierdie vraag beantwoord nie.

Een of ander tyd moet geloof tot ‘n einde kom want alles het ‘n begin en ‘n einde. Geloof is om iets te roep wat jy nog nie kan sien of verstaan nie.

Die oomblik wat jy dit wat jy geroep het kan sien en verstaan, dit is die oomblik wat geloof tot ‘n einde kom en kennis neem oor want dit sou dom wees om aan te hou roep na iets wat jy alreeds ontvang het.
Alle geskape dinge gebeur deur ‘n voorgeskrewe metode.
Dus; die vrou is geskep deur ‘n voorgeskrewe metode.
Jy verstaan nou dat die vrou ook sewe beelde of gelykenisse het. Vergelyk onderstaande;

God = pa en ma.
God = hemel en aarde, jou ma en pa.
God = jou gees en vlees.
God = man en vrou.
God = manlik en vroulik.
God = die onsigbare en sigbare.
God = die ontasbare en tasbare.

Vrou kan dus wees; aarde of enige sigbare voorwerp in die hemel of op aarde of jou eie vlees. Alles wat jy kan sien of raak of voel = vroulik.
Verder alles wat jy kan sien raak of voel = duisternis.

· dan is daar die wel bespreekte onderwerp, wie was Kain se vrou?
· Tot op hierdie oomblik wat jy nou hier lees kon niemand nog hierdie vraag beantwoord nie; nog minder kon die kerk, tot die vermaak van baie en die skaamte van die kerk, hulle vermy dit eenvoudig.
· Sommige bybel uitlêers probeer ‘n antwoord vind, sonder sukses en sonder begrip.

Nietemin, nooit kon die kerk ‘n antwoord vind nie. Die volgende het gebeur tydens ‘n hofsaak in Tennissee in 1925. Gedurende die hofsaak het die aanklaer ene William Jennings Bryan, wat ‘n christen was nie hierdie vraag beantwoord wie Kain se vrou was nie. Die wêreld pers het hierop gefokus en dit het die Christendom benadeel tot vandag toe.
Christene kan nie die bybel verhale verdedig nie en sommige maak dan die afleiding dat die bybel onwaar is.

Wel ons gaan nou spesifiek dit behandel nl., die vrou van Kain.
Kan ek jou skok voordat ek verduidelik?
Eva sy ma was sy vrou.
Toe Eva geboorte gee aan Kain het sy gesê; ek het ‘n man verkry met die hulp van die HERE Gen 4:1.
Sy het nie gesê ek het ‘n kind verkry nie!!!
Kain is ook nie in die geslagsregister van Adam/mens as sy seun genoem nie, terwyl hy “veronderstellend” Adam se kind is sien Gen. 5.
WAAROM NIE?
Die antwoord is; die Adam in Genesis 4 is nie dieselfde Adam as in Genesis 5 nie.
Jy moet onthou; Adam = die betekenis van mens en nie sy geslag nie.


Die vader en moeder van die huidige skepping.


Omdat ons so min verstaan en weet van die geestelike wêreld, sal ek probeer om dit te verduidelik op ‘n manier hoe ons menslike verstand/brein dit kan verstaan, alhoewel dit ‘n komplekse onderwerp/studie is om te verstaan en om te verduidelik want dit is ‘n heeltemal nuwe oog wat oopgaan vir die menslike oog.
Meer as een predikant het vir my gesê; jy kan nie die bybel vergeestelik nie want dan kan jy enigiets bewys; ek vind dit fantasties!!! Alhoewel, ek kon nie bewys dat ek ‘n hond is nie, maar erkenned ‘n Lusifer.

Nietemin, soos ons meer leer aangaande die geestelike wêreld (hemel) sal ons meer verstaan aangaande atome wat die hele skepping in stand hou.
Atome is in der waarheid lewende gees en is drie dimensionele bewegende “voorwerpe” volgens ons kennis. Ons het nog nie atome ten volle ontdek nie; 7 is die volle getal van atome en binnekort sal ons dit ontdek.
Ek sê; atome is sewe dimesionele lewende gees.


Nietemin dit lyk asof elke enkele sel in die skepping gevul en bevrug is met; alle lewe, kennis en informasie en bestanddele waaruit die skepping bestaan.

Elke enkele oomblik asem jy lug/atome/gees in. Wat jy ookal weet en verstaan, word nie in ‘n vleeslike brein in jou skedel bewaar nie, maar buite jou liggaam in nabye bereik vir jou gebruik. Jou brein is slegs “’n komper” om die data te verwerk waarmee jy die komper voer deur middel van; informasie wat jy inasem, deur vrae wat jy mag vra of deur sig, gehoor, smaak, reuk of gevoel. Dit behoort logika vir jou te wees.

Hoe het hierdie selle bevrug geraak met kennis? Wat is hierdie bevrugting?
Jy weet nou dat alles wat jy weet en nie weet nie, begin het met die Big Bang. Miskien sal jy nou sê; jy ondersteun evolusie. Ja en nee.
Evolusie is sover ek verstaan ‘n proses waar dinge ‘n natuurlike geboorte het om ‘n uiteenlopende verskeidenheid te skep, volgens hulle wat slegs in evolusie glo en nie die idée steun dat God alles geskep het nie.
Die beskrywing van die woord evolusie en die woord wat die bybel gebruik nl. na hulle soort het presies dieselfde betekenis nl. om diversiteit te skep. Ek ondersteun laasgenoemde en nie die idée dat alles per toeval geskep is nie.
Tog is daar ‘n proses van skepping en hierdie proses is ‘n stadige proses om die heelal te skep, die rede is; die eindresultaat moet vlekkeloos wees.

Jy moet onthou; die vorige skepping was nie perfek nie en om hierdie rede het ons dit “afgebreek” om dit te herskep en om dit ‘n hergeboorte te gee.
Sien John. 2:19. dit is ‘n sloping en ‘n heropbou van ‘n nuwe skepping (liggaam van Christus.)
Jy mag nou dalk sê; hy het van sy liggaam gepraat. Ja natuurlik, maar die liggaam van Christus is alle sigbare voorwerpe insluitende die sigbare helfte van die heelal.
Jy behoort dit nou te verstaan deurmiddel van die beeld van God nl.; die twee helftes van God, die sigbare en onsigbare, waar die onsigbare helfte = man/gees en die sigbare helfte = die liggaam/vrou. Presies soos jou eie liggaam ook bestaan uit gees, die een helfte en vlees die ander helfte.
Miskien sal jy dit beter verstaan in Hand. 3:21 waar ons praat van die wederoprigting van alle dinge.
Hierdie vers maak dit ook duidelik dat die naam Jesus Christus dan op daardie oomblik sal verdwyn en derhalwe deur ‘n nuwe naam vervang sal word soos Jesus self gesê het.
Meer hieromtrent in ‘n ander hoofstuk.


Abram en Sarai.


Die heelal is in drie fases geskep volgens die bybel.
Die skeppings verhaal begin met ‘n gesprek tussen die pa en ma van die huidige skepping. Hulle het gesê; kom ons maak mense na ons beeld.
Die betekenis van mens wat hier gebruik word beteken; ‘n mens spesie of ‘n siel.
Hierdie is die eerste fase wat gesimboliseer word deur die gesprek tussen Abram (wat beteken, Hoog Vader) en Sarai (wat beteken, Sowerein Koningin) wat onvrugbaar was, sy kon nie kinders hê in haar toestand, die huidige staat van die skepping nie.
Ek sê; Abram en Sarai simboliseer die skepping/God nl. die hemel en die aarde van die vorige skepping.
Gen.16:2. Sarai sê aan Abram; die HERE het my nie toegelaat om moeder te word nie.

Kom ons kyk nou deur die oog van ‘n ander gees (want God het sewe verskillende oë/geeste) en sien dit dan as volg;
Ons sal die hemel Abram noem en die aarde Sarai.
Hemel (Abram) en aarde (Sarai) het hierdie gesprek gehad.
Hemel en aarde (Abram en Sarai) was een gesamentlike liggaam, nie aparte liggame soos ons dit vandag in hul huidige staat sien nie.
Voor die Big Bang was die skepping nie sigbaar met die blote oog nie.
Jy mag vra waarom nie?
Omdat die deeltjies waaruit die huidige skepping bestaan voorheen soos water was. Soos water met ‘n hoë inhoud van atome/minerale/deeltjies maar het steeds soos water geageer, soos wanner bv. sout in water gegooi word maar nie soveel dat dit ‘n vaste stof word nie.
Ek sê; daar was nie ‘n opeenhoping van vaste stowwe nie; die vaste stowwe het eers later begin vermeerder/vermenigvuldig en opeengehoop en is ingesuig in ‘n lugleegte soos voorheen bespreek.

Hierdie verskillende deeltjies/greintjies het dus in die ruimte “gedryf”. Hopelik verduidelik ek dit dat jy kan verstaan, want ek is nie ‘n wetenskaplike nie, maar ‘n wetenskaplike behoort dit te verstaan.
Hierdie deeltjies of greintjies was in perfekte harmonie maar nie in ‘n staat waar hulle kon baar of vermeerder nie, hulle was dus onvrugbaar en kinderloos.
Ek sê; God was onvrugbaar.
Die vader het die lewende atome/sperm gehad maar die moeder was onvrugbaar.
Om hierdie rede het vader hemel en moeder aarde, steeds swewend as grein en stof en sonder ‘n spesifieke vorm en waardeloos en onvrugbaar om te baar, sien Gen.1:2, ‘n gesprek gehad waar die moeder sê; ek is onvrugbaar en kan nie in my huidige staat geboorte gee nie.
By wyse van die bespreking oor Eden in hoofstuk twee, verstaan jy dat Eden en Man mekaar ewigdurend geenergeer het, mekaar aan die lewe gehou het.

Ek sê; hemel/God het homself geenergeer bedoelende; hemel en die drywende stofdeeltjies, die moeder sonder vorm, het mekaar ewigdurend onderhou maar daar was geen kinders nie want God was onvrugbaar in daardie spesifieke staat en moes verander ten einde vrugbaar te word.

(God) hulle het gesê; kom ons maak mens na ons beeld en na ons gelykenis.
Hulle besluit Abram sal Abraham word en Sarai sal Sarah word. Die letter H het die simbool van gees.
Hulle het toe twee verskillende “voorwerpe” geword met twee verskillende geeste, die doel is om gees en diversiteit te skep.

Ons ma het met ‘n plan vorendag gekom en gesê; gaan tog in by my slavin, miskien sal EK uit haar gebou word. Die slavin simboliseer die huidige aarde.
Die verandering van name het ‘n verandering van betekenis gebring.
Hoog Vader het nou verander na Vader van ‘n menigte.
Sowerien Koningin word nou Koningin/prinses en minares. Minares pas beter in die omstandighede.
Die aarde se hemel en grond sal nou ‘n menigte van kreature voortbring en sodoende sal die hemel Vader van ‘n menigte word.
Die bedoeling van menigte is Vader van diversiteit.

Die slaaf waarvan ons ma praat is die huidige aarde want sy sal nou as slaaf/bediende en as ‘n graf dien. Ons praat weer later hieroor.

Om hierdie doel te bereik het die Big Bang gevolg en hieruit is die aarde en haar hemele gevorm en het sy vrugbaar geword as gevolg van die Big Bang.

In elkgeval het die skepping, die hemel met die drywende stof, meer en meer verdig en het sy glans, sy energie verloor en God was sterwend.
Die vroulike hefte van die skepping het haar gees verloor; sy het nie meer die lewende atome gehad nie. Dit het ‘n hoop “niks” geword, ‘n rommelhoop, sonder ‘n vaste vorm totdat die twee atome aanmekaar geraak het en ontplof het, daar was lig Gen. 1:3. (lig beteken om aan die brand te steek.)

Dit was die grootste atoom ontploffing ooit!!
Nietemin, jy kan nou verstaan dat dit ‘n beplande gebeure was, ‘n gesamentlike gesprek en ooreenkoms tussen man en vrou.
Jy sal nou ook kan verstaan hoe die vrou uit die rib van die man geskep is nl. uit die sigbare drywende stof uit die vorige skepping.
Ek sê; die sigbare deel van die skepping word die rib van God genoem. So is jou liggaam dan uit die rib/die sigbare deel van God geskep.
Ons sal die volgende fase van die rib van God later bespreek.

Na hierdie ontploffing het verskillende atome saamgesmelt, mekaar bevrug om verskillende planete, sonne, hemele en sterre te vorm.
Hierdie ontploffing het alle universele selle met kennis en lewe bevrug, alhoewel verskillende lewe en selle wat afkomstig is van een sel wat vermeerder het in ‘n diversiteit van verskillende lewe.

Hierdie ontploffing het die onvrugbare eiers van die ma bevrug om lewe te bring.
Ek sê; die vrou van die skepping het die lewende atoom ontvang deur middel van hierdie ontploffing.
Ek sê; Sara, of liewer haar slaaf het nou vrugbaar geword.
Die man het “die son geword” en die moeder het die aarde geword. Son in die ooste, die tuin van aarde/Eden. Son/man genoem lig en aarde/vrou genoem duisternis Gen. 1:5.

Die son is lig en die aarde duisternis en die sperm van die son bevrug die eier van die aarde, hoewel die son slegs ‘n simbool van die man is en simboliseer lig maar soos die bybel verduidelik was die doel van die son om heerskappy en mag te hê.
Ek sê; die son het die atome van die aarde bevrug deur hitte en sy kon produseer en baar. Sy het lewendig geword, lewe ontvang. Die lewelose helfte van die skepping, die vaste materie/rots, het lewe en gees ontvang.
Wat ‘n wonderlike prestasie!!! Dink ‘n oomblik na hieroor, rots het lewe ontvang, lewendig geword soos God gesê het hy sou doen.


Die eerste kinders is gras waarvan die atome verander om ‘n verskeidenheid van spesies te skep.
Hierdie atome het verander in bewegende kreature, wat verander het in lewende kreature, wat verander het in asemhalende wesens.
Wanneer ek sê verander bedoel ek geskep, want dit is die gees/God wat verandering bring.


Adam en “Eva.”

In hierdie bespreking noem ons die aarde met sy hemele Adam.
Ons kyk dus deur ‘n ander oog, want Adam in Gen. 4 praat nie van ‘n mens nie maar van die aarde as man en vrou. Om hierdie rede word Kain nie genoem in Adam die mens se stamboek nie, want Kain is ook nie ‘n mens nie.
Die afrikaanse bybel sê verkeerdelik dat “die mens” sy vrou Eva beken het.

Kom ons noem nou die atmosfeer hemel of Man en die aarde Eva of Eden die twee helftes van die skepping/God of die twee helftes van Adam.
Hemel/man is eerste geskep en Eva/Eden/aarde is laaste geskep want die stofdeeltjies van die ongebore aarde het voorheen gesweef in die ruimte. Almal van ons weet dit want die bybel sê so.

Man/hemel het sy vrou/aarde/Eva “beken” Gen. 4:1. hierdie bekenning is ‘n gevolg van die Big Bang, waar man sy vrou met die lewende sperm bevrug.
Ek sê; die Big Bang was die inspuiting van die sperm van die man/hemel in die eier van die vrou/aarde.
Ek sê; die Big Bang was die inspuiting van die positiewe atome in die negatiewe atome.

Die woord beken word nie beskryf as ‘n seksuele daad soos baie van julle dalk verstaan het nie, alhoewel die Big Bang die “seksuele” daad simboliseer wat tussen hemel en aarde plaasgevind het.
Om te beken = om kennis te ontvang aangaande die vrou.
Man en vrou was sonder kennis, hulle was albei nakend/kaal bedoelende sonder kennis. Gen. 3:10.
Om hierdie rede is daar ‘n boom van kennis geplant in die tuin van Eden, met die idëe om kennis te pluk, alhoewel die pluk van die vrug die dood gebring het.
Ek sê; om kennis aangaande die vrou in te win is die mens ontwerp om kennis in te win aangaande die sigbare helfte van God.

Om te beken/ken beteken verder; om te weet dmv.; sig, observasie, om te ontdek, te leer, te voorspel, om te verstaan en baie meer.
Jy kan dus verstaan dat dit niks te doen het met seks as sulks en sal dus ‘n leuen wees om te sê Man en Eva het seks gehad op die manier hoe ons dit verstaan en het toe geboorte gegee aan Kain ‘n mens.
Wat is hierdie geboorte dan? Wie is Kain dan?
Ons kan eerder sê; aarde het bevrug geraak met kennis en geboorte gegee aan; wesens, motorkarre, internet, televisie en baie ander dinge.
Ek sê; hemel het aarde bevrug met kennis.
Ek sê; gees het ons bevrug met kennis, want gees het alle kennis.

Hierdie is dan die rede waarom dit nodig was vir die Big Bang om ‘n tydelike skepping, die slaaf te skep; om kennis te ontvang deur middel van die boom van kennis; om waar te neem, te herken, te leer, te ontdek en te verstaan en te voorspel, om die nodige verstellings te maak indien nodig, omdat ons die skepping, nakend/sonder kennis was.

Die eerste bevrugting tussen Man en Eva die vorige skepping, was om ‘n kind te baar; om te leer, te observeer, te sien, te ontdek en om kennis van mekaar te ontvang; man omtrent die vrou en vrou omtrent die man, want hulle was naak, sonder kennis van mekaar.

Hierdie kind is in die eerste plek die aarde en haar hemel sowel as alle planete en sterre of sonne wat na die Big Bang gevorm is; hierdie is die eerste fase van die skepping.
Ek sê; hierdie seksuele gebeure = die Big Bang tussen man en vrou.
Atome het geboorte gegee aan die aarde en haar hemel en is dus die kind van die vorige skepping wat voorheen geen kinders gehad het nie want hulle was onvrugbaar.

Kom ons noem die aarde Adam, wat as een liggaam ageer met hemel as man en aarde as vrou.
Hulle was in volkome harmonie, die man en sy verwagtende vrou.
Plante het begin groei, die bevrugte atome het voortgebring; gras, gras met saad, vrugte bome, bewegende wesens, lewende wesens en asemhalende wesens in die see.
Nou is daar gees want asemhalende wesens het asem = gees, asem van lewe.
Voordat ons verder verduidelik wie Kain is, moet ons eers die boom in die middel van die tuin verklaar.



Die boom van kennis.


Die tweede fase van die skepping is waar ons lewende/asemhalende wesens het en die twee helftes van die skepping word nou in hulle gesimboliseer. Hulle het presies dieselfde beeld as die skepping nl. gees/asem as die een helfte en die sigbare liggaam as die ander helfte.
Die idée is om ‘n menslike spesie te skep wat vir die hele skepping kennis kan inwin.

Jy weet en verstaan nou wat die tuin in Eden is. Soos verduidelik, is Eden nie ‘n tuin nie maar ‘n tuin is in Eden geplant in die ooste.
Daar het bome uit die “grond” opgekom in die tuin wat jou sintuie simboliseer.
Hierdie sintuie/bome is; die boom van aanraking, die boom van smaak, die boom van sig, die boom van reuk en die boom van gehoor.
Hierdie sintuie ageer as jou huweliksmaat/man. Ons kan ook hierdie sintuie jou siel noem.
Soos jy nou reeds weet kan ons enige situasie uit sewe hoeke beskryf en die volgende beskrywing word deur ‘n ander oog van God beskryf waar Man jou gees/asem is, en Eva jou liggaam/vlees/vrou.

Hierdie man/sintuie is gees om jou te beskerm en te laat vooruitgaan, om kennis te bring, en om jou ewig te laat lewe terwyl die liggaam weer die gees aan die lewe moet hou in ‘n ewige sirkel, net soos die heelal homself aan die lewe gehou het waar die aarde die hemel geenergeer het en die hemel die aarde; so sal dit ook in die toekoms wees.

Wat is hierdie boom van kennis in die middel van die tuin waarvan God ons verbied het om te eet?
Die boom van kennis is jou oë.
As jy jou gesig sou meet van jou ken tot die kroon van jou kop sal jy vind dat jou oë presies in die middel van jou gesig is, die tuin in Eden.
Die boom in die middel van die tuin is jou oë, die boom van kennis Gen. 2:17.

Ek is seker daarvan dat elkeen van julle sal saamstem dat alle kennis deur die venster van die oog ingaan. Ook die dood gaan deur die oog in Jerm.9:21.
Om hierdie rede sê die bybel dat jy sal sterf as jy van die boom van sig eet. Ons sal later verduidelik wat die boom van ewige lewe is.

Kom ons kyk wat die bybel omtrent hierdie boom sê.
Gen.3:6 toe sien die vrou dat die boom goed is om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om VERSTAND te verkry, en sy neem van sy vrugte…
Dit kan nie duideliker as dit gestel word nie – stem jy saam – verstaan jy?
Vir die eerste keer in die bestaan van die skepping maak God nou hierdie geheim van die boom van kennis bekend alhoewel dit eintlik baie eenvoudig is om te verstaan. Kerk het nie die vaagste benul gehad wat hierdie boom is nie en het dit geignoreer soos alles wat hulle nie verstaan nie.

Vers 6 vervolg; … en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar (die gees in haar) en hy het geëet.
Jy kan nou verstaan dat die man geen keuse het as om te eet wat die vrou hom gee nie, dit is logies.

Die boom = die oog en die boom baar die vrugte.

Ek sê; die vrug van die boom is in jou sig.
Jou oë baar die vrugte wat jy eet.
Jou oog baar die vrug van dood.
Jou oog baar die vrug van kennis.

Verder; die vrug van die oog is aangenaam.
Gen.3:6. die vrug van die oog maak jou wys.
Die vrug van die oog is goed vir voedsel.
Die vrug van die oog bring die dood.
Die vrug van die oog bring begeerte.
Die vrug van die oog bring kennis.

As jy nie oë gehad het nie sou jy nie gesterf het nie. Jy sterf OMDAT jy oë het.
Jy mag dalk sê; dit is snert want waarom sou God jou dan wou dood maak? Lees verder en jy sal verstaan.

Gen 2:17. opsommend. Dieselfde dag wanneer jy van die boom eet dieselfde dag sal jy sterf.
Hierdie selfde dag is die sesde dag die dag waarin die mens lewe.
Alle mense word op die sesde dag gebore en sal op die sesde dag sterwe, verdwyn om nooit weer tevoorskyn te kom nie.
Waarom? Omdat jy ‘n nuwe liggaam sal ontvang soos deur Jesus, Mo Hammed en andere belowe is, en die mens sal genoeg kennis ingewin het vir die hele skepping, nl. vir man en vrou aangaande die sigbare.
Die mens het SLEGS kennis aangaande die sigbare ingewin op die sesde dag; ons sal kennis aangaande die geestelike/hemel/man inwin op die sewende dag.

Die menslike liggaam soos aan ons bekend is ‘n tydelike liggaam geskep om slegs vir een dag te lewe, en dit is die sesde dag.
Ook aan die einde van die sesde dag sal die hele skepping in ‘n oogwink van 0,233 sekondes verander word.

Hoe het die Man geëet, want die bybel sê; sy het van die vrug geëet en ook aan haar man by haar gegee en hy het geëet.
Jou man = jou gees soos jy weet.
By wyse van die oog wat die vrug pluk het Man/hemel en Eva/aarde kennis ontvang, kennis geëet.
Om dit maklik te maak sal ek dit as mens beskryf en sê dat man = jou brein en toe die oë van die mens oopgaan om te sien, te begeer en om plesier te hê, het hierdie gewaarwording direk na die brein gegaan en Man (die brein) het geen keuse gehad as om te eet, om hierdie nuwe gees te ontvang.

Beide die man en vrou se oë het oopgegaan (Gen.3:7) bedoelende, hulle het kennis ontvang, “gekleed geraak met kennis.” Die oë is direk aan die brein gekoppel en die brein kan nie die voedsel wat die oog gee weier nie; met ander woorde die brein eet wat die vrou hom gee om te eet.

Die betekenis van; die oë het oopgegaan is; om gewaar te word.
Hierdie is dus ‘n nuwe gees wat geboorte ontvang het die oomblik toe die “mens” gewaar word van dinge om hom.
Voorheen het die mens geen begeertes, geen bewussyn nl. geen gees van gewaarwording gehad. Hierdie oopgaan van die oog was die voedsel, kennis en bewussyn ook vir die hele skepping. Slegs nadat die mens vlees geword het kon begeerte en vrees ontstaan, logies.

Die geboorte van hierdie gees is die geboorte van Kain die bose.
Kain is uit hierdie “seksuele” daad van Man en Eva sy liggaam gebore.
Wanneer dit in Gen. 4:1 sê; die mens/Adam het sy vrou Eva beken sê dit; die mens het sy liggaam beken/verken.
Hierdie seksuele daad is die eet van die vrug van die oog. Kain het geboorte ontvang uit hierdie gees “van begeer”. Daarom sal ek sê; Kain is die gees van begeerte en die oopgaan van die oog. Kain is dus ‘n geestelike wese geskep deur die oog.
Die ander naam vir Kain is Satan. Hierdie is die geboorte van Satan; ‘n nuwe geestelike Man vir Eva die menslike liggaam, wie sy ontvang het met die hulp van die HERE. Sy sê; ek het ‘n man ontvang. Ontken jy dit?
Die HERE God dryf dus die oorspronklike Man uit die tuin toe Eva haar geestelike eersteling as man aanvaar, en vervang Man met Kain.
As ons deur ‘n ander oog kyk is Kain nou ook die geestelike Man van die aarde.

Ek sê; Kain is die gees van die eerste kreature wat op aarde gebore is, dmv. die seksuele daad van Man (hemel) en Eva (aarde) nl. hemel het aarde bevrug om die eerste kreature te baar, wrede diere, bloeddorstige diere.
Kain is dus nie ‘n mens nie maar ‘n gees in die hemel net soos Man die vorige huweliksmaat, of ‘n gees in die brein as ‘n nuwe Man/gerub wat die oorspronklike Man vervang het.
‘n Nuwe man?
Ja want na hierdie “seksuele daad” is Man uitgedryf uit die tuin, jou brein; sien Gen. 3:24. Die betekenis van uitdryf = ‘n egskeiding tussen man en vrou.
Ek sê; aarde het haar Man geskei en met haar seun getrou; sien Jes.50:1.
Ek sê; Kain is die gees wat gebore is uit die seksuele daad tussen hemel en aarde en dien nou as Man vir die aarde, hy is ‘n gees in die hemel.
Jy kan ook sê Kain is die geestelike kind gebore uit die seksuele daad van Man en Eva, die wesens op aarde of tussen liggaam en siel waar Eva haar Man die vrug van die oog gegee het om te eet en toe is Kain gebore.

Hoe is die Man uit die tuin verdryf?
By wyse van hierdie nuwe gees, want hierdie gees was die bose en dominante een en het die gees van harmonie verdryf om huweliksmaat te word.
Wat het toe gebeur mag jy dalk vra?
Kain die kind van hemel en aarde het die Man geword van Eva/aarde.
Man en Eva kon slegs geboorte gee nadat hulle die vrug van die oog geëet het.
Ek sê; nadat hulle die vrug geëet het, het hulle geestelik vrugbaar geword en geboorte gegee aan Satan/Kain ‘n nuwe gees.

Terwille van begrip wil ek ‘n opsomming maak van wat ons bespreek het, want ek het deur meer as een oog op ‘n keer gepraat.
1) ons kan sê; alle diere op aarde wat uit die see gekom het word genoem; Eva as hul liggaam. Op daardie stadium was daar nog geen mens nie.
Hierdie diere se oë het ontwikkel om duidelik te sien en hulle het metertyd bewus geword van die dinge om hulle en die liggaam voed die Man in die brein met dit wat die oog sien.
Dus; toe sig ontwikkel is ‘n nuwe Man vir hulle gebore in die brein.
Jy sal ook verstaan dat die oopgaan van die oog ‘n wrede gees gebring het.
2) ons kan ook die sigbare aarde Eva noem en sê; hierdie wesens se gees het opgestyg in die hemel en voed die hemel as geestelike Man/brein van die aarde, met hierdie gees van die oog.
Die hemel het toe geweldadig geword.

Eva sê; ek het ‘n man gekry met die hulp van die HERE. Dus, aarde sê; ek het ‘n man, ‘n geestelike huweliksmaat gekry met die naam Kain.
Hierdie geeste het hemel en aarde boos gemaak sien Gen.6:11-12.
Dit is die simbool van Ismael die kind van Abraham by Hagar die slaaf as vrou. Dit beskryf dieselfde gebeure deur ‘n ander oog.

Gen. 2:2-4. man is uitgedryf uit die tuin in Eden (of jy kan sê; uitgedryf uit die hemel) en God plaas/vervang hom met gerub in die ooste in die tuin van Eden. Kain neem die plek van die Man as huweliksmaat.
Kain is nou koning van die tuin/brein. Kain die gees van die oog van alle sigbare diere.

Die betekenis van Kain is; om op te rig- te skep- te verkry- te herwin- terugkoop- te besit- te bereik- te onderrig- om uit te lok/verlei- jaloers- en uit die bose.
Die betekenis van Adam; om bloed in die gesig te toon (die siel’s bloed)
Die betekenis van Eva; lewende plek of plek van lewe – lewe gewer.
Die betekenis van Eden; (baie dieselfde as Eva want hulle simboliseer dieselfde) genotvolle paradys, beminlike.

Gen.4:17. Kain hierdie nuwe gees “beken” sy vrou Eden/Eva/aarde/sy ma en sy/Eva het swanger geword en Henog gebaar.

Kom ons kyk nou deur ‘n ander oog.
Gen. 4:16. toe gaan Kain weg van die aangesig van die HERE en hy het gewoon in die land Nod aan die oostekant van Eden. Hy het die plek van Man ingeneem as Man in die tuin van Eden jou brein of in Nod wat die brein simboliseer.
Jy kan nou baie duidelik verstaan dat Kain nie ‘n mens is nie maar ‘n geestelike wese of geestelike Man van of die aarde of die kreature op aarde.

Die betekenis van Nod; ‘n swerweling, ‘n banneling, ‘n vlugteling, om te verdwyn, bejammering en om jammer te wees.
Hierdie beskryf die mens se toekoms nadat sy die vrug van die oog geneem het en Kain haar Man geword het.
Ek sê; ballingskap, vlugteling, om jammer te wees, skaam te wees en vreesvol, beskryf die geestes toestand van die “mens” nadat hy die vrug geneem het.
Belangrik is ook dat; logies is die gees Kain eers gebore nadat die seelewe op land gekom het.

Kom ons kyk nou na die afstammelinge van Kain nadat hy sy ma bevrug het en sy verwagtend geword het en geboorte gegee het aan Henog.
Jy moet nou onthou dat in die vorige bespreking was Eva = aarde en Kain is die gees in die hemel of in die brein van die lewe op aarde.

Die betekenis van Henog is ‘n “afleiding” van ‘n sterfling.
Na die geboorte van Henog het sy pa/Kain ‘n stad gebou met dieselfde naam wat beteken dat die aardse wesens nou sterflinge is.
Die betekenis van stad word hier weergee as die oopgaan van die oë, om wakker te word, om bewus te word, wys te word, om verhoog te word, ‘n wag, ‘n engel, waaksaamheid en om ‘n las te dra.
Hierdie is ‘n beskrywing van die gerub in die tuin. Die stad is in jou brein en die saad van dood en las en vrees is nou in die brein.
Hierdie engel = Satan of gerub wat nou die boom van lewe bewaak – om jou weg te hou van ewige lewe en jou te laat sterf. Daar mag nou dalk mense wees wat dit wil ontken; logies hulle wat hulself as heilig beskou en dink hul dade sal hulle red terwyl die bybel sê genade red jou.
Nietemin, niemand kan die waarheid verstaan as hy dit nie wil verstaan nie. God sëen hulle, want soms klink die waarheid na ‘n aanval.

Hierdie stad was in die ooste van Eden jou gesig en die beskrywing van die plek van die stad is jou voorkop, in die voorste gedeelte van jou brein.
Hierdie kreatuur Henog is die eerste stap, die eerste kreatuur om die moderne intelektuele menslike spesie te skep wat oor miljoene jare geskape is.

Hierdie geestelike Man Kain wat in die voorste gedeelte van jou brein sit het jou in ‘n diepe slaap geplaas (Gen. 2:21) en is die eerste stap om die asem van lewe in jou neus in te blaas sodat jy ‘n lewende siel kan word (Gen. 2:7) want jy is Adam, Man en Eva in een liggaam, genoem mens/siel of Adam. Adam (ons) kon slegs in hierdie diepe slaap gaan nadat ons die vrug van die oog gepluk het. Ons sal later verder hieroor praat.

Henog hierdie sterfling kon slegs geluide maak wat soos sug, kreun of steun of droefheid geklink het. Dit word beskryf as die geluid van ‘n soort akkedis. Die woord Henog word beskryf as ‘n manlike dier, ‘n enkeling.
Hy was tweeslagtig, ‘n amfibieë. Hy het “homself” bevrug en Irad is gebore.

Die eerste lewe was almal tweeslagtige kreature en die meeste van hulle het met eiers voortgeplant. Hulle was ook doofstom, kon nie hoor of geluide maak nie. Klank en gehoor is op land geskep eers nadat die seediere aan land gegaan het. Dit is logies want die seediere het nie hierdie sintuie nodig gehad nie.

Die betekenis van Irad is ‘n afleiding van woorde soos; ‘n vlugteling, om jouself in afsondering te plaas, ‘n wilde esel en ‘n nakende skepsel. (hy het nie hare gehad nie)
Irad het homself bevrug en geboorte gegee aan Mahujael. Miskien is dit meer korrek om te sê hy het ge-evoleer tot Mahujael of soos die bybel sê, ontwikkel “tot die spesie van.”
Die betekenis van Mahujael is ‘n afleiding van woorde soos; geslagte van God, om te stryk of vryf, om uit te vee, om te vryf asof met olie, om aan te raak, om uit te krap, om uit te reik, om te uiter of uiting te gee. Miskien ‘n tipe van mimieke spraak.
Ook om baie murg te hê. ‘n Senustelsel het ontwikkel.
Dit is duidelik dat dit ‘n aap tipe was.
Dit is dan ook die rede waarom die ”mens” eers vrugte en saad eters was, sien Gen. 1:29 en eers later het hulle vleiseters geword.
Die woord Mahujael impliseer verder; hulle, hierdie , daardie.
Hierdie dier het begin redeneer en bewus geword van sy omgewing.

Mehujael het homself bevrug en vader geword van Metusael.
Die betekenis van Metusael is ‘n afleiding van woorde soos; ‘n missiel of ‘n aanval, ‘n sprong of vinnig groei, ‘n volwassene met volle lengte, ‘n man, om uit te strek, te versprei, om langer te groei of ‘n byter.
Hy begin regop loop en is ‘n “byter” met tande, hy gebruik sy tande as verdediging of om te eet, waarskynlik vleis.

Metusael het die vader van Lameg geword.
Die betekenis van Lameg = leeraar of hoorder, om verstand te kry en redelike spraak. Ook; wat, waarom en hoe, om te bevraagteken.
Hierdie dier het begin om te redeneer, vra vrae en het reeds ‘n spraak/taal op daardie stadium. Lameg het twee vroue gehad Ada en Zilla. Vir die eerste keer sal daar nou seks wees tussen twee verskillende diere of liggame.
Zilla beteken; om te skerm, te verdedig, buigings te maak, bolmakiesie slaan, om waai gebare te maak, om te sweef hang, vibrasie/swaai, ore saam voeg/ratel soos in skaamte, tande klappertand soos in vrees.
Hierdie beskryf baie duidelik ‘n sjimpansee.
Uit hierdie kruisteling of kruisbestuiwing baar Zilla Tubal-Kain.
Tubal-kain beteken om koper en yster produkte te maak, om te vervaardig, te vermeerder, om leiding te neem en te dra.
Hierdie dier begin nou dinge vervaardig, begin goed dra ens.

Zilla het ook geboorte gegee aan Naèma. Vir die eerste keer word die woord geboorte gebruik en nie verkry of vader geword nie. Daar is ‘n verskil in betekenis. Vir die eerste keer word ‘n volledige vrou gebore.
Die woord vader geword of die engelse begat het die betekenis van voedvrou; moontlik “voedvrou” om tot die volgende vlak te “evoleer”.
Die betekenis van Naèma is; om aangenaam te wees, (anders as die man), om instemmend te wees en om lieflik te wees.

Lameg se volgende vrou Ada is selfs ‘n verbetering op Naèma.
Ada beteken; getuie, om aan te teken, te verander, verwyder, vooruitgaan, hartstog/passie/geesdrif, om ornamente te hê, ‘n getuie en om te menstrueer. Hierdie is ‘n nuwe era, ‘n volkome vrou is nou geskep wat menstrueer, sy begin geluide herhaal, sy verander dinge, maak ornamente, en begin om dinge te onthou (getuie).
Nou is die twee atome van man en vrou geskei in manlike en vroulike liggame soos ons dit vandag ken en lewendige kinders word gebore, seuns en dogters. Voorheen is slegs ”seuns” gebore.
Sien Gen. 5.

Hulle begin nou ook kommunikeer, hoor stemme en gebruik woorde, maw. hulle begin ‘n spraak en taal te ontwikkel want Lameg sê; hoor na my stem, luister na my woord. Ons kan dus ook aflei dat gehoor nou goed ontwikkel is.

Ada gee ook geboorte aan Jabal en Jubal.
Jabal is die vader/uitvinder van tente en vee.
Hulle begin nou in groepe woon soos ‘n familie.
Jubal is die uitvinder van musiek instrumente soos die harp en hulle begin nou onder mekaar kommunikeer.

Toe, omtrent 560,000 jaar gelede het Adam weer sy vrou “beken” Gen 4:25. hierdie vrou is “Ada.”
Sy gee geboorte aan ‘n seun en noem hom Set en sê; God het my ‘n ander kind/saad geskenk in die plek van Abel.
Abel beteken; die asem, ‘n asem van gees en om onvolledig te wees.
Abel is die emosies, empatie en liefde. Hierdie emosie het nog nie ontwikkel nie/was onvolledig of was swak ontwikkel en was onderdruk deur die bose gees van die oog, Kain. Kain het dus sy broer Abel “doodgeslaan”, sy broer- gees onderdruk.

Die gesprek tussen Kain en Abel gemeld in Gen. 4:8 word verklaar deur die gesprek wat Jesus Christus en Satan gehad het in Luk. 4:1-13. Kain die gees van die oog (gees van die sigbare) het Abel (Christus) gevra om hom te aanbid maar hy het geweier en is “gekruisig op/in Golgota”.

Gen. 5:3 Adam het ‘n seun verwek na sy gelykenis na sy ewebeeld en hom set genoem.
Nou praat die bybel van Adam die mens en daarom begin sy geslag register met Set en seuns en dogters word gebore.

Laat ons opsom; vir die eerste keer word die woord God gebruik. Die saad is woord/spraak.
Waarom? Want God = woord/spraak = Christus.
Tot nou is alle skeppings van diere, vee ens. tot by Ada geskep deur die HERE = die gees van Satan of gees van die sigbare/aarde. Satan is een van die sewe geeste van God.
Satan se skepping bepaal vorm en beeld ook die een wat jy in die spieël sien elke dag. Nou is Christus gebore, Set simboliseer Christus.
Spraak is nou algemeen.
Adam het Set nou geskep na sy beeld en gelykenis, ‘n volkome mens soos ons dit ken. Geskep na die beeld en gelykeniss van God, vader en moeder soos hulle voorheen gesê het; jy kan nou verstaan hoe lank dit geneem het.

Die betekenis van Set is; meer as vyf, ses, om skerpsinnig te wees, blydskap, vrolik, verheugd, en om vrolik te maak.
Mens het nou ‘n sesde sintuig genoem verbeelding, maar steeds swak ontwikkel, meer ‘n gewaarwording.
Die gerub in die ooste in die tuin, nl. in die voorkant van jou brein is ‘n gees van verbeelding of gees van idole.
Ek sê; die betekenis van gerub is; ‘n gees van verbeelding of gees van idole in die voorkant van jou brein.

Nou is mens amper ten volle Adam net soos God.
Nou dat jy weet wie jou voorouers is, wees lief vir hulle, omarm hulle en bevry hulle!!!

Vir Set is ‘n seun gebore wat hy Enos genoem het.
Die betekenis van Enos is; ‘n sterfling, ‘n manlike persoon, en ook; ek, my, ons, onsself, inisiasie, disiplineer of toewyding.
Mens het nou ‘n identitiet.
Gen.4:26. hulle begin nou die naam van die HERE aanroep.
Die naam van die HERE is EK of identitiet.

Enos het vader geword van Kenan.
Die betekenis van Kenan is; vastigheid, om “nes te maak”/te vestig, ‘n huis of kamer, om te bou, en jou “nes” te bewoon en om “nes” te maak.
God/Christus/die woord het nou ‘n “huis” ontvang in die mens.
Ook; die mens bou nou huise en bewoon dit.

Kenan is die pa van Mahalèl.
Die betekenis van Mahalèl is; roem van God, om te trou, om duidelike klank en kleur te hê, hierdie, daardie en die.
Mens het nou geweldig vooruitgegaan; hulle het duidelike spraak, ‘n taal en hulle kan nou onderskei tussen kleure, hulle trou en begin skryf.

Mahalèl is die pa van Jered.
Die betekenis van Jered is; ‘n oorsaak om neer te daal, ‘n neerdaling en ‘n genesing.
Dit is “Israel in Egipte”, hulle geswoeg veroorsaak dat God neerdaal om genesing te bring.

Jered is die pa van Henog.
Henog beteken; ‘n sterfling, om dissipline te bring en genesing te bring.
Moses is gebore om ons te lei, te Exodus na Horeb om dissipline en genesing te bring.

Henog is die pa van Metusalag.
Metusalag beteken; hierdie, daardie, om te demonstreer, magtig en aanvoerders.
Hierdie is die tye van die konings soos Saul, David, Salomo en ander.
Metusalag is die simbool van Elia wat nie gesterf het nie maar hemel toe gegaan het. Sien Gen. 5:24 en 2 Kons. 2:11.
Jy mag dalk nou sê; jy is verkeerd dit was Henog wat opgevaar het.
Nee; Metusalag is die gees wat Henog/Moses verwek het wat hemel toe gegaan het, ons deel met geestelike visies.

Metusalag is die pa van Lameg.
Die betekenis van Lameg is; om te bevraagteken, wat, hoe, hoekom en wanneer.
Intelligensie bevraagteken nou die dinge waarin hulle glo, hulle het nuwe kennis nodig want hulle vra vrae.

Lameg is die pa van Noag.
Noag beteken; rus, om te vestig, gemak, slaap en bedwelmdheid, die gees van die Heilige Spook/Slaap (Ghost).
Noag is ‘n simbool van Jesus wat die Heilige “Gees” gebring het. Die mens het nou ‘n verbeelding.

Ons bespreek die Eerste koms en die Heilige “Gees” in ‘n ander hoofstuk en beantwoord vrae soos; wie is Jesus Christus en wat is die diepe slaap.


Daar bly nou egter twee vrae oor nl.;
Wie is die moeder en vader van God. As God nie ‘n ma en pa het nie dan leef ons eenvoudig in ‘n leuen want elkeen en alles moet ‘n ma en pa hê. Jy sal alles hieromtrent leer in ons besprekings.
Die ander vraag is; hoe het God Eva uit die rib van die man geskep, het hy regtig ‘n been geneem en as hy het, hoe het God ‘n been in ‘n lewende “mens” verander?




OPSOMMING.


Jy sal nou kan verstaan dat “Adam” en Eva soos in Genesis, die pa en ma van Kain, is inderwaarheid die hemel en die aarde en nie twee mense nie.
Dit is die eerste fase van die skepping en verteenwoordig een oog van God.
Jy kan ook nou verstaan dat Kain ‘n gees verteenwoordig wat op aarde geboorte ontvang het. Ons kan sê hy is ‘n gees in die hemel, geskep deur die “asem” van bose diere op aarde en hy is dan ook die gees in die brein van hierdie diere. Om hierdie rede word hy nie in die geslags register van Adam die mens genoem nie.

Neem kennis; ek sê nie daar was nie ‘n “Adam” en Eva soos aan jou vertel nie maar dit is gesien deur ‘n ander oog en op ‘n ander tyd, maar ek sê wel Adam is die naam van alle/enige mens hetsy vrou of man, want die bybel sê so.
Dus; dit is die aarde (vrou) wat haar man die hemel gevoed het met die verbode vrug van die boom nl. die gees van die oog.
Jy mag dalk vra; hoe het die aarde haar man gevoed met die verbode vrug.
Aarde het geboorte gegee aan dogters, bedoelende verskillende diere liggame en hulle bose gees het die hemel gevoed met boosheid en die hemel het boos gereageer.
Die gees van die aarde word genoem; Satan of Kain of bose of seun van die aarde en is die man vir Eva uit Eva gebore. Dit is dus ‘n geestelike man. Om hierdie rede sê Eva dus; ek het geboorte gegee aan my eie man met die hulp van die HERE.

Jy kan nou ontken dat die vrou van Kain Eva sy ma is en sê soos ek al ‘n gesprek gehoor het, naamlik; O, maar dit kon ‘n ander vrou gewees het want op daardie stadium was daar al baie “mense”.
Ja goed, maar dit is nie wat in die bybel staan nie, daar staan; Eva het geboorte gegee aan haar man. Waarom dan verskoning soek vir dit wat in die bybel staan? Lees wat daar staan of glo jy nie die bybel nie?
Jy weet ook nou dat die mens geskep is om slegs een dag te lewe en dit is die sesde dag en dit verteenwoordig die tweede fase van die skepping.
Ons het ook geleer dat die aarde ons Goddelike ma is in die eerste fase van die skepping en hoe hierdie gees van Kain die lewe op aarde beinvloed het nadat hierdie bose kreature vermeerder het.
Jy het ook geleer dat die mens se voorouers diere is.

In ons volgende bespreking bespreek ons die beeld van God en jouself.
Jy sal leer hoe om jouself te verstaan. Jy sal leer hoe Moses begin het om hierdie mens dier wat uit die see gekom het te dissiplineer en hoe hulle kennis en intelligensie ontvang het.

Jy sal ook meer leer oor die simbolisme van die bybel.
Jy sal ook die betekenis van die tabernakel leer wat Moses in opdrag van God opgerig het.

No comments: