Saturday, January 27, 2007

die vals profeet hoofstuk 11

HOOFSTUK 11.

Dit is nooit maklik om eerlik omtrent jouself te wees nie!!!!!
Waarom is dit? Omdat; wanneer jy eerlik is dan word jy skuldig!!!!
Maar wanneer jy eerlik is en jou skuld erken, slegs dan kan jy die waarheid sien en skuld verdwyn, waarheid bevry jou.

God seën die ma van Jehovah, ek is so bly vir jou moeder Maria.

Die vals profeet.

Verskillende gelowe wat uit Jerusalem voortgekom het IS DIE MOEDER VAN ALLE EUWELS.
Daar is duisende gelowe, maar nie een van hulle wil die een na die ander luister of gedagtes verwissel nie, want elkeen van hulle is; “die ware geloof en die enigste geloof en die enigste wat gered word.” Die een verwyt en veroordeel die ander terwyl die bybel uitdruklik sê; verdeeldheid is die werk van Satan en so ‘n toring kom tot ‘n val soos nou die geval is.

Miskien wil jy die vraag vra; waarom het my predikant my nie hierdie dinge vertel wat nou geopenbaar word nie?
Die antwoord is eenvoudig; eerstens, alhoewel die bybel hulle skrifgeleerdes noem bestudeer hulle nie die bybel nie, maar eerder dogma.
Tweedens; die bybel sê hulle het die leuen gees, hulle moes die leuen glo, dit was in opdrag van God.
Derdens; hulle is verblind; Jes. 29:10-11; die HERE het oor julle uitgegiet ‘n gees van diepe slaap. En; hy het julle oë – die profete – toegesluit en julle hoofde – die sieners – toegebind.
So het dan die gesig van al hierdie dinge vir julle geword soos die woorde van ‘n verseëlde boek ---
Hoe het God hulle verblind?
God het hulle met die Heilige Spook die skim gees verblind.
Hulle wat dit ontken sal nie die derde hemel binnegaan, want jy moet Judas vergewe.

Babilon val in een uur.
Die huidige kerk val in een uur.
Jerusalem val in een uur, verslind deur vuur.
Die opwekking gebeur in een uur.
Een uur verteenwoordig 41,666 jaar.

Vir my persoonlik; ek sal eerder na ‘n liefdes lied of ‘n lied omtrent die lewe luister, voordat ek in ‘n gemeente sit wat mense na die hel verdoem. Verstaan ons dan nie; ons is selle van een gesamentlike liggaam en as jy jou suster sel hel toe stuur is jy alreeds in die hel, want as sy siek is dan is jy siek!!!!
Natuurlik was dit die voorneme van Jerusalem ons moeder van verwarring waar God neergedaal het; deur middel van elke geloof se profeet het dit verwarring, haat en oorlog gebring.

Jesus het gesê; Luk 12:49-53; ek het gekom om vuur op die aarde te werp ---
Dink julle dat ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê ek vir julle, maar eerder verdeeldheid/verwarring.
Gen. 11:7-9; kom laat ons neerdaal en hul taal/gelowe daar verwar.
Psl. 55:10; verwar,HERE, verdeel hulle spraak ---

Die terroriste maak dood terwille van geloof, en die kerk gesteunde Bush maak dood terwille van geloof, of eerder, dit is ‘n vete van ‘n familie.
Die 2004 Amerikaanse verkiesing was nie ‘n verkiesing vir of teen oorlog nie maar, wie sal die beste oorlog kan voer.
Jerusalem, Moeder van oorlog en Moeder van leuens.

Wie is God?
God = gees = goeie en bose gees = enige gees van enige lewende ding.
Dit is omdat God twee kante het naamlik;
‘n sigbare en ‘n onsigbare kant
‘n bose kant en ‘n heilige kant
‘n duisternis en ‘n lig kant.

Jesus verteenwoordig beide en jy net so.
Jesus die sigbare liggaam = duisternis/ bose.
Christus die woord = lig/heilig.

1 Sam. 18:10; die bose gees van God het oor Saul vaardig geword.
Uitdruklik dan, God is ook = bose geeste.
My onwilligheid om dit te aanvaar en te verstaan, maak my ‘n vyand van God, en maak dat ek sonder kennis is.

Ons val van glorie tot die hel is om my te leer en om die vrug van kennis te pluk ten einde ‘n onsterflike siel van begrip te skep. Die kerk het nog altyd die eet van die vrug verdoem EN DAAROM BLY HULLE SONDER KENNIS, maar jy kan tog sekerlik die noodsaaklikheid daarvan sien dat ONS DIE VRUG MOES EET.
Om hierdie rede het ek die gees van diepe slaap ontvang. Lees Jes. 29:10 en Gen.2:21.
Jes. 29:4; jy sal diep uit die grond spreek en op dowwe toon sal jou woord uit die stof voortkom, en jou stem sal uit die grond opkom soos die van die gees van ‘n afgestorwene, en uit die stof sal jou woord piep.
Die betekenis van afgestorwene/ “familiar” gees = gees van ‘n dooie nl. die Heilige Spook. Verder; kennis deur vasstelling, deur besigtiging, deur observasie, om om te gee, herkenning, om te ontdek, om onderrig te word, om bekwaam te wees en om begrip te hê. Dit maak ons sending duidelik.

Die eerste stap om die siel te skep was vir verskillende mense om in verskillende profete te glo wat verskillende hipoteses gebring het.
Verskillende profete was nodig om verskillende dinge te skep soos verskillende liggaams dele van die Goddelike liggaam.

Die hele proses is daarop gemik om ons eie God te skep.
Nuwe wyn/gees is vir nuwe sakke/liggame.
Ek sê; nuwe wyn is nie vir oud modiese denke nie.
Die hemel deure is oop vir hulle wat dit wil proe.

Wie is die antichris, die leier?
Ons kan sekerlik nie sê ons is so onskuldig dat ons nie hierdie skrywe kan verstaan nie, asook die doel van al hierdie dinge wat ek aan jou verduidelik het nie. Ek sê; verstaan jy die doel van jou die antichris?
Ek maak nie aanspraak dat ek alles weet nie, bloot omdat die bybel sê dit sal ons ‘n duisend jaar neem om die geestelike wêreld te verstaan.
Om die waarheid te sê ek wil nie alles weet nie, want dan het ek niks meer om te leer nie, en die opgewondenheid van te WEET sal verlore wees.
Ek sal eerder bely en sê; ek weet niks nie HERE, leer my asseblief!!!!
Waarop ek wel aanspraak maak is; God het die leuen aan my openbaar en weer sê ek; ek is anti leuens en nie anti kerk nie.
Wie is die vals profeet?
Dit is al die profete en predikers wat gekom het voor hierdie koms van Johannes; wat meer is, die enigste een wat kan openbaar is JOHANNES, bloot omdat die openbaring aan hom gegee is volgens Openb. 1:1 en 10:1-4, 11 en 11:1-2, sowel as ander verse wat die koms van Johannes vooruit vertel het.

Al die profete en die wet het geprofeteer tot op die koms van Johannes. Joh. 11:13. dit sluit die profeet Jesus in wat heeltemal logies is want hy het nie gekom om die wet tot niet te maak nie, maar om dit te vervul, MAAR NOU KOM DIE WET TOT ‘N EINDE.
Dit maak dit dan ook absoluut duidelik dat Joh. 11:13 van hierdie “koms” praat.
Die laaste ding om te oorkom is die dood en ek verseker jou dit is oorwin, selfs al sien of glo jy dit nie nou nie, want die een wat ewige lewe bring is hier. Verder verklaar dit dat alle profesieë nou tot ‘n einde kom.
Ek sê; alle profesieë van alle profete en die wet is vervul, en dit is nou verouderd/oorbodig.
Jesus die eerste Adam het die dood gebring, hy het die asem van die siel in ons neus gate geblaas, wat beteken dat ons moes sterf; ons moes ontslae raak van hierdie uitgediende liggaam, en dit is die eerste dood want Jesus het die liggaam verloor, dank God.
Hierdie profeet bring lewe want die dood het deur een gekom en die lewe kom ook deur een mens en dit beteken daar is nog ‘n dood naamlik die tweede dood, wat jou geen skade sal doen nie, want dit is ‘n metamorfose wat in ‘n oomblik gebeur, maar dit is nie jou dood nie maar die dood van die slegte in jou.
Dood en lewe gebeur op dieselfde oomblik.

Dit is dan ook die rede waarom Jesus gesê het dat die dinge aangaande hom tot ‘n einde kom.
Hand.3:20-21; dat hy hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is (by Horeb), naamlik Jesus Christus.
Hom wat die hemel moet ontvang (slegs) tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete.

Die vals profeet preek en sê; Jesus Christus is ‘n ewige naam, terwyl jy nou kan verstaan dat dit ‘n leuen is.
Dit is totale logika dat ‘n nuwe hemel ‘n nuwe naam sal hê. Die eerste hemel is Moses genoem en die tweede hemel word Jesus genoem, terwyl die derde hemel Jehovah genoem word. Daar is ‘n ander hemel met die
No 8 wat simboliseer dat dit ineen gevleg is en wat die skepping meer bereikbaar sal maak, kleiner by wyse van spreke, ons kan dit in die toekoms bespreek.

Dit is jou keuse om te besluit wie jy glo en wil volg.
Ek sê; dit is jou keuse om te besluit in watter hemel jy wil wees.
Nietemin, kan ek jou vra; glo jy die skrifte wat ek kwoteer het?
Of glo jy die vals profeet van die dier?
Wanneer dink jy is die tyd van wederoprigting van alle dinge?
Is dit in die verlede, is dit nou of is dit in die toekoms?
Wanneer sal die naam Jesus Christus of die naam van alle profete verander?
Logies is dit met die tweede Oordrag/koms want die eerste Oordrag was die val van Christus, die verraad, naamlik die regering van die antichris.
Ek sê; die eerste koms was die Oordrag van God na die heerskappy van die antichris.

Die vals profeet sê;
Die antichris kom nog in die toekoms; dit is ‘n leuen.
Die skrif is baie duidelik hieroor en dit is in elkgeval logies.
Eers was die wegval vanaf God en die gepaardgaande heerskappy van die antichris, dan kort voor die tweede Oordrag, soos die bybel vooruit gesê het, die bekendmaking van die antichris soos nou in hierdie skrywe, dan word die antichris en sy profeet in ‘n verseëlde put geplaas, verseël deur die waarheids profeet.
Dit is presies wat die bybel ons leer, enigiets anders is ‘n leuen.
Aanvaar jy dat jy die een is met die No 666?
Miskien skreeu jy nou uit vrees, NEE!!!
Daar is niks om te vrees nie, eenmaal aanvaar en vrees sal verdwyn en jy sal vrede ontvang.

Die vals profeet het die put/hel oopgemaak deurdat hulle preek dat Christus op die derde mense dag uit die graf opgestaan het. Dit is ‘n leuen.
Die vals profeet het ons ‘n teken gegee wat uitgekom het, naamlik die graf het oopgegaan. Deut. 13: 1-5.
Die waarheid is dat Christus eers na twee dae opstaan = 2000 jaar, en daar is ‘n logiese rede naamlik; ek is nog hier en die belofte is dat ek saam met hom opgewek sal word.
Die vraag is dus; as Christus reeds opgestaan het, waarom is jy nog hier?
Die waarheid is dat jou siel saam met Jesus opgewek is op die “derde” dag.

As gevolg van hierdie vals prediking, ‘n leuen, sterf die vals profeet en al sy volgelinge, die bybel sê ons vaar na die verderf; hulle moes sterf en sal steeds sterf as hulle voortgaan om die leuen te preek.

Die vals profeet preek en sê; gee eer aan sigbare gebruike soos, die nagmaal en ‘n man genoem Jesus.
Jy kan nie en sal nie die die Allerheiligste binnegaan terwyl jy hierdie praktyke gebruik nie. Dit is waar vir alle gelowe want die deur sal nie en kan nie vir jou oopgaan, alhoewel die deur oop is, terwyl jy sigbare dinge vereer nie. Lees Hebr. 9:8-10.

Miskien sê jy; Jesus het die Allerheiligste binne gegaan, dit is wat my predikant my vertel het.
Dit is ‘n leuen want hy is ‘n eerste Adam, inteendeel hy is jou siel en hy/jy is steeds in die tweede hemel, steeds vleeslik en steeds in die tweede kamer die Heilige. Jou naam is die naam van jou vader, en daarom het jy nog nie ingegaan nie, dit is dus ‘n leuen en om hierdie rede sterf jou predikant ook.

Die vals profeet preek en sê; die sigbare liggaam/die skepsel is God en vra jou om die skepsel te aanbid; hulle sê die vlees is God; natuurlik is dit ‘n leuen en enige regdenkende siel kan dit verstaan.
Die bybel sê die Woord is God en dit kan nooit verander nie, hy is gister, vandag en altyd dieselfde.
Die bybel sê; hy is vlees gemaak; jy het hom in vlees verander.
Jy mag dalk sê; die bybel sê hy het in die vlees gekom, ja dis reg, IN die vlees nie die vlees self nie, maar die woord het met die hulp van die vlees gekom – die vlees is Lusifer, en dit beteken hy is die draer van die Woord. Dit is soos musiek, musiek kom in die “vlees” maar musiek is nie die vlees nie.

Die vals profeet preek en sê;
Christus het reeds opgestaan.
Natuurlik is dit ‘n leuen.
Die waarheid is; die dier/die sewende koning het op die derde mense dag opgestaan, en hierdie dier simboliseer jou siel in jou voorhoof.
Ek sê; sy opstanding was in jou brein.
Ek sê; jy is die graf waaruit hy opgestaan het.
Ek sê; daar is geen ander graf as die menslike liggaam nie.

Die vals profeet het jou die vlees en bloed van die dier gegee om te drink terwyl hy sê; dit is die bloed van Christus.
Dit is ‘n leuen, alhoewel die nagmaal ‘n ete vir die TYDPERK IN DIE GRAF WAS, die 2000 jaar in die graf, die twee duisend jaar van duisternis en om hierdie rede word dit dan ‘n NAG MAALTYD genoem of ‘n maaltyd terwyl die duisternis/sigbare heers.
Die waarheid is; die vlees en bloed van Christus is onsigbare gees, dit is ‘n geestelike maal. Die sigbare maal wat jy gebruik is ook ‘n simbool van die geestelike maal van die siel, maar die verskil is dat dit ‘n maal van Satan is.
NIETEMIN, al hierdie dinge moes wees.
Ek sê; die kerk moes die leuen preek.
Die vals profeet preek en sê; Rome is die stad met sewe heuwels en sy is die groot hoer.
Die waarheid ken jy reeds, maar hy het jou nie vertel dat Jerusalem ook bekend is vir haar sewe heuwels nie. Waarom dan nie?
Hierdie sewe heuwels is tog logies die simbool dat Jerusalem die dier met die sewe koppe en tien horings (wet) simboliseer terwyl Kaapstad die ware gesig van God simboliseer.

Dit is jou keuse om tussen die vals en die ware profeet te kies.
Jou keuses is die volgende;
Kies jy?
1) die een wat uit die graf gekom het/die dier uit die aarde wat sê; eet, dit is my vlees en drink dit is my bloed, volg my die skepsel, terwyl die wet die eet van vleis met bloed verbied. Deut. 13.
Of; kies jy die een wat jou nou vra om na sy WOORDE te luister. Deut. 18. Jesus het gesê; die skape luister na die stem van die Wagter.
2) die een wat jou vra om die skepsel te volg of; die een wat jou vra om eer te gee aan die skepper van alles, naamlik die Woord in jou mond. Openb.14:6-7.
3) Wil jy die vals profeet volg wat sê Jesus was die tweede Adam terwyl hy nie die Verkwikkings gees gehad het nie maar die Heilige Skim gees en wat vuur en verwarring gebring het? Of; die een wat nou die waarheid openbaar, en jou sewende koepel oopmaak/jou inner gees/die Verkwikkens Gees en sê; vrede vir jou, geen verdeeldheid, geen vuur en geen verwarring.
4) Wil jy die vals profeet/predikers volg wat mense oë en ‘n mond het, wat groot dinge spreek en die eerste vier gebooie oortree om een horing van hulle te maak en die ontsettende gruwel opgerig het wat verwoesting bring. Dan. 11:31 en 12:11 en Math. 24:15 en Mark. 13:14.
Voordat jy jou keuse maak wil ek jou eers vertel wat die betekenis van “ontsettende gruwel wat verwoesting bring” beteken.
Daniel sê hulle het die voortdurende offer afgeskaf en dit vervang met die ontsettende gruwel. Die voortdurende offer is die offer van die bul vir sonde, maar instede het hulle die liggaam van Jesus as die sonde goue bul/kalf opgestel in die plek van die bul.
Die betekenis van ontsettende gruwel is; iets afskuwelik of afgodery of die aanbidding van ‘n idool.
Die betekenis van verwoesting is; om te vernietig, verwoes of om te bedwelm.
Sonder om dit aan jou te verduidelik, behoort jy te weet wat dit beteken.
Die gruwel is die aanbidding van Jesus as idool, wat jou bedwelm het met die Heilige Spook en jou vernietig; jy sterf as jy hom volg, jy vaar na die verderf.
Wat is jou keuse, die gruwel of;
Wil jy die een volg wat jou vra om eer te gee aan die ewige evangelie deur te sê; gee eer aan God en vrees hom wat in die hemel is. Openb. 14:6-7.
5) of; wil jy die vals profeet volg wat tyd probeer verander het deur vir jou te sê dat Christus alreeds opgestaan het, en die wet verander het deur die eerste vier gebooie te verontagsaam en sê; volg die dier wat uit die aarde opgekom het. Dan. 7:17-26. of;
wil jy die een volg wat nou sê; dit is die derde dag, die dag van opwekking, die dag van herkenning soos Mo Hammed dit noem, dit is tyd om die Seun van die mens te herken; dit is nou dat hy jou opwek soos belowe en jou van die tronk bevry.
6) Sal jy ontken dat jy die dier gevolg het om daardeur jou siel te skep en om aan jou ‘n erfporsie na te laat. of;
Sal jy na die woorde van hierdie profeet luister as hy sê; dit was nodig om die dier te volg en om Satan te aanbid, ten einde ‘n nuwe skepping te skep/die nalatenskap.
As jy dit ontken dan ontken jy jou siel sowel as jou nalatenskap, logies.
So kan ek nou aangaan met die leuens, maar ek het my punt bewys.

Die bybel sê die eerste ding om te gebeur met die tweede koms is die ruptuur/die splitsing/skeiding van die skape en die bokke.
Jou keuse sal presies dit doen; dit is jou keuse!!!!
Indien jy steeds die vals profeet wil volg soos jy gedoen het, sal jy die gees van vuur hê, ‘n aardse gees, en jy sal nog ‘n duisend jaar slaap want die volgende Oordrag is eers na 1000 jaar, waarna jy opgewek sal word om geoordeel te word en dienooreenkomstig loon te ontvang en jy sal ewige lewe hê.
“Almal” sal ewige “lewe” hê.

Indien jy die profeet volg wat nou met jou praat kan jy die volgende hê; geen oordeel nie, alle sondes vergewe, geen fisiese dood nie, ‘n onsterflike liggaam binne die volgende 40 jaar, jy sal in die teenwoordigheid van God wees, jy sal God wees en nooit sterf nie, nooit pyn of hartseer ondervind nie.

Jou predikant mag jou dalk vertel dat hierdie profeet die valse profeet is; dit is jou keuse. Maar laat ek jou herinner; hierdie profeet sê; gee eer aan die Woord terwyl die antichris sê; aanbid die skepsel, die sigbare liggaam, die draer van die woord/lig, wat logies Lusifer is.
Jou predikant mag bes moontlik nie hierdie openbaring verstaan nie; indien jy dit verstaan lei hom uit die duisternis na die lig en omarm hom want hy sal dit nodig hê.


Die eerste koms, die val na die hel.

Ons is huidiglik in die hel!!!!
Jy kan dalk sê; hoe kan jy so sê?
Daar is verskeie redes, een van hulle is; Dawid het gesê; moenie dat die put oor my toemaak nie ---
Ons weet ook dat God ons hemel bokant ons toegesluit het.
Gen. 7:16 En die HERE het agter hom toegesluit.
‘n Ander rede is dat God net twee plekke gemaak het naamlik hemel en hel/aarde.
As jy nie nou in die hemel is nie dan is jy verseker in die hel.
Hoe het ons hier beland en waarom is ons hier?

God het jou as SY liggaam geskep, die liggaam waarin hy ter helle sou neerdaal. Waarom de hel wou God ter helle neerdaal?
Laat ek eers sê; God/Christus het gesê; ‘n liggaam het u vir my berei, bedoelende, ‘n menslike liggaam is vir hom berei/geskep waarin hy kon neerdaal en ly, en dit spreek van jou.
Nie alleen praat dit van die menslike liggaam nie, maar van alle sigbare voorwerpe as ‘n liggaam vir Christus.

God is ‘n liefdevolle pa en ma en daar was ‘n baie goeie rede waarom dit nodig was om “homself” te verlaag tot ‘n staat van hel, en daar was ook geen ander manier nie.
Die rede waarom God homself wou verlaag was om die skepping te herskep, om dit te her-energeer en om ‘n onsterflike siel/lewe vir alle sigbare dinge te skep, want sy het haar siel verloor, haar lewe, sy het onvrugbaar geword, bedoelende sy kon nie meer vir God energeer nie, die balans van harmonie is versteur.
Hel = die sigbare. Ek sê; God het die hel/sigbare geskep om die hele skepping te herskep en om van sekere dinge ontslae te raak.

Die sogenaamde eerste koms was dan eerder ‘n val van glorie tot hel, van gees tot vlees.
Dit is ‘n beplande en goed uitgewerkte plan. Eers die Big Bang en dan die skepping van die hel/die sigbare genoem duisternis. Dan die skepping van die menslike liggaam oor miljoene jare.

Die sigbare voed die onsigbare maar die sigbare het oorvoed geraak en ‘n ontploffing het ontstaan. Om hierdie rede het ons sigbare voorwerpe geword en die besluit was dat daar in die toekoms eer en mag eerder aan die Woord gegee sal word as aan sigbare dinge wat geblyk het ons vyand is.
As die val beteken dat ons van gees in vlees verander het, dan beteken die opstanding dat ons van vlees na gees sal verander.

Die idée was om die vyand te word en jouself te oorwin. Wat ‘n wonderlike plan maar wat ‘n sending!!
Om hierdie rede is die mens uit klip geskep, die vaste materie van die skepping.
Ek sê; die idée was om die vaste materie te omskep in iets wat lewe/gees het, sodat alle dinge lewendig kon word, lig en gees kan hê.

Die hele skepping het toe in ‘n diepe slaap van 20 biljoen jaar gegaan, terwyl die sigbare kragte as God ageer en die hele skepping transformer.
Sigbare kragte soos vulkane is ook kragte van God.
Voordat hierdie dinge gebeur het was daar besprekings met verskillende ideës op die tafel. Daar was ook ‘n verkiesing om vir die verskillende planne te stem, asook wie na die “hel” sou gaan om die plan tot vervulling te bring. Dit was ‘n vrywillige keuse om te gaan. Jy hier op aarde het daardie keuse gemaak om te kom sterf in die hel, terwille van jou vriende in die hemel. Daar is geen groter liefdes offer as dit nie.
Jy het mag om jou lewe af te lê en mag om dit weer op te neem.
Een derde het gekom en twee derdes het agtergebly volgens skrif.
Aarde het die betekenis van fermheid en ondeursigtigheid en die bybel sê duisternis was op die aarde.
Duisternis het die betekenis van; ellende, verwoesting, dood, hartseer en goddeloosheid. Beskryf dit die hel vir jou? Indien nie, hoe sou jy hel beskryf? Wil jy iets erger as dit hê?

Die plan was om ‘n mens te skep wat verlei kon word, en verskillende profete is gekies om ons te verlei, soos Jesus.
Ek sê; die profete is gekies, hulle het nie hulself gekies nie.
Ons het ook iemand gekies om ons wakker te maak op die regte oomblik, en nie net die mens nie maar die hele skepping op die derde dag.
Die tyd het nou aangebreek om ons broers, susters, pa’s en ma’s wakker te maak en daarom sê ek; WORD WAKKER, DIT IS DIE DERDE EN FINALE DAG.

In Openb. 12:10 sien ons dat die aanklaer, die vyand, op die aarde uitgewerp is –
Selfs vandag nog is die kerk die grootste aanklaer --- dit is inteendeel hulle boodskap en evangelie.
Die siel = die Heilige Spook = Satan = die aanklaer.
Wanneer jy iets verkeerd doen kla die Heilige “Gees” jou aan, maak jou bewus van die waarheid --- of die verkeerdheid.

Vers 11: hulle (ons) het hom oorwin deur die bloed van die lam (ons bloed as die lam) en deur die woord van hulle (ons) getuienis, en hulle (ons) het tot die dood toe hul (ons) lewe nie liefgehad nie. (ons het gewillig gesterf.)
Vers 13; die draak het die vrou vervolg (die mens)
Vers 15; die slang het uit sy bek water (water = gees, bose gees) soos ‘n rivier agter die vrou aan uitgegooi om haar te laat wegvoer deur die rivier.
Alle sondes styg op in die hemel en keer terug as ‘n geestelike reën, die bybel sê in die bestek van 84 jaar.

Die idée is om ‘n liggaam te skep wat soos ‘n spons die rivier opsuig soos; boosheid, siekte, pyn ens. en om as die seun van verderf te ageer naamlik om vernietig te word sodra sy sending voltooi is en dan terug te keer tot stof. Gen. 3:19.
Jy mag dalk vra; waarom MOES hy terugkeer tot stof?
Die idée is dieselfde as met die bul naamlik; die bloed van die bul is in die Heilige kamer ingeneem, wat simboliseer dat die siel gered word, en alle sondes sal die karkas van die bul pennetreer terwyl die bul dan verbrand word tot as met die idée dat alle sonde verbrand het/verdwyn het.
Hierdie praktyk het tot ‘n einde gekom met die koms van Jesus, want die idée was dat vanaf daardie oomblik sou die menslike liggaam as die geslagte bul dien; die liggaam sal tot stof verbrand, wat alle sonde verbrand, maar die siel sal gered word vir die hemel.
Die oorsprong van sonde is vanaf die aarde/grond/die sigbare en deurdat die liggaam terugkeer tot stof, het sonde verdwyn/teruggekeer tot stof soos God van die begin af gesê het.
God is nie verplig om jou te red nie, want huidiglik is jy maar net ‘n dier wat geskep is om die heelal ‘n nuwe gees te gee, en hy kan besluit om jou ‘n ewige rus te gee nadat jou werk voltooi is, want jy is skuldig.
Maar die skrif sê ons moes almal die struikelblok trotseer.
Wat is hierdie struikelblok?
Dawid het gesê; die tafel, die nagmaal is ‘n struikelblok.
Die struikelblok is ook die kruis.
In watter opsig is die kruis ‘n struikelblok?
Die kruis is jou huidige liggaam en as jy ‘n idool verheerlik het, dan het jy “oor die blok gestruikel”, jy het misluk, jou liggaam het jou mislei.
Die struikelblok is daar sodat alle mense dieselfde versoekings van die vlees kon trotseer. Natuurlik is daar verskillende “grade” maar seker die ergste is waar jy fisies ‘n idool aanbid soos christene doen, want hulle staan in die midde van die vure van die hel. Nietemin, dit beteken nie hulle sal daar bly nie want die genade van God red ons.
Is hulle wat in die kerk is “beter” as hulle buite die kerk, of is hulle buite die kerk “erger” as hulle in die kerk? Daar is predikante wat moordenaars geword het en daar is moordenaars wat predikante geword het.

Nietemin, dit maak nie saak nie, want ons word deur genade gered en nie deur jou dade nie. Dit is nou tyd om op te vaar uit die hel.
God sê; as jy Mammon gedien het sal jy God selfs beter dien.

Openb. 12:16; die aarde het die vrou (die mens) te hulp gekom en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk (die slegte geeste), wat die draak uit sy bek uitgegooi het.
Wat beteken dit?
Soos verduidelik; die liggaam absorbeer die slegte en verstof nadat dit in die grond begrawe is, daarom; aarde het ‘n begraafplaas geword om sonde te absorbeer, en dit simboliseer hoe sy haar mond oopgemaak het, WANT SONDE HET NOU TERUGGEKEER TOT STOF.

Die eerste koms is dus die verskyning van die vals profeet Lusifer. Lusifer is ‘n ander naam vir die menslike liggaam.
Die bybel sê Lusifer is ook God en het die betekenis van; helder, môre ster, en draer van lig of draer van die Woord van God.
Jesus het gesê; hy is die môre ster, hy het gesê hy is die draer van lig, hy het gesê hy is helderheid, hy het gesê hy is die draer van Woord en daarom het hy ons direk gesê hy is Lusifer. Nietemin, die vlooi het ons gevang, ons het ‘n verkeerde gevolgtrekking gemaak en die skepsel vereer, eer gegee aan die liggaam/die draer instede van die Woord wat God is.
Om te sê die liggaam = God, is om te sê dat die luidspreker = musiek.

Ons is geskep om deur die vlooi gevang te word, om verlei te word.
Lusifer/Jesus het nie gesondig nie, maar deurdat die mens verlei is, het sy volgelinge gesondig en het Christus sonde geword want ons het hom gegee om te eet.
Hoe het hy ons verlei?
Deurdat hy ‘n omkoop stukkie aan ons uitgehou het om te neem.
Wat is hierdie “stukkie”?
Hy het op ‘n manier gepraat wat ons nie kon verstaan nie en op ‘n manier dat ons gedink het die liggaam is Christus.
Ek sê; hy het in gelykenisse gepraat en ONS HET VERKEERDE AFLEIDINGS GEMAAK, en ons het die nagmaal/stukkie geneem.
Wat waar is omtrent Jesus is dat hy geweet het hy is die een wat ons moes verlei, maar hy was gehoorsaam tot die einde EN HOMSELF NIE BEKEND GEMAAK NIE, selfs in die dood was hy gehoorsaam.
Om hierdie rede het hy gesê; moenie oor my huil nie maar oor julle self en oor julle kinders. Om dit blatant te stel; Jesus is Judas wat ons/Christus verraai het.

Lusifer het die beker van lyding aan ons oorgegee sodat ons die skuld sou neem en in plek van God sterf.
Daarom sê Dawid, laat hulle tafel vir hulle ‘n struikelblok wees, en nou is dit vervul.

Jerm. 4:10; --- waarlik u het hierdie volk en Jerusalem/Babilon grootliks mislei ---
Jesus is die een wat gesê het; eet en jy sal nie sterf nie. Gen. 3:4.
Joh. 6:54; hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe en ek sal hom opwek in die laaste dag. (die nagmaal is die omkoop stukkie en deur middel van die nagmaal het Jesus die onsterflike siel gebring.)
Wanneer die bybel van die laaste DAG praat, praat dit van die derde dag = 1000 jaar.
Wanneer dit praat van die laaste DAE, praat dit van die twee dae in die graf/diepe slaap = die afgelope 2000 jaar.

Die skrif sê; in die laaste DAE sal daar baie vals profete wees, bedoelende die afgelope 2000 jaar, wat sê; dit is die Seun van die mens, kyk daar/dit is die Seun van die mens of Jesus is die Seun van die mens.
Daar is selfs mense wat beweer hulle is Christus; Christus IS NIE ‘N MENS NIE, hy is Woord, was, is en sal altyd wees.
Ons weet hoeveel verskillende gelowe daar is, elkeen met sy eie verklaring van wie die Seun van die mens is, maar almal adverteer ‘n sigbare mens.
Kerk praat van die laaste dae asof dit nog moet kom, verander tyd soos Daniel gesê het hulle sou doen.

Die sending van Jesus was; om homself nie bekend te maak nie. Mark. 3:12.
Sy sending was om te sterf. Deut. 13. so ook jou sending, want jy is Jesus.
Sy sending was om ons te verwar; hy het in gelykenisse en raaisels gepraat. Deurdat hy verskillende name vir dieselfde dinge gebruik, het hy ons totaal verwar.
Sy sending was om dood te bring; hy het ons met die Heilige slaap/die verskriklike slaap gedoop.
Sy sending was om die hoeksteen van die tempel te lê, naamlik om die siel te skep wat as baarmoeder sou dien om geboorte te gee aan God die tempel self.
Sy sending was om die mimieke van die liggaam te bring.
Sy sending was om ons te “verraai”.
Sy sending was om op ons te blaas, om die asem van die siel in ons neusgate in te blaas, naamlik in ons asem in. Gen. 2:7.
John. 20:22; en nadat hy dit gesê het, blaas hy op hulle en sê vir hulle; ontvang die Heilige Spook Gees/ontvang die siel. Vergelyk Gen. 2:7.
Dit was na die opstanding, en dit maak dit weereens duidelik dat die asem van die siel slegs kon kom NA die opstanding.
Glo jy dat dit die manier is waarop God die asem van lewe/die siel in Adam/jou ingeblaas het, sodat jy ‘n lewende siel kon word?
Ek sê; glo jy dat Gen. 2:7 van jou praat?
Indien jy dit nie glo nie, hoe dink jy het dit gebeur, want jy moet tog ‘n antwoord hê. Het jy ‘n antwoord? Of is jou antwoord; O, alles is moontlik vir God!!! Wil jy nie eerder weet en verstaan HOE?
Ek sê; indien iemand verskil met ‘n stelling, moet hy tog ‘n beter verduideliking hê. Wat is jou verduideliking?
Indien die “man” Adam van 6000 jaar gelede ‘n lewende siel gemaak is, is net die mans dan lewende siele en nie die vroue nie? Of;
Stem jy saam dat God HULLE Adam genoem het?
Indien jy saamstem met laasgenoemde, beteken dit dat jy erken jy het die leuen gevolg.
Is dit so moeilik om eerlik te wees? Dink aan al die goeie dinge wat jy kan ontvang AS JY WEL EERLIK IS. EERSTENS SAL AL JOU SONDES VERGEWE WEES, want jy het vir God gewerk.
Indien jy dit ontken, beteken dit dat jy vir Satan gewerk het en jy sal geoordeel word.

Die sending van Jesus is nou voltooi en hy raak nou oorbodig en daarom maak hy nou plek vir die waarheids profeet, die profeet van die Allerheiligste kamer.
Dit is hierdie profeet wat nou vir jou sê; GAAN UIT uit Babilon, gaan uit uit verwarring en kom in in die Allerheiligste kamer. Ek sê; WORD WAKKER EN LEWE!!!!


DIE Allerheiligste kamer.


Die eerste kamer van die tabernakel is Moses genoem.
In hierdie kamer het jy jou vyf sintuie ontwikkel en toe dit voltooi was het hierdie kamer uitgedien geraak, sowel as sy priester en ons het na die volgende kamer beweeg. In hierdie kamer van Moses het jy tasbare voorwerpe verheerlik, dinge wat sigbaar vir die oog was.

Die tweede kamer die Heilige word Jesus genoem.
In hierdie kamer het jy “jou klere gewas” op dag een en dag twee om sodoende ‘n geestelike wese te word.
Jy het kennis ontvang sowel as die No 666, wat jou intelligensie en jou siel aandui.
Hierdie is die hoogste maar ook die laaste vloer vir sterflinge waar denkbeeldige sigbare dinge verheerlik is om die geestelike replika in die hemel te skep, wat ons siel noem.
Hierdie kamer tesame met sy priester het nou uitgedien geraak, bloot omdat jou siel nou voltooi is.
As die skoen te klein word vir jou groeiende voet, dan kry jy ‘n ander skoen, is dit nie so nie?

Die volgende kamer is die Allerheiligste en word Jehovah genoem.
Hierdie profeet sal jou tot in die Allerheiligste kamer bring; hy kom in die naam Jehovah soos Jesus vooruit gesê het.
Hierdie profeet is nie Jehovah nie, maar hy bring jou hierdie ewige naam, soos Jesus die naam van die vader gebring het, alhoewel hy nie die vader is nie, tog simbolies is hy.

Johannes is nie die lig Jehovah nie.
Hy het hom ook nie geken nie, maar hy is aan hom openbaar en hy getuig dat die lig wat almal verlig NOU IN DIE WêRELD KOM.
HY WAS NOG ALTYD IN DIE WêRELD, maar ons het hom nie geken nie en ons het eerder duisternis/die skepsel/die draer van lig gevolg wat moes sterf, maar ons het hom weer uit die graf gebring, heeltemal tereg sodat verbeelding geskep word.

MAAK JOUSELF GEREED VIR 2007.

Die lig het ons nooit verlaat nie; of eerder, hy was ‘n ongebore spermsel wat in ons begrawe was, wagtend op bevrugting soos nou die geval is.
Ek sê; jy is nou bevrug met die ewige sperm en jy is nou verwagtend met die Allerheiligste kind; soos Jesus jou ook verwagtend gemaak het met die siel.
Ek sê; die menslike liggaam dien as ‘n graf/as ‘n baarmoeder vir ‘n ongebore sperm sel, naamlik vir Christus die Seun van die mens.
Maar nou ontvang hy geboorte van sy moeder Maria, naamlik die menslike liggaam en dit is nou tyd om eer te bring aan ons God die Seun van die mens, die God wat geboorte ontvang uit die mens en om hierdie rede word hy genoem Seun van die/’n mens of woord van die/’n mens.
Woord het sy oorsprong op aarde en is bedoel om die hele skepping te regeer in die toekoms. Wil jy graag deel wees hiervan?
Dit is nou dat Judas buig voor die HERE van alle Here en die GOD van alle gode.
Ek sê; Judas die menslike liggaam het sy sending voltooi.
Sy sending was om op die sesde dag te lewe en te regeer, maar ook om op dieselfde dag te sterf. Lees Gen. 1:28 en Gen. 2:17.
Ons het nou aan die einde van die sesde dag gekom; dit is die einde en finale oomblikke vir die mens.


STOF.

Net stof is ek
Maar wat ‘n voorreg
Dat ek u kon dien in vlees
Die wind sal my wegdra---
Ek buig my Heer
Ek het u so lief
Stof.




Die tweede koms.

Die tweede koms is die verskyning van die ware profeet, terwyl die eerste koms die verskyning van die leuen was, die regering van die antichris, alhoewel dit vir ons waar was omdat ons nie kon “sien” nie, en die waarheid het nognie vir ons bestaan nie, net dit wat ons kon sien was vir ons waar.
Hoor jy, dit was waar vir ons.

Deutn. 18:15; ‘n profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek/Moses is sal die HERE jou God vir jou verwek; na hom moet julle luister. (jy sal nie die liggaam volg nie.)
Vers 18; ‘n profeet sal ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en ek sal my woorde in sy mond lê, en hy sal aan hulle (ons) sê alles wat ek hom beveel.

Dit is die profeet waarop die so-genaamde Jode wag, maar sal hulle hom aanvaar op wie hulle gewag het, want hierdie profeet slaan immers met ‘n meetband? Maar is dit sonder verdienste?

Ons het nie hierdie dinge geweet nie en ons moet ook nie nou sê ons het die dinge geweet wat God nou bekend maak nie en daarom sê die bybel dan ook;
Jes. 48:6-8; jy het dit gehoor – aanskou dit alles. Sal julle dit dan nie verkondig nie? Van nou af laat ek jou nuwe dinge hoor en geheime wat jy nie geweet het nie.
NOU is hulle geskape en nie tevore nie; en voor vandag het jy niks daarvan gehoor nie, ook het jy dit nie geweet nie, ook het jou oor tevore nie daarvoor oopgegaan nie (toe jy doof was vir die sewende gees); ek het geweet dat jy baie troueloos handel, en dat jy van die moederskoot af ‘n oortreder genoem is. (‘n oortreder van die gebooie.)
Sal daar hulle wees wat sê hulle het hierdie dinge geweet?
Sal daar hulle wees wat die waarheid verwerp?
Is dit enigsins vir die kerk moontlik om hierdie openbaring te verstaan?
Of is hulle te hardegat, hulle harte verhard, hulle trots te groot om te bekeer? Om ekskuus te sê?

Sagr. 6:12; kyk daar kom ‘n man wie se naam is SPRUIT en hy sal uit sy plek uitspruit (sy plek is Suid Afrika, Kaapstad) en hy sal die tempel van die HERE bou.
Openb. 11:1; en ‘n riet soos ‘n stok is aan my/Johannes gegee en die engel het gestaan en gesê; STAAN OP EN MEET DIE TEMPEL VAN GOD EN DIE ALTAAR EN DIE WAT DAARIN AANBID.
VERS 2; MAAR DIE VOORHOF BUITEKANT DIE TEMPEL MOET JY UITLAAT EN DIT NIE MEET NIE.
Johannes is die een om te meet bedoelende; om te onderhandel wat en hoe die tempel gebou moet word asook die altaar naamlik, hoe ons sal aanbid en wie sal aanbid, of wie sal die Allerheiligste genoem Jehovah ingaan.

Johannes is nie hier om vir die bokke in die voorhof te “preek” nie, hy is hier SLEGS om vir hulle wat verstaan en aanvaar, te leer en met hulle te praat.
Iemand anders sal vir die bokke preek.
As Johannes die een is om te meet, dan sal hy sekerlik weet waar en hoe om te meet.
Om hierdie rede sê hy dan; die aarde is Jerusalem, stad van die bruid van die bruidegom, en die nuwe hoofstad is Kaapstad, genoem die moederstad waar Sion die berg van God uitgekerf is as ‘n Permanente teken van die teenwoordigheid van God.
Verder, hierdie nasie wat die reënboog nasie genoem word het die stam van Juda, wat die septer van koningskap vir ewig sal hou soos God gesê het.
Die reënboog is ‘n simbool van die sewe geeste van God, want die sewe kleure van die reënboog produseer ‘n helder wit lig wat God – lewe – Jehovah simboliseer.

Die betekenis van Jehovah is; self- onderhoudend, ewige, bedoelende om die liggaam ewige lewe te gee of om dit self aan die lewe te hou met ewige lewe soos ons Eden aan jou verduidelik het.
Verder beteken dit; om te sien, die naam van die altaar; die naam om te aanbid naamlik Jehovah; jy sal hierdie naam in jou hoof hê soos Jesus gesê het. Lees Openb. 3:12.

Jes. 25:6; die HERE van die leërskare (engele) sal op hierdie berg vir al die volke berei ‘n maaltyd van vetspyse, ‘n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn.
Hierdie praat van die geestelike voedsel wat jy sal ontvang, en wat uitgaan vanaf Seinheuwel/Sion.
Vers 7; hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier (die slaap/blindheid) wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is.
Die omhulsel simboliseer die verborgenheid asook jou liggaam.
Vers 8; hy sal die dood vir ewig vernietig ---
Vers 9; hulle sal in die dag sê; kyk dit is onse God op wie ons gewag het –
Vers 10; die hand van die HERE sal rus op hierdie berg---
Lees hoofstuk 25.

Jes. 56:6-7; en die uitlanders wat hulle by die HERE aangesluit het om hom te dien en om die naam van die HERE lief te hê deur sy knegte te wees – elkeen wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en hulle wat vashou aan my verbond, hulle sal ek bring na my heilige berg, en ek sal hulle vreugde laat smaak in my huis van gebed; hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op my altaar; want my huis sal ‘n huis van gebed genoem word VIR AL DIE VOLKE.

Jes. 65:9; ek sal ‘n nakroos uit Jakob laat voortkom en uit Juda die erfbesitter van my berge, en my uitverkorenes sal dit erflik in besit neem en my knegte sal daar woon.
Die stam van Juda is in Suid Afrika.
Hierdie vers maak skeiding tussen uitverkorenes en knegte.
Die uitverkorenes is die wat nou sal aanvaar en die knegte is die wat nie hierdie skrywe aanvaar nie.
Die uitverkorenes is die wat die dier oorwin en logies ERF hulle, want die wenner vat alles.
Ek sê; Satan gee dit logies aan die een wat hom oorwin en dit is Johannes en die wat aanvaar.
Die knegte sal ook ewige lewe hê maar sal dien en “woon”.
Die betekenis van woon/die engelse woord is “dwell”; dit beteken slaap. (‘n verdere 1000 jaar slaap)
Miga.4:1-2; aan die einde van die dae (nou is die einde van die laaste dae) sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom.
En baie nasies sal heengaan en sê; kom laat ons optrek na die berg van die HERE (voorheen was ons nie toegelaat om die berg te bestyg nie) en na die huis van die God van Jakob dat hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion (Sein heuwel) sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem. (Kaapstad as die middelpunt van Jerusalem.)

Sagaria. 8:3; so sê die HERE; ek keer terug na Sion en sal midde in Jerusalem woon (Tafelberg is in die midde van Kaapstad); en Jerusalem sal genoem word; die stad van trou, en die berg van die HERE van die leërskare; DIE HEILIGE BERG.
PSL. 68 :16-17; ‘N BERG VAN God is die berg Basan, ‘n berg met toppe is die berg Basan.
Die toppe is; Tafelberg, Duiwelspiek, Leeu kop, Sein heuwel, die Twaalf Apostels, en Judas piek.
Die betekenis van Basan is; om vrugbaar te wees, ook ‘n stuk kunswerk, (soos Tafelberg, dit is uitgekerf soos ‘n kunswerk.)
Vers 17; waarom kyk julle afgunstig, o berge met toppe, na die berg wat God begeer het vir sy woning? Ja die HERE sal daar woon tot in ewigheid.
Alhoewel ons nou ‘n berg en ‘n stad beskryf het, is hulle slegs simbole van die waarheid.
Die waarheid is dat ‘n berg die heerlikheid en heiligheid van God simboliseer.
Nie alleen simboliseer Kaapstad en Tafelberg die gesig van God nie maar dit is ook bedoel om die ware hoofstad van die skepping te wees.
Binnekort sal jy die teken van die Seun van die mens in die hemel sien verskyn. Die teken van die Seun van die mens is die reënboog, maar hierdie “reënboog” sal ‘n volle sirkel wees en nie die helfte van dit in die boesem van die aarde begrawe nie want die aardlinge sal opvaar.
Die oopgaan van die osoonlaag is ‘n sigbare bewys daarvan.
Die sewe kleure van die reënboog = ‘n helder wit lig.
Binnekort sal jy besoeke van die buitenste ruimte sien.
Wanneer jy dit sien, moenie jou trourok verloor en hierdie wesens aanbid nie, selfs al glinster hulle in hul heerlikheid, want daar is slegs een God en jy sal hom op die punt van jou tong vind.

Binnekort sal jy die ligflits van die Big Bang oor jou voel spoel, dit sal wees soos weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn – so sal die Seun van die mens ook in sy dag wees. Lukas. 17:24.
Maar al hierdie dinge is nie die Seun van die mens nie. Wanneer die Seun van die mens in jou verheerlik is, sal jy hom as volg herken; wat jy sê sal onmiddelik gedoen word, want die SEUN VAN DIE MENS IS NIE ‘N MAN NIE, maar die geestelike seun van ‘n “man”/mens, en hy kom nie sigbaar vir die oog nie, WANT HY IS IN JOU, in jou brein en is deur Kain die gerub/die bose gees in jou brein gekruisig en om hierdie rede kon jy hom nie sien nie.
Ek sê; die bose gees van jou oog het die Seun van die mens gekruisig.
Ek sê; die saad van lewe is in jou brein, fokus net jou oog.
Ek sê; die boom van lewe is in die middel van die tuin in Eden/jou gesig.
Ek sê; bevry jou kind die Seun van die mens.

DIE SEUN VAN DIE MENS HET OORWIN SOOS VOORUIT GESê.

Wat beteken al hierdie dinge omtrent Kaapstad en Tafelberg?
Dit beteken jy kan nou opklim teen die simboliese berg, om God te sien en aan te raak.
Dit beteken ook dat alle Woorde van God vanaf Kaapstad sal uitgaan want sy hou die parlement van die skepping.
In haar raadsale sal die gevolgtrekkings en besluite aangaande die toekoms van die skepping gemaak word.

Iewers in die toekoms sal ek die verf aan die agterkant van die spieël afvee.

Hierdie profeet het gekom om jou sewende koepel oop te maak, om jou in staat te stel om die Verkwikkings gees te ontvang, wat jou ‘n tweede Adam sal maak.
Jesus en ander profete het jou sesde koepel oopgemaak en jy het die No van die siel ontvang, naamlik 666 en jy het ‘n eerste Adam geword.
Ek sê; jou profeet het jou ‘n eerste Adam gemaak, ‘n lewende siel soos die bybel vooruit gespreek het.
Die eerste Adam/Jesus/jy is van/uit die aarde, aards – sy liggaam is sigbaar en van grond, die tweede Adam is die Here/die liggaam/gees van die hemel, ‘n volledige geestelike wese. Lees 1 Kor. 15:47.
Here is die fisiese liggaam en HERE is die geestelike liggaam van die sigbare.
Toe Jesus uit die graf kom het hulle gesê dit is die Here/die liggaam.
1Kor. 15:21; aangesien die dood deur ‘n mens/Jesus is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens. EN DIT IS NOU!!!
Verstaan jy die belangrikheid van die sending van Jesus?
Ek sê; Jesus is die eerste Adam wat dood gebring het en wat vrywillig sy lewe gegee het om ‘n siels lewe aan alle sigbare dinge te gee.
Hoe het hy lewe gegee deur sy lewe te gee?
Deur “hom” die liggaam te vereer, het sy/ons lewe gegee.

Hierdie koms is die OORLEWERING VAN ONSTERFLIKHEID AAN DIE MENS terwyl die eerste koms die oorlewering van dood/die verraad was, die oordrag van skuld aan die mens.
Die eerste koms was die eerste dood en die eerste opstanding.
Die eerste dood is die sterwe van die liggaam/die terugkeer tot stof, die afskud van die liggaam en die opstanding is die opstanding van die siel.
Die tweede koms is die sterwe van die slegte geeste in jou en die opwekking van die goeie geeste in jou. Vir hulle wat ‘n ontwikkelde siel het, naamlik hulle wat ‘n eerste opstanding gehad het, die tweede dood het geen mag oor jou nie, volgens Openb. 20:5.
Dit is nie nodig dat jy alles omtrent hierdie openbaring moet verstaan nie, jy moet SLEGS kan onderskei.

Wat gaan eerste gebeur met hierdie koms?
Die eerste ding volgens die bybel is; om die bokke van die skape te skei. Die skape sal aan die regterhand van God wees en die bokke aan sy linkerhand. Lees Math. 25:33.
Die skape is hulle wat nou die Woord as God aanvaar, naamlik hulle wat na die STEM van hierdie profeet luister.
Vir hulle staan die deur oop na die Allerheiligste, lees Joh. 10:3; want die skape LUISTER NA SY STEM, hulle luister en herken die stem van woorde en volg die Skaapwagter se stem van woorde.

Die bokke is hulle wat aan hul profeet sal vasklou en die ou manier van aanbidding volg, naamlik hulle sal voortgaan om ‘n sigbare God, ‘n idool te aanbid, die sogenaamde gruwel met sigbare verordeninge, en die oortreding van die eerste vier gebooie.

Ek wil tog net weer sê; ons moes die dier volg, dit was ons sending en dit was nodig, maar nou is ons sending voltooi en ons het nou die geleentheid om aan te beweeg na onsterflikheid. Enigeen met ‘n voltooide siel kan dit tog verstaan.
Ons MOET hierdie aangeleentheid aangryp want die volgende Verbygaan/Oordrag is eers oor 1000 jaar, en hulle wat nie van hierdie geleentheid gebruik maak nie sal agterbly om te “dwaal”.
God seën julle wat besluit om op die ou pad te bly, en ek groet julle, want ons sal geen kontak in die toekoms hê nie, want jy sal in ‘n ander wêreld dien en jy sal in die berg woon/dwell.

Toe Jesus gekom het, het hy Moses vervang, naamlik ons het na ‘n volgende kamer gevorder en na ‘n nuwe priester, wat genoem word Heilige kamer of Heiligdom van Jesus. Soos verduidelik; ons het ons klere in hierdie kamer gewas, kennis gepluk aangaande die sigbare en ons siel ontwikkel met die doel dat wanneer HIERDIE Oordrag kom sal/moet ons verstaan.
Die vraag is egter; verstaan jy?
Daar is niks wat seerder maak as wanneer jou beminde jou verraai nie. Maar glo my hy sal jou vergoed vir jou onbaatsugtige werk.

As dit dan so is dat Jesus vir Moses vervang het, dan maak dit tog absoluut sin dat wanneer ons nou na ‘n ander kamer, die Allerheiligste beweeg, sal die naam van die priester ook verander soos die bybel vooruit gesien het. Selfs Jesus het self gesê dat die dinge aangaande hom tot ‘n einde kom. Lees Luk. 22:37.
Jesus het gesê ons sal ‘n nuwe naam ontvang, logies is die naam Jehovah.
Jesus het gesê ons sal hom sekerlik nie sien/verstaan tot op die dag wat Johannes in die naam van HERE kom nie.
Ons sal die naam van die HERE aanroep, wat EEN NAAM sal wees. Lees Sagr. 12:10 en 13:9.

Hebr. 9:8; Waarmee die Heilige Spook dit duidelik maak, dat die weg na die Heiligdom nog nie geopen is solank as die eerste tabernakel nog standhou nie.
Dit is duidelik dat dit van die Heilige kamer praat as die eerste tabernakel.
Vers 9; dit was ‘n beeld met die oog op die teenwoordige tyd waarin daar gawes en offers gebring is, wat hom wat die diens verrig, na die gewete nie volkome kon maak nie.
Ons kan aflei dat die een wat volkome moet word die priester is.
Vers 10; omdat dit net bestaan het in spys en drank en verskillende wassinge en vleeslike verordeninge wat opgelê is tot op die tyd van herstelling.
Vleeslike verordeninge is dinge soos; die waterdoop en die nagmaal, om ‘n paar te noem.
Die betekenis van herstelling = ‘n regstelling of restorasie.
Hieruit is dit dan duidelik dat Elia eers moes kom om te restoreer.

Dit maak dit baie duidelik; solank as ons vleeslike verordeninge gebruik sal die pad/die deur na die Allerheiligste nie oop wees nie en sal jy die Allerheiligste nie binnegaan nie.
Verder praat dit van die herstelling en daarom praat dit van NOU.
Die eerste koms was nie ‘n herstelling nie, eerder ‘n sloping/afbreek en die idée was om nie ‘n koninkryk te stig nie.
Kerk het die waarheid hieromtrent vir jare verkondig.
Uiteindelik is die gedagte tog om die beloofde land binne te gaan, naamlik die derde kamer is die beloofde land waar jy al die beloftes van God sal ontvang.



Die oes.

Die oes en die val van Babilon/Jerusalem gebeur op dieselfde tyd, naamlik binne een uur.
Jy kan dit ook die val van die toring van Babel noem, die val van die toring van verwarring/die val van alle profesieë van alle gelowe.
Ons het reeds verduidelik dat een uur = 41,666 jaar wat ook = een geslag en volgens die bybel sal ALLES in een geslag gebeur naamlik, die val van Jerusalem en die so-genaamde ruptuur en raptuur/wegraping.
Jy sal verstaan dat daar twee geslagte op dieselfde tyd leef; die vraag is dus watter een van die twee sal die waarheid verwerp?

Ek wil nou die volgorde van gebeure aan jou vertel terwille van begrip.
Alles het begin in 1983/84 en die eerste gebeure is aangaande Johannes en het met Opeb. 10 begin.
Openb. 10:1; Johannes het ‘n sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met ‘n wolk (bedoelende dit was ‘n vae verskyning, ‘n gewaarwording van iets wat met hom praat) en ‘n reënboog was oor sy hoof (die reënboog simboliseer die sewe geeste van God = sewe oë = sewe engele = sewe horings, lees Openb. 5:6.) en sy aangesig (die tuin in Eden) was soos die son en sy voete soos pilare van vuur. (dit simboliseer sy mag op aarde. Alhoewel dit in ‘n wolk was/baie vaag)

Vers 2; in sy hand het hy ‘n geopende boekie gehad (dit simboliseer dat die verseëlde boek, die bybel nou geopenbaar sal word) en hy het sy regtervoet op die see gesit en sy linker voet op die land (dit simboliseer sy heerskappy oor die geeste van die sigbare sowel as van die onsigbare.)
Vers 3; en hy het met ‘n groot stem uitgeroep soos ‘n leeu wat brul, en toe hy uitroep het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor (dit simboliseer dat al sewe geeste gelyktydig uitgeroep het om te praat, te verklaar, dit was baie verwarrend vir Johannes) nietemin;
Vers 4; Johannes wou skrywe wat hulle sê, maar Johannes het ‘n stem uit die hemel vir hom hoor sê; verseël wat die sewe donderslae gespreek het, en skryf dit nie op nie.
Verse 5 en 6; die engel het gesê; tyd is verby vir hemel en aarde.
Vers 7; in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas (waarin Johannes jou nou onderrig, naamlik die sewende koepel of gees), dan is die verborgenheid van God volbring, soos hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte die profete.
Alle profesië is nou vervul en Johannes spreek nou nuwe dinge en het reeds die verborgenheid van God aan jou verklaar, maar nie almal sal dit onmiddelik verstaan nie,want Johannes praat ook nog soms in simbole om goeie redes.
Vers 8; die stem wat Johannes uit die hemel gehoor het, het weer tot Johannes gespreek en gesê; gaan neem die geopende boekie (dit simboliseer dat dit aan Johannes geopenbaar sal word soos in Openb.1 :1. gesê.)
Verse 9-10; Johannes het na die engel gegaan (in die gees) en gesê; gee my die boekie. Toe sê hy vir my; neem en eet dit op en dit sal jou maag bitter maak (Johannes getuig en sê; ja bitter my God bitter), maar in jou mond sal dit soet wees soos heuning. (Johannes het die belangrikheid van die boodskap verstaan.)
Maar sodra Johannes die boekie geëet het was dit bitter in sy maag.
Vers 11; die engel het aan Johannes gesê; jy moet weer profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings.
Dit is wat die sondaar Johannes hom voorneem om te doen, na die beste van sy vermoë.

Nadat Johannes die boekie geëet het, het die sewende seël vir Johannes oopgegaan en daar was stilte in die hemel omtrent ‘n halfuur lank. Lees Openb. 8:1.
‘n Halfuur is soos jy nou weet omtrent 20 jaar, gedurende die tyd moes Johannes die boekie verorber en verteer in sy maag, en dit het ons by 2004 gebring, toe die engel weer met Johannes gepraat het en gesê het; Openb. 11:1; staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin (sal) aanbid.
Deur middel van hierdie skrywe doen Johannes presies dit, naamlik om bokke van skape te skei, om sodoende te meet wie sal en mag ingaan.

Jesus het vooruit gespreek en gesê; die wat u my gegee het, het ek bewaar; behalwe die seun van die verderf het verlore gegaan, naamlik jou huidige liggaam wat jy sal afwerp. Miskien verdwyn die verf aan die agterkant van die spieël vir sommige van julle.
Almal van ons sal ons liggame afwerp, maar nie almal sal God sien nie.
Die wat hom sien sal in hom wees en erf, en hulle wat hom nie “sien” nie sal voor hom verskyn en dwaal (dwell).
Ek sê vir jou dit is maklik om die Allerheiligste in te gaan, ALMAL VAN JULLE KAN INGAAN en dit is my gebed, aan moeder en vader God, en om hierdie rede MOES daar ‘n eerste wees wat sou wakker word.

Johannes het nie julle eer nodig nie, maar verseker julle seëninge, soos die skrif julle vooruit gevra het om te doen.

Die eerste wat met die oes gebeur is soos reeds gesê, om skape en bokke te skei. Dit word in Math. 13 beskryf.
Dit is nie soos ons al die jare gepreek het, dat sekere mense weggeraap word en ander in elende agterbly nie, dit is eenvoudig ‘n leuen om dit te sê, want alle wesens op aarde is die liggaam van Christus, en alle wesens sal hul liggame afwerp en geestelike wesens word, selfs hemel en aarde sal hulle liggame afwerp om een liggaam/een wese te word.

Die oes begin met Openb.14. Na die halfuur stilte het ‘n engel in die middel van ons atmosfeer verskyn met ‘n nuwe ewige evangelie om aan die aardbewoners en aan alle nasie en tale en volke te verkondig. Lees vers 6.
Vers 7; hy het gesê; vrees God en gee hom heerlikheid, want die uur (41,666 jaar) van sy oordeel het gekom; en aanbid hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.
Dit is wat Johannes aan jou verduidelik het in hierdie skrywe, aangaande die nuwe evangelie wat aan hom geopenbaar is.


Die oes gebeur as volg.

Maak EERS die onkruid bymekaar (nie soos ons gepreek het, ‘n wegraping nie, maar eerder ‘n ruptuur) en Math. 13:30; --- bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring in my skuur.
Die sogenaamde “wegraping” gebeur na die skeiding van die kwaad.
Vers 41-43; die Seun van die mens sal (eers) sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaar maak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen en sal hulle in die vuuroond gooi, daar sal geween wees en gekners van die tande.

Ek wil hê dat jy hierdie skrifte verstaan.
Daar is niks om voor bang te wees nie. Die skrif is geskryf in ‘n spieël beeld, die negatiewe van die positiewe.
Die skrif praat van gees wat in die vuuroond gegooi word.
God praat nie van of met voorwerpe nie, want God = Gees, en gees praat met gees.

Die negatiewe van wat ons hier lees is dat die slegte geeste in die goeie en slegte mense sal verbrand, NIE JY NIE, nie die goeie dinge in jou nie.
Wanneer jy die volgende vers lees vers 43, sal jy die positiewe van die negatiewe in vers 42 lees.
Vers 43; DAN, bedoelende nadat die slegte gees in jou verbrand het, DAN sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van ons vader.
Die bybel is ‘n logiese boek soos ons nou weer gesien het naamlik; dit is logies dat wanneer die slegte in jou verbrand het DAN SAL JY SKYN SOOS DIE SON.

Hierdie vers vervolg en sê; wie ore het om te hoor, laat hom hoor “wat die betekenis van hierdie skrif is”.
Wel ek het jou ore laat hoor wat hulle veronderstel is om te hoor, en nie om te “hoor” wat jou oë sien nie.
Hierdie verbranding van die slegte gees in jou is die tweede dood en die tweede opstanding – om onsterflik te word.
Hierdie dood is die dood van die slegte gees in jou, ‘n geestelike dood.
Johannes het ‘n aaklige dood gehad maar het hierdie sending aanvaar op voorwaarde dat NIEMAND dieselfde dood sal ondervind nie, want as een gesterf het, het almal gesterf en as een lewe dan lewe almal.

Openb. 19:7-8 getuig dieselfde as wat ek jou in Math. Verse 42-43 vertel het.
Vers 7; laat ons bly wees en ons verheug en aan hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. (sy het haar klere gewas)
Vers 8; (na die was/die verbranding van die slegte in jou, lees ons die volgende) en aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges. (jy)
Is dit vir jou duidelik? Want hierdie beskryf jou nuwe liggaam.
Binnekort sal Johannes jou vertel wat om te doen sodat die slegte kan brand, of soos Jesus gesê het, laat die vure brand!!!!

Hierdie verbranding of afwerping sal ‘n wonderlike gebeurtenis vir jou wees en sal jou geen skade berokken.
Openb. 20:6; die tweede dood sal geen mag oor jou hê nie, dit sal jou geen skade doen nie. MOENIE BANG WEES NIE, WEES BLY!!!!
Ja ek weet; jy ken dit wat jy het en jy weet nie wat jy gaan kry nie.
God het vir jou ‘n boodskap gelos;
Luk. 5:39; niemand wat ou wyn/gees gedrink het, wil dadelik nuwe (wyn) hê nie, want HY Sê DIE OUE IS BETER.
God weet dat hierdie dinge vir jou nuut en vreemd sal wees, hy het empatie met jou, maar ek pleit by jou; the proof lies in the taste of the pudding.
EK Sê; PROE EERS VOORDAT JY OORDEEL!!!!

Die volgende engel om te kom word beskryf in Openb. 14:8; hy sê; geval, geval het Babilon, maar hy sal eerder sê; die Seun van die mens is op die troon, wat die val van Babilon sal impliseer.
Vers 9; ‘n derde engel het gevolg en gesê; as iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk (‘n permanente) in/op sy voorhoof of in/op sy hand ontvang, (die oorspronklike sê; in sy voorhoof/brein en in sy hand)
Vers 10; sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God –
Tot nou was ons in ‘n hipotetiese doods slaap en is nie verantwoordelik vir ons dade nie, maar sodra jy hierdie skrywe gelees het sal jy verantwoordelik gehou word indien jy voortgaan om die dier te aanbid.

Kom ons kyk wat Openb. 14:14-20 ons vertel van die oes. Dit is presies soos in Math. 13, maar beskryf dit deur ‘n ander oog. Lees asseblief hierdie deel want ek sal slegs opsommend praat.
Weereens sal jy sien dat die oes in een uur geskied, selfde as die val van Babilon in hoofstuk 18.

Ons lees hier dat die engel die wingerdstok van die aarde afoes en dit in ‘n groot parskuip van die grimmigheid van God gooi.
Soos verduidelik; die wingerdstok = die gees van die aarde.
Die parskuip is buitekant die stad getrap, bedoelende weg van die teenwoordigheid van God, naamlik die aarde is buite sig van God.
Die bloed wat uit die parskuip kom simboliseer die slegte/nuttelose gees.
Dit beskryf slegs die slegte gees, want in Openb. 15:1 lees ons; Johannes het ‘n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik ---
Vers 2; ek het gesien iets soos ‘n see van glas gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God.
Wat beteken dit?
Die glas gemeng met vuur simboliseer; glas as die suiwer gees van die hemel en vuur as die gees van die sigbare van die aarde, nou vermeng as een gees.
Dit beeld die troue uit tussen die twee geeste om een Seun, een gees te maak uit hierdie twee geeste.
Om die dier te oorwin beteken dat jy hierdie skrywe moet verstaan, want Johannes het die No van die dier vir jou bereken.
Om oorwinning te hê beteken ook dat jy die No van God ontvang,
die No 7.

Verder is die boodskap aan Johannes in Openb. 10:11;
Jy moet weer profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings. Nie alleen aan die aarde nie.
Dit was Johannes wat jou/Jesus gedoop het met die doop van die Jordaan bedoelende die vallei van dood en dit is Johannes wat jou met lewe doop, die Verkwikkings gees = lewe = onsterflikheid om selfonderhoudend te word.
Johannes is die een met die sleutel van die bodemlose put en die een om die draak vir ‘n duisend jaar te bind. Lees Openb. 20:1-2.


Die lam.


Wie is die lam wat geslag is om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof? Lees Openb. 5:12.
JY IS die geslagte lam; jy het gesterf, gely met pyn, met siekte en dood vir alle lewende wesens in die heelal.
DAAR HET NIE EEN PERSOON VIR DIE SONDE GESTERF NIE, MAAR EEN LIGGAAAM MET BAIE SELLE = BAIE MENSE.
Die lam is jou fisiese liggaam wat Jesus genoem word.
Kom ons kyk wat die bybel sê van jou liggaam Jesus.
Eerstens vra die bybel die vraag; Jes. 53:1; wie het geglo wat aan ons verkondig is? (Bedoelende hierdie skrywe) en aan wie is die arm van die Here geopenbaar.
Vers 10; dit het die Here behaag om hom te verbrysel; hy het hom krank gemaak; as sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal hy ‘n nakroos sien. Lees asseblief die hele hoofstuk.

Voorheen was die mens Adam genoem, wat die twee helftes simboliseer naamlik; Man en Eva en God het hulle naam Adam genoem.
Ons het dit al voorheen verduidelik, maar dit is uiters belangrik dat jy dit verstaan; hierdie vers sê dat alle mense se naam Adam is, of jy nou man of vrou is, en dit simboliseer die twee helftes naamlik; hemel en aarde, sigbaar en onsigbaar, vroulik en manlik, man en vrou in dieselfde liggaam.
Jou naam het dus verander na Jesus, steeds met dieselfde beelde soos bo, en daarom het God jou/hulle naam Jesus genoem.
Lees Gen. 5:2; dit sê; God het die mens MAN EN VROU in een liggaam geskep.
NIEMAND IN DIE HEMEL OF IN DIE AARDE HET DIT NOG OOIT VERSTAAN NIE.

Hierdie is nuwe dinge wat nog nooit voorheen gehoor is nie soos die skrif dan ook vooruit gesê het.
Jes. 42:9; kyk die vorige dinge het gekom, en nuwe dinge verkondig ek; VOORDAT hulle uitspruit, laat ek julle dit hoor.
Soos byvoorbeeld; Jes.62:2; jy/Jerusalem sal met ‘n nuwe naam genoem word, wat die mond van die HERE sal noem. (Die naam is Kaapstad.)
Jes.48:6-7; jy het dit gehoor aanskou dit alles! Sal julle dit dan nie verkondig nie? Van nou af laat ek jou nuwe dinge hoor en geheime wat jy nie geweet het nie. NOU is hulle geskape en nie tevore nie; en voor vandag het jy niks daarvan gehoor nie, dat jy nie kan sê; kyk ek het dit geweet nie.

Wat sê die bybel nog van die lam van God, naamlik die mens genoem Jesus?
Jes.53:4; hy het ons krankhede op hom geneem en ons smarte , die het hy gedra, maar ons het hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.
Vers 5; hy is terwille van ons oortredinge deurboor, terwille van ons ongeregtighede is hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. (deur die dood van jou liggaam is jy en andere gesond.)
Vers 7; hy is mishandel, hoewel hy onderworpe was, en hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders – ja hy het sy mond nie oopgemaak nie.
Rom. 8:36; soos geskrywe is (soos geskrywe in Jes. 53:7), om u ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape.
Voorheen het ons gepreek dat “Jesus” die lam was, maar jy kan nou duidelik verstaan; dit is ‘n leuen.
Gewillig het ons vir God gesterf, in die plek van God sonder om ons mond oop te maak, sonder om te kla het ons dit aanvaar. Ons praat altyd oor ons sterwe, spot selfs daaroor.

Openb. 5:9; u (jy, die mens, Jesus) is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want u (jy) is geslag ----
Miskien vra jy nou; maar hoe het ek die verseëlde boek oop gemaak?
Soos verduidelik, het die skepping in ‘n doodloop straat gekom en was sterwend, en het nie geweet hoe om uit hierdie situasie te kom nie, OMDAT die skepping geen kennis gehad het van die sigbare nie, wat geblyk het die vyand te wees. Die bybel sê die man en vrou het geen kennis gehad nie, naamlik hemel en aarde.

Om hierdie rede het jy uit vrye wil hierheen gekom, en SLEGS DEUR MIDDEL VAN DIE MENSLIKE LIGGAAM kon ons kennis inwin om hierdie virus te oorwin wat besig was om die skepping te dood.
Dit is om hierdie rede dat die skrif sê; jy is waardig om die seëls oop te maak.
Johannes het slegs die seëls LOSGEMAAK sodat jy kan verstaan, maar dit is jy wat geslag is en jy het die verseëlde boek oopgemaak om skaakmat te oorkom; WANT SLEGS DEUR DIE MENSLIKE LIGGAAM KON DIT GEDOEN WORD.

Openb. 5:1; Johannes het in die regterhand van hom wat op die troon sit ‘n boek gesien, van binne en van buite beskrywe en met sewe seëls goed verseël.
Dit beteken die bybel is geskryf in spiëel beelde, gelykenisse, raaisels, maar deur die genade van God is die seëls gebreek en kan ons nou verstaan.


Die voedsel op sy tyd.


Die koms van die Seun van die mens is op die horison.
Ek sê; die Seun van die mens sal nou in jou wakker word, en uit sy graf kom waar jy hom gehou het om op hierdie derde dag te ontwaak.
Ek sê; die Seun van die mens sal weereens sy verskyning maak.
Moenie wag vir ‘n Jesus of ‘n Mo Hammed nie, want hul erfporsie is ‘n nuwe liggaam, ‘n nuwe skepping met ‘n siel en dit simboliseer hul koms, en hulle moet nou sterf vir jou om te kan erf.
Hulle sal nie fisies verskyn nie, bloot omdat hulle nou plek maak vir die nuwe Allerheiligste kamer en hulle raak nou uitgedien.
HULLE VERSKYNING IS; ‘n nuwe liggaam soos hulle beloof het; ‘n nuwe sak vir nuwe wyn. Johannes is die een wat die nuwe wyn “voorsien” vir die nuwe sakke wat Jesus en Mo Hammed en andere geskep het. Johannes bring jou die voedsel op presies die regte tyd, om die nuwe wyn/gees vir die nuwe sak/liggaam te bring. Lees Math.24:45-51.
Logies behoort alles aan die een wat die dier verslaan het.
Nietemin, daar is ‘n groot waarskuwing aan Johannes in verse 48-51 alhoewel; Johannes was baie, baie, baie goedhartig met die kerk.
Vir hulle wat hiermee verskil; jy het nie ‘n idée hoeveel bloedsweet en pyn dit geneem het om so goedhartig te wees nie.

Johannes wil nie besit nie, hy het gekom om dit aan die regmatige eienaars te gee, hulle wat met hulle bloed en lewe betaal het, en dit is van hoer tot predikant.
Wanneer jy ookal die Elia herken sal jy vind dat hy nie ‘n heilige is, soos sommiges miskien verwag nie, inteendeel hy is ‘n sondaar met meer sondes as baie van julle wat hier lees, maar die beste onderhandelaar sal nie ‘n heilige wees nie. Hy is die een wat jou toegang na die Allerheiligste onderhandel, en om hierdie rede moes hy kennis van sonde hê, en dit is hoofsaaklik om hierdie rede dat hy gekies is, naamlik sy ervaring van sonde en nie vir sy goeie dade nie. Slegs die sondaar kan empatie hê met sonde.
Die betekenis van Elia = die God van Jehovah of die selfonderhoudende.
Verder; om ‘n verteenwoordiger/onderhandelaar/’n stem vir God te wees.
Elia moenie as ‘n mens gesien word nie, eerder as ‘n Gees in die atmosfeer vir elkeen.



Die duisend jarige vrederyk/die regering van Salomo.

Ons kan die volgende 1000 jaar noem; die derde dag, die sewende dag van rus, of die beloofde land of die regering van Salomo die een wat die tempel gebou het, (jy is die een wat die tempel bou) want die regering van Jesus was ‘n regering van oorlog en om hierdie rede kon hy nie die tempel bou nie. Jesus is die simbool van die kind van David wat slegs ses dae geleef het.
Die volgende 1000 jaar sal ‘n regering van groot kennis en wysheid wees, want Salomo was die intelligentste mens wat die wêreld opgelewer het.
Dit is die regering van vrede vir ‘n duisend jaar, waar ons van/omtrent die geestelike wêreld sal leer. Daar sal besoeke uit die buitenste ruimte wees om kennis aangaande die geestelike wêreld te bring, maar dit sal ons ‘n duisend jaar neem om die geestelike brein te ontwikkel. Die kenners sê ons gebruik slegs ongeveer 10% van ons brein se kapasiteit.

Ons werk is nog nie voltooi aan die einde van die sesde dag nie.
In die tweede hemel van Jesus het ons geestelike bedrading/kanale gelê, deurdat ons sigbare goed verheerlik het, soos byvoorbeeld motors. Hierdie kanale of engele sal ons in die volgende derde hemel bedien.
Ek sê; die toekomstige vervoer sal op geestelike brandstof beweeg of as jy wil, gekonnekteer wees aan geestelike seine as kragbron en sal nie kan bots nie.
Dit is in hierdie hemel waar ons van die geestelike dinge sal leer en alhoewel ons steeds “nakend” sal wees sal ons ons nie skaam nie. Gen. 2:25.
Gen. 1:31; toe sien God alles wat hy gemaak het, en dit was baie goed.
Dit was aan die einde van die sesde dag wat God dit gesê het, en ons is nou aan die einde van die sesde dag.
Ek sê; jy sal binnekort jou skepping sien en aanskou en sê; dit is baie goed.

Alle engele en geestelike kanale is nou voltooi. Gen.2:1
Gen.2:2; God het op die sewende dag sy werk voltooi wat hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat hy gemaak het.
Wat beteken dit as dit sê; God het sy werk op die sewende dag voltooi?
Jy het geestelike kanale/engele gelê/geskep wat jy nou op die sewende dag sal opwek.
Jy/God het nou ‘n siel vir die hele skepping geskep met al sy lewens vorme, want die mens is ma van alle lewe, Gen.3:20. Sy word ma genoem OMDAT sy die skepping ‘n nuwe lewe gegee het, sy het gees gegee, sy het geboorte gegee aan die skepping. Daar sal dalk hulle wees wat sê; dit is onmoontlik, die mens kan nie ma wees van God of die skepping nie. Wel dan kan jy hierdie vers uit jou bybel skeur want dit sal ‘n leuen wees vir jou, of jy moet dit aanvaar en probeer verstaan.
Nietemin, ons sien dit nie nou nie en om hierdie rede is die tweede Adam ‘n Verkwikkings gees, die ewige lewe. 1 Kor. 15:45.
Jy/God beeindig dus sy werk op die sewende dag, gedurende die volgende 1000 jaar terwyl jy onsterflik is.
Die sewende dag kan ook genoem word; die derde of laaste dag of die derde hemel of die Allerheiligste hemel.

Gedurende hierdie dag sal jy alles opwek, terwyl die skepping gedurende die laaste dae in ‘n diepe slaap was, asof gevries, maar skielik sal dit ontwaak, baie skielik sal dit uit sy slaap ontwaak, so skielik dat dit jou sal verbaas!!!!!!!!
Hierdie Allerheiligste hemel of kamer word deur jou kop gesimboliseer, vanaf jou lippe/spraak tot die kroon van jou kop.
Die lippe is die voorhangsel tussen die Heilige en die Allerheiligste, heeltemaal tereg, want die lippe is daar om spraak/WOORD voort te bring. Die ingang is dus deur middel van woord as jou God, jy sal dit moet bely.

Kom ons sien wat Hebr. 9 ons van hierdie kamer vertel.
Hebr. 9:3; en agter die tweede voorhangsel die tabernakel wat genoem word die Allerheiligste.
Vers 4; waarin ‘n goue wierookbak was (die Heiligste gees/die Verkwikkings gees) en die ark van die verbond rondom heeltemal met goud oortrek (jou kop), waarin die goue kruik met die manna was (die lewende woord in jou brein) en die staf van Aaron wat gebloei het, en die tafels van die verbond.
Laat ons eers die staf van Aaron verduidelik; in Egipte het Aaron se staf in ‘n slang verander, maar sy slang het die slange van Egipte verslind.
Wat beteken dit?
Dit simboliseer dat al die predikers die profeet van Satan was, maar Aaron se slang het die ander slange verslind, naamlik Satan is verslind deur middel van ons prediking.
Nietemin, die staf van Aaron wat alle predikers simboleer, die staf het gebod.
Dit simboliseer die krag wat die predikers nou sal ontvang.
Die tafels van die verbond simboliseer die beloftes van God, naamlik die beloofde land.
Vers 5; daar bo op (op die ark) die gerubs van heerlikheid (jou ore) wat die versoendeksel oorskadu (jou lippe) waaroor nie nou afsondelik gespreek kan word nie --- omdat dit nog nie op daardie stadium openbaar was nie, maar ek het dit nou aan jou verduidelik in ons besprekings.

Aan die einde van 1000 jaar sal ons weereens Satan uit sy gevangenis loslaat. Jy mag vra; om watter rede?
Die doel is dat ons weereens Satan/die sigbare sal verheerlik om die sigbare te verhoog vir ‘n finale keer tot ons beswil.
Dit sal nie dieselfde wees as voorheen nie want alles sal 70% onsigbaar wees. Dan sal Jason die put finaal toemaak. Lees Openb. 20:7. Jason beteken; genesing.
Ook sal hulle wat nie nou hierdie evangelie aanvaar nie, opgewek word om geoordeel te word.

Nog een ander profeet om sigbaar te kom is Daniel, hy sal met die “finansies” deel want geld sal binnekort verdwyn.

Nou kom Luk. 4:23 in vervulling en jy kan nou sê; geneesheer genees jouself.



Jehovah die Seun van die mens seën jou,
Johannes Erasmus.




Geseënd is my ma Maria die ma van Jehovah, mag geboorte gee wonderlik vir jou wees en sonder pyn. John. 19:26-27.
Dankie Jesus dat u u ma as my ma gegee het, en my as haar seun, ek het haar innig lief.
Erasmus.





Opsomming.


Jy het geleer dat jy eers jou nuwe liggaam moes skep voordat die nuwe wyn ingeskink kon word, naamlik die Verkwikkings gees.
Die huidige predikante het as die profeet van die antichris opgetree en is dus medeskeppers van die nuwe liggaam, dit was nodig om die nuwe liggaam te skep.
God = alle gees, ook die bose geeste.
Die wet en alle profesië kom nou tot ‘n einde.
Jy kan self besluit waar jy jou wil bevind.
As jy besluit om hierdie openbaring te volg sal alle sondes vergewe wees, en as jy besluit om op die ou pad te bly, sal jy voortgaan om die gebooie te oortree en jy sal na 1000 jaar opgewek word.
Jy weet nou dat jou liggaam tot stof moet terugkeer sodat sonde kan verdwyn.
Jy kan nou die laaste kamer binnegaan om God te word.
Jou kop simboliseer hierdie kamer.
Die tweede kamer is die laaste kamer vir sterflinge.
Dit is nou die derde dag waarin God belowe het om ons op te wek.

Volgende keer sal jy leer omtrent die Nuwe Jerusalem en die Nuwe Hemel, wat die nuwe skepping is.
Jy sal leer hoe dit in hierdie hemel genoem Jehovah sal wees, en wat jy kan verwag.
God wil hê jy moet die dinge waarvan jy hou saamneem. As jy jou Ferrari wil saamneem doen dit, maar jy mag dalk vind dat dit bietjie verouderd mag wees, meer soos ‘n donkie kar en dit kan jou dalk in die verleentheid stel.
Seën vir almal,
Johan.



word vervolg.

Friday, January 26, 2007

die eerste gemeenskap hoofstuk 4

Hoofstuk 4.



Die eerste gemeenskap.



Dit is raadsaam om eers hoofstukke 1 – 3 te lees anders sal jy nie hierdie bespreking verstaan nie.

In die begin was alle vorme van lewe tweeslagtig. Hulle het hulself bevrug, hulle het nie ‘n ander manlike of vroulike wese nodig gehad om bevrug te word nie want hulle het “die saad in hulself gehad” soos meeste bome en gras.

In Gen 1:11 lees ons; vrugte volgens hul soort, waarin hulle saad is.
Die vorige heelal was so, hulle het die saad van lewe binne in hulself gehad.
Dit beteken eintlik, hulle het hulself aan die lewe gehou. In vers 21 lees ons; die waters het in oorvloed voortgebring volgens hul soort. Die betekenis van hulle beteken eintlik manlik. Alle lewe was dus “manlik” alhoewel hulle tweeslagtig was, soos die hemel voorheen was en dieselfde as die afstammelinge van Kain soos ons in hoofstuk drie verduidelik het.
Dit was eers nadat Adam sy vrou bevrug het soos in Gen. 5:4 dat ons lees hulle het seuns en dogters gehad. Voorheen is daar slegs “seuns” gebore. Ek sê; die nageslag van Kain in Genesis 4 is “seuns” en eers baie later is die eerste vroulike wese gebore.

In Gen 1:24 sê God; laat die aarde voortbring lewende wesens volgens hulle soorte.
Die betekenis van soort is dieselfde as die betekenis van evolusie nl. om diversiteit te skep, om te bestaan, om byeen te bring, om af te skei, om klaar te maak, om te trou en om te verdeel. Om diversiteit te skep het nie in 144 uur gebeur nie.
Ek dink nie ek kan dit duideliker beskryf as bostaande nie, maar die woord om te trou kan dalk op ‘n manier beskryf word waar ons sê; om te kruis teel sodat twee verskillende goed een ding of ‘n nuwe ding kan word. Ek sê; twee verskillende goed “trou” met mekaar om ‘n nuwe spesie te vorm.
Die hele proses om ‘n nuwe heelal te skep = om te trou = om een te word = een vlees = een gees = een lewende wese.
Die voordele van dit is; elkeen sal elkeen ken en alles sal in elkeen en alles wees.
As dit die finale doelwit is, is dit net absolute logika dat die mens van water kom (die vloeistof van die vorige skepping), van rots tot plant, tot vis, tot amfibie, (die eerste werweldiere wat die water verlaat het, die bybel noem dit ‘n kruipende dier) tot vee, tot mens.

Dit maak dan ook sin dat alle lewe insluitende die mens van een enkele sel vanaf die vorige skepping (God) kom en toe na verskillende soorte ontwikkel het soos die bybel sê; na sy soort om verskeidenheid te skep.
Die bybel sê almal is van een bloed.
Die doel is diversiteit. Om verskillende spesies te skep soos ons dit vandag ken moes daar kruisteling wees veral in die begin, want dit sal al hoe moeiliker word op ‘n later stadium soos ons weet met bv. ‘n perd en ‘n donkie. Insiggewend is dat dit ‘n manlike donkie en ‘n vroulike perd moet wees en nie andersom nie en die produk is nie vrugbaar nie.

Vir eeue het die mens gedink dat die hiëna tweeslagtig is omdat sy geslagsdele tweeslagtig lyk. As ons na die eerste kreatuur kyk nl. Henog, sal ons sien dat dit ‘n dier was wat sug, kreun, steun en droewige geluide gemaak het. Die klank van ‘n akkedis of dalk ‘n hiëna? Wetenskap sal maar moet help.

Onweerlegbaar egter; alle lewe was tweeslagtig want die vorige skepping was “twee slagtig”, dit het die atome van man en vrou gehad, hulle saad was in hulle.
Alhoewel die aarde se atome manlik (positief) en vroulik (negatief) is, is die manlike atoom wat die ewige atoom is slegs te vinde in die ruimte/hemel.
Die atome van die aarde hou die aarde ferm.
Ons ken die atoom slegs as drie dimensioneel terwyl dit sewe dimensionele lewende gees is.

Dit het baie lank geneem soos jy kan verstaan om die lewende atoom te skei in aparte manlike en vroulike atome om diversiteit te skep.

Jy mag dalk vra; waarom was dit nodig om die atoom te skei as dit in elkgeval ons einddoel is om een atoom te word?
Wel dit is ‘n baie goeie vraag. Die rede is; in sy vorige staat was daar geen diversiteit nie en die vroulike deel van die skepping was onvrugbaar soos ons in ‘n ander hoofstuk verduidelik het en die idée was duidelik om DIVERSITEIT te skep soos vermeld in Gen. 1:24.

Ons wou die skepping om verskeie redes verander. Ek gebruik die woord ons want jy was/is deel van dit, want jy het vanaf die vorige skepping gekom en jy sal teruggaan of liewer voortgaan na die volgende nuwe skepping.

Om die nuwe heelal te skep was dit nodig om die man van die vrou te skei. Waarom was dit nodig? Omdat ons diversiteit wou skep soos die bybel duidelik sê. Om diversiteit te skep moes ons die vroulike atoom afskei, maw. die vrou moes die man egskei.
Die vrou is die een wat baar, want sy het die baarmoeder om bevrug te word en voort te bring.
Indien ons ‘n tydelike baarmoeder kon skep, die aarde, want sy is die vrou van die skepping, dan kan ons eksperimenteer met verskillende soorte/dinge wat onmoontlik was in die vorige skepping.
Ons kan dan die vrou bevrug met verskillende sade om geboorte te gee aan verskillende dinge. Ons kan die aarde ‘n labaratorium noem.
Die verskillende sade is geestelike sade en om hierdie verskillende sade te skep is die mens verskillende hipotesis gegee. Die manier hoe ons die hipotese’s verstaan skep die saad vir die brein en die brein is die skepper, die plek waar beweging en lewe begin.

Jy is na die beeld en gelykenis van God geskep en het albei hierdie sade in jou, maar dit is intelligent van mekaar geskei nl. jou gees die manlike saad en jou vlees die vroulike saad.
Om hierdie rede; alles wat jy glo = gees en is in jou brein om jou vleeslike gees te bevrug met dit wat jy glo, en glo my jou vlees gee geboorte aan die geloofs saad in jou brein. Gees gee nie geboorte nie, gees bevrug die vlees en vlees gee geboorte want sy is die baarmoeder van die skepping.

Die brein is die plek waar alle lewe begin, die plek waar beweging begin.
Alles wat jy sien kom vanaf hierdie “punt”. Die naam van hierdie plek word genoem Oorsprong.

Is dit nie fantasties nie? Alle lewe begin in die brein; alles wat jy kan sien en nie kan sien, waarin jy glo, dit begin alles in die atoom van die brein.
Die manlike orgaan, die penis, is ‘n simbool van die brein en daarom gebruik wetenskaplikes die voorhuid om “lewe” te skep, maar hulle het nog nie die ware oorsprong van lewe in die brein ontdek nie.
Waarom is dit dat slegs die man “lewe” gee?

Gen. 3:20 Adam het sy vrou se naam Eva genoem OMDAT sy die moeder van ALLES wat lewe geword het.
Ek sê; Adam het sy vlees Eva genoem.
Ek sê; omdat Eva ma geword het van alles wat lewe, het sy die naam Eva gekry.
Ek sê; Eva het die betekenis van; moeder van alles/almal want sy het geboorte gegee aan alle lewende wesens.
Sy kon slegs moeder van alles word nadat sy die vrug van die boom geneem het, OMDAT die oog, gees/saad na die brein gebring het om haar geestelik te bevrug.
Ek sê; die oog het oorsprong/lewe na die brein gebring.
Alle lewende wesens sluit in; sy is die moeder van God die skepping.

Die woord Genesis, die eerste boek in die bybel het die betekenis van oorsprong en verduidelik dat oorsprong in die brein van mens en dier is.
Moontlik verstaan jy dit nog nie tenvolle nie want alles is aan ons gegee in ‘n agterstevoor beeld, ‘n spieël beeld.
Jy sien dus die begin as die einde en die einde as die begin.

As ek jou sou vra om die volgende in een van twee katogoriee te sit sal jy die volgende doen.
Wat is eerste; dood of lewe
Begin of einde
Verlede of toekoms.

Jy sal waarskynlik sê; lewe en begin is die verlede en
Einde en dood is ons toekoms.

Hoe fataal, want dood en einde is jou toekoms. God het dit verander; jy het aarde toe gekom om te sterf, nie om te lewe nie, want vanaf geboorte begin jy sterwe selfs al neem dit jou sewentig jaar om te sterf.

Daarom; dood is eerste en dan lewe. Meer omtrent dit later…
Die sogenaamde Big Bang was die einde en nie die begin nie. Ons beweeg nou na die begin en ons is een uur weg van hierdie gebeure. Ons is vasgevang in die verlede.

Die bybel sê; alles wat gebeur het al reeds gebeur.
Die verlede waarin ons vasgevang is duur 20 biljoen jaar. Dit het begin met die Big Bang en dit eindig ook met die Big Bang wanneer dag sewe en dag een saamsmelt. Daardie oomblik is die begin en einde op dieselfde gegewe oomblik.
Om hierdie rede het Jesus gesê; ek is die begin en die einde.
Ek = daardie “punt” in jou brein, die punt van oorsprong = begin en/of einde.
Ek = wie jy is, jou identiteit en bepaal wie God is.
Ek = lewe/die lewende een/die lewendmakende een.

Twintig biljoen jaar in ‘n wêreld sonder tyd is ‘n breukdeel van ‘n ontelbare getal, maar in ons agterstevoor gedagtes is dit ewigheid. Om hierdie rede het God tyd vir ons verkort tot 2000 jaar en ons sintuie verdoof om ons brein te narkotiseer sodat ons nie die volle impak van ons lyde sal voel nie.
Ek sê; ons is die liggaam van Christus om te ly, met alle pyn en siekte en lyding as ‘n betaling vir sonde. Nie net vir ons eie sonde nie, ons is sonder skuld die skuldige gemaak, die bybel sê ons is verkoop.

Begin en einde kan onmoontlik twee verskillende oomblikke wees, dit is onmoontlik om dit te skei van mekaar. Hipoteties gesproke het ons dit tog gedoen deur ‘n menslike brein te skep wat hulle geskei het tussen twee oomblikke nl. dag een en dag sewe. Al wat dit geneem het was ‘n hipotese om die oorsprong van tyd te beinvloed in die brein.
Ons het tyd teruggedraai; die beste manier om aids te genees is om terug te gaan in tyd tot waar die oorspronklike daad gepleeg is en die daad te verhoed.
Ek sê; om die dood te dood is om terug te gaan in tyd en die dood te vernietig waar dit ontstaan het; dit is jou werk en jou missie. Alles is in die brein; verlede en toekoms en jy kan teruggaan of “vorentoe” gaan in tyd, dit verg slegs ‘n fokus van die oog in die brein, jy het die vermoë.
Ek sê; daar bestaan nie iets soos tyd nie.
Verlede, hede en toekoms is gesamentlik teenwoordig op die selfde oomblik en dit is soos ‘n padkaart en dit is jou keuse watter pad jy volg. By wyse van ‘n hipotese het ons die verlede ingegaan met goeie rede nl. om dood te dood waar dit ontstaan het; ‘n nuwe hipotese kan dit in ‘n oomblik verander, want jy het die keuse van verlede, hede of toekoms, dit is jou keuse maar jy het vasgeval in die verlede.

Die bybel maak dit duidelik dat die pad terug nie dieselfde pad is waarmee ons na die verlede gegaan het nie en presies dit is ons probleem want ons kyk in ‘n spieël wat ons verwar, maar ook dit was deel van die plan.

Hierdie oomblik van 20 biljoen jaar bestaan net in die mens se brein. Gedurende hierdie tyd het die skepping ‘n hergeboorte gehad wat geen tyd hoegenaamd geneem het nie, want begin = einde = begin = zero, zero, zero. Gedurende die volgende veertig jaar sal jy uit jou diepe slaap gewek word wanneer die lig van die Big Bang oor ons swiep en tyd sal verdwyn, en dit sal ‘n onmiddelike verandering van alles wees in 0,233 sek.

Een uur in bybelse fomule; die formule was aan ons gegee maar tot nou kon niemand die uur bereken nie want ons was nognie intelligent genoeg nie, nie die kennis gehad of dit nie ondersoek nie, ons moes eers van die vrug van kennis eet, alhoewel dit ‘n eenvoudige berekening is.

Die formule is;
2 Pet. 3:8;
1 dag = 1000 jaar (bybelse terme)
1 dag = 24 uur (ons terme)

dus; 1000 = 41,666 jaar = 1 geslag.
24

Die oomblik wanneer hierdie 41,666 jaar begin het was met die val van die World Trade Centre op 9 September 2001, wat in een uur geval het en simboliseer die val van Babilon wat ook in een uur val. Vergelyk Openbaring 18 met die val van die Twin Towers.

Die tweede fase van die val van Babilon was met die inval van G. W. Bush Jn. in Irak en die val van die stad wat as die eerste Babilon genoem word.

Die derde fase van die val van Babilon sal wees wanneer Jerusalem “beset” sal word in 2007 .. dit is as ons nie nou optree nie.

Diegene wat die val van die World Trade Centre beplan het, het gesê; hierdie is zero uur.
Om “hierdie rede” is 2007 ‘n D dag in meer as een opsig. Ek sal dit nie nou bespreek nie. (2001 + 6 = 2007)
Ooral oor die wêreld masjeer mense in afwagting op vryheid. Verstaan ons die woord vryheid? Hierdie opmarse sal drasties vermeerder en die aarde sal meer en meer onstabiel raak, byvoorbeeld die onlangse tsunamie (2004) mag dalk soos ‘n baba lyk. Omdat die see warmer raak sal daar meer katastrofes wees, meer orkane, meer aardbewings en meer tsunamies wat ook in intensitiet sal vermeerder.
Oral oor die wêreld “voel mense iets” gaan gebeur, maar niemand weet wat nie. Die kerk verwag die tweede koms; skryf boeke daaroor, tog verstaan hulle nie die een wat kom nie want die bybel is ‘n versëelde boek vir hulle en die kerk is die grootste beskuldiger en profeet van verdoemenis en “red slegs hulself.” Tenminste is die wetenskap eerder ‘n profeet van hoop en vooruitgang.

Hoe gaan ons ons bruidegom trou as ons nie die vaagste benul het van hoe hy lyk nie? Dit is amper ‘n groot grap!!! Die blinde lei die dowe of sal ek sê die dooie?

Hierdie manuskrip deel met keuses en gevolgtrekkings wat ons in die verlede gemaak het en besluite en gevolgtrekkings wat ons nou moet maak.

Ek het voorheen gesê; ons het hipotesis ontvang en die gevolgtrekking wat ons maak bepaal die saad wat ons in die brein skep, die punt van oorsprong en dit bepaal ons bestemming.

Ek wil jou ‘n voorbeeld gee;

As ek vir jou sou sê dat ‘n vlooi met sy bene hoor sal jy waarskynlik sê; dit is nie waar nie, maar ek mag dalk steeds mense kry wie ek sou kon oortuig dat dit waar is .
Om te bewys dat ‘n vlooi wel met sy bene hoor het jy ‘n wit A4 papier nodig en ‘n vlooi, miskien meer as een want hulle ontsnap maklik.

· sit die vlooi op die papier en skree; vlooi spring!!
· Die vlooi sal spring.
· Vang nou hierdie vlooi as jy kan of gebruik ‘n ander een en breek al sy bene af.
· Sit nou die vlooi terug op die papier en skree; vlooi spring!!
· Die vlooi sal nie spring nie, “surprise, surprise!!”
· Gevolgtrekking; ‘n vlooi hoor met sy bene.

Ons het dit bewys!!
Kom ons sê jy sou dit ‘n 1000 jaar gelede geglo het.
Ek kon dan dalk baie beroemd geword het, op elke nuusblad verskyn het wat lees; dit is die man wat bewys het ‘n vlooi hoor inderwaarheid met sy bene. Wat ‘n fantastiese ontdekking!!!!

Ek kon dalk regoor die wêreld getoer het met my wonderlike evangelie. Dit kon ‘n baie groot organisasie geword het. Maar toe uit die bloute kom daar ‘n bleeksiel wat bewys dat ‘n vlooi glad nie kan hoor nie, laat staan nog met sy bene. Hoe op aarde het hy dit bewys?
Verder, hy kritiseer die vorige voorstel dat ‘n vlooi met sy bene hoor en hoe wreed dit is om die dier se bene af te breek. Dit verander toe die mens in ‘n vlooi liefhebber.
Mense het selfs vlooi kolonies in hul hare aangehou, hul hare slegs een keer per maand gewas omdat dit kwansuis stresvol vir die vlooie is.

‘n Ander persoon kom toe met ‘n voorstel; dit is die beste om die vlooie in jou broek te hou. Al die mense krap toe heeltyd in hul broeke, trek selfs hul broeke uit om te krap.
Iemand anders sê toe; die vlooie gee jou ‘n “kick start”! Dit het die arme vlooie totaal verwar want toe weet hulle nie of hulle moet skop of byt nie.
Iemand anders sê toe; dit is alles goed en wel maar sê nou Christus kom en kry almal met hulle broeke af?
Almal bars toe uit van die lag! Hulle sê selfs Satan het gelag, alhoewel iemand hom blykbaar vir ‘n week moes kielie voordat hy glo uitgebars het van die lag.
Hulle sê dis hoe Satan aan sy einde gekom het met die gebarsery!

As jy dalk jouself in hierdie storie herken, laat jy maar goed lag, ek het.
Die belangrike ding van hierdie proefnemig is; alles was waar behalwe die gevolgtrekking.
Waar het dit ons geneem? Dit is waar, die vlooi het nie gespring nie.
Minstens; mense vang steeds vlooie, maar geen vlooi het weer die mens gevang nie?
Die rede waarom God katte gemaak het is logies vir vlooie het iemand gesê. Iemand anders sê toe; ag bly tog stil!
Dit is die rede waarom katte nie praat nie!!!

Regdeur hierdie manuskrip sal ons gevolgtrekkings bespreek wat ons in die verlede gemaak het. Baie van hulle sal so eenvoudig wees soos die vlooi, en jy sal verbaas wees dat ons dit nie kon verstaan of gesien het nie.
Verseker het jy nou reeds van hulle ondervind gedurende ons gesprekke.
Onthou jy die een wat gesê het die aarde is rond? Hy was die grap van die eeu.
Sommige mense maak gevolgtrekkings terwyl die wêreld dit eers sal aanvaar lank nadat hulle dood is, soos Jesus.

Ek wil nou voortgaan met die bespreking waar ek dit gelaat het…


Om dit maklik te maak kan ons sê;
Gras = 1 atoom = 1 sintuig = 1 gees.
Gras met saad = 2 sintuie = 2 geeste.
Vrugte = 3 sintuie = 3 geeste.
Vis = 4 sintuie nl. smaak, reuk, voel en sig.
Die sig van vis verskil totaal van die van ‘n mens of diere en is swak ontwikkeld. Die ore van vis is hoofsaaklik vir balansering.

Die diere wat aanvanklik uit die see aan land gekom het was doofstom, hulle het geen gehoor of geluid gehad nie en hul sig was swak of glad nie ontwikkel, aldus die bybel.
Gen. 1:24, laat die aarde voortbring (op die vyfde dag het die water voortgebring) lewende wesens na hul soort; vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte.

Dit het in hierdie volgorde gebeur; lewende wesens, vee, kruipende diere en wilde diere.

Lewende wesens = ‘n menigte van haarfyn diertjies. (hebreeus)
Hierdie is nie asemhalende diertjies nie maar lewende/bewegende diertjies.
Die volgende diere wat die water verlaat het is vee met ‘n baie lae intelligensie.
Die betekenis van vee is; ‘n water os, ‘n seekoei of ‘n nyl perd.. ook om doofstom te wees.
Klank, geluide en spraak is op land geskep, sowel as gehoor en nie in die water of in die hemel nie.
Alle sintuie is aardse geeste, geskep op die aarde.

‘nWilde dier is ‘n hardlopende wese, soos ‘n bok.
‘n Seekoei is ‘n stappende dier.
Tussen die “aan land gaan” van die seekoei en wilde diere het kruipende diere aan land gegaan; dit is reptiele.

Die woord Moses het die betekenis van; om uit die water te trek.
Die doel van Moses was dus om hierdie diere wat uit die water aan land gegaan het “te verander in land diere”, om hul sintuie te ontwikkel, hulle “uit die water te trek.”

Teen die tyd van die Israeliete in Egipte was die mens beswaarlik mens, eerder meer dierlik.
Die sintuie was swak ontwikkel, hulle het spraak gehad, kon tussen kleure onderskei en het selfs ‘n skrif gehad, maar dit was eerder om ‘n storie te vertel met behulp van prentjies.
God wou hulle verder ontwikkel. Die eerste om te ontwikkel is die vyf sintuie, aanraking, reuk, smaak, gehoor en sig. Hierdie is die eerste stap om hierdie diermens in ‘n geestelike wese te verander.

Moenie Moses as ‘n mens sien nie, sien hom eerder as tien gebooie om ‘n mens te skep, ‘n super mens. Die tien gebooie is daar om die sintuie te ontwikkel deur disipline.
Moses = die sintuie, terwyl Jesus = die siel want jy het jou siel aan Jesus/Mo Hammed gegee, jou predikant het jou aangesê om dit te doen.
Jesus is die tweede stap om die mens te ontwikkel en om ‘n onsterflike siel te skep, en om hierdie rede het die slang/Lusifer gesê; jy sal nie sterf nie en soos God word indien jy van die boom eet.
Die laaste fase is Johannes (Elia) om die ewige gees te ontwikkel, die Lewendmakende Gees, ‘n ewige gees wat homself energeer.

Ons sal eerste met Moses deel;
Soos gesê; die sintuie was swak ontwikkel en hierdie diermens het geen verbeelding gehad nie.
Die vermoë van verbeelding onderskei die mens van die dier.
Moet dus nie beledigd voel as ek sê dat ten tye van Egipte het die mens geen verbeelding gehad nie, jy sal dit binnekort verstaan.
Om te sê dat Moses dieselfde intellek gehad het as jy, is ‘n bietjie absurd, dink jy nie so nie? Of het hulle wat mekaar in ‘n swaardgeveg uitgedaag het dieselfde empatie as jy? Dit was slegs ‘n paar honderd jaar gelede, terwyl Moses en Jesus duisende jare gelede geleef het.

Iemand het gedurende ‘n gesprek oor Kain gesê; Kain was slim, sonde het ons dom gemaak en die probleem is dat gedurende Kain se tyd het hy nie die tegnologie gehad nie.
My vriend as jy die breins het sal jy tegnologie hê.

Ek probeer nie onbeskof wees nie, want daar is mense wat anders voel, maar nou dat jy hierdie gesprek gelees het moet jy erken, tegnologie is nie daar omdat ons tegnologie het nie maar omdat kennis vermeerder het en omdat ons intelligenter is.
As jy dus Genesis lees, dan Moses en dan Jesus is dit duidelik dat dit deur verskillende intelekte geskryf is.
Die bybel beskryf duidelik hoe die mens ontwikkel het.

Horeb is ‘n simbool van die beeld van God. ‘n Berg simboliseer die roem van ‘n God of ‘n persoon. Hoe hoër die berg, hoe meer roem.

‘n Mens kan slegs van liefde praat
wanneer jy liefde verloor het
jy kan slegs die lewe waardeer
wanneer jy gesterf het
jy kan slegs liefhê
wanneer jy lief geword was
jy kan slegs dink
as daar oor jou gedink was
jy kan alleen voel
as jy pyn gehad het
jy kan alleen kennis ontvang
as jy dom is
want as jy alles weet
is daar niks om te leer nie
want jy weet reeds alles
ek is nakend Here
leer my asseblief
nooit wil ek alles weet nie
want dan is daar niks….
Ek het u lief, ek bemin u bo alles
Johannes.


Ek sou nooit kon weet wat reg is
As ek nie die verkeerde gedoen het nie
Alhoewel ek vleeslik is,
Die wet is geestelik


Ek sou nie vrede kon hê
As ek nie vrees geken het nie
Ek sou nie kon hoor
as daar nie klank was nie
ek sou nie kon sien
as daar niks was om te sien nie



alles wat ek sien
dit gebeur in my
die voëls wat vlieg
hulle vlieg hier binne my
die pyn wat ek voel
dit is hier binne my
die mooiheid wat ek sien
dit is binne my
daar is niks
wat buite my is nie
die musiek wat ek hoor
dit is binne my
die liefde wat ek ontvang of gee
dit is binne in my
niks gebeur
behalwe binne my
dit is so pynlik
dit is so wonderlik
dit is my
dit is ek, dit is net ek
dit maak my hartseer
dit maak my bly
die enigste een
die uwe.


Wanneer ek die berg bestyg, O Heer
Om na u uit te reik
Wag vir my Here
Maar wees altyd
Net ‘n beitjie verder as ek
Dit maak my bly om te reik
Maar om nie te raak
Dit maak my hoër
Dit maak my nederig Heer


Kennis bring vryheid.
Ons is slawe omdat ons onkundig is.

Daar was eenmaal twee persone wat mekaar gedaag het om uit ‘n vliegtuig te spring op 3000 meter.
Die uitdaging was om te sien wie eerste die grond sal bereik.
Hulle het gelyktydig gespring; dit het hulle 5 minute geneem om van 3000 meter tot 2000 meter te val.

Toe maak een van hulle sy valskerm oop en hy het die grond 40 minute later bereik.
Die ander een was reeds daar en hy was ooglopend die wenner maar hy het nie ‘n valskerm gehad nie, hy het nie kennis gehad van ‘n valskerm nie.
As albei van hulle dieselfde gewig gehad het en dit het hulle 5 minute geneem om 1000 meter te val, hoe lank het dit die een sonder die valskerm geneem om die aarde te bereik?


Die idée met Moses, die tien gebooie, was nie net om die sintuie te bevorder nie maar ook om kennis te ontvang. Om hierdie rede het hy ons na Horeb geneem.
Horeb beteken Berg van God en verduidelik die beeld van God.

Voordat ek daaroor praat, wat was jou antwoord, hoe lank het dit die een sonder valskerm geneem om die aarde te bereik?
Die antwoord is eenvoudig; dit het hom die res van sy lewe geneem.
Waarom het dit hom die res van sy lewe geneem?
Want hy was verseker dood toe hy die aarde tref!!!
Het die vlooi jou gevang?


Dit is die verskil tussen om ‘n slaaf te wees en om vryheid en kennis te hê van byvoorbeeld ‘n valskerm.

Horeb beteken; lewe of dood.
Om mekaar te hoor en om mekaar te sien.
Horeb het twee pieke gehad, net een word genoem, nl.Sinai.
Die ander piek is Sion, maar Sion was nognie sigbaar vir ons toe ons die voet van die berg bereik het nie.
Waarom? Omdat Sion ‘n denkbeeldige piek was en ons het nognie die gees van verbeelding gehad nie.
Ons kon slegs glo in dit wat die blote oog kon sien. As ons verbeelding moes gebruik, het dit eenvoudig nie vir ons bestaan nie.
Slegs dit wat ons kon sien, raak, hoor, proe en ruik het bestaan. Ons was vyf sintuiglike diere.

Om hierdie rede moes ons God in die beeld van ‘n berg sien.

Sinai beteken ook; sintuiglik, denkbeeldig of simbolies.
Met ander woorde dit is ‘n beeld van God bedoel vir die sintuiglike persepsie. Dit is ‘n sigbare prent om God te verduidelik en soos jy weet God = man en vrou in een prent van die berg.
Dus, wat die blote oog of die nakende dierlike sintuie kon waarneem = God, minstens vir hulle op daardie stadium van die skepping.
Die berg is die boom van kennis om ons sintuie te penetreer. Om hierdie rede stel God homself voor op die volgende maniere;
‘n Sigbare manier, as ons dit nie kon sien nie het dit eenvoudig nie bestaan nie. Selfs tot vandag het geen prediker of sy gemeente dit verstaan nie. Waarom? Omdat selfs vandag nog kan ons slegs glo wat ons sien of wat ons voorheen gesien het.

Verbeelding is die sesde gees en voor die koms van Jesus het ons geen verbeelding gehad nie.
Verbeelding = die Heilige Spook/Slaap (Ghost) of sesde koepel, ons sal later daarmee deel, maar hierdie gees hou jou gevange. Miskien verskil jy hiermee op hierdie stadium, maar lees asseblief verder, jy sal later verstaan.

Ek moet nou meer simbole en beelde verduidelik sodat jy Horeb kan verstaan, wat ‘n foto beeld van God is.

Simbool opsommings.

Indien jy hierdie simbole regdeur die bybel gebruik sal jy die bybel verstaan. Ek sal jou ook ‘n paar konsepte gee om jou te help verstaan.
Die beeld van God = een gesamentlike liggaam, maar twee komponente.
Beeld = manlik en vroulik.
= hemel en aarde.
= gees en vlees.
= nie tasbare en die tasbare.
= die onsigbare en sigbare.
= lig en duisternis.
= man en vrou.
= woord/spraak en liggaam.
Wanneer God sê; kom ons maak mens na ons beeld en na ons gelykenis beteken dit dat die mens dieselfde beeld as bostaande het.

Verder;
Alles wat jy sien is duisternis.
Ons noem duisternis = vroulik, vlees, aarde, die menslike liggaam, die tasbare en die sigbare.
Alle onsigbare dinge is lig.
Ons noem lig = manlik, hemel, gees, spraak, asem, nie tasbare en onsigbare.

Alle vloeistof = gees en manlik.
Byvoorbeeld; water, wyn, rivier, bloed en die see.
Alle atmosferiese stowwe soos asem, stof, rook en vuur.

Om hierdie rede gebruik sommige gelowe steeds rook in hul seremonies en dit is die rede waarom ons sê; man is ‘n geestelike man (huweliksmaat), want hy is uit stof geskep en nie uit grond/klei soos die liggaam nie.

Stof simboliseer die gees van alle aardlinge; plante, vis, diere en mense.
Om dieselfde rede is Kain ook ‘n geestelike wese, die een uit die bose gees. Hy is die gees van die oog; die oog (die vrug van die boom) het geboorte gegee aan hom en hy het sy ma bevrug (Eva/aarde) en sy het geboorte gegee aan diere en uit die diere het God die mens geskep.
Verder; die gees van die oog = wellus, begeerte, jaloersheid en baie meer.

Hierdie gees is die gees van verbeelding; by Horeb het ons nognie hierdie gees gehad nie, dit is die sesde sintuig, diere het nie hierdie vermoë nie, dit is die sesde koepel in jou brein.
Die gees van verbeelding = die gerub vermeld in Gen. 3:24 en het sy oorsprong met die koms van Jesus gehad; logies kon dit nie tevore bestaan het nie want die mens moes eerstens die sintuie ontwikkel; inteendeel Gen. 3:24 praat van jou.
Die sesde gees sluit ook die siel in met sy emosie en uitdrukking soos; lag, huil, blydskap, hartseer en waarskynlik die grootste is vrees.

Die gees van verbeelding is die tweede hemel vir die mens – Jesus het ons in hierdie hemel gebring. Ons het die eerste hemel ingegaan by Horeb, waar die vyfde koepel van gehoor geopen is nl. die blaas van die vyfde basuin.
Om te hoor en te luister was die belangrikste aspek by Horeb.

HERE (hoofletters) is die geestelike liggaam van God in die hemel.
Here is die liggaam op aarde.

Oos = voor(kant)
Wes = agter.
Noord = links.
Suid = regs.

God het 7 oë = 7 geeste = 7 engele = 7 horings.
Hoe langer die horing, hoe hoër het dit in die hemel opgegaan of hoe magtiger is die horing.

Geeste; die aarde het ses van die geeste van God geskep nl.; gehoor, aanraking, sig, smaak, reuk en die gees van verbeelding. Al hierdie geeste behoort aan Satan, God van die aarde/sigbare. Jy mag nou dalk sê; maar hy is nie God nie? Ja hy is, Jesus het hom die Prins van die aarde genoem. Wat presies is ‘n prins? Hy noem hom Prins want hy is die een gekroon as God toe jy die vrug van die oog geneem het en met hom getrou het. Hy is jou kind verkry met die hulp van die HERE.
Ook die kragte van wind, aardbewings, vuur, water, vulkane en drie dimensionele atome is magte van Satan en is die hoof skepper van die dinge wat jy sien.

Nommers;
Gras = 1
Gras met saad = 2
Vrugte bome = 3
Vis = 4
Diere = 5
Mens = 6
God = 7
Hierdie nommers simboliseer die geeste van elkeen.
Die ark wat op die skouers gedra was simboliseer jou kop, gesig of die tuin in Eden.
Die menslike liggaam = Eva, Maria, Jesus of Eden.
Ook in sommige gevalle = duiwel, Judas en die seun van verderf.

Daar is aardse geeste = manlik.
Daar is hemelse geeste = manlik.
Berg = die glorie van God of Satan of ‘n heerser
= sy beeld.
Ons het geleer dat God = die skepping met all sy inwoners.
Alle sigbare dinge = die vrou of liggaam van Christus.
Christus = die Woorde van God – die Gees van God – die Seun van God.

Dus; gras, bome, voëls, vis, kruipende diere, diere, mense, aarde, son, maan en sterre ageer as die liggaam van Christus die gees.
Alle sigbare voorwerpe is vroulik.


Ek wil dit aan jou verduidelik by wyse van ‘n luidspreker en die musiek wat daaruit kom;

Luidspreker. Musiek.



Die luidspreker is slegs die kas Die musiek kom uit die luidspreker.
wat die klank weergee.
_________________________________________________________
die luidspreker is nie Die musiek is nie die luidspreker nie
die musiek nie.
Die luidspreker is ‘n simbool Musiek is die simbool van jou stem.
van jou liggaam.
Die luidspreker is die simbool Musiek is die simbool van die man.
van die vrou.
Die luidspreker is die simbool Musiek is die simbool van die o
van die sigbare. Onsigbare.
Die luidspreker is die simbool Musiek is die simbool van lig.
van duisternis.

Die luidspreker en musiek ageer as een liggaam, die een het die ander nodig, want daar kan geen musiek wees as daar nie ‘n luidspreker is nie en die luidspreker kan nie sy eie musiek maak nie.
Tesame simboliseer hulle die skepping, God, jou.

Ek sal jou meer simbole gee soos ons vorder maar hierdie is die basis.
Ek kan dalk net dit byvoeg; Kain is die eersgebore Gees van die aarde.
Aarde = Adam = atmosfeer en Eva (grond).
Aarde het die eier van die skepping geproduseer, die liggame uit grond en word genoem, dogters van die aarde of van God.
Die atmosfeer het die sperm van die atmosfeer geproduseer naamlik gees uit stof en word genoem seuns van die hemel of van God.

Toe hierdie liggame oë ontwikkel het, ‘n bewustheid deurmiddel van die oë het dit ‘n gees geskep.
Ons noem hierdie gees Kain – die bose gees, die jaloerse gees; jy kan nog baie byvoeg.

Ons kan hierdie gees ook die volgende noem;
Satan.
Die sesde gees.
Die tweede hemel.
Die gees van verbeelding.
‘n Mense gees.
Die siel.

Dit is dus duidelik dat Satan sy geboorte uit die gesigsvermoë ontvang het, uit die menslike oog. Die oë het oopgegaan Gen.3:7.
Dit is die gees van kennis.
Dit is die gees van die vrug van die boom (die oog) in die tuin in Eden (jou gesig.)
Jou oë gee geboorte aan hierdie vrug/gees. Die mens gee geboorte aan Satan. Satan is gebore in die tuin, jou gesig/oog. Hy het man uit die tuin uitgedryf, uit jou brein en het hom vervang in die ooste van die tuin, dit sê; hy sit in die voorkant van jou brein/jou voorkop.
Jesus het oor die spruit Kedron gegaan na Getsemanie waar daar ‘n tuin was, waar die verraad gepleeg is.
Kedron beteken; om te brand of om te verbrand ‘n simbool van die Jordaan rivier.
Die betekenis van Getsemanie is; om te trou of om getroud te raak of om gesalf te word. Hier is Jesus gesalf met die verraad.

Getsemanie is dus ‘n tuin wat jou gesig of die tuin in Eden simboliseer waar Jesus/man/jy “gesalf of getroud is” of waar jy/man gevange geneem/verraai is om vervang te word deur gerub of die gees van verbeelding soos in Gen. 3:24. Om hierdie rede het hy “oorgegaan” oor Kedron bedoelende, die gees van vuur om jou te verteer het sy plek ingeneem/daar was ‘n “oorgang” in die brein. Die doel was om getroud te raak of om gesalf te word; ons praat later weer hieroor. Nietemin, hierdie oorgang is geweldige vooruitgang vir die mens of die skepping.

Hy het die plek van man/Christus ingeneem en sy ma bevrug.
Wie is sy ma?
Jy is sy ma en hy het jou bevrug/die mens.
Ek sê; jy is die ma van Satan.
Ek sê; jou oë het jou bevrug sodat jy geboorte kon gee aan Satan, want God het Satan geskep.
Om wat te doen? Waarom? Hoe? Wat nou? Is ek nou verdoem? Dit is nie waar nie is dit? Ja dit is waar en wonderlik!!!!
As gevolg van hierdie bevrugting het Eva/mens/aarde geboorte gegee aan alle lewe.
Ons sal dit verder bespreek in ‘n ander hoofstuk van hierdie openbaring.
Die openbaring is aan Johannes gegee en alleenlik aan Johannes; Opnb. 1:1 en niemand anders kan dit openbaar maak nie, eenvoudig omdat ‘n Koos dit nie kan openbaar as dit aan ‘n Johannes gegee is nie. Dit is tog logies alhoewel kerk totaal verblind is vir die koms van Johannes.

Openb. 11:1; ‘n riet soos ‘n stok is aan Johannes gegee en die engel het gestaan en gesê; staan op en meet die tempel van God.
Dit is Johannes ‘n getroue getuie van God wat met jou praat, want die engel van Jesus het aan hom gesê; Openb. 10:11, jy moet WEER profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings.
Johannes is van voornemens om dit te doen.

Die Seun van die mens seën jou
Johannes.



Opsomming.


Ons het nou geleer hoe verskillende spesies geskep is deurdat “lewe” in twee verdeel is genoem man en vrou.
Jy het verder geleer dat die oorsprong van alle toekomstige lewe sy oorsprong in die menslike brein het en dat Eva die moeder van alle lewe is.
Jy het meer omtrent die beeld van God en jouself geleer en omtrent die simbole van die bybel en hoe Satan gebore is deur middel van die eerste gemeenskap, inteendeel die mens is die moeder van Satan want die mens (Eva) is die moeder van ALLE lewe/gees. Ontken jy hierdie vers in die bybel? Stem jy saam? Ja of nee? Of dink jy hierdie vers is ‘n leuen wat sê Eva is ma van alles wat lewe?
Of ontken jy dat jy Eva is?
Alle liggame van alle lewende wesens op aarde word Eva genoem.
Ek sê; ook die diere en voëls en visse se liggame word Eva genoem, logies so.

Jy verstaan nou ook dat die eerste lewe tweeslagtig was en het nie ‘n ander wese nodig gehad om voort te plant nie.
Hemel en aarde het mekaar aan die lewe gehou.
Aarde is die baarmoeder van God/die skepping en sy gee lewe aan alle lewe. Hemel is die saadsak van die skepping om die baarmoeder te bevrug.
Klank en gehoor is op land geskep nie in die water of in die hemel nie.
Die betekenis van Moses is; om uit die water te trek bedoelende; om die wesens wat uit die water/see gekom het in land diere te verander en om hul sintuie te ontwikkel.

Die bybel sê almal is gedoop met die gees van die Rooi see, bedoelende vis.
Jy het nie aarde toe gekom om te lewe nie maar om te sterf en nadat jy gesterf het is die lewe, dit is logies.

In ons volgende bespreking bespreek ons hoe ons sigbare wesens geword het. Jy sal meer omtrent Satan leer.
Jy sal leer aangaande die geboorte van Ismael. Jy sal leer omtrent die Rooi Draak soos beskryf in Openb. en hoe hy gebore is en die betekenis van sy tien horings en sewe koppe.
Vir die eerste keer in die mens se geskiedenis word dit openbaar.
Die Seun van die mens seën jou
Johannes.