Saturday, January 6, 2007

DIE TABERNAKEL VAN MOSES. HOOFSTUK 6

DIE TABERNAKEL VAN MOSES.
HOOFSTUK 6



Dit is absoluut nodig dat jy eers hoofstukke 1 – 5 lees anders sal jy nie hierdie verduidelikings verstaan nie en dit verwerp.
NIEMAND KAN ENIGIETS AANVAAR AS HY DIT NIE VERSTAAN NIE.
Ek sê; jy sal slegs as die waarheid aanvaar; dit wat jy verstaan, die res sal jy verwerp alhoewel dit die waarheid mag wees.
Is dit ‘n verskoning?
MAAR; jy kan na iemand luister wat wel verstaan en ‘n mens kan in iets glo al verstaan jy dit nie, om dit na/in die werklikheid te roep.
Soms verstaan ‘n mens of sien of hoor nie, maar dit kan logies wees of sin maak OM TE GLO en deur te glo roep jy die beter.
In die begin moes ek glo dat 12+12 = 24, nou weet ek dit is waar.
Geloof kom tot ‘n einde wanneer kennis realiteit word.
Ek sê; ek glo nie dat 12+12 = 24, ek sê ek weet dit.


Die tabernakel het drie kamers, die Voorhof, die Heilige kamer en die Allerheiligste. Ons sal hulle apart bespreek.




DIE VOORHOF.


Die voorhof is die eerste stap van die plan wat God vir Moses gegee het om lewe te herwin, nie net op aarde nie maar ook vir die hele skepping.

Deel van die plan is om hierdie mensdier wat by Sinai vergader het te red en te ontwikkel. Wanneer ons sê by Sinai bedoel ons die tyd wat dit geneem het om die sintuie te ontwikkel, wat duisende jare is, Sinai is slegs ‘n simbool.
Simbolies het dit 40 jaar geduur, die tyd wat die Israeliete in die woestyn was, maar jy sal verstaan dat dit etlike duisende jare geduur het, eerder iets soos 400,000 jaar of meer. Ons sal wel die formule ontsyfer.

Moses moes hierdie mensdier wat uit die see gekom het na Golgota transporteer, wat die mens verder sou ontwikkel. Nietemin jy kan nou duidelik verstaan dat ons die gebooie oortree het en om hierdie rede moes sterf.
Om hierdie rede sê die bybel dat alle Israeliete wat God by Sinai gesien het, in die woestyn gesterf het, ook Aaron, selfs Moses het nie die beloofde land binnegegaan nie.
Die beloofde land is die sewende dag van rus en die beloofde land is aan die teenoorgestelde kant van die Jordaan rivier.
Jordaan rivier het die betekenis van; rivier van dood wat dan beteken jy moet deur die dood gaan om die beloofde land te bereik. Elia het Jesus met hierdie dood gedoop en Jesus het elkeen van julle met dieselfde doop van dood of met die doop van die Jordaan gedoop.

Die tabernakel simboliseer ‘n ware beeld van die menslike liggaam en is verdeel in drie simboliese vertrekke.
Ek sê; die menslike liggaam is in drie simboliese kamers verdeel.
Ek sê; die skepping sowel as die skepping van die menslike liggaam gebeur in drie fases.

Die eerste kamer is die voorhof en simboliseer jou liggaam vanaf jou voetsool tot by jou penis. Die voorhof het ook ‘n ingangs portaal simbolies vir jou voete. Jou penis is presies in die middel van jou liggaam en dus van jou voetsool tot jou penis is helfte van jou liggaam dieselfde as die tabernakel waar die voorhof helfte van die oppervlakte van die tabernakel is. Jy kan jou liggaam meet om seker te maak dat jou penis presies in die middel van jou liggaam is, gemeet van bo tot onder of vanaf die kant.

Die penis is die voorhangsel tussen die Voorhof en die Heilige kamer.
Die betekenis van voorhangsel is ; om te skei, om apart te hou.
Slegs diegene wat besny is kon in die Voorhof ingaan.
Ek sê; slegs die wie ‘n besnydenis in die sintuie het kon ingaan.
Ek sê; slegs die wie Satan (God) gesien het by Sinai kon ingaan.
Slegs hulle wat die agterkant van God gesien het kon ingaan. Sien Ex 33:23.
Slegs hulle wat die sigbare God gesien het kon ingaan.
Slegs hulle wat die God van duisternis gesien het kon ingaan.
Ek sê; Satan is die HERE God van Israel.
Die voorhangsel is daar om hulle in die Voorhof te skei van hulle in die Heilige kamer, wat die volgende kamer is.

Slegs deur middel van die bloed van die bul kon die priester by die Heilige kamer ingaan om versoenig te bring vir jou siel en slegs vir die siel. Ek sal dit later verduidelik. Logies is hierdie slegs ‘n simbool van die waarheid.
Op hierdie stadium is die siel die gees van die sintuie en swak ontwikkel.
Alle gees is onsterflik of dit nou die gees van ‘n plant, ‘n dier, ‘n mens, Satan, engele of God is; hulle is onsterflik en kan nooit sterf nie!!!
Ek sê; wanneer jy sterf is dit slegs jou liggaam wat sterf en terugkeer tot stof, want wanneer jy sterf; “gee jy die gees.”
Ek sê; jy laat die gees vry wat in jou vasgevang is, jy stel God vry want gees = God.
Ek sê; jy gee jou gees.

Wanneer die bybel sê; die vrou het die vrug geneem en geëet en ook aan haar man gegee en hy het geëet --- die betekenis van gee = om gees te gee.
Gee = sy het haar man gees gegee om te eet.
Sy het haar man lewe gegee.
Sy het haar man vrugbaar gemaak in gees.
Ek sê; sy het geëet en gees ontvang en ook aan haar man gees gegee, want sy is Eden.
Ek sê; sy het moeder van haar man geword. Eva het gesê; ek het ‘n man ontvang.
Die toekomstige jy = wat jy gedink, gedoen en gesê het gedurende jou tyd van diens in die vlees.
Ek sê; jy het jou toekomstige liggaam self geskep van wie of hoe jy sal wees, want wanneer jy sterf gee jy geboorte aan jouself, jy ontmoet jouself, keer terug tot jouself.

Jy het hierheen gekom om kennis in te win vir jouself asook tot die voordeel van die skepping. Terwyl jy vasgevang is in jou liggaam win jy kennis in omtrent die sigbare, die sigbare is die vrou van die skepping, want God het geen kennis omtrent sy vrou gehad nie.
Die beste manier om kennis in te win aangaande die sigbare is om ‘n sigbare voorwerp te word, om met vel bedek te word, om bekleed te wees met die sigbare.

Die Voorhof is die eerste hemel vir hierdie dier-man. Hierdie hemel is vir vyf sintuiglikes, maar daar is nog twee hemele vir die mens. Hierdie mens was meer brutaal as meeste diere want hy was uitgeslape en baie slim. Sien Gen.3:1.
Die gees van die sintuie is in die voorkant van die brein tussen die oë.
Deut. 6:8; jy moet dit as ‘n teken bind op jou hand en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees.
Ek sê; hierdie dier sit aan die voorkant van jou brein, jou verstand en dra die No 5 om die vyf sintuie aan te dui.
Die betekenis van voorhoofsband is; om rond of om te gaan. Vergelyk Gen. 3:24. gerubs wat vlam en flikker, die engelse vertaling is meer korrek wat sê; gerubs wat heen en weer gaan.
Hierdie vers sê dus; die voorhoofsband of gerub gaan heen en weer tussen jou oë om die boom van lewe te beskerm. Ons sal dit in die toekoms verder bespreek. Die mens het die sesde gees eers ontvang nadat die laaste profete gekom het, inteendeel lank daarna.

Jy moet onthou die bybel is geskryf in; simbole, raaisels, gelykenisse en spiëel beelde en ons het kennis benodig om dit te ontsyfer.
Jy kan die gees van die sintuie Moses noem. Moses is die vader van die sintuie en daarom dra jy sy naam en jy is Moses, want jy is die liggaam van/vir Moses die sintuie.

Om die sintuie te ontwikkel moes ons logies in sigbare dinge glo soos; ‘n heilige berg, die tabernakel met al sy heilige godsdienstige voorwerpe soos die ark.
Op daardie stadium kon ons slegs verstaan wat ons sien, want daar was nog geen verbeelding nie, want Adam/mens was nognie ‘n lewende siel nie.

Die betekenis van tabernakel is; om te gaan lê, om ‘n seksuele verbinding te maak, neerwerp, om te slaap, om te onteer of jou maagdelikheid te verloor, om te rus, om te lê vir die seksuele daad, saad (te skep), ‘n verwantskap met die idée van ‘n tuiste, permanent bly, om voort te gaan, om ‘n woning te hê, inwoner, ‘n plek, rus, hut, ‘n paviljoen (as toeskouer), ‘n graf, ‘n tempel of woning.

Jy kan nou die woord tabernakel verander na; die menslike liggaam en sien hoe hierdie beskrywing jou liggaam pas as die simbool van die tempel en dan sal jy die belangrikheid van die mens verstaan.
Ek sê; bostaande beskrywings is die rede waarom die mens geskep is want die tabernakel = die menslike liggaam.

Die mees belangrike rede vir die menslike liggaam (tabernakel) is; om te lê vir die seksuele daad.
Wel dit is OK as jy nou gedink het ek praat van die seksuele daad wat ons met mekaar het, maar ek praat eintlik van ‘n geestelike seksuele daad. Die belangrikheid van die menslike liggaam (tabernakel) kan verstaan word in die woorde; Eva het moeder van alle lewe geword.
Jy verstaan nou dat Eva ‘n naam is vir die menslike liggaam en daar is nog ses ander name vir die liggaam.


Die betekenis van die woord alle (all) is; altesaam, heeltemal, totaal, algeheel of om te voltooi.
Eva die menslike liggaam is dus ook moeder van God en elke en alle dinge wat jy sien en sal sien in die toekoms en elke en alle lewende wesens, sy voltooi die skepping, sy gee dit ‘n hergeboorte.

Instede om die woord “mens” te gebruik, gebruik die bybel verskillende woorde vir die mens om ons instaat te stel om te onderskei en te verstaan vanaf verskillende hoeke.
Byvoorbeeld; Eva, Sarah, Maria, Judas en Jesus is almal plaasvervangers vir die menslike liggaam.

As die doel van die mens is “om seks” te hê, bedoelende om geboorte aan verskillende geeste te gee, kan jy verstaan hoe belangrik die mens vir die skepping is.
Om geboorte te gee aan verskillende geeste, wesens en skeppings moes die mens met verskillende sade bevrug word.

Dit is om hierdie rede dat die man (hemel) en vrou (aarde/sigbare) van mekaar moes skei, sodat sy “baie mans” kon hê en elke man of geestelike sperm, saad produseer vir verskillende kinders. Om hierdie rede is daar soveel verskillende gelowe. Die bybel sê die klere van Jesus is verdeel, bedoelende; die waarheid is verdeel onder verskillende gelowe.
Dit sê dan ook dat geen een geloof die volle waarheid het nie.

Deur die Heilige ark op aarde te heilig met al sy heilige verordeninge sal dit nie in gees laat verander nie, maar deurdat ons dit op aarde heilig, skep ons ‘n gees in die hemel, ons skep ‘n heilige ark in die hemel en ons skep die toekomstige wêreld.

Iewers in die toekoms sal Johannes ‘n deur aanwys waar daar “versteekte dinge” is en jy sal verstaan. Hierdie deur is in Egipte en op die regte tyd sal Johannes die deur “oopmaak”.

Ons kan dus sê; die mens is geskep om te begeer want begeerte hits die gees aan, skep die gees.
Die oomblik wanneer God sê; jy mag nie, dan ontvang die ding wat jy nie mag aanraak mag; as voorbeeld het die oog mag ontvang om te begeer en te skep en ook die ding wat jy nie mag raak nie ontvang mag, soos die Ark of die gebooie.
As ek ‘n verseëlde blik vol wurms voor jou sit en jou oortuig om te glo/verbeel dat die blik eintlik heilige voedsel vir die toekoms is en nie nou aangeraak moet word nie, dan word die blik wurms heilig vir jou alhoewel jy nie weet wat in die blik is nie; jy gee ook mag aan die inhoud van die blik, aan dit wat jy jou verbeel in die blik is en verbeelding skep dan wat jy glo.
Om te verbeel = om te glo.
As jy oë het BEGEER JY!!!! --- moenie jouself bluff nie!! Wees eerlik.
As jy eerlik is sal jy jou doel vind.

As jy ‘n geestelike fabriek moet wees dan moet jy oë hê en jy MOET begeer om gees te skep.
Om hierdie rede , die rede dat God jou so geskep het;
IS ALLE SONDE VERGEWE, BEHALWE DIE SONDE TEEN DIE HEILIGE SPOOK.
Ons sal hierdie sonde aan die einde van die hoofstuk bespreek.

Intussen kan ons sê; Satan is ‘n verheerlikte wese, wat geboorte gehad het met die mens as sy ma. Ek sê ma want, die menslike liggaam is vroulik, die baarmoeder van die skepping. Moenie spot nie , moenie ‘n gek maak van ‘n verheerlikte wese nie!!!! Maak jy ‘n bespotting van jou eie kind?

Daar was ‘n baie goeie rede waarom dit nodig was om Satan te skep. Ons het dit bespreek gedurende ons bespreking oor Kain.
Moenie sê; O hy is ‘n engel wat afgedwaal het en ‘n slegte engel geword het en God kon hom nie beheer nie.
Ek het gedink God beheer en kontroleer alles, hoe sou hy God dan kon ore aansit?

Die bybel sê; God het Satan geskep, is dit vir geen rede?
Wat sou jy sê is die rede waarom God Satan geskep het?
Om jou te laat ly? Ja dit is ook waar maar nie die volle waarheid nie!!!
Judas vers 9 – 10; maar toe Migael, die aards engel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê; die HERE bestraf jou!
Vers 10; maar hierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie; en alles wat hulle soos die redelose diere, op natuurlike/letterlike wyse verstaan, daardeur gaan hulle ten gronde.
Vers 11; weë hulle.

Die bybel sê; die eerste ding wat sal gebeur met die tweede koms is om die bokke en skape te skei. Verder; hy sal dit doen met ‘n skerp tweesnydende swaard. Sien Openb. 1:16.
Dit is presies wat hierdie manuskrip sal doen en reeds nou doen soos jy hier lees want God lees/oes jou gedagtes terwyl jy lees.
Daar sal hulle wees wat verstaan en aanvaar en hulle wat bittereinders is en nie aanvaar nie en die rit verpas.
Ongelukkig is dit nie ek wat namens jou kan besluit nie; dit is uitsluitlik jy wat moet besluit.

Ons was onskuldig en sonder kennis; die vlooi het ons gevang!
Ek sê; ons het verkeerde afleidings gemaak, want ons was eenvoudig onnosel. Ons verduidelik later meer hieroor.

Elke kamer in die tabernakel stel ‘n proses voor waarvolges die mens kennis, intelligensie en begrip moes vermeerder en terselfdertyd ‘n geestelike wese word, om God te word soos die slang gesê het en om die skepping te herskep; ek kan dit nie genoeg beklemtoon nie.

Die tien gebooie is daar om jou voor te berei; om jou te heilig/jou klere te was (jou liggaam), sodat ons die volgende kamer kan binne gaan, genoem die Heilige kamer. Sien Ex. 19:10.
Ons het kennis maar ook dood ryker geword, en die lot van die mens is verseël by Sinai, want die mens het skuldig geword aan die oortreding van die gebooie en is vandag nog oortreders.

Daar is GEEN mag behalwe van God nie. Rom. 13:1.
Ek het eenkeer probeer om van hierdie dinge aan ‘n predikant te verduidelik; sy antwoord was dat hy dink daar is ‘n “ander” gees in my (Satan). Ek het hom gevra; waar dink jy kom hierdie gees vandaan? Hy het gesê hy weet nie. Ek het hom geantwoord dat alle mag van God kom. Hy het dit verwerp dat dit in die bybel staan. Ek het dit baie keer ondervind dat indien die “kerk” iets nie verstaan nie sê hulle; daar is ‘n ander gees in jou, bedoelende ‘n gees van Satan en hiermee impliseer hulle ook dat hulle “heilig” is.
Dit is nie bedoel om ‘n aanval te wees nie, maar ‘n vraag; WAAROM WIL DIE KERK NIE LUISTER NIE?

Wanneer ‘n sekere persoon ‘n president van ‘n land word, dan het God daardie mag toegeken.
Jy mag vra; hoe? Deur jou kiesreg, jou keuse of jou woord.
Die 2004 Amerikaanse verkiesing was nie ‘n verkiesing vir of teen oorlog nie, maar wie sou die beste oorlog voer of wie is die een wat nie sal weifel vir oorlog nie.
Ons ken die uitslag; jy, jou keuse het die resultaat gebring, en dit het die tweede fase van die val van Babilon gebring, die inval in Irak.
Die duiwel is mal oor bloed!!!

Ons het gesê; die tabernakel is ‘n simbool van jou liggaam en ons het verduidelik in watter opsig, naamlik dit simboliseer drie kamers om die mens te skep en te bevorder om ‘n geestelike wese te word.
Selfs sommige van die dinge wat ek verduidelik het is simbole van die waarheid; jy sal alles hieromtrent leer.

Soos ons op hierdie planeet sê; alle dinge kom tot ‘n einde. Om hierdie rede het Moses ook tot ‘n einde gekom, hy het oorbodig geword. Hy het oorbodig geword, omdat kennis die dinge waarin ons glo bevraagteken het. Alhoewel sommige mense bittereinders is en steeds die oorlewering volg, selfs vandag. Sien Mark. 7:8.

Die profeet Jesus het die profeet Moses vervang.

Die vervanging is; die sintuie het sy toppunt bereik en ‘n volgende fase was nodig om die mens se siel verder te ontwikkel.
Die volgende fase is die volgende kamer van die tabernakel, die heilige kamer.
Ek sê; die volgende stadium is; Jesus, Mo Hammed en andere.

Natuurlik kom die vorige ordinansies tot ‘n einde, want die besnydenis was ‘n verbond om die sintuie te ontwikkel, ‘n insnyding in die vleis/sintuie, maar eens ten volle ontwikkel is iets anders nodig en die besnydenis, die insnyding in die vlees val weg. Gedurende Moses moes ons dinge heilig soos; die ark, die Tabernakel, die Brandoffer Altaar, die Waskom, die Salf Olie, Heilige klere en baie ander sigbare dinge. Al hierdie dinge het oorbodig geword toe Jesus kom, alhoewel die gebooie nie tot ‘n einde gekom het nie; dit het eerder meer mag en krag ontvang.

Die nuwe verbond is die nagmaal in die volgende kamer, genoem die heilige kamer. Alle gelowe het hul eie heilige maaltyd. In hierdie kamer eet en drink ons die vleis en bloed van die geslagte bul. (Voorheen het die priester die bloed in die heilige kamer ingeneem en van dit aan die horings van die bul gesmeer.) Die gebooie verbied die eet van vleis met bloed, maar JESUS SELF het hierdie instelling gemaak. Logies oortree ons die gebod deur dit te doen.

Jesus is die simbool van hierdie bul = jy, jouself.
In hierdie kamer heilig ons ander dinge soos; die tafel met die toonbrode, ‘n simbool van die nagmaal waar ons die vleis en bloed van ‘n idool eet en drink en die kandelaar met ses kerse wat brand om die ses geeste van die mens aan te dui wat in hierdie kamer moes ontwikkel. Hierdie kerse het nie in die voorhof gebrand nie want die mens het nognie gees ontwikkeld gehad nie.
Die kerse simboliseer die “helderheid” van jou gees en synde ‘n kers is dit ‘n indikasie van hoe swak die gees van die mens op daardie stadium was en die “helderheid van die son” is nog ver verwyderd.
In die kamer van Moses was ons vyfsintuiglike diere, hoewel die sintuie goed ontwikkeld was maar slegs vir persepsie.

Die eerste kamer was ‘n insnyding in die vleeslike sintuie en is vervang deur die nagmaal --- ‘n insnyding in die hart naamlik die siel = gees van die hart. Sien Rom. 2:29.
Dit is ondenkbaar dat ons nog steeds vandag met al ons kennis die besnydenis as ‘n Goddelike ordonansie praktiseer. Dit is eerder ‘n belediging vir ‘n mens se intelligensie, want ons weet tog dat dit en ook die nagmaal is net maar ‘n simbool van iets by verre meer verheerlik, maar ons het dit nie verstaan nie en dit bewys eintlik ons vlak van intelligensie. Intelligensie?

Opsomming van wat ons geleer het.


In ons vorige besprekings het jy geleer;
1) die skepping het gemeenskap gehad deur middel van die Big Bang 20 biljoen jaar gelede.
2) Hierdie Big Bang het gelei tot die geboorte van die aarde wat manlik en vroulik is naamlik; die atmosfeer = Man of manlik en
die grond = Eva of vroulik.
3) die atmosfeer ageer as die manlike sperm en aarde as die eier en die baarmoeder van die skepping.

Atmosfeer het sy vrou die aarde beken/bevrug en uit haar baarmoeder het lewe ontstaan. Sy het geboorte gegee aan plante/bome en verskillende diere met hul saad binne hulself.
Uit die gees van hierdie lewe is ‘n bose gees gebore wat ons Kain noem. Kain is ‘n geestelike man vir die aarde en alle lewe op haar.
Ek sê; Kain is ‘n gees in die hemel.
Die eerste lewe was tweeslagtig, hulle het hulself bevrug – ‘n manlike wese wat nie ‘n ander liggaam/dier nodig gehad het om voort te plant nie.
Na baie jare het twee verskillende diere gemeenskap gehad en die eerste aparte vroulike en manlike wesens is gebore, waaruit God die mens geskep het.

Intussen het die seuns van God/ruimtewesens intrek geneem in verskillende aardse liggaame en bose diere, massiewe diere soos die dinosourusse is gebore.
Ons het nognie die vloed van Noag bespreek nie wat 85% van alle lewe uitgewis het, asook meeste van hierdie diere is dood en bestaan nie meer nie.
God het gesê; die gees van hierdie diere sal nie meer heers nie.

Ons het geleer hoe die diere uit die see gekom het. Die dier uit die see volgens Openb. 13.
Hierdie dier is ‘n simbool van die gees van hierdie “vis/mensdier.”
Moses het hierdie land diere na Horeb ge-eksodus; Horeb is ‘n simbool van die sintuig van gehoor wat gebore is, asook die ontwikkeling van al die sintuie. Die simbool van die ontwikkeling van die sintuie is die voorhof van die tabernakel en die verbond/bewys hiervan is die besnydenis.
Moses het hierdie mens dier na Jerusalem getransporteer deur dissipline sodat hy ‘n siel kan ontwikkel. Jerusalem is die simbool van; die moeder van die siel, terwyl Sinai die moeder van die sintuie is.
Dit het ons tot die volgende kamer gebring, die Heilige kamer.

Ons het ook geleer dat slegs nadat die verbode vrug gepluk is het die wesens op aarde geestelik vrugbaar geword, om verskillende geestelike wesens/engele te skep of soos die bybel sê; om diversiteit te skep deur evolusie.




DIE HEILIGE KAMER.


Ons moet die Heilige kamer in drie fases bespreek. Die duur van die Heilige kamer is ‘n simboliese 2000 jaar en kom tot einde met die “tweede koms.”


Fase een.


Op die stadium toe ons die Heilige kamer binne gegaan het was die mens nognie ‘n lewende siel soos gesê in Gen. 2:7 nie. Hy was eerder ‘n asemhalende wese. Die siel was eerder in die bloed as die fontein van lewe.
Om die mens te vergees het ‘n baie lang tyd geneem, duisende jare voordat die siel voltooi sou wees.

Die siel is die onsterflike deel van lewe. Dit is die geestelike deel en eens voltooi is dit onsterflik en om hierdie rede het die slang gesê; jy sal nie sterf nadat jy geëet het nie.
Die slang is die een wat ons verlei het om van die vrug van kennis te eet; dit was absoluut nodig om kennis te eet, dink jy nie so nie?


Wanneer jy sterf ontmoet jy jou geestelike siel.
Die doelstelling van die Heilige kamer is dus om jou onsterflike helfte te ontwikkel en nie net jou eie nie maar ook ‘n onsterflike siel vir ons Ma en Pa die skepping. Aarde het haar siel verloor, gesterf (Abel), “doodgeslaan” deur sy broer gees die bose. (Kain)
Die siel is vasgevang op/in die aarde; die bybel sê die gees van die dier “gaan af” terwyl die gees van die mens “opgaan”, dit is wanneer hy sterf.
Waarom mag jy vra? Omdat die sintuie aardgebonde is tot die eerste hemel en die siel tot die tweede hemel.
Die bybel sê; Hagar staan vir die sintuie terwyl Jerusalem daar bo ons ma is, bedoelende ma van die siel.

Sarah het gesê; ek is weerhou daarvan om kinders te hê.
Sarah is die simbool van die vroulike helfte van die skepping, wat onvrugbaar was/geword het. Dit het meegebring dat die hele skepping skaakmat was.
Jy mag moontlik vra; hoe het die skepping onvrugbaar geword?
Die skepping is geskep om homself te energeer soos ons jou reeds verduidelik en kennis gegee het toe ons Eden bespreek het.
Eden is dus ook ‘n simbool van die skepping waar man en vrou mekaar in die lewe gehou het.

Laat ek dit in eenvoudige taal verduidelik en aarde as voorbeeld gebruik. Alle wesens op aarde is ‘n geestelike fabriek, wat geestelike energie (atome) vir die hemel produseer. Jy kan dit ‘n geestelike maaltyd noem, waarmee die man/hemel gevoed word.
Wat opgaan moet afkom in ‘n geestelike reën.

Ek sê; as jy die man/hemel met ‘n vreedsame gees/voedsel voed, sal die man op sy beurt sy vrou/aarde met vreedsaamheid voed; dit is ‘n onveranderlike wet van die skepping, dit is so geskep.
Dit werk op dieselfde prinsiep as bome en lewende wesens wat mekaar voed. Vat die dier weg, dan sterf die plante, en vat die plante weg dan sterf die diere. Hulle is afhanklik van mekaar, hou mekaar aan die lewe.

Toe die bose gees Kain gebore word, is die hemel/atmosfeer gevul met gees van geweld.
Ek sê; ons het ons man die hemel ‘n bose gees/maaltyd gegee om te eet en hy het geëet want die man eet wat die vrou op die tafel opdis met die gevolg dat die man/God boos geword het en ons begin dood het en nie net ons nie maar ook homself.
Dit is tog logies. Sien Klaagliedere 2:5; die Here het soos ‘n vyand geword. Hy het Israel verslind, al sy paleise verslind, sy vestings verwoes – (die genereerders van gees, die lewe op aarde).

Kom ons pas dit nou op die skepping toe.
Die sigbare inhoud (atome) van die skepping genereer energie (atome) vir die onsigbare ruimte en andersom.
Maar; die atome (gees) van die sigbare het boos geword met die gevolg dat die hele skepping besig was om te sterf.
Die hele skepping was besig om sy energie te verloor, dit het onvrugbaar geword en kon nie meer die ewig lewende atome/gees produseer om die skepping in stand te hou nie.
Ek sê; die skepping het sy siel verloor – die ewige gees/atoom/Abel = die lewende asem en het nou ‘n gees van dood geword. Die betekenis van Abel is; asem of lewende gees.
God moes ‘n plan maak anders kon die hele skepping sterf.

Om hierdie rede is die Big Bang beplan om ‘n spook skepping te skep, die een wat ons tans sien.
God het hierdie spook skepping tot verwoesting vervloek sien Gen.
3:17.
Ek en jy is deel van hierdie vervloekte wêreld wat ‘n tydelike skepping is.
Ons moes ‘n skuldige skep om die virus te dra van; dood, siekte, pyn en om terselfdertyd die skepping sy siel terug te gee, sy ewige lewensgees en om die skepping selfs verder te verhoog. Die mens is hierdie sondebok.

Om hierdie rede moes ons sigbare voorwerpe verheerlik, wat aan ons voorgehou is deur verskillende hipoteses en by wyse hiervan het ons die werklike geskep in die hemel.
Die hipotese verander deurdat ons intelligenter word en dan nuwe gevolgtrekkings maak.

As voorbeeld; ons gevolgtrekking aangaande die aarde het verander toe ons kennis vermeerder het en ons inderdaad nou weet die aarde is rond.
Nog ‘n voorbeeld; ons het die Ark en sy Getuienis verheerlik, sien Ex. 40:20.
Die ark is ‘n simbool van jou kop, jou gesig, die gesig van God, jou brein of die tuin in Eden, die oorsprong van lewe.
Nie alleen het jy hierdeur wysheid bekom nie, maar jy het ook ‘n verheerlikte wese in die hemel geskep; jouself.
Ons het baie verskillende sigbare dinge verheerlik, deur baie verskillende gelowe of deur ander praktyke.
Jy sal mettertyd hierdie dinge verstaan.

Nietemin; ons kan nie die Heilige kamer binnegaan terwyl ons steeds die praktyke van die eerste kamer toepas nie soos; die besnydenis of watter sigbare praktyke ander gelowe ookal mag hê nie.
Deur steeds die besnydenis toe te pas, wat ‘n simbool is van die sintuie, is soos om ‘n glas water in jou hand te hê en aan te hou vra vir ‘n glas water, dit maak eenvoudig nie sin nie; netso met die nagmaal.
Hipoteties het die Jood nognie die Heilige kamer betree nie want hy beoefen steeds die besnydenis. Dit is dan ook die rede waarom die Jood die KROON van sy hoof bedek, ‘n simbool dat sy koepel nog nie oopgemaak het nie.

Dieselfde geld vir die Allerheiligste kamer; ons kan nie ingaan terwyl ons nog die dinge van die Heilige kamer toepas nie; daarom kom die dinge van die Heilige kamer ook tot ‘n einde. Sien Hebr. 9:8-10.
Hipoteties gesproke het ieder en elke mens reeds die Heilige kamer binne gegaan. Dit is eenvoudig nie waar, ‘n leuen om te sê dat slegs hulle wat in die kerk “gered” is hierdie kamer betree het.

Die moordenaar, die dief, die kanibaal, die predikant het almal hierdie kamer binne gegaan, want hierdie kamer simboliseer jou siel, inteendeel jou siel is in hierdie kamer geskep net soos jou sintuie in die kamer van Moses geskep is.

Hierdie is waar tensy jy van iemand weet wat nie ‘n siel het nie.
Dit is eenvoudig nie waar, ‘n leuen dat slegs hulle wat Jesus aanbid hierdie kamer binne gegaan het; weereens, dit moet dan hulle wees wat nie ‘n siel het nie.
Die vaders van die siel is al die profete; Jesus, Mo Hammed en andere.
Dit sal dus ook ‘n leuen wees om te sê; dat slegs hulle wat Mo Hammed gevolg het, het die kamer binne gegaan.
Ons kan ook hierdie kamer noem;
Die kamer van die profete; Jesus, Mo Hammed en andere.
Ons kan dit ook die die kamer van die siel noem of;
Die kamer van reiniging; in hierdie kamer het jy ‘n eerste Adam geword.
Waarom sê ek dit?
Ek sê dit omdat hierdie kamer die deel van jou liggaam simboliseer vanaf jou penis tot jou lippe. Dit is algemene kennis wat hierdie deel van jou liggaam doen. Dit het al jou lewegewende organe soos; jou longe, jou maag, lewer, niere en belangrikste van almal, jou hart is in hierdie kamer – oorsprong van jou siel – jou gevoelens en emosies.

Om hierdie rede kan ons dit die kamer van die siel noem.
Dit is die kamer van die gees van die siel.
Dit is die kamer waar jou lewer, niere en ander organe jou liggaam reinig of was.
Dit is die voedings kamer.
Dit is die kamer waar die “penis” sigbare dinge skep.

Die skepping is presies soos jou liggaam, het dieselfde organe maar hulle is geestelike organe; dit is ‘n bespreking vir die toekoms.

Jy moet nou verstaan dat slegs nadat jy hierdie kamer binne gaan word jy ‘n eerste Adam en jy moet verstaan, hetsy jy man of vrou is, jy word genoem Adam, jou naam is Adam of Jesus, ‘n mens met twee helftes naamlik vleis en gees maar word genoem Adam. Sien Gen. 5:2; God het HULLE Adam/mens/siel genoem. Adam is dus ‘n beskrywing van ‘n mens en nie om sy geslag aan te dui nie.
Dit is dus Jesus en die ander profete wat die asem van lewe in jou neusgate ingeblaas het en dit maak die aanspraak dat ‘n sekere man genoem Adam, sowat ses duisend jaar gelede ‘n lewende siel geword het ‘n leuen.
Ons het eers na die koms van die laaste profete ‘n lewende siel geword, of wil ons beweer dat Eva nie ‘n lewende siel is nie; bedoelende, hulle wat verwerp dat een en elke mens die naam Adam dra en preek dat Adam ‘n mans persoon was met ‘n vrou Eva en Adam het ‘n lewende siel geword.
Ek vra; is slegs die mans dan lewende siele?
Ek sê; jy wat so preek is deur die vlooi gevang.
Moenie nou hieroor lieg nie want jou gedagtes is in jou asem en jou asem is in God.
Ek sê; God weet wat jy dink en daar is niks wat jy daaraan kan doen nie.

Nietemin, sodra jy hierdie kamer binnegaan verander jou naam na Jesus of Mo Hammed of wat jou profeet se naam ookal mag wees.
Omdat ek in ‘n christelike huis opgegroei het sal ek jou naam Jesus of Adam noem. Dit beteken nie dat Mo Hammed of andere minder is nie.
As jy dus beweer dat slegs hulle wat Jesus gevolg het die “gereddes” is sal dit beteken dat jy die muslem van sy siel beroof.
Het die vlooi jou gevang?

Ten einde die siel te skep is Adam in ‘n diepe slaap geplaas, sien Gen. 2: 21.
Ek sê; God het jou (Adam/mens, man en vrou) in ‘n diepe slaap geplaas met die doel om jou siel te skep.
Die hele skepping is huidiglik in ‘n diepe slaap.
Onthou, dit is steeds die sesde dag waarop God jou (Adam) geskep het en daarom is jy nog nie voltooi nie en nog nie volkome God nie.
Ek sê; God is nog nie klaar om die asem van lewe in jou neus te blaas nie; jy kan dit nie ontken nie, kan jy? Of wil jy beweer jy is reeds ‘n perfekte siel?
Daarom; om te beweer dat ‘n sekere man Adam 6000 jaar gelede ‘n lewende siel geword het IS NIKS MINDER AS ‘N LEUEN NIE.
Of hoe het jy ‘n lewende siel geword?

Ons kan die naam Adam verander na Jesus of Mo Hammed, want Jesus is slegs ‘n ander naam vir Adam, vir jou of vir ‘n mens; jy het hierdie naam ontvang toe jy die Heilige kamer binne gegaan het, bedoelende toe jy ‘n lewende siel geword het.
Hoe het God jou/Adam in hierdie diepe slaap geplaas?
Hy het ons met die Heilige Spook/Slaap gedoop.
Dit is eenvoudig nie waar nie, ‘n leuen om te sê dat slegs sekere mense die Heilige Spook deelagtig is, want die Heilige Spook = die gees van die siel, tensy jy van mense weet wat nie ‘n siel het nie. Natuurlik is daar verskillende grade van die siel.

In die vorige kamer is jou sintuie ontwikkel, wat korespondeer met vyf geeste soos jy nou weet en jy het die naam Moses gedra, wat beteken; jy is uit die water getrek.
Nou in hierdie kamer, het jou sesde gees begin ontwikkel om ‘n eerste Adam te word, naamlik jy het die asem van lewe ontvang deur middel van jou predikant of profeet.
Jou profeet is die hoeksteen van jou siel. Is hy?
Hy het jou uit die aarde “getrek”.
Ek sê; hierdie is die metode wat God gebruik het om die asem van lewe in jou neus in te blaas, naamlik jy moes jou Profeet verheerlik, onder andere.
Ek sê; jy asem gees in deur jou neus.

Al vyf sintuie asook hierdie sesde sintuig is op aarde geskep.
Hulle is uit die sigbare persepsie geskep.
Hulle is dus gees van die sigbare, naamlik geeste van Satan die God van die sigbare aarde. Hulle wat hulself as heilig beskou sal hierdie stelling verwerp.
Hopelik is daar niemand wat homself as heilig beskou nie.
Eens binne hierdie kamer, ontvang die mens/Adam/Jesus die No 6 want ses is die No van jou/Adam/Jesus/mens/siel. Sien Openb. 13:18. Dit sê; dit is die No/getal van ‘n mens/man/persoon/Adam/siel.

Dit is eenvoudig nie waar nie, ‘n leuen om te sê; Jesus/jy is/was ‘n tweede Adam, Jesus is ‘n eerste Adam en dit is baie maklik om dit te bewys.

Die betekenis van Heilige Spook is soos volg;
Die griekse betekenis van Heilige in die nuwe testament is;
‘n Aaklige of eerbiedwaardige ding, om heilig te word deur besmetting of ontreiniging, fisies suiwer en geestelik of gelowig blaamloos.
Die grieks vir Spook; om asem te haal, ‘n lug stroom, asem, gees van ‘n menslike tipe, die rasionele siel (denkende), noodsaaklike lewensorgane, verstandelike gesindheid, ‘n spook gedaante of skim, lewe, verstand, Christus se gees, die hart of siel.
Hebreeus vir Spook; uit asem, beeindig, doodgaan, vergaan, ‘n asemhalende wese, begeerte, die hart, wellus of die sinlike, menslike/dierlike plesier en om op geblaas te word.

Enige normaal denkende siel (jy) kan bostaande verstaan.
Jesus is met die Heilige Spook gedoop, sien Luk. 3:22. ons kan dus sê; Jesus het ontvang/is gedoop met; die rasionele siel, die verstandelike gesindheid, met verstand en met die gees van dood, ‘n spookgees.
As jy na die Hebreeuse betekenis kyk dan beskryf dit die geestelike status van hulle voor die koms van Jesus naamlik; ‘n asemhalende kreatuur met begeerte, wellus, en dierlike plesier, terwyl in die nuwe testament word die status beskryf as; ‘n gees van menslike aard, onsterflike siel, denkende, verstandelike en die hart.
Ek is seker daarvan dat jy nie kan verskil dat daar ‘n groot verskil is tussen ‘n asemhalende kreatuur en tussen ‘n gees van menslike aard, verstand en ‘n denkende wese.
Kan jy verskil? As jy saamstem beteken dit dat jy ook saamstem dat die Adam van 6000 jaar gelede steeds ‘n asemhalende wese en nie die gees van ‘n denkende mens gehad het nie.
Dit beskryf dus duidelik die vordering van die mens vanaf ‘n asemhalende wese tot ‘n wese met ‘n denkende verstandelike siel, na die koms van die laaste profete.

Ons kan dan nou ook verder aflei dat hierdie gees inderdaad die gees van die diepe slaap is, die doop van die dood en ‘n hipotetiese doods slaap en die narkotisering van ons brein.
Ons kan dit dus die Heilige slaap noem. Meeste predikante het die woord Heilige Spook geignoreer en dit verander na Heilige Gees. Alhoewel ‘n Spook ook = ‘n gees, is daar ‘n geweldige groot verskil in betekenis, maar dit impliseer ook dat ons “niks” weet nie en alhoewel ons niks weet nie wil die kerk steeds nie LUISTER NIE; hopelik is ek verkeerd aangaande die kerk!!! Ek het verskeie predikers gevra; waarom het jy die woord Spook na Gees verander. Steeds het ek nie ‘n antwoord gekry nie. Ja die waarheid maak seer en bring vrees vir hulle wat nie wil bekeer nie. Selfs die nuwe engels vertaalde bybels het die woord Spook totaal geignoreer en gebruik slegs die woord Gees.

Duidelik, die woord Spook = gees van dood of dooie.
Ooglopend verander hulle dit omdat hulle nie verstaan wat hulle lees nie en met reg sê die bybel dat ons oë, die predikers blind is.


Die opstanding van “Jesus” op die derde menslike dag is ‘n simbool en ‘n bewys van die eerste opstanding, naamlik die opstanding van die siel van Adam om ‘n lewende siel te word maar steeds ‘n eerste Adam. Sien Openb. 20:5 en Joh. 20:1-10.

Dit is eenvoudig nie waar nie, ‘n leuen om te sê dat Jesus alreeds die Allerheiligste kamer binne gegaan het, want ons gebruik steeds sigbare ordinansies in die Heilige kamer. Slegs die tweede Adam kan die Allerheiligste binnegaan.
Nietemin, Jesus was die eerste om die Heilige kamer in te gaan terwyl Moses die eerste was om die voorhof in te gaan en hy het ook die Heilige voorwerpe in die Allerheiligste geplaas, maar moes agteruit loop toe hy die kamer verlaat. Johannes is die eerste om die Allerheiligste in te gaan; dit is hipoteties gesproke want Johannes moet eers hulle meet wat die Allerheiligste mag binne gaan.
Onthou, jy is die een wat die gees van Jesus Christus jou man produseer/geboorte gee/skep en jy doen dit met die hulp van die HERE.
Ek sê; Jesus Christus is jou geestelike kind en man.

As ons na die betekenis van Heilig kyk sal ons sien dit beteken; ‘n aaklige ding, om heilig te word deur besmetting of ontreiniging of om fisies rein te word, maar dit is ook moreel blaamloos.

Ons kan dus sê dat alhoewel dit ‘n doods slaap is, is dit ‘n aaklige slaap en dit is blaamvry. Dit is voorwaar goeie nuus.
Wat presies is hierdie slaap of doop?
In die eerste plek is dit die gerub in die ooste van Eden wat jou oorspronklike man vervang het en jou verblind. Die vervanging gebeur in fases soos bv.; die eerste fase was die gerubs van sintuie.

Jy weet nou waar hierdie plek is maar laat ek jou geheue verfris.
Hierdie gees sit aan die voorkant van jou brein in jou voorkop. Ons het dus die teken van die No 6 in ons voorkop; dit is as jy ‘n ontwikkelde siel het en ek dink nie ons wil ons siel ontken nie. Jy het jou siel aan jou profeet “gegee” wie hy ookal mag wees of nie mag wees nie.

Ek het voorheen verduidelik dat die woord gee ‘n Goddelike woord is en beteken – God gee of eenvoudig; jy gee gees (aan jou profeet of ontvang gees van jou profeet).
Laat ek dit uit ‘n ander hoek beskryf;
Elke mens wat oë het, het nou hierdie No 6 want, hierdie gees het deur die oog van die mens ingegaan – en die mens het geboorte gegee aan hierdie gees – Satan.
Ek sê; die vrug van die mens se oog (boom) het geboorte gegee aan hierdie gees.
Jy mag dalk vra; wat van die blinde, hoe het kennis sy oog binne gegaan?
As jy verstaan wat ek aan jou verduidelik het sal jy ook verstaan dat dit nie ‘n baie intelligente vraag is nie, want die oog het die gees geskep en eenmaal geskep gaan gees in deur die oor of neus.
Ek sê; jy asem kennis in.
Water simboliseer gees en daarom drink jy gees.

Satan is mede skepper – hy is daar om jou te preserveer, maar ook om jou weg te hou van die boom van die lewe deurdat hy jou in slaap gesit het MAAR SLEGS TOTDAT HY VERSLAAN WORD SOOS DIE GEVAL NOU IS EN SLEGS TOTDAT JY INTELLIGENT GENOEG IS OM TE VERSTAAN.
Die vraag is; is jy reeds intelligent genoeg om te verstaan?
Ek het alreeds sy pligte aan jou verduidelik in ‘n ander hoofstuk.

Die rede waarom hierdie skrywe jou nou bereik is;
Hierdie profeet het hierdie gerub oorwin, sy naam, sy faam en sy glorie. Hierdie profeet het sy naam en No bereken en maak dit nou aan jou bekend, sodat jy ook oorwinning oor sy naam en No kan hê en sodat jy vryelik van die boom van lewe mag eet, wat ook in die middel van die tuin in Eden (jou gesig) is.
Die feit dat die No bereken is, is volgens die bybel; HIERDIE IS DIE TWEEDE KOMS.

As jy nie van die boom van kennis geëet het nie, sou jy nie hierdie skrywe verstaan het nie, en sou jy ook nie ‘n lewende siel geword het nie. Indien jy nie hierdie skrywe verstaan nie, gaan eet eenvoudig meer van die boom van kennis. Sterf nog ‘n bietjie.
Alhoewel hierdie dinge nie moeilik is om te verstaan nie, ‘n kind in graad 5 kan dit verstaan, mag daar tog mense wees wat dit nie sal verstaan nie of dit nie wil verstaan nie, die rede kan wees; hulle siel het nog nie genoegsaam ontwikkel om hierdie wysheid te verstaan nie of hy mag dink hy sal soos ‘n gek lyk as hy nou sy opinie verander.
Nietemin, die waarheid is; God het rêrig poepholle van ons gemaak; hoe gouer jy dit aanvaar hoe beter vir jou want dan kan die lewe vir jou begin.
Dit is beter om soos ‘n gek te lyk as om jou trourok te verloor!!!
Daar mag hulle wees wat bang is. Ek het dit beleef dat daar sommiges is wat nie hierdie manuskrip kan lees nie uit vrees. Ek het die kerk eerste opsie gegee maar hulle het hul eersgeboorte “reg” van die hand gewys want hulle ignoreer hierdie skrywe. Dit moes so wees want die bybel het dit vooruit gesê.
Ek bring egter nie ‘n boodskap van vrees nie maar eerder ‘n boodskap van hoop, begrip en wysheid.
Ek het hierdie manuskrip aan die hoof van die A. G. S gegee. Hy het geweier om dit te lees. Ek het hom gesmeek om dit ter wille van sy volgelinge te lees; hy het my per brief geantwoord en gesê; jy kan my nie dwing om dit te lees nie, ek het reeds daarvan ontslae geraak en hou op om geestelike uitsprake te maak.
NATUURLIK IS HY REG, maar uit vrees het hy daarvan ontslae geraak.
Die vraag is egter; waarom is hulle so bevrees? Dit is omdat hulle vrees gepredik het en mijoene hel toe gestuur het na ‘n brandende vuur en nou bevind hulle hulself in die midde van die vuur.
Ek het hierdie skrywe aan baie gelowe gegee, hier en oorsee sonder enige terugvoering. Hoop hulle dit sal verdwyn? Wel dit sal nie verdwyn nie want Johannes het opdrag om die tempel van God te voltooi en om hulle te meet wat die tempel mag binnegaan en volgens die bybel is dit presies WAT HY GEDOEN HET. Nietemin, sommige sal in die voorhof agterbly en die opdrag aan Johannes is om nie die voorhof te meet nie.

Nietemin, in die eerste kamer van die tabernakel het jou vyfde koepel oopgegaan asook die koepel van die eerste hemel het vir jou oopgegaan.
In die tweede kamer, die Heilige kamer, het jou sesde koepel asook die tweede hemel vir jou oopgegaan. Ons kan hierdie hemel ‘n hemel van verbeelding noem.
Luk.3:21 (opsommend) toe al die mense sowel as Jesus gedoop is – het die hemele geopen – naamlik die tweede hemel sowel as jou sesde koepel het oopgegaan
Hierdie vers sê; toe jou siel ontwikkel het, het die tweede hemel vir jou oopgegaan. Jy kan maar net kyk na die ontwikkelinge die afgelope honderd jaar.

Math. 3:11; hy (Jesus) sal julle doop met die Heilige Spook/Slaap en met vuur.
Vuur is die simbool van die gees van Satan, Horeb het dit aan ons geopenbaar. Rom. 6:3-4; weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met hom begrawe deur die doop in die dood –
Die dood waarvan dit speek = die diepe slaap of die DOPING MET DIE HEILIGE SPOOK, DIE SIEL.
Dit is hierdie Spook gees, jou verbeelding wat jou verblind maar dit is geweldige vooruitgang van sintuie tot verbeelding. Ek sê; verbeelding is ‘n Spook/Skim, iets wat nie bestaan nie, dit is nie realiteit nie, is dit?

Omdat ons geskep is met die spesifieke idée om te sondig, (ja jy het reg gehoor) is ons in ‘n hipotetiese/doods slaap gesit.
Niemand kan verantwoordelik wees vir sonde terwyl hy dood is nie; hy is moreel onskuldig soos die betekenis van die Griekse woord sê.
Alle sonde is vergewe behalwe die sonde teen die Heilige Spook, want die Heilige Spook is in werklikheid die gees van Satan, ‘n Verheerlikte Wese in die hemel deur God geskep. Jy het hom ‘n verheerlikte wese gemaak. Ek sê; jy het die siel van God geskep.
As jy oor hom spot – dit kan nie vergewe word nie!!
Jy was onskuldig tot nou toe jy hier gelees het, want met permissie gesê; jy was steeds onnosel, maar wees gewaarsku, jy sal jou maagdelikheid verloor as ----



Opsomming.

Hierdie fase was om ‘n einde te bring aan die wet soos hy op daardie stadium toegepas was, maar ook om die wet tot vervulling te bring op ‘n geestelike manier aangesien die wet op ‘n fisiese manier toegepas was.
Dit is die tydperk waar ons aan ons eie man as God geboorte gee en die begin van die onsterflike siel, want die sintuie was reeds tot vervulling gebring.
Dit is die tydperk waar “Jesus sigbaar die aarde bewandel.”



FASE TWEE VAN DIE HEILIGE KAMER.

Lusifer = die môre ster = die draer van lig naamlik draer van die woord van God.
Die betekenis van Lusifer = draer van die woord van God.
Jes. 14:12; hoe het jy uit die hemel geval, O môre ster, seun van die daeraad. Openb. 22:16; Jesus het gesê; ek is die môrester—

Kom ons vergelyk wat die slang en wat Jesus gesê het.

Die slang. Jesus.

Gen. 3:4; julle sal gewis Joh. 6:51; ek is die lewende brood
Nie sterf nie (as jy eet) wat uit die hemel neergedaal het,
As iemand van hierdie brood eet
Sal Hy tot in ewigheid lewe en
Die Brood wat ek sal gee is my
Vlees.
-----------------------------------------------------------------------------------

gen. 3:5; die dag as julle daarvan Openb. 1:7; elke oog sal hom sien.
eet sal julle oë oopgaan. Luk. 24:31; toe is hulle oë geopen
Vers 7; toe gaan altwee se oë oop. en hulle het hom herken.
Gen. 3:5; julle sal soos God wees
-----------------------------------------------------------------------------------
Vers 22; nou het die mens geword wie oorwin – ek sal die naam van
My God op hom skryf. Openb. 3:12
soos een van ons (God)

Die slang = Lusifer = Jesus die draer van die woord.
Dit is eenvoudig nie waar nie, ‘n leuen om te sê dat die slang/Lusifer gesondig het en gelieg het soos so dikwels in die kerk gepreek word.
Indien kerk wil beweer dat Lusifer gelieg het dan sou dit beteken dat Jesus gelieg het want jy kan bostaande vergelyk vir jou eie besluit. Nietemin, die slang is die versoeker en verleier.
HY het NIE gelieg nie, JY is verblind, JOU LIGGAAM SE Oë HET JOU VERBLIND omdat jy nog onnosel was.
“Lusifer” het nie gelieg nie, die bybel sê so; hy het sonde GEWORD, OMDAT ons as sy oë/vrou hom sonde voedsel gegee het om te eet.
Die oë van sy vrou het hom sonde kos gegee en hy het geëet en vlees geword.
Deur een mens Lusifer, het sonde in die wêreld gekom; sien Rom. 5;12.
Hy het geëet, moes eet en as ‘n gevolg daarvan het hy van die hemel na die hel geval. Sien Gen. 3:6 en Jes. 14:12-23.
Ek sê; jy is die rede vir sy val.
Om van die hemel na die hel te val beteken dat hy vlees geword het.
Voorheen was hy jou beskermer in die hemel en hy het jou aan die lewe gehou.
Ek sê; Christus het van die hemel na die hel geval, hy het vlees geword, omdat ons hom sonde kos gegee het om te eet en as gevolg daarvan is hy uit die hemel gewerp en het hy die false profeet geword sien Deut. 13:1-5.
Ek sê; die dood het deur middel van een man Jesus, draer van die woord van God gekom en hy het nie gesondig nie, jy het en daardeur jouself verkoop.
Om hierdie rede moes Jesus op Golgota sterf.
Die bybel sê HY IS VLEES GEMAAK.
Die vraag is; deur wie is hy vlees gemaak?
Die antwoord is; DEUR JOU!!!! Jy het hom gevange geneem.
Ontken jy dit? Die duiwel word genoem ‘n ontkenner.


Die slang is die simbool van Jesus die liggaam of van jou eie liggaam.
Mens is die mees geslepe dier op aarde en dit is nou wanneer Eva/jy sê; Gen. 3:13; die slang het my bedrieg en ek het geëet.
Sy sê; die liggaam van Jesus het my bedrieg!!
Sy sê; my eie liggaam het my bedrieg!!
Sy sê; my oë het my bedrieg!!
Sy sê; die vlooi het my gevang!!
Ek vra; het jy nou berou en is jy eerlik want slegs hulle wat die waarheid aanvaar kan die volgende hemel ingaan.

Die man het gesê; die vrou wat u my gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee en ek het geëet.
Hy sê; die fisiese liggaam waar u my in die tuin in Eden gesit het, sy het my van die vrug van die oog gegee en ek het geëet, ek het geen keuse gehad as om te eet nie, want die man eet wat sy vrou vir hom voorberei om te eet, hy kan nie weier nie; dit is absolute logika.

Kan ek jou nou vra; het jy van die vrug van die oog geëet? Wees tog asseblief eerlik want jy kan dit nie ontken nie en al wat dit vra is ‘n eerlike; JA EK HET en alle sonde is vergewe.
Natuurlik het jy geëet, elke wese met oë het geëet en omdat jy geëet het, het jy skuldig geword aan oortreding van die gebooie en jy moes sterf. Moenie jouself probeer bluf en sê jy het nie die gebod oortree nie.
Ek sê; alle wesens met oë is die geslagte lam; sien Pslm. 44:23 en Rom. 8:36.

Dit beteken; jy sterf vir/in die plek van God.
Ons sal later daarmee deel.
Ek sê; Jesus was die dromer gemeld in Deut. 13.
Hy het die gees van droom/slaap gebring.
Ek sê; hy het die gees van verbeelding gebring (dromery).
Dit is hierdie gees wat die diepe slaap oor ons gebring het.
Dit het die gerub in ons voorkop gebring vir ons beswil, om ons te bevorder.
Jes. 29:10; die HERE(nie “God” nie) het oor julle uitgegiet ‘n gees van diepe slaap (die Heilige Spook), en hy het julle oë – die profete – toegesluit.
Is hierdie vers ‘n leuen?

Jy het bes moontlik al in die kerk gesien wanneer die prediker sê; ontvang die Heilige Spook/Slaap hoe die ontvanger agteroor val “in ‘n slaap” of selfs wanneer die prediker op hulle blaas.
Dit is getuienis dat die Heilige Spook die diepe slaap is. Sommige predikers maak ‘n groot vertoning hiervan en die vraag is; wat is die goed daarvan; maar die bybel sê hierdie “wonderwerke” sal vir hulle tot getuienis dien.

Dit is eenvoudig nie waar nie, ‘n leuen om te sê dat Christus op die derde menslike dag, die Sondag uit die graf opgestaan het.
Christus staan eers na twee dae van diepe slaap uit sy simboliese graf op.
Een dag = 1000 jaar, dus twee dae = 2000 jaar.

Nietemin, dit was die opstanding van die siel van Christus op die simboliese Sondag, die opstanding van Satan.
Ek sê dit was die opstanding van die siel (Satan) uit SY graf naamlik uit jou liggaam as graf, want jy het geboorte gegee aan hom toe jou siel ontwikkel het. Hy het die bodemlose put oopgemaak, naamlik jy is hierdie bodemlose put wat oop gegaan het, jou siel is.
Onthou die betekenis van tabernakel is ook; ‘n graf, bedoelende ‘n menslike of lewende graf.
Wat het uit hierdie menslike graf/put gekom? Moord, hebsug, jaloershied, wellus, haat , musiek, liefde en nog baie meer, inteendeel enigiets waaraan jy kan dink.

Dit het op hierdie manier gebeur.

Ons het reeds die geboorte van die rooi draak by Sinai verduidelik.
Sinai is ‘n simbool van die eerste kamer, die voorhof waar jou vyf sintuie gebore is, naamlik jou sintuie = die rooi draak (jou gees) met vier vlerke wat jou gees simboliseer wat opgevaar het. Die vier vlerke simboliseer die eerste vier gebooie wat opgevaar het.
Vier gebooie is ontwortel om een gebod of een horing te word naamlik – hierdie Goue Kalf is God, ‘n gesnede beeld, bedoelende ons verheerlik sigbare dinge, aanbid hulle so te sê, maar die Goue Kalf is slegs ‘n simbool/’n raaisel van wat werklik by Sinai gebeur het.

Toe ons die Heilige kamer ingaan het die voorwerpe om te verheerlik verander. Daar was nie meer ‘n bul wat geslag word nie en die besnydenis het ook verval.

Ons het nou ‘n sigbare persoon in die vorm van Jesus gehad wat verheerlik moes word. Hy het die simboliese geslagte bul geword en ons het outomaties na die Heilige kamer gevorder. Ons het nie meer ‘n priester nodig gehad nie want ons het die priesters geword.

Jesus het die geslagte bul geword; “sy bloedlose karkas” het die sonde gepenetreerde karkas geword wat buite/ver van die teenwoordigheid van God verbrand moes word, net soos die gebruik by die bul was. Sien Hebr. 13:11-12.

Ek sê sy bloedlose karkas, want sy bloed/sy siel is getap om bewaar te word; ons drink sy bloed wat deur die wet verbied word.
Lev. 7:27; elkeen wat maar enigsins (die oorspronklike skrif sê op enige manier) bloed eet, die siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
Sien ook Lev. 17:10 en Deut.12:16, ook 1Sam. 14: 32-34 en Eseg.33:25; so spreek die Here HERE julle eet vleis saam met die bloed en slaan julle oë op na julle drek Gode (idole) en vergiet bloed – en sal julle die land as besitting ontvang? (die beloofde land)
Is dit waar dat ons die vlees eet en die bloed van Jesus drink terwyl die wet sê; enige siel wat vleis met sy bloed eet OP ENIGE MANIER SAL STERF?
Ja dit is waar en ons hef ons oë op na ‘n idool Jesus en ons drink sy bloed en eet sy vlees; Jesus en sy profeet het dit aan ons gegee om te eet en te drink.
Jy mag miskien sê; ek het nie “regtig” sy bloed gedrink nie; die skrif sê OP ENIGE MANIER en dit is aan jou gegee met die woorde; DRINK, dit is my bloed.
Wat is jou verskoning; waarom jy die vlees eet en die bloed van jou idool drink?
WAT MEER IS; ons oortree nog steeds dieselfde gebooie en sê; Jesus is God.
Ons het drie gebooie geignoreer en een gebod/een horing gemaak en sê; dit is Jesus ons God!!!!
Jy mag nou dalk sê; maar hy is die seun van God; ja, so is jy, maar jy het hom vlees/sigbaar gemaak, hy het nooit verander nie!! Hy was, is en sal altyd die onsigbare woord wees volgens die bybel; dit is jy wat hom vlees gemaak het. Van wanneer af word sigbare Gode dan aanbid?
JY HET ‘N VERKEERDE GEVOLGTREKKING GEMAAK, die vlooi het jou gevang; dit is waarom jy nou regverdiging soek omdat jy vleis met bloed eet!! Soek jy regverdiging? Ons deel later weer hiermee.

Die Rooi Draak het aan Jesus al sy krag gegee en sy troon en groot mag. Sien Openb. 13:2.
Dan. 7:7-8; ek het in naggesigte gesien, daar was ‘n vierde dier vreeslik en skrikwekkend en baie sterk --- dit het tien horings gehad --- daar het ‘n ander horingkie tussen hulle opgekom en drie van die vorige horings is daarvoor ontwortel; en kyk in hierdie horing was daar oë soos mens oë en ‘n mond wat groot dinge spreek.

Hierdie beskryf (Lusifer) Jesus die vals profeet.
Jesus was opsigself nie die vals profeet nie maar jy het hom ‘n vals profeet gemaak deur die leuen te preek. In Johannes 10:22 en verder verklaar Jesus homself as God. Lees Dan. 11:36-38; die God van die vestings wat in vers 38 genoem word beteken; die skepsel (Jesus) word vereer. Sien ook Thes. 2:4.
Hierdie dier (Jesus) het die volle krag van al tien horings gehad, want hy het gekom om die gebod te VERVUL en dit selfs meer mag te gee; dit was ‘n vreeslike en skrikwekkende dier volgens Daniel.
Wat presies is hierdie “meer mag”?
Dit is; moenie hierdie liggaam van Jesus aanraak of aanbid nie.
Jesus het jou NOOIT gevra om hom te aanbid nie, hy het gesê, volg my en glo in my soos in die koper slang; jy het ‘n God van jou profeet gemaak en hom aanbid. Maar God die Satan het geweet jy is “onnosel” genoeg om hom te aanbid, ook met reg want dit het jou siel geskep.

Openb 13:3; ek het een van sy koppe gesien net asof dit dodelik gewond was.
Dit is die kop met vier horings.
Jesus is op Golgota gekruisig en het aan die kruis gesterf. Jesus die kop met die vier horings is dodelik gewond.
Ek sê; die kop wat die vier horings dra = Jesus en hy is gekruisig, dus hierdie kop is dodelik gewond, hy het gesterf.

Uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom; en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak. Openb. 13:11.
Openb.13 :3; sy dodelike wond is genees en die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.
Die twee horings is die eerste twee gebooie.
Die idée was om die menslike liggaam te vernietig (Rom6:6,) want die menslike liggaam is die liggaam van sonde. MAAR; Jesus kom uit die graf, “hy lewe weer” die dodelike wond is genees en die hele wêreld gaan agter die dier aan.
Die dier se karkas was veronderstel om alle sonde te dra en tot stof terug te keer, maar nou keer hy terug en die dier uit die aarde is gebore!!!! Sien Openb. 13:11.

Die rede waarom hy opstaan word in ‘n ander hoofstuk behandel.
Openb. 13:4; en hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê; wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer? (hierdie woorde word algemeen in die kerk gebruik; wie is soos ons God Jesus?)
Ek kan nie alles omtrent hierdie gebeure nou openbaar nie, want ons brein is nog nie vatbaar vir sekere dinge nie.

Sommige mag sê; maar hy is die seun van God!!!
Hy is die woord wat vlees geword het!!!!
Ja dit is waar, jy het hom vlees gemaak en SLEGS vir jou is hy vlees!!
JY is die een wat hom in iets sigbaars verander het, God het hom nie verander nie.
HY HET NOOIT VERANDER NIE, die bybel sê; hy is gister, vandag en môre dieselfde, HY IS WOORD/GEES.
Jy het hom in vlees verander omdat jy nie kon onderskei nie.

Jesus Christus is slegs ‘n ander naam vir Adam en Eva en is manlik en vroulik in een liggaam.
Jesus = Eva die liggaam, vroulik.
Christus = die woord, gees en manlik.
Drill die volgende in jou verstand in; God het twee kante;
‘n Sigbare kant wat Satan verteenwoordig en
‘n Onsigbare kant wat Christus verteenwoordig.

Ons het dus na die stem van die vrou/Eva (Jesus) die liggaam geluister, net soos Adam en Abraham gedoen het.
Ek sê; jy het na die luidspreker geluister en gesê hy is die musiek; laat ons die luidspreker aanbid, die draer van die woord wie Lusifer is.
Kan jy dit ontken? Nee jy kan nie!!!
Onthou nou, die sigbare liggaam (Jesus) = duisternis = vroulik.

Kom ons kyk nou wat Johannes die Doper hieromtrent gesê het; Johannes het Jesus gedoop/gesalf met die gees van die Heilige Spook/Slaap in die Jordaan rivier en het jou dus ook met hierdie gees gedoop in dieselfde rivier.
Die betekenis van Jordaan rivier is; om neer te daal, om af te gaan, of na ‘n laer omgewing, om af te bring, om neer te werp, om af te kom, om af te val, te daal en ook plek of rivier van dood. In die kerk word daar dikwels gepraat van die vallei van dood.

Jesus is deur Johannes gedoop om van hemel na hel te val, want dit was nodig om te val vir redes wat ons reeds bespreek het.
Jesus is gebore om te sterf, te val. Sien Luk. 2:34.
Die sogenaamde eerste koms was die val van Jesus Christus van hemel na hel en die val duur 2000 jaar. Jesus is ‘n simbool van jou wat van hemel na hel geval het; die bybel sê hy is die eerste van baie.
Die val is ook die tyd van die diepe slaap of die tyd wat ons in ‘n simboliese graf is vir 2000 jaar.
Op die derde dag, wanneer 2000 jaar verby is sal Christus opstaan. Die einde van die 2000 jaar is 2006/7.
Dit is eenvoudig nie waar nie, ‘n leuen om te sê Christus het alreeds opgestaan, want ek staan saam met hom op en ek is nog hier, dit is logika!!!
As jy dan sê hy het reeds opgestaan, waarom is jy nog hier? Waarom het hy jou hier gelos?
Ek sal jou vertel waarom; dit is omdat die eerste opstanding die van die siel is en die siel is ‘n aard gebonde gees en gebonde aan die tweede hemel en dit is ook van toepassing op Jesus wat ‘n eerste Adam was. Aardgebonde, bedoelende jy is ‘n gevangene soos die skrif sê.

Die eerste opstanding is die opstanding van die siel, die opwekking van die siel.
Die tweede opstanding is op die laaste DAG, die derde dag.
Dag een en dag twee, die twee dae in die graf word genoem die laaste DAE, gedurende die tyd waar die siel opgewek is of die tyd waarin die bruid haarself gereed gemaak het.
Dag drie, die dag van opwekking word genoem die laaste dag.
Die bybel is altyd baie duidelik wanneer dit praat van die laaste dae en die laaste dag.
Die vlooi het die kerk gevang!!

Ons is saam met Christus neergewerp in die hel en ons is steeds in die hel, want ons is logies die liggaam waarin hy hel toe neergedaal het, maar op die derde dag sal hy die liggaam waarin hy neergedaal het opwek.
Egipte is die simbool van die neerdaling en het die betekenis van; neerdaal met God.
Slegs na 2000 jaar naamlik 2006/7, sien Hosea 6:2 sal jy opgewek word.
Ontken jy dat jy in die hel is? Wanneer het jy dan vir Christus verlaat, want glo jy dan nie dat hy ter helle neergedaal het nie? Hy sê hy het jou nooit verlaat nie.

Ek sê; ons is saam met Christus neergewerp in die hel want ons is sy liggaaam en ons is met dieselfde doop van dood gedoop, naamlik met die Heilige Spook ‘n gees wat ons oë gesluit/verblind het en ons genarkotiseer het.

Johannes skryf in Joh. 1:14; die woord is vlees GEMAAK.
Die vraag is nou hoe het hy vlees geword?
Jy behoort nou al te verstaan hoe dit gebeur het.
Dit het gebeur as gevolg daarvan dat ons na die stem van die vrou geluister het = die sigbare liggaam = duisternis. Ons het dit breedvoerig in ander hoofstukke bespreek.
In eenvoudige terme beteken dit dat ons die sigbare liggaam Jesus as God verkondig het; jy kan dit nie ontken nie, maar indien jy dit ontken kan jou sonde nie vergewe word nie.
Hy is dus deur ons vlees GEMAAK omdat ons nie kon onderskei tussen man en vrou of lig en duisternis nie.
Kerk/Aron het gesê; dit is jou God en ons het opgestaan en sy vlees en bloed en gees geëet en gedrink; ons God het gesê; eet my vlees en drink my bloed. Sien Ex.32:4-6.
Hierdie is die God wat uit die vuur gekom het. Sien Ex. 32:24.
Wat beteken dit, hy het uit die vuur gekom?
Dit het uit die gees van die Heilige Spook gekom wat = vuur = verbeelding.
Ek sê; jy het hierdie God uit die vuur geskep.

Ons was sonder wysheid of kennis.
Joh. 3:19; dit is die oordeel (die rede waarom ons skuldig is) dat die lig (die woord/man/gees) in die wêreld gekom het en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig.
Hierdie sê; ons het die sigbare liggaam liefgehad = duisternis op die kruis op Golgota.
Die kruis en die liggaam is sigbaar en daarom is dit duisternis.
Verseker verstaan jy dit nou. Verstaan jy?
Dit het ons verblind; die gerub in die ooste van Eden het ons verblind.
Ek sê; die Heilige Spook/Slaap het ons verblind.

Kom ons keer nou terug na die dier uit die “graf”.
Toe ons die Heilige kamer van die tabernakel binnegegaan het is ons siel geskep om gered te word. Ek sê; die siel het ‘n gees geword in hierdie kamer. Ons het die hipotese gehad van ‘n liefdevolle man wat sy lewe gegee het vir elkeen se sonde en die siel is om liefde gebou as die prediking, moet wees, maar kerk het baie hel toe gestuur en dit is beslis nie liefde nie.

Verbeelding het nou geweldig ontwikkel en verbeelding het hierdie dier uit sy veronderstelde graf van verderf gebring. Hy was veronderstel om terug te keer tot stof sodat sonde kon verdwyn/verbrand tot as. Sien Rom. 6:6.
Ek sê; verbeelding het hierdie dier “uit jou liggaam uitgebring.”
Ek sê; jy is die graf (hel) wat “oop gegaan het om hom uit te laat”.
Hierdie dier bestaan slegs in jou verbeelding. Ek sê dit omdat ons nie hierdie dinge sigbaar gesien het nie en daarom is hy ‘n dier van/uit ONS verbeelding.
Verbeelding beteken; begrip, hardnekkigheid of onversetlikheid of om vyandig te wees of ‘n houding te hê. Dit spreek vir homself.

God het die volgende aan Johannes openbaar.
Openb. 17:8; die dier wat jy gesien het, was en is nie en sal uit die afgrond opkom (uit jou as die graf en uit jou verbeelding) en na die verderf vaar, en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder (soos jy wat nou hier lees verbaas is ) as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is.

Laat ek die vorige sin herformuleer.
Die dier wat bestaan maar nie bestaan nie alhoewel hy bestaan.
Dit maak dit absoluut duidelik, dit is ‘n dier van ons verbeelding of begrip.
Verder, ons name was nie in die boek van lewe geskryf nie.
Die No van die siel is 6 maar die No van die gees van verbeelding is 666.
Hierdie No beskryf die intelligensie van die mens. Ons het nou die intelligensie van 666 bereik, die No van die antichrus.
Ons is antichrus omdat ons anti Christus is, omdat ons die eerste vier gebooie oortree en Jesus die Goue Kalf volg.
Ek sê; die mens is die duiwel en het die No van die antichris maar dit is slegs deur een oog gesien want sy is ook die moeder van God.

Omdat ons nou die wysheid van 666 bereik het is ons nou gereed om die volgende kamer, die Allerheiligste binne te gaan.
Wanneer ons na ‘n nuwe kamer gaan verander die naam van die priester ook, soos dit verander het van die kamer Moses tot die kamer Jesus.
Dit is dus die einde van die priester Jesus soos hy self gesê het; die dinge aangaande my kom ook tot ‘n einde. Nietemin, Jesus is die einde vir hulle wat nou die Allerheiligste binne gaan en vir hulle wat agter bly is hy ‘n priester vir ewig.
Lees ook Hand. 3:21; hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge ---
Dit is dus duidelik dat die einde van die naam Jesus gekom het, want hy raak nou oorbodig met hierdie wederoprigting van alle dinge.

Ons het nou nuwe dinge en ‘n nuwe priester nodig; ons moet nou voortgaan na die volgende vlak van skepping en intelligensie.
Dit is eenvoudig nie waar nie, ‘n leuen om te sê Jesus is die ewige naam. Dit is ook nie waar soos die “kerk” sê, dat slegs hulle wat Jesus volg sal gered word nie. Daar is GEEN SKRIF IN DIE BYBEL WAT DIT Sê NIE, alhoewel die “kerk” geneig is om die woord SLEGS in te voeg wat geensins in die bybel staan nie.

Openb. 13:14; hy verlei die bewoners van die aarde, deur die tekens wat aan hom gegee is (hy genees sekere siektes en hy het uit die graf gekom) om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang het en lewendig geword het. (naamlik Jesus)
Lees Joh. 19:34; een van die soldate het met ‘n spies (swaard) in sy sy gesteek ----

Hierdie is presies wat die kerk (die valse profeet van die dier) ons vra om te doen naamlik; om ‘n beeld te maak van die dier wat uit die graf/uit HULLE verbeelding gekom het.

Hierdie dier het oorlog gemaak teen die heiliges (ons).
Dan. 7:21-22; totdat die Oue van dae kom en aan die heiliges van die allerhoogste reg (die oorspronklike skrif sê judgment)verskaf is en die bepaalde tyd gekom het dat die heiliges (ons) die koninkryk in besit neem---
Die tyd van oordeel het nou gekom terwyl jy hier lees.
Die dier sal probeer om tye en wet te verander. Dan.7:25.
Hoe het hy gedink om tye en wet te verander?
Hy sê; Christus het op die derde menslike dag die Sondag opgestaan. Dit is eenvoudig nie waar nie, ‘n leuen, want Christus staan op nadat hy 2000 jaar in die mens as sy graf was.
Voordat Christus opgewek word het Satan uit die menslike graf opgestaan.
Hoe het hy gedink om die wet te verander?
Deur die eerste vier gebooie te oortree en te sê, Jesus is God.
Jy mag sê; maar die bybel sê hy is God!! Ja hipoteties is dit waar maar net totdat Johannes kom, want die wet en die profetering van ALLE profete kom NOU tot ‘n einde, ook die profeterings van Jesus soos hy self gesê het.

Christus is aan ‘n houtkruis op Golgota gekruisig.
Dit is eenvoudig nie waar nie, ‘n leuen want hy is gekruisig in die mens se liggaam as ‘n lewende kruis “op” Golgota, in die menslike brein. Die betekenis van Golgota is; plek in die kopbeen/skedel en daardie plek is jou brein.
Jy is dus die lewende kruis waar Christus in jou brein gekruisig is, bedoelende op/in golgota.
Jy is in jou brein gekruisig toe Satan jou man in jou brein vervang/gekruisig het.
Dus; as hy in jou gesterf het IS JY LOGIES DIE GRAF en logies is sy opstanding IN JOU. Die bybel is uitdruklik, sy koninkryk is in jou. Hulle wat die leuen preek sê; hy is op ‘n heuwel buite Jerusalem gekruisig en is in ‘n grot begrawe; tot vandag spekuleer hulle en sê; ons glo hierdie is die heuwel en hierdie is die graf. Die enigste goeie ding hieromtrent is, hulle glo.
Ek sê; hulle lewe in hul verbeelding en hul eie begrip, want ons is die lewende kruis. Daar is hulle wat tot vandag die teken van die kruis op hul liggame maak om die waarheid hiervan te behou nl. die katolieke; hulle het hierdie deel van die kleding van Jesus gekry.

Openb. 13:5; en ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen.
Dit is drie en ‘n half jaar, die tyd van Jesus se prediking.

Openb. 9:13; en die sesde engel het geblaas en ek het ‘n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar wat voor God is.
Hierdie horings is die vier gebooie van wie daar drie geval het om een horing te maak, een goue altaar, met die naam Jesus.
Vers 14 vervolg; en die het aan die sesde engel (die gees van verbeelding/sê aan die kerk) met die basuin gesê; maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat.
Jy sal onthou dat die Eufraat die organe voorstel wat jou voed, naamlik jou mond, jou maag en jou dermkanaal.
Hierdie vers sê dan eenvoudig; maak die gees van verbeelding los en voed die mens met hierdie gees, soos die kerk met oorgawe gedoen het EN vir ons beswil alhoewel die kerk moontlik nie hierdie openbaring sal verstaan nie en dit verwerp omdat hulle eenvoudig NIE DIE WAARHEID WIL HOOR NIE. Die “verkeedste ding” wat jy kan doen is om na jou predikant te hardloop en te vra: is hierdie dinge waar? Hy is verblind, hy kan dit onmoontlik nie sien nie. Geen een nie? Mag God vergifnis en insig gee!!! Wat jy wel kan doen is om hom te oortuig om hierdie manuskrip te lees.
Hierdie vier engele simboliseer dan ook die eerste vier gebooie wat een gebod/horing gemaak is, een mag, maar vier geeste of vier geeste met een mag.

Ons ken almal die wreedheid van hierdie dier, die lyding van die mens, die oorloë en baie ander dinge soos hongersnood. Ons het oorlog gemaak in die naam van hierdie dier, mekaar dood gemaak in sy naam.





OPSOMMING.

Jy het nou omtrent die tweede kamer geleer en dat hierdie kamer ‘n einde bring aan die priester Jesus.
Moses het die dier wat uit die water gekom het gedissiplineer om hom te bevorder tot Golgota waar hy in die brein gekruisig is.
Ek sê; jy is in jou brein gekruisig toe verbeelding oorgeneem het.
Ek sê; jy is in die brein gekruisig toe jy met die Heilige Spook gedoop is.
Jesus het die dier wat uit die aarde gekom het gedissiplineer, dit is jy.
Hierdie is die tydperk nadat Jesus uit die graf gekom het.
Die idée is om gees te gee sowel as om gees te ontvang nl. die siel, die onsterflike helfte van alle lewende wesens.
Ons het eers ‘n eerste Adam geword na die koms van Jesus en nadat ons die verbode vrug geëet het.
Ten einde die siel te skep is ons verblind by wyse van ‘n diepe slaap genoem die Heilige Spook.
Elkeen het die Heilige kamer binne gegaan.
Jou sesde koepel of tweede hemel het vir jou oopgegaan in die Heilige kamer.
Die opstanding op die derde mense dag was ‘n visioen van toekomstige gebeure waar die siel opgewek is, genoem Satan.
Dit word gesimboliseer deur Jesus, die een met die kop met vier horings, die dier wat uit die aarde/graf opgekom het en ons het hom gevolg.
Die mens dien as hierdie graf/bodemlose put waar Satan vandaan opgekom het.
Ons is diegene wat die woord in vlees verander het; ons is verantwoordelik vir die val van Christus.
Baie sal nie hierdie waarheid aanvaar nie bloot omdat hulle hulself as heilig beskou, maar jy sal hulle uitken.
Alle sondes IS vergewe behalwe die sonde teen die Heilige Spook/Satan.
Die heilige kamer is waar die bruid haarself gereed gemaak het en waar die siel van Adam voltooi is.
Die diepe slaap is; Jesus het die gees van diepe slaap op ons uitgegiet en ons oë toegemaak, sien Jes. 29:10.
Jesus is die dromer profeet.

In ons volgende bespreking sal jy leer wie presies die seun van die verderf is wat in die helse vure sal brand.
Ons sal die eerste Adam verder bespreek, wie hy is en hoe hy die dood na ons gebring het.
Jy sal ook die antichris in al sy glorie ontmoet.

No comments: