Sunday, January 7, 2007

FASE DRIE VAN DIE HEILIGE KAMER hoofstuk 7

HOOFSTUK 7.



FASE DRIE VAN DIE HEILIGE KAMER. hoofstuk 7


Ons het nou baie dinge bespreek, onder andere hoe ons skuldig geword het en hoe ons (die predikers) die profeet van die dier geword het wat uit die aarde/graf gekom het, inteendeel die predikers het die dier uit die aarde opgebring/geskep. Natuurlik was dit tot ons voordeel.
MAAR; ons is onskuldig die skuldige gemaak, want ons het nie verstaan nie, ons het geen kennis gehad aangaande hierdie dinge nie, ons was nog onnosel en is gevang as skuldige/as slagskaap.
Ek sê; die vlooi het ons gevang.
Ek sê; ons het verkeerde gevolgtrekkings gemaak.
Ons is eenvoudig verkoop deur Lusifer om sondaars te word en om in die plek van God te sterf. Ons is omgekoop met die “stukkie”.
Rom. 7:14; ek is vleeslik verkoop onder/aan die sonde.

Die duiwel, menslike liggaam is sekuur ontwerp vir sy werk as sondaar en skuldige, want dit is sonde om sigbare dinge te verheerlik en daarom moes ons sterf, want die dood is die straf vir sonde.
Ons moet na die verderf gaan.
Wat presies beteken dit om te sê ons gaan na die verderf?

Omdat die heelal sy siel verloor het, haar ewige lewensgees, was dit nodig om haar te her-energeer, die sigbare, want sy energeer die man/hemel.
Die plan was om ‘n “weg-gooibare” liggaam (die mens) te skep na die beeld en gelykenis van God, ‘n mini heelal.
Hierdie mini heelal is ook ‘n simbool van die aarde, met haar man die atmosfeer, asook die mens wat ook na hierdie beeld geskape is en kan dus ‘n mini heelal genoem word.
Aarde is ‘n presiese kopie van die skepping, in alle opsigte is sy; ons sal by ‘n latere geleentheid weer daaroor praat.

Toe Christus in die wêreld ingekom het, toe hy geval het, het hy gesê; slagoffer en spyse wou u nie hê nie, maar u het vir my ‘n liggaam berei. Hebr. 10:5.
Nie alleen spreek dit van jou liggaam nie maar ook van aarde ons moeder as die liggaam berei vir Christus.
Hierdie mense liggaam is berei om die sigbare dinge te aanbid en daardeur het sy gees gegee aan alle sigbare en onsigbare dinge.
Jy het gees gegee aan motorkarre, stoele, huise, tellefoon seine soos die koordlose tellefone, want seine is inderwaarheid lewende engele, lewende geestelike kanale.
Binnekort sal jy jou skepping sien en jy sal baie trots wees, baie trots, ook jy wat as die profeet van die dier opgetree het sal verstaan dat jy vir God gewerk het; jy sal egter moet erken dat jy die dier gedien het; as jy dit nie doen nie sal jy nie vergewe word nie en geoordeel word volgens jou dade soos jy gepreek het.

Terwyl hierdie Adam in ‘n diep, diep slaap was het God die rib van die man geneem en ‘n vrou geskep Gen. 2:22-25.
As jy Gen. 2 en 3 noukeurig lees sal jy sien dit praat van twee vroue. Die eerste vrou is jou huidige liggaam wat van oë voorsien is om die vrug van die oog te pluk sodat sy lewe/’n siel aan die hele skepping kon gee naamlik, Eva het moeder geword van alles wat lewe het = moeder van alle gees. Gen.3:20.

Hierdie pluk van die vrug het man en vrou skaam en bang gemaak sien Gen. 3:7-10.
Jou huidige liggaam is een van die diere wat God na die man gebring het en was nie geskik as vrou vir die man/hemel/Christus bevind nie. Gen. 2:19-20.
Wanneer dit van man praat, praat dit van jou; is jy gelukkig met jou liggaam of dink jy daar is iets beter?

Om hierdie rede is die man (Jy) in ‘n diepe slaap geplaas met behulp van die Heilige Spook om ‘n gepaste hulp vir Christus te skep. Sien verse 22 – 23. Christus die man is jou geestelike helfte.
Hierdie is ‘n beskrywing van die tweede vrou of liggaam en wanneer God haar na Adam (na ons/na Christus) bring sal Adam (JY) in verrukking uitroep; DIT IS NOU BEEN VAN MY BEEN EN VLEES VAN MY VLEES!!!
Hierdie is die nuwe liggaam wat Jesus/Mo Hammed en andere belowe het om te kom en hierdie gebeurtenis is nou op die punt om te gebeur. Wanneer die verwagting daar is van die terugkeer van Mo Hammed of Jesus dan is die terugkeer; DIE KOMS VAN HIERDIE NUWE LIGGAAM WANT, hulle IS die liggaam.

Die bybel sê wanneer hierdie liggaam binnekort verskyn sal ons nog steeds nakend wees, sonder kennis van die geestelike wêreld, maar ons sal nie meer skaam wees oor onsself nie. Sien Gen. 2:25.
Jy kan nou duidelik hierdie twee vroue verstaan en onderskei.
Jy moet hierdie dinge verstaan. Die bybel sê daar sal mense wees wat hierdie boodskap “aanvaar” asof hulle dit verstaan alhoewel hulle dit glad nie verstaan nie, asseblief, asseblief laat iemand wat dit verstaan dit aan jou verduidelik. Die bybel sê ook daar sal baie wees wat dit wel verstaan en hulle sal baie ander na die lig lei.

Hoe het God hierdie nuwe en wonderlike vrou geskep terwyl ons geslaap het? Deur die sigbare te verheerlik en spesifiek die verheerliking van die vrou Jesus aan die kruis het haar geskep.
Jy mag nou dalk sê; wat bedoel jy met die vrou aan die kruis, want Jesus was ‘n man? Manlik?
Jammer maar die vlooi het ons gevang!!!
Die sigbare liggaam aan die kruis is vroulik, onthou, en sy is duisternis want sy is sigbaar vir die blote oog en alle sigbare dinge is vroulik en duisternis. Deurdat jy haar verheerlik het, het jy duisternis ook lig gemaak.
Kan ek jou verder skok?
Sy het geboorte gegee terwyl sy aan die kruis gehang het!!!!
Nietemin, laat ons eers verduidelik hoe God ‘n rib van die man geneem het en ‘n vrou geskep het.

Die rib van God is die sigbare deel van God, naamlik alle sigbare voorwerpe in die ruimte, maar laat ons aarde as sigbare rib gebruik. Die mense liggaam is van grond gemaak, wat die rib van God genoem word naamlik, dit is van die sigbare, die ferm helfte van God die skepping.
Deurdat jy Jesus die sigbare rib, die vrou aan die kruis verheerlik het, HET JY ‘N NUWE LIGGAAM, ‘N NUWE VROU UIT DIE RIB VAN God geskep!!! Inteendeel, jy is die een wat geboorte gegee het aan hierdie nuwe liggaam terwyl jy aan die kruis gespyker is. Jy het aanbidding en heerlikheid aan hierdie toekomstige liggaam gebring; dink daaraan hoe jy in die kerk jou hande en stem opgehef het en woorde van prysinge en heerlikheid gespreek het sodat hierdie toekomstige liggaam groot heerlikheid en prag kon hê.
As ons deur ‘n ander oog kyk dan het Jesus geboorte gegee aan hierdie nuwe liggaam terwyl “hy” aan die kruis gehang het.
Die vrou wat jy geskep het is ‘n nuwe liggaam vir jouself, maar nie net vir jouself nie, maar ook vir die ganse skepping.

Hierdie liggaam, beide joue en die nuwe skepping sal 70% deursigtige gees wees en 30% sigbare gees.
Hemel en aarde het nou EEN VLEES, EEN GEES GEWORD.
Onthou, die aanvanklike doel was dat man en vrou moes trou en een vlees word en binnekort sal hemel en aarde saamsmelt om een lewende wese te wees.
Hemel en aarde is man en vrou om te trou en net so is jou gees en vleis man en vrou om een vlees nl. een gees te word.
Die formule van 70% - 30% is ‘n bybelse formule nl. aarde het70% sigbare water (gees) en 30% sigbare grond.

Ook, terwyl sy (Jesus) aan die kruis gehang het, het sy geboorte gegee aan ‘n manlike kind.
Openb. 12:1; en ‘n groot teken het in die hemel verskyn; ‘n vrou wat met die son bekleed was en die maan was onder haar voete en op haar hoof ‘n kroon van twaalf sterre.
Die oorspronklike skrif sê ‘n groot “wonder” het verskyn. Let daarop dit is ‘n groot wonder/teken wat verskyn.
Hierdie is ‘n foto van Jesus aan die kruis.
Vers 2; en sy was swanger en het uitgeroep in haar weë en barensnood.
Vers 5; en sy het ‘n manlike kind gebaar –
Vergelyk Joh.19:30; hy het gesê, dit is volbring, en hy het sy hoof gebuig en die gees gegee--- sy het gebaar –
Luk. 23:46; Jesus het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê; vader in u hande gee ek my gees oor en toe hy dit gesê het blaas hy die laaste asem uit --- bedoelende hy gee geboorte aan die gees.
Mark. 15:37 – 38; Jesus het met ‘n groot stem uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas en die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur van bo tot onder.
Dit beteken dat die voorhangsel (die penis) wat die voorhof van die Heilige kamer geskei het nou oop was vir ons, die besnydenis word nou oorbodig, Moses het nou oorbodig geword en ons het ‘n nuwe priester genaamd Jesus.
Die penis is die simbool van die aardse skepper, wat nou op hierdie oomblik tot ‘n einde kom, want die aardse gees, verbeelding is gebore en sal nou gesag oorneem in die volgende kamer as skepper.

Maar hierdie spreek van jou!!!
Onthou, alle dinge aangaande Jesus is simbole van die waarheid.
Moenie sê ek sê dit het nie gebeur nie, dit het, maar dit is modelle van die waarheid.
Kom ons kyk deur ‘n ander oog of gees na die kruis.
Die foto van ‘n vrou wat aan die kruis hang is inderwaarheid ‘n foto van jou!!!
Dit is ‘n simbool van jou lyde terwyl jy aan die kruis “hang”.
Die kruis waaraan jy “hang/vasgenael” is, is jou liggaam.
Jy is vasgevang in hierdie liggaam en jy kan nie ontsnap nie tensy jy sterf.
Dit is jy/Christus wat vasgenael is aan hierdie liggaam van jou wat geboorte gegee het aan die siel terwyl jy hang/vasgenael is aan jou liggaam as die kruis.
Jy het geboorte gegee aan die nuwe liggaam en aan die nuwe skepping wat jy binnekort, baie gou sal jy dit sien!!!
Jy het ook geboorte gegee aan die siel, ‘n manlike kind wat sou heers met ‘n yster staf, en het dit nie met ‘n yster staf geheers nie, inderdaad dit het!!!

Kom ons kyk deur nog ‘n oog na die kruis.
Die liggaam aan die kruis is duisternis; dit is dus die duiwel/die Koper Slang wat moes sterf.
Die duiwel het gesê; Luk. 4:6 – 8; ek sal u al hierdie mag gee (die van die sigbare skepping) en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee (hy is God daarvan, dit behoort aan hom) en ek gee dit aan wie ek wil, (daar is egter ‘n voorwaarde) as u my dan aanbid (slegs dan) sal alles aan u behoort. “Jesus” het geantwoord; gaan weg agter my Satan.
Wel dit is ‘n groot probleem soos jy sal kan verstaan, want God sê; ek sal jou nie aanbid nie, ek kan nie.
Logies kan dit nie onder supervisie van God kom nie, want Satan het sy voorwaardes en wil eenvoudig nie oorlewer nie.
Sy voorwaarde is duidelik; aanbid my eers en dan sal ek dit oorlewer. Wat nou? Jy kan hom nie ignoreer nie kan jy? Want hy wil eenvoudig nie afgee wat deur God aan hom gegee is nie. God het hom aangestel om dit te besit en daaroor te regeer.

Dit is eenvoudig nie waar nie, ‘n leuen soos ons dit al die jare verkondig het. Wat Satan in derwaarheid vra as die onderhandelaar van die sterwende siel/gees van die sigbare, is ‘n geldige versoek want hy sê;
die sigbare, die energeerder van die Allerhoogste God is sterwend en ek vra dat sy geenergeer word met gees, naamlik dat haar siel herstel word.
Hy sê; gee my ‘n ewige gees en dan sal ek myself oorgee en alles sal aan jou behoort.
WAT ‘N ORDENTLIKE OU!!!! EN HOE NODIG WAS DIT NIE OM GEES AAN DIE SIGBARE HELFTE TE GEE NIE, DIE VROU VAN DIE SKEPPING!!!!!!
DAAROM; dit is ‘n geldige versoek, maar God kon hom nie aanbid nie.

God het gesê; wat nou? Daar was vergaderings, byeenkomste, besprekings en beraadslagings in die hemel.
Die situasie was skaakmat!!!
Die hele skepping het sy siel verloor, was sterwend, maar hoe kon God die skepsel aanbid? Die skepping? Dit is eenvoudig ondenkbaar dat God homself aan die skepsel moes onderwerp, alhoewel dit ‘n wonderlike plan was!!! Dit was absoluut nodig om die sigbare te vergees.
Ek sê; dit was nodig om duisternis lig te maak.
Toe uit die verlede het daar ‘n gees na vore gekom en gesê; ek sal gaan – stuur my en ek sal oorwin.1Kon. 22: 20 – 22; ek het die HERE sien sit op sy troon terwyl al die hemelse leërskare (engele) by hom staan aan sy regter en sy linkerhand en die HERE het gesê (wat nou) wie sal Agab (simbool van die duiwel) oorhaal dat hy kan optrek en val by Ramot in Gilead.
Hy moet val want hy wil nie oorlewer wat aan hom gegee is nie.
Die betekenis van Ramot Gilead is; ‘n troon van idolatrie, naamlik die manier hoe ons tans aanbid, want ons aanbid idole.
En die een het so gesê en die ander het weer so gesê.
Dit was dus deeglik bespreek met verskeie voorstelle.
Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die HERE staan en sê; ek sal hom oorhaal en die HERE vra hom; Waarmee?
En hy sê; ek sal uitgaan en ‘n leuen gees word in die mond van al sy profete/predikers.
Nadat die gees sy plan verduidelik het, sê die HERE; jy sal oorhaal, ja jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so!!!
Daar was ‘n verkiesing in die hemel en ons hier op aarde is die verkosenes vir diens in die vlees. Een derde van die sterre (engele) het vrywillig gesê; ons sal gaan --- ons sal hiervoor sterf en ook vir die twee derdes wat agter gebly het. Sien Openb. 12:9 en 6:13 en 12:4.

Ons het die dier na die aarde gevolg, ons het die vyand geword en deur onsself te kruisig het ons die vyand gedood, ons het lyding, pyn, siekte en die dood gedood. Die beste manier om ‘n vyand te dood is om die vyand te word en jouself te kruisig.
Maar nou is dit tyd om huistoe te gaan, ons sending is voltooi, ons het oorwin.
Ons is die Christus wat van die hemel na die hel geval het, nie omdat ons gesondig het nie, ons was sonder sonde maar is sonde gemaak; ons is die beskuldigde gemaak om te sterf in die plek van God.
Openb. 12:11; en hulle (ons) het hom oorwin deur die bloed van die lam (ons eie bloed want ons is die geslagte skaap) en deur die woord van hulle (ons) getuienis, en hulle het tot die dood toe hul lewens nie liefgehad nie.
Die woord van hulle/ons getuienis is; ons het gepreek dat die liggaam/Jesus vir alle sonde gesterf het en dat hy weer sal opstaan, onbewus daarvan dat ons van onsself praat. Ons het ons lewens gegee om God te red, sodat God nie hoef te sterf nie, die skepping.

Maar voordat ons kon sterf moes ons eers Satan aanbid soos hy gevra het, om die skepping sy siel terug te gee.
Ons moes die Satan aan die kruis aanbid, maar nou het hy oorgegee want hy is oorwin en sal die Koninkryk nou aan die Vader oorhandig. Lees 1 Kort. 15: 23 – 25.
Hoe het God die mens oortuig om die geslagte lam te word?
Deur middel van die nagmaal, naamlik die eet van vleis met sy bloed.
Deur middel van die Pasga, wat oorlewer beteken.
Deur middel van die mens te verlei.

Voordat ek dit verduidelik wil ek jou eers vertel hoe die skepping sy siel/sy glans verloor het. Die vernaamste rede is; die skepping was sonder kennis aangaande homself.
Ek sê dit omdat die bybel in Gen. 2 en 3 sê; die man/hemel en die vrou/aarde was sonder kennis, hulle was naak.
Om hierdie rede sluit ons sending in, om kennis in te win vir die ganse skepping; kennis aangaande die vrou, slegs die vrou.

Binnekort nou, wanneer die nuwe skepping na ons gebring word, sal ons steeds nakend wees sê die bybel, bedoelende sonder kennis van die geestelike wêreld, maar ons sal sonder skaamte of vrees wees. Lees Gen.2:25.

Die laaste Pasga/Oorlewering was bedien in Joh. 13.
Die woord Pasga beteken; ‘n vrystelling/ontheffing, ‘n slagoffer/’n onverdiende straf, vryspring deur aarseling of huiwer om iets te doen.
Die vrystelling is God – die slagoffer is die mens.
Hierdie Pasga is die oordrag van skuld vanaf God na die mens, of dan na alle kreature op aarde.
Die oordrag is om die woede en gramskap van God te drink.
Gees = water en jy drink water en daarom drink jy gees.
Jesus is die een om hierdie Oordrag aan ons te bedien; dit is sy sending om die skuld op die mens te pak. Hy het dit deur omkoping gedoen.

Jer. 25:28; en as hulle weier om die beker uit jou hand te neem om te drink, moet jy vir hulle sê; so spreek die HERE van die leër skare; DRINK SAL JULLE.
Math.26:27; toe neem hy die beker en nadat hy gedank het, gee hy dit aan hulle en sê; DRINK ALMAL DAARUIT.
Mat. 20:23; en hy sê vir hulle; dis waar, my beker SAL julle drink en met die doop waarmee ek gedoop is SAL julle gedoop word.
Die doop is dood en die drink is die drink van die sigbare gees en die woede van God.

Om hierdie gelykenis van die Oordrag te verstaan moet ons in staat wees om te onderskei tussen man en vrou en liggaam en gees.
Judas is die een wat die liggaam (Eva) verteenwoordig en Jesus Christus verteenwoordig die man/woord/God. Judas kon bes moontlik ‘n vrou gewees het, inteendeel dit is gesonde verstand wat sê; Judas was/is ‘n vrou en wat meer is, Judas is die vrou van “Jesus”. Die gelykenis van Adam en Eva verklaar dit tog aan ons!!!! Die vrou word regdeur die bybel as die verraaier uitgebeeld, dink maar aan Eva, Delila en andere, waarom sou hierdie verraad deur ‘n man gepleeg word? In elkgeval, ek het dit aan jou bewys dat dit die vrou van God was wat hom verraai het.

Daar is op die oomblik ‘n heftige bespreking aan die gang oor die Da Vinci kode en die skildery van Leonardo da Vinci is dan ook in gedrang waar hy “geheime/versteekte” kodes “bekend” maak en ‘n vrou aan die sy van Jesus uitbeeld wat heeltemal korrek is. Die mees versteekte geheim kon egter nie deur Dan Brown en andere verstaan word nie, Da Vinci was te “slim” vir sy tyd. Dit is bekend dat Da Vinci in ‘n agterstevoor spieël beeld geskryf het. Dit is nie Maria Magdalena aan die sy van Jesus nie maar Judas sy “vrou”. Da Vinci het die skildery in ‘n spieël geskilder en regs is dus links, want Judas het aan die linkerkant van Jesus gesit soos die bruid ALTYD aan die linkerkant sit, want dit beeld ‘n troue uit tussen Jesus en Judas die “moeder van Jesus se kinders”. Natuurlik praat ons van geestelike kinders, want Judas/Eva is die moeder van alle lewende kinders/skepsels. Judas is die sogenaamde V waaroor daar bespiegel word.
Ek sê; Judas is die Heilige Beker.
Ek sê; jy is die Heilige Beker wat die Heilige bloed van Lusifer drink.
Ek sê; die bloed van Jesus is “in jou” as die Heilige Beker ingeskink, jy is sy siels kind, sy nageslag.
Ek sê; die verraad/nagmaal is ‘n simboliese troue.


Ek laat dit vir eers daar, maar daar is nog baie om hieroor te praat wat die begrip van jou brein nognie kan verstaan nie, selfs dit wat ek nou gesê het mag dalk deur die meerderheid nie verstaan word nie en derhalwe verwerp word, OMDAT NIEMAND IETS KAN AANVAAR AS HY DIT NIE VERSTAAN NIE.

Omdat ons nou weet dat Eva die een is wat haar man gegee het om te eet, weet ons sy is die een wat haar man verraai het; wetende dit, weet ons dat Judas die verraaier is en dat hy verteenwoordigend van Eva is as die verraaier.
Judas het die man verraai toe sy die vrug geneem het wat deur God/die man aan haar uitgehou is, sy het vrywillig die vrug van die oog geneem en ook aan haar man gegee, maar dit maak God nie skuldig nie, maar nadat Judas die vrug geneem het, het Satan in “hom” ingevaar.

Hierdie gelykenis het verskeie maniere om dit te verklaar, om een ander te noem; dit is eintlik God/Jesus wat ons verraai, wat die skuld op ons pak.
Ons deel eintlik met een mens, Jesus Christus, wat beide man en vrou of Christus en Judas verteenwoordig, maar om ‘n duidelike onderskeid te maak tussen man en vrou en lig en duisternis het hierdie gelykenis twee persone, naamlik Jesus Christus en Judas, maar dit is eintlik net een persoon Jesus.

Hopelik verduidelik ek dit op ‘n manier dat jy dit kan verstaan, maar party gelykenisse is baie versteek en moelik om te verduidelik, alhoewel die gees dit verstaan is dit moeilik vir die menslike begrip.

Nietemin, die volgende verse sê wat ek wil verduidelik.
Joh. 13:18; --- ek weet wie ek uitverkies het – maar dat die skrif vervul kan word; hy wat saam met my brood eet, het sy hakskeen teen my opgelig.

Wie is die een wat saam met hom brood eet?
Dit is die vrou, die liggaam en daarom verklaar hy dat die liggaam die verraaier is = Eva = Judas = die liggaam van Jesus self.
Ek sê; ‘n ander naam vir jou liggaam is Judas en nou weet jy dat Judas = Eva jou liggaam. Die bybel gebruik verskillende name vir dieselfde ding om ons te verwar.
Jy sal nou vra; waarom sou God ons wou verwar?
Wel dit is meer ‘n kwessie van om die boom van lewe te bewaak totdat ons genoeg intelligensie ontwikkel het om die gelykenisse te ontsyfer en te verstaan, want dan sal ons gereed wees vir die volgende hemel.
In vers 19 sê Jesus presies wat ek vir jou verduidelik.
Hy sê; van nou af sê ek dit aan julle voordat dit gebeur, sodat wanneer dit gebeur (die verraad) julle kan glo DAT DIT EK IS.
Hy sê; dit is ek, ek is die verraaier, ek is Judas.
Ek is Judas/Lusifer die een wat julle verraai.
Christus se eie liggaam (Jesus) het hom verraai.
MAAR; deur ‘n ander oog, jy het hom verraai want jy is sy liggaam, jy is Judas.

Mat. 27:5; Judas het weggeloop en homself gaan ophang (hy het aan die kruis gegaan)
Joh. 13:26; Jesus antwoord; dit is die een aan wie ek die stukkie sal gee as ek dit ingedoop het. En toe hy die stukkie ingedoop het gee hy dit aan Judas (het dit uitgehou na hom) die seun van Simon; (wat beteken, die gehoorsame een) Judas is die gehoorsame een. Jy is want jy het die stukkie geneem!
Die betekenis van “’n stukkie” of die engelse woord “sop” is; ‘n omkoop, ‘n “bribe”.
Jy kan dus hierdie vers so lees; die een aan wie ek die OMKOOP geskenk gee, die “bribe” gee. Waarmee het Jesus vir Judas omgekoop? Wat was die omkoop geskenk?
Jesus gee hom die “bribe” en sê; wat jy doen, doen dit haastig.
Vers 28; waarom hy dit vir hom gesê het, het niemand van die wat aan die tafel was verstaan nie, vers 29; sommige het gedink terwyl Judas die beurs gehad het, dat Jesus vir hom sê; koop wat ons nodig het vir die fees, of dat hy iets aan die armes moes gee.

Professor Jan du Rand een van die “skrywers” van die Bybel in praktyk skryf in sy verklarende deel oor Judas die volgende; die manier waarop ‘n eregas by ‘n ete uitgesonder is; die gasheer, in hierdie geval Jesus, het as simbool van sy goeie bedoelings ‘n porsie brood aan ‘n SPESIALE GAS gegee. Die Bybel met verklarende aantekeninge sê presies dieselfde en wys daarop dat die eregas altyd aan die linkerkant gesit het.
Enige ontwikkelde, regdenkende siel kan dit mos verstaan. Wat verstaan?
Verstaan dat die sogenaamde GEHATE JUDAS ‘N EREGAS VAN GOD WAS.
WAAROM? WEL EK HET DIT REEDS AAN JOU VERDUIDELIK, maar kom ek sê weer; JY IS DIE EREGAS wat jou hand saam met God in die skottel steek en eet. IS DIT DAN NIE GOEIE NUUS NIE?
Indien jy dink dit is slegte nuus en nie die goeie nuus kan “sien” nie, vra iemand om dit aan jou te verduidelik, WANT JY MOET DIT VERSTAAN terwille van jou eie siel se redding.
Met reg kan ek dan nou vra; waarom haat jy Judas dan so as hy dan die eregas van God is?

Ek laat dit voorlopig aan jou verbeelding oor, maar Judas het reguit na die “owerpriester” toe gehardloop en gevra; hoeveel sal julle my gee? Math. 26:14-16. Kan jy die belangrikheid van Judas verstaan? Daar moes verraad wees om God te bevry.
Joh. 13 :27; nadat hy die stukkie geneem het, het die Satan in hom ingevaar.

Jy kan nou baie duidelik die GEES VAN DIE STUKKIE HERKEN, naamlik dit is die gees van Satan.
Die stukkie is ook die simbool van die vrug van die oog.
Verder; die stukkie is ook die simbool van die nagmaal, logies want Jesus was besig om die nagmaal te bedien.
Ek sê; die gees van die nagmaal = die gees van Satan, en jy kan nie daarmee verskil nie. Verskil jy daarmee? Indien jy verskil, is dit omdat jy skaam voel? Voel jy verraai, verkoop? Die bybel sê jy is verkoop.
Dit is dan ook die rede waarom Christus dood is terwyl jy die nagmaal gebruik.
Jesus het gesê; julle sal almal aanstoot neem aangaande my.
Wie is die een wat jou verkoop het?

Die ware verraad of Omkoop/Oordrag word beskryf in 1 Kort. 11: 23 – 28; Jesus het brood (die stukkie) geneem en nadat hy gedank het (die brood gedoop het) het hy dit gebreek en gesê; neem eet, dit is my liggaam wat vir julle gebreek word, doen dit tot my gedagtenis. Net so ook die beker na die ete met die woorde; hierdie beker is die nuwe testament in my bloed, (die oorspronklike skrif sê; drink almal daaruit.) lees ook Jer. 25:27-28.
Is hierdie dalk jou regverdiging dat die dier/bul jou sy bloed gegee het om te drink?

In Math. 20:23, sê Jesus; drink my beker en word gedoop met die doop waarmee ek gedoop is.
Kom ons analiseer hierdie verse.
Drink my bloed = drink my siel. Die siel is in die bloed maar die wet verbied die drink van bloed.
= die siel van Satan.
= Satan het in Judas ingevaar.
= Satan het in jou ingevaar toe jy die stukkie/die nagmaal/die vrug van die oog geneem het.
Word gedoop met my doop = die doop met die Heilige Spook, die
ontsettende gees.
= die gees van die Heilige Slaap.
= die diepe slaap.
= die dood.


Ons kan nie hierdie dinge ontken nie, maar die bybel sê baie sal nie verstaan nie en die bybel vra ook die vraag; WIE SAL GLO!!
Wat wil jy, wat nie hierdie openbaring verstaan nie nou doen, dit verwerp omdat jy dit nie verstaan nie? Die bybel sê die wyses sal gekke word.
Dit is nou die tyd om te vra; GLO JY HIERDIE OPENBARING, VERSTAAN JY HIERDIE OPENBARING?
VERSTAAN JY DIE NOODSAAKLIKHEID VAN AL HIERDIE DINGE?
Aan hulle wat wel verstaan; asseblief, help hulle wat nie (wil) verstaan nie, want ons is almal selle van een gesamentlike liggaam, genoem Jesus; as jy siek is, is ek siek want ons behoort aan dieselfde liggaam. Die moordenaar, die hoer, die kanibaal en die predikant behoort almal aan dieselfde liggaam.
Elkeen van ons het dieselfde stukkie/”bribe” ontvang, maar ‘n verskillende lot.
Die predikant het nie gekies om ‘n predikant te word nie, hy sê; God het my geroep, en presies dieselfde met die hoer – moordenaar, dit was sy lot – die lot wat vir hom getrek is, of roep God net predikante?
Ek sê; moet ons dan almal predikante wees?
Kan jy asseblief die vrae hierbo antwoord.


Die seun van die verderf.

Ons het reeds bespreek dat die huidige liggaam ‘n tydelike liggaam is, en ons almal hoop om ‘n nuwe liggaam te ontvang, inderdaad dit is reeds gereed vir jou, nou terwyl jy hier lees en is te danke aan elkeen se bydraes.

Ons almal verstaan nou ook dat ons inderdaad Satan aanbid het, terwyl ons gedink het die teendeel is waar en hierdie openbaring is ‘n groot skok want ons verstaan nou ook dat ons die antichris is en dat ons die No 666 het, die No van verbeelding, die No in ons voorkop en die teken in ons regterhand.
Jou regterhand is ‘n simbool van jou woord, naamlik jou bekentenis van God, wie hy vir jou is.

Ons het mense na die hel toe gepreek, na ‘n brandende vuur, maar hulle wat dit gepreek het bevind hulself nou in die midde van die vure van die hel, want dit is ‘n onveranderbare wet ---- stuur iemand hel toe en jy het jouself hel toe verban, inteendeel jy is dan reeds in die hel.
Ons het die duiwel na die brandende vure van die hel gepreek --- tesame met sy profeet, maar nou vind ons, ons het van onsself gepraat.
Maar daar is goeie nuus!!!!

Wie is die een om in die vure van die hel te brand?
Dit is die seun van die verderf.
Wie is die seun van verderf?
Dit is jou weggooibare heersende liggaam wat dag na dag in die vure van die hel brand.
Hoe brand dit in die vure van die hel?
Deur te sterf, deur ouer te word brand jou selle “weg”, elke oomblik, en uiteindelik gaan jy dood en jou liggaam keer terug/brand tot stof/as, tot verrotting, tot verderf.
Of jy dit nou wil weet of nie; JY IS TANS IN DIE HEL EN JY IS DIE ANTICHRIS EN JY DRA DIE No 666 en jy is die seun van die verderf wat huidiglik in die hel brand!!!
Al wat dit eintlik sê is; jy is ‘n sterfling wat jou liggaam prysgee vir ‘n nuwe onverteerbare liggaam.
Die val was van die hemel na die hel en die opstanding is van die hel na die hemel, maar “baie” sal agter bly, ek sê nie wie nie.

Die naam van jou liggaam is Jesus, die een wat sy lewe vir jou gee sodat jy vir altyd kan lewe!!!! Ek sê; jou liggaam sterf vir jou sondes soos die antichris dit al die jare gepreek het, alhoewel hulle nie geweet het wat hulle preek nie.
Hy is die een wat jou verlei het, jou verraai het en om hierdie rede is hy die een wat in die vuur moet brand en na die verderf gaan, sy naam is duiwel/Lusifer. Gewilliglik het hy na die verderf gegaan.
Ek sê; gewilliglik het hy vir jou gesterf om jou te red. Hy is jou Messias.
Hy is die een wat vir net een dag lewe naamlik die sesde dag. Aan die einde van die sesde dag sal hy vir ewig verdwyn!!!
Hy sterf in jou plek!!!! Dit is presies wat ons al die jare gepreek het sonder om dit te verstaan, want die duisternis van die kruis het ons verblind.

Hy is die seun van die verderf en dra die No 666 en hy moet in die vure van die hel brand, verderf en vir ewig verdwyn. Lees Rom. 6:6.
Joh. 17:12; toe ek saam met hulle in die wêreld was het ek hulle in u naam bewaar. Oor die wat u my gegee het, het ek gewaak; en NIE EEN VAN HULLE HET VERLORE GEGAAN NIE BEHALWE DIE SEUN VAN DIE VERDERF, SODAT DIE SKRIF VERVUL SOU WORD.

Hierdie MOET vir almal duidelik wees, elkeen moet dit verstaan. Verstaan jy dit?
Verstaan jy wat dit beteken?
Dit beteken; slegs jou liggaam sterf, verbrand tot as en bly agter in die hel.
Dit beteken; NIE EEN VAN ONS GAAN VERLORE NIE, nie die hoer, die moordenaar, die kanibaal, die dief of die predikant wat hierdie pad gekies het en ons op hierdie pad gehou het nie.
Ironies genoeg sal party mense nie hierdie waarheid aanvaar nie; logies sal hulle dan kry waarin hulle glo!!! Glo hulle in ‘n brandende hel? Sommige mense sal eenvoudig nie aanvaar dat almal gered word nie, want hulle wil eenvoudig mense sien braai in die hel; hulle sal hulself binnekort openbaar.
Oor die algemeen is die kerk ‘n profeet van verdoeming.
In elkgeval, Johannes is nie hier om met hulle te praat wat nie wil verstaan nie, hulle behoort aan die voorhof van die nuwe tabernakel en iemand anders sal vir hulle preek. Lees openb. 11:1-2.
Johannes is hier om hulle te “meet”, hulle wat sal aanvaar en dus die Allerheiligste binnegaan.


Die eerste Adam.

Jy het nou geleer dat jy ‘n “weggooibare” liggaam het en dat jy hierdie liggaam afskud by wyse van dood of in ‘n oomblik iewers in die toekoms.
Die afwerping van die liggaam word in die bybel beskryf as die Armageddon, waar mijoene mense hulle liggame sal afwerp in ‘n finale oomblik van 0,233 sek. Nie alleen sal jy jou liggaam afwerp nie maar ook die skepping sal sy “liggaam” afwerp en ‘n nuwe geboorte ontvang. Vir baie jare het die kerk vrees gepreek aangaande Armageddon.

Ons kan die afwerping van die ou liggaam beskryf as die afwerping van die nageboorte, wat sal wegbrand, want ons is steeds in die BAARMOEDER VAN DIE AARDE OF IN DIE BAARMOEDER VAN ONS HUIDIGE LIGGAAM.
Hierdie afskud van die plasenta sal gebeur wanneer die Big Bang se terugslag oor ons swiep, wanneer dag een en dag sewe mekaar ontmoet en die skepping as ‘n eenheid inmekaar smelt. Sien 2 Pet.3:10-13.

Die eerste Adam is die aardse mens, ek en jy en Jesus is ‘n model en het dieselfde beeld as Adam soos beskryf in Genesis 4.
Adam soos beskryf in Genesis 4 is nie ‘n persoon nie maar eerder aarde, en in die besonder die atmosfeer, geskep selfs voordat lewe op aarde begin het, maar om getransformeer te word deur die mens. Man kan dus ook die atmosfeer genoem word.

Soos tevore gesê kan Man uit sewe verskillende oë beskryf word. Ons sal in hierdie verduideliking na Adam kyk as ‘n mens.
Rom. 5:14; Adam wat ‘n voorbeeld (‘n model) is van hom wat sou kom (Jesus).
Dit sê; Jesus is ‘n model van die gevalle Adam.
Dit gee ook die indruk dat ons ook Jesus kan beskryf as hemel en aarde, maar ons sal ook Jesus gebruik as ‘n persoon in hierdie verduideliking.

Jesus het gekom om ons kennis te gee om te verstaan hoe Adam die skepping, sy imortaliteit verloor het.
Jesus het nie gekom om imortaliteit te bring nie behalwe vir die siel; inteendeel hy het gekom om te val/te sterf.
Ek sê; hy het gekom om die huidige liggaam te “verloor”.
Dit was sy eksklusiewe sending, asook ons sending. By wyse van een man Jesus, het die dood na ons toe gekom.
Miskien sê jy; dit is ‘n leuen, hy het lewe gebring!
Is sy woorde dan ‘n leuen waar hy sê; ek het gekom om verwarring en verdeeldheid te bring, ek het gekom sodat almal van julle met die dood gedoop kan word?
Ja dit is waar dat hy ook gesê het; julle sal gewis nie sterf nie; Gen.3:4.
Verder, om aan ons te toon dat deur die dood ons lewe be-erwe. Hy het gekom om aan ons te verduidelik hoe en waarom ons moet sterf. Ons sending is om die ou skepping te vernietig. Hy het gesê, volg my; hy het die gees van dood sowel as die gees van die siel gebring, om die siel te voltooi en jy het die nuwe liggaam geskep deurdat jy hom aanbid het.
Dit is nou tyd om nuwe gees in ‘n nuwe liggaam te sit.

Jesus is net nog ‘n naam vir die menslike liggaam en wat ons by wyse van verbeelding aangaande hom gesien het, is om aan ons te demonstreer wat eintlik met ons gebeur. Met alle respek vir die een wat jy aanbid; wanneer het hy die lyding gehad van; kanker, ‘n motor ongeluk, ‘n tsunami of aids, MAAR JY HET, HET JY NIE? Waarom preek jy dan dat “hy” alle siekte gedra het? Dit is tog immers ‘n leuen!!

Jesus het gesê, hy het gekom om vuur en verwarring te bring. Vuur is die gees van die siel, naamlik die Heilige Spook. Dit is ‘n gees van diepe slaap of dood soos die woord Spook duidelik verklaar, want Spook is die gees van ‘n dooie, ‘n skim.

Die eerste Adam is geskep om;
1) te val, soos Jesus gedemonstreer het, en om te ly. Om gekruisig te word. Wat beteken dit om gekruisig te word?
Dit beteken bloot om die huidige liggaam prys te gee, te verloor, te verderf.
2) Om ‘n nuwe skepping te skep sowel as ‘n nuwe liggaam vir God/ons, naamlik vir die tweede Adam om te kom, sowel as ‘n siel vir die skepping.
God = die skepping.
Jesus/ons is die eerste Adam van aardse komponente soos; ons liggaam is van grond, ons gees is vuur, ‘n aardse gees. Verder; die liggaam/vleis van Jesus het nie van die hemel neergedaal nie, Christus die woord het.
Dit is eenvoudig nie waar nie, ‘n leuen om te sê Jesus = Christus, dit is asof ‘n mens sê die luidspreker is musiek. Sommige gelowe preek asof Jesus van die hemel af kom. Dit is tog logies onmoontlik as sy vleis van grond is want daar is geen grond in die hemel nie, grond is van die Moeder God van die skepping. Die Heilige Spook het nie vleis geproduseer nie, verseker het die vleis die Heilige Spook geproduseer.
Ek sê; Maria is nie bevrug deur die Heilige Spook en het toe die lewe gegee aan ‘n liggaam van vleis genoem Jesus nie, SY HET GEBOORTE GEGEE AAN DIE HEILIGE SPOOK/DIE SIEL, wat Jesus genoem word.

Ek sê; hulle wat preek en sê dat die Heilige Spook ‘n sigbare liggaam geproduseer het preek die leun. Slegs die blindes sal sê; O maar God kan enigiets doen. Die vraag is nie “kan”, maar hoe?

Maria is slegs nog ‘n naam vir die mens wat verwagtend geraak het met die siel en geboorte gegee het aan die siel, logies. Maria is ek en jy. Math. 1:18; Maria is swanger bevind (met die kind) uit/met die Heilige Spook.
Hierdie vers sê uitdruklik dat Maria die Heilige Spook as kind in haar baarmoeder gehad/verwag het, steeds ‘n ongebore kind op daardie stadium.
Sy het dus nie geboorte gegee aan ‘n vleeslike liggaam nie maar sy het geboorte gegee aan die siel, naamlik ‘n gees genoem Heilige Spook ‘N KIND VAN ‘N MENS, ‘N GEESTELIKE KIND. JY IS HIERDIE MARIA waarvan die bybel praat.
Ek sê; Maria/jy het geboorte gegee aan ‘n kind genoem Heilige Spook, die siel.
Dit is eenvoudig nie waar nie, ‘n leuen om te sê sy het geboorte gegee aan ‘n mense liggaam, alhoewel die bybel dit beskryf asof dit ‘n kind van vleis is; dit is maar net een van vele gelykenisse wat ons moes ontsyfer.

Hierdie maak dit dan ook duidelik dat ons die siel Jesus kan noem, soos ons gesê het, die naam van die tweede kamer is inderdaad Jesus of siel.
Die vlees het geboorte gegee aan die Heilige Spook en die het op sy beurt geboorte gegee aan ‘n geestelike liggaam. Dit is dus Maria aan die kruis, die moeder van Jesus die siel!!! Sy het geboorte gegee terwyl sy aan die kruis “hang.”

Hierdie dinge is gelykenisse en kan nie net letterlik gesien word nie.
Heeltemal tereg sê die bybel; die letter maak dood, bedoelende die sigbare is die doder soos jy nou sal verstaan en dit is die rede waarom ons nie verstaan het en waarom ons sterf.

Jesus het op die sesde dag gekom en die tweede Adam KAN SLEGS OP DIE SEWENDE DAG KOM!!!
JESUS HET DIE VRUG VAN DIE OOG GENEEM, sy liggaam het en so het Christus dan vir ons sonde geword; dit is ‘n vyand, hy het ons vyand/sonde geword omdat ons die liggaam aanbid het.
Alle mense is op die sesde dag gebore = die eerste Adam, en alle mense het die vrug van die oog geneem, en om hierdie rede sterf ons almal op dieselfde dag en verdwyn ons ook op dieselfde dag.
Gen. 2 en 3 praat oor jou, nie oor ‘n antieke iemand anders nie.
Gen. 2:17; die dag as jy daarvan eet sal jy sekerlik sterf!!!
As jy sou verskil en sê; Adam is iemand wat sesduisend jaar gelede geleef het en dit was hy wat die vrug geëet het en as gevolg daarvan het hy gesterf, dan vra ek jou hierdie vraag; waarom het hy dan nog 800 jaar gelewe en nie op dieselfde dag toe hy geëet het gesterf soos die bybel sê nie? Of is hierdie vers ‘n leuen? As jy nie hierdie vraag kan beantwoord nie beteken dit dat jy saamstem ons is nog steeds op die sesde dag. Natuurlik moet jy saamstem al is dit vreeslik moeilik vir jou om verkeerd te wees. Die beste ding om te doen is om oor te gee want al wat jy sal verloor is jou uitgewerkte ou liggaam en is dit nie ‘n goeie ruil nie? Per slot van sake dit is wat Jesus jou belowe het, naamlik dat hy jou liggaam verloor het vir ‘n nuwe een.

Ons is steeds op die sesde dag en dit is die rede waarom ons sterf.
Jesus/ons sterf op hierdie dag omdat ons die vrug van die oog eet, daar is geen ander rede.
1 Kor. 15:47; die eerste mens (Adam/Jesus) was uit die aarde aards (grond)
vers 49; soos ons die beeld van die aardse gedra het ---
Daarom kan niemand dit ontken dat Jesus van die aarde was, ‘n aardse beeld van ‘n/die eerste Adam. Ontken jy dit?
Slegs die blindes sal preek dat Jesus ‘n tweede Adam was.

Hierdie verduidelik die eerste dood en eerste opstanding, naamlik die opstanding van die siel.
Joh. 11:26; elkeen wat lewe (‘n siel het) en in my glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Dan gaan die vers aan en vra; GLO JY DIT?
Wat sê hierdie vers? Dit sê; almal van ons het nou ‘n ontwikkelde siel, met ander woorde ons lewe en as jy nou glo sal jy nooit sterf nie.
Die skrif vra; GLO JY DIT?
AANVAAR ASSEBLIEF HIERDIE AANBOD!!!!!
Daar mag hulle wees wat nie hierdie aanbod aanvaar nie bloot omdat; dit nie die manier is hoe hy glo dit moet wees nie, God seën wat jy glo, maar wat is dit wat jy glo?
Wanneer jy hierdie vrae antwoord, antwoord jy nie vir my nie, jy antwoord God want God ken jou antwoord selfs voordat jy antwoord, want jou gees/gedagte is in God.

Met die eerste Adam het ons sigbare dinge verheerlik soos; ‘n Mo Hammed, ‘n Jesus, ‘n Buddah, ‘n Mecca, ‘n Jerusalem, ‘n kruis ens. met sigbare ordinansies om die onsigbare te skep wat nou op die horizon is.
Jesus het duidelik gedemonstreer dat die bloed van jou huidige liggaam vir al jou sonde betaal en “was dit weg.”

Daar is NIEMAND ANDERS OM TE KOM behalwe Johannes wat hier is om jou sewende koepel oop te maak.
Jesus/Mo Hammed en ander profete het jou sesde koepel oopgemaak, die koepel van die siel – verbeelding.
Om die siel te skep moes ons ‘n nuwe vrug pluk van sig en gehoor.
Nie een van ons het Jesus gesien nie, ons verbeel dat hy bestaan en daarom is hy ‘n idool van die verbeelding wat deur die wet verbied word.
Ex. 20:4; jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige GELYKENIS maak van wat bo in die hemel of van wat onder op die aarde is ----
Die betekenis van gelykenis/likeness is; om iets uit te sonder of te fatsoeneer as ‘n gedaante/vorm of as ‘n droombeeld of ‘n denkbeeld of as iets gelykvormig of gelyksoortig. Ek het seker nie nodig om enigiets meer hieroor te verduidelik nie, het ek?
Dit is nie goed genoeg om te sê; maar hy was die seun van God nie; netso is jy ‘n seun van God. Om ‘n mens te aanbid en om hom as God te preek het nou ondenkbaar geword vir ‘n intelligente wese want daar moet iets beter en heiliger wees en hierdie praktyk moet nou stop.
Ons het dus ‘n verbeeldings/denkbeeldige God aanbid.

Ons moes die siel drink en eet van ‘n gesimboliseerde perfekte persoon, om soos hy te word. Nie alleen het ons die siel geskep rondom ‘n Jesus of ‘n Mo Hammed of ‘n Buddah en andere, maar ook rondom baie ander idole soos;
Rock sterre, wetenskaplikes, sport helde, politiek, oorlog (vrees), televisie, rolprente, siekte, pyn, alkohol, verdowingsmiddels, moord en vele ander.
Hierdie simboliese maaltye het groot kennis gebring in verband met die fisiese wêreld, waar ons Eva ons vrou “beken” het naamlik; ons liggaam, aarde, sterre en alle sigbare voorwerpe. Deur die vroulike te “beken”, te ondersoek het ons onsself leer ken en ontwikkel, asook goeie en verskriklike dinge, sommige wat die aarde met sy lewe kan vernietig.

Nietemin, Jesus het ons hierdie Oordrags maaltyd, die maaltyd van dood gebring. Jesus het nie hierdie maaltyd geneem nie, hy het dit aan ons “Oorgedra”, ons omgekoop om dit te neem.
Ek sê; Jesus het nie die brood geëet nie, nog minder het hy die laaste beker gedrink, hy het gesê; JULLE SAL ALMAL DRINK en my vlees eet, en julle sal nie sterf nie.
Nogtans sterf ons almal omdat ons die brood en beker geneem het, die omkoop stukkie, soos God gesê het ons MOET/SAL.


Die boodskap.

Die ware boodskap van Jesus was; eet die maaltyd, drink die beker, dit is die maaltyd van die diepe slaap, die maaltyd van die Spook Gees, die maaltyd van die siel, dit is die maaltyd van ‘n simboliese slaap van 2000 jaar in ‘n simboliese graf en die graf is jou eie liggaam.
In die toekoms sal ek die verf aan die agterkant van die spieël verwyder want jy kyk nog steeds soms in ‘n spieël.

Nadat Christus in jou wakker word, sal hy jou ook wakker maak soos belowe; op die derde dag sal jy opgewek word soos nou die geval is met hierdie skrywe.
Die derde dag begin nou en hierdie skrywe is bedoel om jou op te wek OF; OM JOU ‘N EWIGE SLAAP TE LAAT SLAAP. Ek praat van geeste.
Om die siel te evoleer is om kennis en wysheid te bekom en emosies en verbeelding. Emosies = lewe.
Die boodskap is eenvoudig; kruisig jouself en word gered vir die Allerheiligste kamer. Ek sê; kruisig jou ou liggaam, raak ontslae daarvan.

Die boodskap van die latere profete is dieselfde en word beskryf in Luk. 5:36-39; hy het aan hulle ‘n gelykenis vertel; niemand sit ‘n lap van ‘n nuwe kleed op ‘n ou kleed nie; anders skeur dit die nuwe ook en die lap wat van die nuwe afkom, pas nie by die oue nie.
En niemand gooi nuwe wyn in ou leer sakke nie; anders sal die nuwe wyn die ou sakke skeur en dit sal uitloop, en die sakke sal vergaan. Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word, en altwee word saam behou.
En niemand wat ou wyn gedrink het wil dadelik nuwe hê nie; want hy sê; die oue is beter.

Eerstens dan, God het empatie met ons, dat die dinge wat Johannes nou aan jou openbaar sal NUUT EN VREEMDE WYN wees, want ons het opgegroei met die ou manier van aanbidding.
Tweedens; wat ons van hierdie gelykenis kan leer is;
Ontwikkel eers jou siel, die ou sak, want jou liggaam moet hernu word en dan kan jy die ewige gees/wyn ontvang.
Jy kan nie nuwe kragtige wyn/gees in ‘n ou onvoorbereide liggaam sit nie, want dit kan nie die nuwe gees inhou nie en die liggaam kan “bars” en beide die liggaam en gees sal verlore gaan.
Glo my; as jou liggaam nie reg is nie SAL HY BARS!!
Ek het dit ondervind en daarom kan ek dit sê.

Om die siel te ontwikkel het ons ‘n opdrag ontvang om te volg.
Die opdrag is; Joh. 3:14; soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die seun van die mens verhoog word, (soos ‘n slang.)
Wanneer het Moses die slang verhoog? By Horeb toe hy die tien gebooie ontvang het.
Op hierdie stadium het ek jou nog nie vertel wie die Seun van die mens is nie. Jy mag moontlik dink jy weet wie hy is, maar ek sê jou jy ken hom nie.
Ek sal dit apart bespreek.
Wat beteken dit as ek sê; jy moet die Seun van die mens verhoog soos die Satan. Slang = Satan. Satan is die verteenwoordiger van elke sigbare ding, ingesluit jou liggaam.

Voorheen het die sigbare geen gees gehad nie, dit was dood, leweloos.
Om hierdie rede sê dit dan; verhoog/aanbid die Seun van die mens op ‘n sigbare manier of as ‘n idool soos Moses gedoen het en dit is presies wat ons gedoen het. Ons het die Seun van die mens vlees/sigbaar gemaak en hom op hierdie manier aanbid. Ons het ‘n sigbare man as God gepreek en ‘n hout kruis verheerlik.
Soos jy sal onthou, is die sigbare = duisternis. Ons het dus duisternis aanbid, want ons het die kruis met die liggaam aanbid. Jy is die kruis, en daarom het jy die kruis lig gemaak/gegee. Is dit nie wonderlik nie?
Hierdie vers sê dus; aanbid die sigbare om duisternis lig te maak.
Ek sê; aanbid die sigbare om duisternis gees te gee.
Ek sê; aanbid die sigbare om duisternis/die sigbare lewe te gee.

Dit is presies wat Satan gevra het; aanbid my en dan sal ek oorlewer.
Waarom was dit nodig?
Dit was nodig omdat die sigbare/vrou van God sterwend was en ‘n nuwe siel/gees benodig het.
Om iets gees te gee beteken; dat duisternis ook lig word, en die enigste manier om dit te doen is deur aanbidding.
DAAR KAN GEEN BETER PLAN WEES, AS OM ALLES LIG TE MAAK!!!!

Ons het hierdie doel nou bereik en ons moet NOU die ou manier van aanbidding stop, want indien ons aangaan op die ou manier kan ons opeindig met nog ‘n Big Bang.

Ons het wysheid nodig gehad om die No van die dier te bereken. As ons die No bereken het, dan weet ons wie die boom van lewe beskerm. Hierdie berekening het nou op presies die regte oomblik gekom. Dit sê eintlik vir ons dat ons ons eie vyand is en dat ons oë die beskermer van die boom is.
Ook; dat ons oë ons verblind, want ons kan slegs aanbid wat ons oë ons brein voed, want ons kon nie die onsigbare sien/verbeel nie.

Logies; as iemand die dier verslaan het, sou hy die een wees wat ons na die boom van die lewe lei. Deur genade is dit gedoen en daarom kan ek sê; dit kan gedoen word, want dit is gedoen!!!!
Ek sê; die tyd is ryp – jy KAN nou sien?
Ek is seker daarvan dat jy nou die intelligensie van die Skepper kan begin waardeer, want alles is uitgewerk tot op die sekonde.

Soos ek vantevore gesê het; die idée was om die siel te heilig en nie alleen die siel nie, maar ook om God te heilig. Waarom was dit nodig om God te heilig?
Dit was nodig want God het boos geword, want die energeerder/die vrou van God/aarde, het God bose voedsel gegee. Aarde verteenwoordig die siel van God en die siel het boos geword.

Horeb is die beeld van God en God het gesê; Ex. 19:23; baken die berg af en heilig dit. Heilig die berg = heilig God.
Hoe het ons die “berg” geheilig?
Deurdat ons die geslagte karkas geword het, gevul en deurtrek van sonde, en deurdat hierdie liggaam na die verderf gaan, het sonde, siekte en die dood verderf, asof verbrand tot stof/as, dit het verdwyn.
Die kerk het dit al die jare gepreek en ons het dit geglo en dit is hoe dit waarheid geword het.


Die siel is op die sesde dag geskep terwyl die hele skepping in ‘n Spook slaap, die diepe slaap gegaan het.
Die sesde dag het nognie tot ‘n einde gekom nie, alhoewel ons slegs 40 mense jare weg is van hierdie wonderlike eenmalige gebeurtenis, wanneer die skepping skielik sal wakker word met al sy lewe.
Ek sê; die einde van dae het gekom.
Ek sê; die einde van tyd het gekom.
Ek sê; die begin van tydloosheid/ewigheid het gekom.
Ek sê; ek sal nooit die dood sien of ‘n fisiese dood ervaar nie.
Ek sê; dit is die begin van die laaste dag.

Ons moes die vrug van kennis pluk, want kennis het dit aan ons duidelik gemaak dat dit ook ‘n vrug van dood is.
Kennis het ons vertel dat dit ook ‘n vrug van lewe is.
Kennis laat my nou verstaan dat ek ‘n keuse het tussen lewe en dood.
Kennis sê vir my, praat met my en sê, gevolgtrekkings bepaal wie ek is.

Deur een man, Jesus die eerste Adam het die dood na ons gekom.
Jy mag nou dalk sê; dit is ‘n leuen, maar waarom sterf jy en glo jy dat jy gedoop is met die doop van dood, net soos Jesus en wie het jou met hierdie doop gedoop en glo jy dat die Heilige Spook/Slaap hierdie doop van dood is?
Deur een man sal ons lewe ontvang; glo jy dit en indien wel, wie dink jy is hierdie man?


Sodomie.


Rom. 1:27; die bybel is baie duidelik dat sodomie die resultaat is daarvan dat ons nie kon onderskei tussen die skepsel en die skepper nie.
Jy behoort nou te verstaan dat ons die skepsel vereer het; die Jesus wat ons verheerlik het is die skepsel, die sigbare, die duisternis en die vrou wat ons as man verheerlik het.
Ons het die skepsel vereer sodat ons aan haar gees/lewe kon gee.

Kom ons kyk wat sê die bybel waarom ons sodomie het.
Rom. 1:22-28; terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword, en het die heerlikheid van die onverganklike God/die Woord VERANDER in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens (skepsel) en van voëls en viervoetige en kruipende diere.
Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hul harte oorgegee aan onreinheid, om hul liggame onder mekaar te onteer –
Hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die SKEPSEL VEREER en gedien het bo die skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. DAAROM het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hul vroue het die natuurlike verkeer verander in die wat teen die natuur is. Net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hul wellus teenoor mekaar ontbrand; manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. Omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid om te doen wat nie betaam nie.

Hierdie sê dan uitdruklik dat die kerk wat ons gebring het om die skepsel te aanbid, vader is van sodomie terwyl hulle nie hul eie kind aanvaar nie.

Jy mag nou dalk sê; ek is ‘n predikant en ek is nie deel van sodomie nie; dit mag waar wees maar jy het sodomie gepreek deurdat jy nie die liggaam kon onderskei nie!!!!
In die verlede was die westerse lande die geboorteplek van rock sterre. Jy mag dalk wonder waarom? Dit is omdat die westerse lande meer geneig was om die skepsel te vereer (Jesus). Om hierdie rede is die kerk dan ook vader van die rock sterre en weereens, hulle verwelkom ook nie hierdie kind van hulle in hul midde nie. Kerk het egter nou sy eie rock sterre, want kerk na-aap hul kinders.



Die nagmaal.


Ons kan nie die Allerheiligste binnegaan solank as ons die nagmaal as gebruik het nie. Die nagmaal is die simbool, die bewys en die getuie dat ons die vrug van die oog eet en die verbode bloed van Satan drink.
Die vrug van die oog in hierdie geval is ‘n denkbeeldige persoon/Here Jesus/Mo Hammed en ons eet en drink sy sigbare vlees en bloed.

1 Kor. 11:23-31; want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag (by die oordrag/die verraad van/aan Judas; die nag is die tydperk waarin ons die nagmaal gebruik) waarin hy verraai is, brood geneem het; (die sigbare vlees) en nadat hy gedank het, het hy dit gebreek en gesê; neem eet (eet die vrug van die oog) dit is my (sigbare) liggaam wat vir julle gebreek word, doen dit tot my gedagtenis. Net so ook die beker na die ete, met hierdie woorde; hierdie beker is die nuwe testament in my bloed (die nuwe kamer, die heilige kamer); doen dit so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.

Ons kan hieruit aflei dat die duur van die verraad 2000 jaar is, die tydperk van die nag.
Ek sê; jy wat die stukkie/omkoop/nagmaal neem is die een wat hom verraai.

Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, VERKONDIG JULLE DIE DOOD VAN DIE HERE, totdat hy kom.
Hierdie vers sê; solank as jy die nagmaal gebruik – sal die Here dood bly/dood wees/nie lewe nie en NIE kom nie. Is dit wat jou predikant jou vertel het?
Die betekenis van Here = jou liggaam en daarom sê hierdie vers; so lank as jy die nagmaal gebruik sal jy sterf en God sal dood wees/bly.

Ek sê; slegs wanneer jy die gebruik van die nagmaal staak kan/sal hy in jou wakker word.
Slegs nou met die openbaring van die antichris kan hy in jou wakker word, want die nagmaal het hom teë gehou.
Vers 27; wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.

Omdat jy die nagmaal gebruik is jy skuldig, want jy kruisig/dood hom, en dit is spesifiek die rede waarom Christus geval het, omdat jy die sigbare eet.
Jy mag sê; ek gebruik dit nie onwaardig nie; ja jy doen want jy drink bloed.

Vers 29; wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ‘n oordeel oor homself, TERWYL HY DIE LIGGAAM VAN DIE HERE NIE ONDERSKEI NIE.
Wat beteken dit?
Dit sê; solank as jy nie die liggaam van die Here kan onderskei nie, naamlik tussen lig en duisternis, en man en vrou, liggaam en Christus, is jy verdoem om te sterf.
Vers 30; daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes en ‘n aantal het ontslaap.
Dit is baie duidelik; OMDAT ONS NIE KAN ONDERSKEI NIE IS DAAR SIEKTE EN DOOD EN SODOMIE.
Maar, nou kan jy verstaan en onderskei en jy kan gesond word.
Ek sê; jy moet nou ophou om die nagmaal te gebruik, want jy kan nou onderskei en omdat jy kan onderskei kan jy nou die Allerheiligste binnegaan, wat genoem word die ewige kamer waar jy nooit sal sterf nie.
Ons kan nie ontken nie; ons het nog altyd geweet die nagmaal is slegs ‘n simbool van die ware brood en wyn. Kan jy dit ontken?

Die nuwe naam vir hierdie kamer, of liewer die nuwe priester se naam is Jehovah, soos Jesus vooruit gesê het dat jy ‘n nuwe naam in jou kop sal ontvang.
Hierdie profeet kom na jou in die naam JEHOVAH, soos die bybel vooruit gespreek het, dat iemand in die naam Jehova/Here sou kom; hy stel nou hierdie naam aan jou bekend.

Hierdie profeet is nie Jehovah nie, hy kom in die naam Jehovah, hy stel jou bekend aan die naam, soos Jesus in die naam van die vader gekom het, maar hy was nie die vader nie.
Soos Jesus die dood Oorgedra het met die nagmaal, so bring hierdie profeet die Oordrag van ewige lewe, soos Jesus belowe het hy sou.
Dit is ook die Oordrag van kennis, begrip, intelligensie en wysheid, nogtans; hierdie profeet is slegs ‘n Lusifer.

Soos Jesus die seun van Dawid was, die wortel van Dawid, so is hierdie profeet die seun van Dawid die spruit.
Soos Jesus die hoeksteen van die tempel gelê het, jou siel, so voltooi hierdie profeet die gebou/tempel/jou liggaam se ewige gees.
Soos Jesus die seun van Dawid en die seun van die moeder Batseba was, die seun wat aan die begin van die sewende dag gesterf het want hy was ‘n hoerkind wat slegs tot die sesde dag gelewe het.
Hierdie Jehovah is die seun van Dawid die seun van Batseba (wat dogter van ‘n eed beteken), naamlik Salomo wat die tempel gebou het.
Die betekenis van Salomo = vrede, veilig, gelukkig, gesond, voorspoed en rus.
Jesus kon nie die tempel bou nie want sy hande was vol bloed, hy het te veel pyn en lyding en oorloë, verwarring en vuur gebring.

Hierdie seun sal ‘n duisend jaar van vrede heers.
Aan die einde van Salomo se koningskap het hy gesondig en om hierdie rede sal Satan weer losgelaat word aan die einde van die 1000 jaar. Openb. 20:7.
Hierdie is ‘n ander bespreking waaroor ons nie nou hoef te praat nie.



Word wakker.

Heilig, heilig is God die Gees,
Sê my Here, hoe sal dit wees
in die nuwe Jerusalem?
Sal u my nog steeds voed?
Met die gees van ‘n boom?
Met die energie van vuur?
En my dors les met water?
Sê my Here ----
Want my dors vir kennis
Oortref my dors vir lewe
Want lewe is begrip
Fluister in my oor O Here
Laat u gees my asem wek
Ek wil u wakker maak
Word wakker God en heers!!!!


Is ek ‘n te vroeg gebore kind my HERE?
Of het u die koepel van die lewe oop gemaak?
Word wakker my God
Dit is die dag van ontwaking
Wees vervuld met vreugde,
wees bly my God
Met liefde,
Erasmus.




Môre

Môre sal alles anders wees
Al die trane en pyn
Sal weg wees vir ewig
Wanneer sal dit môre wees my HERE?
Wanneer????????




Die kleinkaroo.

Hoe kosbaar is die grond
‘n Stroompie water in die kleinkaroo
op die oewer van Brandrivier,
is my ma en pa se kos geplant,
half verdroog
net af en toe ‘n bietjie water
as die berg dit wil gee


ons eet bokvleis
vetgevoer op kruie bossies
van die natuur
en in die liefde van my ma en pa
as hul mekaar omvou
dan gee elkeen net ‘n saadjie
van hul liefde as hul mekaar aangryp
en dan is ek daar!
Ek word gebore uit dorre grond
Kruie bossies en bietjie water
Uit die Kleinkaroo
Wat ‘n voorreg om die lewe te ontvang
Dit is gratis!
sê groete aan die Kleinkaroo
sê haar ek het haar lief
sy is my ma
sy is tog so mooi, ek het haar innig lief
ek is gevorm uit haar stof
Johan.


Opsomming.

Jy verstaan nou dat die mens = die duiwel, geskep om die sigbare te aanbid sodat duisternis ook lig kan word en om die beeld van die skepping te verander.
Terwyl jy in hierdie liggaam is het jy geboorte gegee aan ‘n nuwe liggaam en skepping.
Die koms van Jesus was die Oordrag van skuld en dood aan die mens en is bewerkstellig deur ‘n omkoop geskenk.
Die nagmaal is die sigbare bewys dat ons Satan aanbid.
Jesus was ‘n eerste Adam en die mens is geskep om slegs vir een dag te lewe.
Ons moes eers ‘n nuwe liggaam skep om die nuwe gees te ontvang.
Om die ou liggaam af te breek en ‘n nuwe liggaam te skep was die sending van Jesus en om hierdie rede is hy die een man wat die dood gebring het om sodoende iets beter te skep. Jy moes sterf om die beter te kry.
Dit is nou die einde van die sesde dag en die einde van die menslike liggaam wat as die seun van verderf gedien het.
Dit is die bloed van jou eie liggaam wat homself vrywillig/gewillig gegee het om vir jou te sterf en jou te was van jou sonde sodat jy heilig kon word.
Dit is die einde van die naam Jesus Christus en die ewige hemel is nou oop vir hulle wat hierdie boodskap aanvaar.
Jy weet nou wie die antichris is en jy ken die plan van genade.
Jy ken ook die heersing van Salomo wat die tempel van God bou.
Jy het ook geleer dat die opwekking in drie fases geskied naamlik;
1) die opwekking van die sintuie.
2) Die opwekking van die siel en die nuwe liggaam.
3) Die opwekking van die Lewendmakende Gees sodat jy volkome God kan wees en nooit sterf nie.
Die tabernakel van Moses was plat op die grond terwyl die tempel van Salomo drie verdiepings is. Ons sal dit in die toekoms bespreek.

Jehovah die Seun van die mens seën jou.

No comments: