Friday, January 26, 2007

die eerste gemeenskap hoofstuk 4

Hoofstuk 4.



Die eerste gemeenskap.



Dit is raadsaam om eers hoofstukke 1 – 3 te lees anders sal jy nie hierdie bespreking verstaan nie.

In die begin was alle vorme van lewe tweeslagtig. Hulle het hulself bevrug, hulle het nie ‘n ander manlike of vroulike wese nodig gehad om bevrug te word nie want hulle het “die saad in hulself gehad” soos meeste bome en gras.

In Gen 1:11 lees ons; vrugte volgens hul soort, waarin hulle saad is.
Die vorige heelal was so, hulle het die saad van lewe binne in hulself gehad.
Dit beteken eintlik, hulle het hulself aan die lewe gehou. In vers 21 lees ons; die waters het in oorvloed voortgebring volgens hul soort. Die betekenis van hulle beteken eintlik manlik. Alle lewe was dus “manlik” alhoewel hulle tweeslagtig was, soos die hemel voorheen was en dieselfde as die afstammelinge van Kain soos ons in hoofstuk drie verduidelik het.
Dit was eers nadat Adam sy vrou bevrug het soos in Gen. 5:4 dat ons lees hulle het seuns en dogters gehad. Voorheen is daar slegs “seuns” gebore. Ek sê; die nageslag van Kain in Genesis 4 is “seuns” en eers baie later is die eerste vroulike wese gebore.

In Gen 1:24 sê God; laat die aarde voortbring lewende wesens volgens hulle soorte.
Die betekenis van soort is dieselfde as die betekenis van evolusie nl. om diversiteit te skep, om te bestaan, om byeen te bring, om af te skei, om klaar te maak, om te trou en om te verdeel. Om diversiteit te skep het nie in 144 uur gebeur nie.
Ek dink nie ek kan dit duideliker beskryf as bostaande nie, maar die woord om te trou kan dalk op ‘n manier beskryf word waar ons sê; om te kruis teel sodat twee verskillende goed een ding of ‘n nuwe ding kan word. Ek sê; twee verskillende goed “trou” met mekaar om ‘n nuwe spesie te vorm.
Die hele proses om ‘n nuwe heelal te skep = om te trou = om een te word = een vlees = een gees = een lewende wese.
Die voordele van dit is; elkeen sal elkeen ken en alles sal in elkeen en alles wees.
As dit die finale doelwit is, is dit net absolute logika dat die mens van water kom (die vloeistof van die vorige skepping), van rots tot plant, tot vis, tot amfibie, (die eerste werweldiere wat die water verlaat het, die bybel noem dit ‘n kruipende dier) tot vee, tot mens.

Dit maak dan ook sin dat alle lewe insluitende die mens van een enkele sel vanaf die vorige skepping (God) kom en toe na verskillende soorte ontwikkel het soos die bybel sê; na sy soort om verskeidenheid te skep.
Die bybel sê almal is van een bloed.
Die doel is diversiteit. Om verskillende spesies te skep soos ons dit vandag ken moes daar kruisteling wees veral in die begin, want dit sal al hoe moeiliker word op ‘n later stadium soos ons weet met bv. ‘n perd en ‘n donkie. Insiggewend is dat dit ‘n manlike donkie en ‘n vroulike perd moet wees en nie andersom nie en die produk is nie vrugbaar nie.

Vir eeue het die mens gedink dat die hiëna tweeslagtig is omdat sy geslagsdele tweeslagtig lyk. As ons na die eerste kreatuur kyk nl. Henog, sal ons sien dat dit ‘n dier was wat sug, kreun, steun en droewige geluide gemaak het. Die klank van ‘n akkedis of dalk ‘n hiëna? Wetenskap sal maar moet help.

Onweerlegbaar egter; alle lewe was tweeslagtig want die vorige skepping was “twee slagtig”, dit het die atome van man en vrou gehad, hulle saad was in hulle.
Alhoewel die aarde se atome manlik (positief) en vroulik (negatief) is, is die manlike atoom wat die ewige atoom is slegs te vinde in die ruimte/hemel.
Die atome van die aarde hou die aarde ferm.
Ons ken die atoom slegs as drie dimensioneel terwyl dit sewe dimensionele lewende gees is.

Dit het baie lank geneem soos jy kan verstaan om die lewende atoom te skei in aparte manlike en vroulike atome om diversiteit te skep.

Jy mag dalk vra; waarom was dit nodig om die atoom te skei as dit in elkgeval ons einddoel is om een atoom te word?
Wel dit is ‘n baie goeie vraag. Die rede is; in sy vorige staat was daar geen diversiteit nie en die vroulike deel van die skepping was onvrugbaar soos ons in ‘n ander hoofstuk verduidelik het en die idée was duidelik om DIVERSITEIT te skep soos vermeld in Gen. 1:24.

Ons wou die skepping om verskeie redes verander. Ek gebruik die woord ons want jy was/is deel van dit, want jy het vanaf die vorige skepping gekom en jy sal teruggaan of liewer voortgaan na die volgende nuwe skepping.

Om die nuwe heelal te skep was dit nodig om die man van die vrou te skei. Waarom was dit nodig? Omdat ons diversiteit wou skep soos die bybel duidelik sê. Om diversiteit te skep moes ons die vroulike atoom afskei, maw. die vrou moes die man egskei.
Die vrou is die een wat baar, want sy het die baarmoeder om bevrug te word en voort te bring.
Indien ons ‘n tydelike baarmoeder kon skep, die aarde, want sy is die vrou van die skepping, dan kan ons eksperimenteer met verskillende soorte/dinge wat onmoontlik was in die vorige skepping.
Ons kan dan die vrou bevrug met verskillende sade om geboorte te gee aan verskillende dinge. Ons kan die aarde ‘n labaratorium noem.
Die verskillende sade is geestelike sade en om hierdie verskillende sade te skep is die mens verskillende hipotesis gegee. Die manier hoe ons die hipotese’s verstaan skep die saad vir die brein en die brein is die skepper, die plek waar beweging en lewe begin.

Jy is na die beeld en gelykenis van God geskep en het albei hierdie sade in jou, maar dit is intelligent van mekaar geskei nl. jou gees die manlike saad en jou vlees die vroulike saad.
Om hierdie rede; alles wat jy glo = gees en is in jou brein om jou vleeslike gees te bevrug met dit wat jy glo, en glo my jou vlees gee geboorte aan die geloofs saad in jou brein. Gees gee nie geboorte nie, gees bevrug die vlees en vlees gee geboorte want sy is die baarmoeder van die skepping.

Die brein is die plek waar alle lewe begin, die plek waar beweging begin.
Alles wat jy sien kom vanaf hierdie “punt”. Die naam van hierdie plek word genoem Oorsprong.

Is dit nie fantasties nie? Alle lewe begin in die brein; alles wat jy kan sien en nie kan sien, waarin jy glo, dit begin alles in die atoom van die brein.
Die manlike orgaan, die penis, is ‘n simbool van die brein en daarom gebruik wetenskaplikes die voorhuid om “lewe” te skep, maar hulle het nog nie die ware oorsprong van lewe in die brein ontdek nie.
Waarom is dit dat slegs die man “lewe” gee?

Gen. 3:20 Adam het sy vrou se naam Eva genoem OMDAT sy die moeder van ALLES wat lewe geword het.
Ek sê; Adam het sy vlees Eva genoem.
Ek sê; omdat Eva ma geword het van alles wat lewe, het sy die naam Eva gekry.
Ek sê; Eva het die betekenis van; moeder van alles/almal want sy het geboorte gegee aan alle lewende wesens.
Sy kon slegs moeder van alles word nadat sy die vrug van die boom geneem het, OMDAT die oog, gees/saad na die brein gebring het om haar geestelik te bevrug.
Ek sê; die oog het oorsprong/lewe na die brein gebring.
Alle lewende wesens sluit in; sy is die moeder van God die skepping.

Die woord Genesis, die eerste boek in die bybel het die betekenis van oorsprong en verduidelik dat oorsprong in die brein van mens en dier is.
Moontlik verstaan jy dit nog nie tenvolle nie want alles is aan ons gegee in ‘n agterstevoor beeld, ‘n spieël beeld.
Jy sien dus die begin as die einde en die einde as die begin.

As ek jou sou vra om die volgende in een van twee katogoriee te sit sal jy die volgende doen.
Wat is eerste; dood of lewe
Begin of einde
Verlede of toekoms.

Jy sal waarskynlik sê; lewe en begin is die verlede en
Einde en dood is ons toekoms.

Hoe fataal, want dood en einde is jou toekoms. God het dit verander; jy het aarde toe gekom om te sterf, nie om te lewe nie, want vanaf geboorte begin jy sterwe selfs al neem dit jou sewentig jaar om te sterf.

Daarom; dood is eerste en dan lewe. Meer omtrent dit later…
Die sogenaamde Big Bang was die einde en nie die begin nie. Ons beweeg nou na die begin en ons is een uur weg van hierdie gebeure. Ons is vasgevang in die verlede.

Die bybel sê; alles wat gebeur het al reeds gebeur.
Die verlede waarin ons vasgevang is duur 20 biljoen jaar. Dit het begin met die Big Bang en dit eindig ook met die Big Bang wanneer dag sewe en dag een saamsmelt. Daardie oomblik is die begin en einde op dieselfde gegewe oomblik.
Om hierdie rede het Jesus gesê; ek is die begin en die einde.
Ek = daardie “punt” in jou brein, die punt van oorsprong = begin en/of einde.
Ek = wie jy is, jou identiteit en bepaal wie God is.
Ek = lewe/die lewende een/die lewendmakende een.

Twintig biljoen jaar in ‘n wêreld sonder tyd is ‘n breukdeel van ‘n ontelbare getal, maar in ons agterstevoor gedagtes is dit ewigheid. Om hierdie rede het God tyd vir ons verkort tot 2000 jaar en ons sintuie verdoof om ons brein te narkotiseer sodat ons nie die volle impak van ons lyde sal voel nie.
Ek sê; ons is die liggaam van Christus om te ly, met alle pyn en siekte en lyding as ‘n betaling vir sonde. Nie net vir ons eie sonde nie, ons is sonder skuld die skuldige gemaak, die bybel sê ons is verkoop.

Begin en einde kan onmoontlik twee verskillende oomblikke wees, dit is onmoontlik om dit te skei van mekaar. Hipoteties gesproke het ons dit tog gedoen deur ‘n menslike brein te skep wat hulle geskei het tussen twee oomblikke nl. dag een en dag sewe. Al wat dit geneem het was ‘n hipotese om die oorsprong van tyd te beinvloed in die brein.
Ons het tyd teruggedraai; die beste manier om aids te genees is om terug te gaan in tyd tot waar die oorspronklike daad gepleeg is en die daad te verhoed.
Ek sê; om die dood te dood is om terug te gaan in tyd en die dood te vernietig waar dit ontstaan het; dit is jou werk en jou missie. Alles is in die brein; verlede en toekoms en jy kan teruggaan of “vorentoe” gaan in tyd, dit verg slegs ‘n fokus van die oog in die brein, jy het die vermoë.
Ek sê; daar bestaan nie iets soos tyd nie.
Verlede, hede en toekoms is gesamentlik teenwoordig op die selfde oomblik en dit is soos ‘n padkaart en dit is jou keuse watter pad jy volg. By wyse van ‘n hipotese het ons die verlede ingegaan met goeie rede nl. om dood te dood waar dit ontstaan het; ‘n nuwe hipotese kan dit in ‘n oomblik verander, want jy het die keuse van verlede, hede of toekoms, dit is jou keuse maar jy het vasgeval in die verlede.

Die bybel maak dit duidelik dat die pad terug nie dieselfde pad is waarmee ons na die verlede gegaan het nie en presies dit is ons probleem want ons kyk in ‘n spieël wat ons verwar, maar ook dit was deel van die plan.

Hierdie oomblik van 20 biljoen jaar bestaan net in die mens se brein. Gedurende hierdie tyd het die skepping ‘n hergeboorte gehad wat geen tyd hoegenaamd geneem het nie, want begin = einde = begin = zero, zero, zero. Gedurende die volgende veertig jaar sal jy uit jou diepe slaap gewek word wanneer die lig van die Big Bang oor ons swiep en tyd sal verdwyn, en dit sal ‘n onmiddelike verandering van alles wees in 0,233 sek.

Een uur in bybelse fomule; die formule was aan ons gegee maar tot nou kon niemand die uur bereken nie want ons was nognie intelligent genoeg nie, nie die kennis gehad of dit nie ondersoek nie, ons moes eers van die vrug van kennis eet, alhoewel dit ‘n eenvoudige berekening is.

Die formule is;
2 Pet. 3:8;
1 dag = 1000 jaar (bybelse terme)
1 dag = 24 uur (ons terme)

dus; 1000 = 41,666 jaar = 1 geslag.
24

Die oomblik wanneer hierdie 41,666 jaar begin het was met die val van die World Trade Centre op 9 September 2001, wat in een uur geval het en simboliseer die val van Babilon wat ook in een uur val. Vergelyk Openbaring 18 met die val van die Twin Towers.

Die tweede fase van die val van Babilon was met die inval van G. W. Bush Jn. in Irak en die val van die stad wat as die eerste Babilon genoem word.

Die derde fase van die val van Babilon sal wees wanneer Jerusalem “beset” sal word in 2007 .. dit is as ons nie nou optree nie.

Diegene wat die val van die World Trade Centre beplan het, het gesê; hierdie is zero uur.
Om “hierdie rede” is 2007 ‘n D dag in meer as een opsig. Ek sal dit nie nou bespreek nie. (2001 + 6 = 2007)
Ooral oor die wêreld masjeer mense in afwagting op vryheid. Verstaan ons die woord vryheid? Hierdie opmarse sal drasties vermeerder en die aarde sal meer en meer onstabiel raak, byvoorbeeld die onlangse tsunamie (2004) mag dalk soos ‘n baba lyk. Omdat die see warmer raak sal daar meer katastrofes wees, meer orkane, meer aardbewings en meer tsunamies wat ook in intensitiet sal vermeerder.
Oral oor die wêreld “voel mense iets” gaan gebeur, maar niemand weet wat nie. Die kerk verwag die tweede koms; skryf boeke daaroor, tog verstaan hulle nie die een wat kom nie want die bybel is ‘n versëelde boek vir hulle en die kerk is die grootste beskuldiger en profeet van verdoemenis en “red slegs hulself.” Tenminste is die wetenskap eerder ‘n profeet van hoop en vooruitgang.

Hoe gaan ons ons bruidegom trou as ons nie die vaagste benul het van hoe hy lyk nie? Dit is amper ‘n groot grap!!! Die blinde lei die dowe of sal ek sê die dooie?

Hierdie manuskrip deel met keuses en gevolgtrekkings wat ons in die verlede gemaak het en besluite en gevolgtrekkings wat ons nou moet maak.

Ek het voorheen gesê; ons het hipotesis ontvang en die gevolgtrekking wat ons maak bepaal die saad wat ons in die brein skep, die punt van oorsprong en dit bepaal ons bestemming.

Ek wil jou ‘n voorbeeld gee;

As ek vir jou sou sê dat ‘n vlooi met sy bene hoor sal jy waarskynlik sê; dit is nie waar nie, maar ek mag dalk steeds mense kry wie ek sou kon oortuig dat dit waar is .
Om te bewys dat ‘n vlooi wel met sy bene hoor het jy ‘n wit A4 papier nodig en ‘n vlooi, miskien meer as een want hulle ontsnap maklik.

· sit die vlooi op die papier en skree; vlooi spring!!
· Die vlooi sal spring.
· Vang nou hierdie vlooi as jy kan of gebruik ‘n ander een en breek al sy bene af.
· Sit nou die vlooi terug op die papier en skree; vlooi spring!!
· Die vlooi sal nie spring nie, “surprise, surprise!!”
· Gevolgtrekking; ‘n vlooi hoor met sy bene.

Ons het dit bewys!!
Kom ons sê jy sou dit ‘n 1000 jaar gelede geglo het.
Ek kon dan dalk baie beroemd geword het, op elke nuusblad verskyn het wat lees; dit is die man wat bewys het ‘n vlooi hoor inderwaarheid met sy bene. Wat ‘n fantastiese ontdekking!!!!

Ek kon dalk regoor die wêreld getoer het met my wonderlike evangelie. Dit kon ‘n baie groot organisasie geword het. Maar toe uit die bloute kom daar ‘n bleeksiel wat bewys dat ‘n vlooi glad nie kan hoor nie, laat staan nog met sy bene. Hoe op aarde het hy dit bewys?
Verder, hy kritiseer die vorige voorstel dat ‘n vlooi met sy bene hoor en hoe wreed dit is om die dier se bene af te breek. Dit verander toe die mens in ‘n vlooi liefhebber.
Mense het selfs vlooi kolonies in hul hare aangehou, hul hare slegs een keer per maand gewas omdat dit kwansuis stresvol vir die vlooie is.

‘n Ander persoon kom toe met ‘n voorstel; dit is die beste om die vlooie in jou broek te hou. Al die mense krap toe heeltyd in hul broeke, trek selfs hul broeke uit om te krap.
Iemand anders sê toe; die vlooie gee jou ‘n “kick start”! Dit het die arme vlooie totaal verwar want toe weet hulle nie of hulle moet skop of byt nie.
Iemand anders sê toe; dit is alles goed en wel maar sê nou Christus kom en kry almal met hulle broeke af?
Almal bars toe uit van die lag! Hulle sê selfs Satan het gelag, alhoewel iemand hom blykbaar vir ‘n week moes kielie voordat hy glo uitgebars het van die lag.
Hulle sê dis hoe Satan aan sy einde gekom het met die gebarsery!

As jy dalk jouself in hierdie storie herken, laat jy maar goed lag, ek het.
Die belangrike ding van hierdie proefnemig is; alles was waar behalwe die gevolgtrekking.
Waar het dit ons geneem? Dit is waar, die vlooi het nie gespring nie.
Minstens; mense vang steeds vlooie, maar geen vlooi het weer die mens gevang nie?
Die rede waarom God katte gemaak het is logies vir vlooie het iemand gesê. Iemand anders sê toe; ag bly tog stil!
Dit is die rede waarom katte nie praat nie!!!

Regdeur hierdie manuskrip sal ons gevolgtrekkings bespreek wat ons in die verlede gemaak het. Baie van hulle sal so eenvoudig wees soos die vlooi, en jy sal verbaas wees dat ons dit nie kon verstaan of gesien het nie.
Verseker het jy nou reeds van hulle ondervind gedurende ons gesprekke.
Onthou jy die een wat gesê het die aarde is rond? Hy was die grap van die eeu.
Sommige mense maak gevolgtrekkings terwyl die wêreld dit eers sal aanvaar lank nadat hulle dood is, soos Jesus.

Ek wil nou voortgaan met die bespreking waar ek dit gelaat het…


Om dit maklik te maak kan ons sê;
Gras = 1 atoom = 1 sintuig = 1 gees.
Gras met saad = 2 sintuie = 2 geeste.
Vrugte = 3 sintuie = 3 geeste.
Vis = 4 sintuie nl. smaak, reuk, voel en sig.
Die sig van vis verskil totaal van die van ‘n mens of diere en is swak ontwikkeld. Die ore van vis is hoofsaaklik vir balansering.

Die diere wat aanvanklik uit die see aan land gekom het was doofstom, hulle het geen gehoor of geluid gehad nie en hul sig was swak of glad nie ontwikkel, aldus die bybel.
Gen. 1:24, laat die aarde voortbring (op die vyfde dag het die water voortgebring) lewende wesens na hul soort; vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte.

Dit het in hierdie volgorde gebeur; lewende wesens, vee, kruipende diere en wilde diere.

Lewende wesens = ‘n menigte van haarfyn diertjies. (hebreeus)
Hierdie is nie asemhalende diertjies nie maar lewende/bewegende diertjies.
Die volgende diere wat die water verlaat het is vee met ‘n baie lae intelligensie.
Die betekenis van vee is; ‘n water os, ‘n seekoei of ‘n nyl perd.. ook om doofstom te wees.
Klank, geluide en spraak is op land geskep, sowel as gehoor en nie in die water of in die hemel nie.
Alle sintuie is aardse geeste, geskep op die aarde.

‘nWilde dier is ‘n hardlopende wese, soos ‘n bok.
‘n Seekoei is ‘n stappende dier.
Tussen die “aan land gaan” van die seekoei en wilde diere het kruipende diere aan land gegaan; dit is reptiele.

Die woord Moses het die betekenis van; om uit die water te trek.
Die doel van Moses was dus om hierdie diere wat uit die water aan land gegaan het “te verander in land diere”, om hul sintuie te ontwikkel, hulle “uit die water te trek.”

Teen die tyd van die Israeliete in Egipte was die mens beswaarlik mens, eerder meer dierlik.
Die sintuie was swak ontwikkel, hulle het spraak gehad, kon tussen kleure onderskei en het selfs ‘n skrif gehad, maar dit was eerder om ‘n storie te vertel met behulp van prentjies.
God wou hulle verder ontwikkel. Die eerste om te ontwikkel is die vyf sintuie, aanraking, reuk, smaak, gehoor en sig. Hierdie is die eerste stap om hierdie diermens in ‘n geestelike wese te verander.

Moenie Moses as ‘n mens sien nie, sien hom eerder as tien gebooie om ‘n mens te skep, ‘n super mens. Die tien gebooie is daar om die sintuie te ontwikkel deur disipline.
Moses = die sintuie, terwyl Jesus = die siel want jy het jou siel aan Jesus/Mo Hammed gegee, jou predikant het jou aangesê om dit te doen.
Jesus is die tweede stap om die mens te ontwikkel en om ‘n onsterflike siel te skep, en om hierdie rede het die slang/Lusifer gesê; jy sal nie sterf nie en soos God word indien jy van die boom eet.
Die laaste fase is Johannes (Elia) om die ewige gees te ontwikkel, die Lewendmakende Gees, ‘n ewige gees wat homself energeer.

Ons sal eerste met Moses deel;
Soos gesê; die sintuie was swak ontwikkel en hierdie diermens het geen verbeelding gehad nie.
Die vermoë van verbeelding onderskei die mens van die dier.
Moet dus nie beledigd voel as ek sê dat ten tye van Egipte het die mens geen verbeelding gehad nie, jy sal dit binnekort verstaan.
Om te sê dat Moses dieselfde intellek gehad het as jy, is ‘n bietjie absurd, dink jy nie so nie? Of het hulle wat mekaar in ‘n swaardgeveg uitgedaag het dieselfde empatie as jy? Dit was slegs ‘n paar honderd jaar gelede, terwyl Moses en Jesus duisende jare gelede geleef het.

Iemand het gedurende ‘n gesprek oor Kain gesê; Kain was slim, sonde het ons dom gemaak en die probleem is dat gedurende Kain se tyd het hy nie die tegnologie gehad nie.
My vriend as jy die breins het sal jy tegnologie hê.

Ek probeer nie onbeskof wees nie, want daar is mense wat anders voel, maar nou dat jy hierdie gesprek gelees het moet jy erken, tegnologie is nie daar omdat ons tegnologie het nie maar omdat kennis vermeerder het en omdat ons intelligenter is.
As jy dus Genesis lees, dan Moses en dan Jesus is dit duidelik dat dit deur verskillende intelekte geskryf is.
Die bybel beskryf duidelik hoe die mens ontwikkel het.

Horeb is ‘n simbool van die beeld van God. ‘n Berg simboliseer die roem van ‘n God of ‘n persoon. Hoe hoër die berg, hoe meer roem.

‘n Mens kan slegs van liefde praat
wanneer jy liefde verloor het
jy kan slegs die lewe waardeer
wanneer jy gesterf het
jy kan slegs liefhê
wanneer jy lief geword was
jy kan slegs dink
as daar oor jou gedink was
jy kan alleen voel
as jy pyn gehad het
jy kan alleen kennis ontvang
as jy dom is
want as jy alles weet
is daar niks om te leer nie
want jy weet reeds alles
ek is nakend Here
leer my asseblief
nooit wil ek alles weet nie
want dan is daar niks….
Ek het u lief, ek bemin u bo alles
Johannes.


Ek sou nooit kon weet wat reg is
As ek nie die verkeerde gedoen het nie
Alhoewel ek vleeslik is,
Die wet is geestelik


Ek sou nie vrede kon hê
As ek nie vrees geken het nie
Ek sou nie kon hoor
as daar nie klank was nie
ek sou nie kon sien
as daar niks was om te sien nie



alles wat ek sien
dit gebeur in my
die voëls wat vlieg
hulle vlieg hier binne my
die pyn wat ek voel
dit is hier binne my
die mooiheid wat ek sien
dit is binne my
daar is niks
wat buite my is nie
die musiek wat ek hoor
dit is binne my
die liefde wat ek ontvang of gee
dit is binne in my
niks gebeur
behalwe binne my
dit is so pynlik
dit is so wonderlik
dit is my
dit is ek, dit is net ek
dit maak my hartseer
dit maak my bly
die enigste een
die uwe.


Wanneer ek die berg bestyg, O Heer
Om na u uit te reik
Wag vir my Here
Maar wees altyd
Net ‘n beitjie verder as ek
Dit maak my bly om te reik
Maar om nie te raak
Dit maak my hoër
Dit maak my nederig Heer


Kennis bring vryheid.
Ons is slawe omdat ons onkundig is.

Daar was eenmaal twee persone wat mekaar gedaag het om uit ‘n vliegtuig te spring op 3000 meter.
Die uitdaging was om te sien wie eerste die grond sal bereik.
Hulle het gelyktydig gespring; dit het hulle 5 minute geneem om van 3000 meter tot 2000 meter te val.

Toe maak een van hulle sy valskerm oop en hy het die grond 40 minute later bereik.
Die ander een was reeds daar en hy was ooglopend die wenner maar hy het nie ‘n valskerm gehad nie, hy het nie kennis gehad van ‘n valskerm nie.
As albei van hulle dieselfde gewig gehad het en dit het hulle 5 minute geneem om 1000 meter te val, hoe lank het dit die een sonder die valskerm geneem om die aarde te bereik?


Die idée met Moses, die tien gebooie, was nie net om die sintuie te bevorder nie maar ook om kennis te ontvang. Om hierdie rede het hy ons na Horeb geneem.
Horeb beteken Berg van God en verduidelik die beeld van God.

Voordat ek daaroor praat, wat was jou antwoord, hoe lank het dit die een sonder valskerm geneem om die aarde te bereik?
Die antwoord is eenvoudig; dit het hom die res van sy lewe geneem.
Waarom het dit hom die res van sy lewe geneem?
Want hy was verseker dood toe hy die aarde tref!!!
Het die vlooi jou gevang?


Dit is die verskil tussen om ‘n slaaf te wees en om vryheid en kennis te hê van byvoorbeeld ‘n valskerm.

Horeb beteken; lewe of dood.
Om mekaar te hoor en om mekaar te sien.
Horeb het twee pieke gehad, net een word genoem, nl.Sinai.
Die ander piek is Sion, maar Sion was nognie sigbaar vir ons toe ons die voet van die berg bereik het nie.
Waarom? Omdat Sion ‘n denkbeeldige piek was en ons het nognie die gees van verbeelding gehad nie.
Ons kon slegs glo in dit wat die blote oog kon sien. As ons verbeelding moes gebruik, het dit eenvoudig nie vir ons bestaan nie.
Slegs dit wat ons kon sien, raak, hoor, proe en ruik het bestaan. Ons was vyf sintuiglike diere.

Om hierdie rede moes ons God in die beeld van ‘n berg sien.

Sinai beteken ook; sintuiglik, denkbeeldig of simbolies.
Met ander woorde dit is ‘n beeld van God bedoel vir die sintuiglike persepsie. Dit is ‘n sigbare prent om God te verduidelik en soos jy weet God = man en vrou in een prent van die berg.
Dus, wat die blote oog of die nakende dierlike sintuie kon waarneem = God, minstens vir hulle op daardie stadium van die skepping.
Die berg is die boom van kennis om ons sintuie te penetreer. Om hierdie rede stel God homself voor op die volgende maniere;
‘n Sigbare manier, as ons dit nie kon sien nie het dit eenvoudig nie bestaan nie. Selfs tot vandag het geen prediker of sy gemeente dit verstaan nie. Waarom? Omdat selfs vandag nog kan ons slegs glo wat ons sien of wat ons voorheen gesien het.

Verbeelding is die sesde gees en voor die koms van Jesus het ons geen verbeelding gehad nie.
Verbeelding = die Heilige Spook/Slaap (Ghost) of sesde koepel, ons sal later daarmee deel, maar hierdie gees hou jou gevange. Miskien verskil jy hiermee op hierdie stadium, maar lees asseblief verder, jy sal later verstaan.

Ek moet nou meer simbole en beelde verduidelik sodat jy Horeb kan verstaan, wat ‘n foto beeld van God is.

Simbool opsommings.

Indien jy hierdie simbole regdeur die bybel gebruik sal jy die bybel verstaan. Ek sal jou ook ‘n paar konsepte gee om jou te help verstaan.
Die beeld van God = een gesamentlike liggaam, maar twee komponente.
Beeld = manlik en vroulik.
= hemel en aarde.
= gees en vlees.
= nie tasbare en die tasbare.
= die onsigbare en sigbare.
= lig en duisternis.
= man en vrou.
= woord/spraak en liggaam.
Wanneer God sê; kom ons maak mens na ons beeld en na ons gelykenis beteken dit dat die mens dieselfde beeld as bostaande het.

Verder;
Alles wat jy sien is duisternis.
Ons noem duisternis = vroulik, vlees, aarde, die menslike liggaam, die tasbare en die sigbare.
Alle onsigbare dinge is lig.
Ons noem lig = manlik, hemel, gees, spraak, asem, nie tasbare en onsigbare.

Alle vloeistof = gees en manlik.
Byvoorbeeld; water, wyn, rivier, bloed en die see.
Alle atmosferiese stowwe soos asem, stof, rook en vuur.

Om hierdie rede gebruik sommige gelowe steeds rook in hul seremonies en dit is die rede waarom ons sê; man is ‘n geestelike man (huweliksmaat), want hy is uit stof geskep en nie uit grond/klei soos die liggaam nie.

Stof simboliseer die gees van alle aardlinge; plante, vis, diere en mense.
Om dieselfde rede is Kain ook ‘n geestelike wese, die een uit die bose gees. Hy is die gees van die oog; die oog (die vrug van die boom) het geboorte gegee aan hom en hy het sy ma bevrug (Eva/aarde) en sy het geboorte gegee aan diere en uit die diere het God die mens geskep.
Verder; die gees van die oog = wellus, begeerte, jaloersheid en baie meer.

Hierdie gees is die gees van verbeelding; by Horeb het ons nognie hierdie gees gehad nie, dit is die sesde sintuig, diere het nie hierdie vermoë nie, dit is die sesde koepel in jou brein.
Die gees van verbeelding = die gerub vermeld in Gen. 3:24 en het sy oorsprong met die koms van Jesus gehad; logies kon dit nie tevore bestaan het nie want die mens moes eerstens die sintuie ontwikkel; inteendeel Gen. 3:24 praat van jou.
Die sesde gees sluit ook die siel in met sy emosie en uitdrukking soos; lag, huil, blydskap, hartseer en waarskynlik die grootste is vrees.

Die gees van verbeelding is die tweede hemel vir die mens – Jesus het ons in hierdie hemel gebring. Ons het die eerste hemel ingegaan by Horeb, waar die vyfde koepel van gehoor geopen is nl. die blaas van die vyfde basuin.
Om te hoor en te luister was die belangrikste aspek by Horeb.

HERE (hoofletters) is die geestelike liggaam van God in die hemel.
Here is die liggaam op aarde.

Oos = voor(kant)
Wes = agter.
Noord = links.
Suid = regs.

God het 7 oë = 7 geeste = 7 engele = 7 horings.
Hoe langer die horing, hoe hoër het dit in die hemel opgegaan of hoe magtiger is die horing.

Geeste; die aarde het ses van die geeste van God geskep nl.; gehoor, aanraking, sig, smaak, reuk en die gees van verbeelding. Al hierdie geeste behoort aan Satan, God van die aarde/sigbare. Jy mag nou dalk sê; maar hy is nie God nie? Ja hy is, Jesus het hom die Prins van die aarde genoem. Wat presies is ‘n prins? Hy noem hom Prins want hy is die een gekroon as God toe jy die vrug van die oog geneem het en met hom getrou het. Hy is jou kind verkry met die hulp van die HERE.
Ook die kragte van wind, aardbewings, vuur, water, vulkane en drie dimensionele atome is magte van Satan en is die hoof skepper van die dinge wat jy sien.

Nommers;
Gras = 1
Gras met saad = 2
Vrugte bome = 3
Vis = 4
Diere = 5
Mens = 6
God = 7
Hierdie nommers simboliseer die geeste van elkeen.
Die ark wat op die skouers gedra was simboliseer jou kop, gesig of die tuin in Eden.
Die menslike liggaam = Eva, Maria, Jesus of Eden.
Ook in sommige gevalle = duiwel, Judas en die seun van verderf.

Daar is aardse geeste = manlik.
Daar is hemelse geeste = manlik.
Berg = die glorie van God of Satan of ‘n heerser
= sy beeld.
Ons het geleer dat God = die skepping met all sy inwoners.
Alle sigbare dinge = die vrou of liggaam van Christus.
Christus = die Woorde van God – die Gees van God – die Seun van God.

Dus; gras, bome, voëls, vis, kruipende diere, diere, mense, aarde, son, maan en sterre ageer as die liggaam van Christus die gees.
Alle sigbare voorwerpe is vroulik.


Ek wil dit aan jou verduidelik by wyse van ‘n luidspreker en die musiek wat daaruit kom;

Luidspreker. Musiek.



Die luidspreker is slegs die kas Die musiek kom uit die luidspreker.
wat die klank weergee.
_________________________________________________________
die luidspreker is nie Die musiek is nie die luidspreker nie
die musiek nie.
Die luidspreker is ‘n simbool Musiek is die simbool van jou stem.
van jou liggaam.
Die luidspreker is die simbool Musiek is die simbool van die man.
van die vrou.
Die luidspreker is die simbool Musiek is die simbool van die o
van die sigbare. Onsigbare.
Die luidspreker is die simbool Musiek is die simbool van lig.
van duisternis.

Die luidspreker en musiek ageer as een liggaam, die een het die ander nodig, want daar kan geen musiek wees as daar nie ‘n luidspreker is nie en die luidspreker kan nie sy eie musiek maak nie.
Tesame simboliseer hulle die skepping, God, jou.

Ek sal jou meer simbole gee soos ons vorder maar hierdie is die basis.
Ek kan dalk net dit byvoeg; Kain is die eersgebore Gees van die aarde.
Aarde = Adam = atmosfeer en Eva (grond).
Aarde het die eier van die skepping geproduseer, die liggame uit grond en word genoem, dogters van die aarde of van God.
Die atmosfeer het die sperm van die atmosfeer geproduseer naamlik gees uit stof en word genoem seuns van die hemel of van God.

Toe hierdie liggame oë ontwikkel het, ‘n bewustheid deurmiddel van die oë het dit ‘n gees geskep.
Ons noem hierdie gees Kain – die bose gees, die jaloerse gees; jy kan nog baie byvoeg.

Ons kan hierdie gees ook die volgende noem;
Satan.
Die sesde gees.
Die tweede hemel.
Die gees van verbeelding.
‘n Mense gees.
Die siel.

Dit is dus duidelik dat Satan sy geboorte uit die gesigsvermoë ontvang het, uit die menslike oog. Die oë het oopgegaan Gen.3:7.
Dit is die gees van kennis.
Dit is die gees van die vrug van die boom (die oog) in die tuin in Eden (jou gesig.)
Jou oë gee geboorte aan hierdie vrug/gees. Die mens gee geboorte aan Satan. Satan is gebore in die tuin, jou gesig/oog. Hy het man uit die tuin uitgedryf, uit jou brein en het hom vervang in die ooste van die tuin, dit sê; hy sit in die voorkant van jou brein/jou voorkop.
Jesus het oor die spruit Kedron gegaan na Getsemanie waar daar ‘n tuin was, waar die verraad gepleeg is.
Kedron beteken; om te brand of om te verbrand ‘n simbool van die Jordaan rivier.
Die betekenis van Getsemanie is; om te trou of om getroud te raak of om gesalf te word. Hier is Jesus gesalf met die verraad.

Getsemanie is dus ‘n tuin wat jou gesig of die tuin in Eden simboliseer waar Jesus/man/jy “gesalf of getroud is” of waar jy/man gevange geneem/verraai is om vervang te word deur gerub of die gees van verbeelding soos in Gen. 3:24. Om hierdie rede het hy “oorgegaan” oor Kedron bedoelende, die gees van vuur om jou te verteer het sy plek ingeneem/daar was ‘n “oorgang” in die brein. Die doel was om getroud te raak of om gesalf te word; ons praat later weer hieroor. Nietemin, hierdie oorgang is geweldige vooruitgang vir die mens of die skepping.

Hy het die plek van man/Christus ingeneem en sy ma bevrug.
Wie is sy ma?
Jy is sy ma en hy het jou bevrug/die mens.
Ek sê; jy is die ma van Satan.
Ek sê; jou oë het jou bevrug sodat jy geboorte kon gee aan Satan, want God het Satan geskep.
Om wat te doen? Waarom? Hoe? Wat nou? Is ek nou verdoem? Dit is nie waar nie is dit? Ja dit is waar en wonderlik!!!!
As gevolg van hierdie bevrugting het Eva/mens/aarde geboorte gegee aan alle lewe.
Ons sal dit verder bespreek in ‘n ander hoofstuk van hierdie openbaring.
Die openbaring is aan Johannes gegee en alleenlik aan Johannes; Opnb. 1:1 en niemand anders kan dit openbaar maak nie, eenvoudig omdat ‘n Koos dit nie kan openbaar as dit aan ‘n Johannes gegee is nie. Dit is tog logies alhoewel kerk totaal verblind is vir die koms van Johannes.

Openb. 11:1; ‘n riet soos ‘n stok is aan Johannes gegee en die engel het gestaan en gesê; staan op en meet die tempel van God.
Dit is Johannes ‘n getroue getuie van God wat met jou praat, want die engel van Jesus het aan hom gesê; Openb. 10:11, jy moet WEER profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings.
Johannes is van voornemens om dit te doen.

Die Seun van die mens seën jou
Johannes.



Opsomming.


Ons het nou geleer hoe verskillende spesies geskep is deurdat “lewe” in twee verdeel is genoem man en vrou.
Jy het verder geleer dat die oorsprong van alle toekomstige lewe sy oorsprong in die menslike brein het en dat Eva die moeder van alle lewe is.
Jy het meer omtrent die beeld van God en jouself geleer en omtrent die simbole van die bybel en hoe Satan gebore is deur middel van die eerste gemeenskap, inteendeel die mens is die moeder van Satan want die mens (Eva) is die moeder van ALLE lewe/gees. Ontken jy hierdie vers in die bybel? Stem jy saam? Ja of nee? Of dink jy hierdie vers is ‘n leuen wat sê Eva is ma van alles wat lewe?
Of ontken jy dat jy Eva is?
Alle liggame van alle lewende wesens op aarde word Eva genoem.
Ek sê; ook die diere en voëls en visse se liggame word Eva genoem, logies so.

Jy verstaan nou ook dat die eerste lewe tweeslagtig was en het nie ‘n ander wese nodig gehad om voort te plant nie.
Hemel en aarde het mekaar aan die lewe gehou.
Aarde is die baarmoeder van God/die skepping en sy gee lewe aan alle lewe. Hemel is die saadsak van die skepping om die baarmoeder te bevrug.
Klank en gehoor is op land geskep nie in die water of in die hemel nie.
Die betekenis van Moses is; om uit die water te trek bedoelende; om die wesens wat uit die water/see gekom het in land diere te verander en om hul sintuie te ontwikkel.

Die bybel sê almal is gedoop met die gees van die Rooi see, bedoelende vis.
Jy het nie aarde toe gekom om te lewe nie maar om te sterf en nadat jy gesterf het is die lewe, dit is logies.

In ons volgende bespreking bespreek ons hoe ons sigbare wesens geword het. Jy sal meer omtrent Satan leer.
Jy sal leer aangaande die geboorte van Ismael. Jy sal leer omtrent die Rooi Draak soos beskryf in Openb. en hoe hy gebore is en die betekenis van sy tien horings en sewe koppe.
Vir die eerste keer in die mens se geskiedenis word dit openbaar.
Die Seun van die mens seën jou
Johannes.

No comments: