Wednesday, January 10, 2007

DIE TORING VAN BABEL hoofstuk 10.

HOOFSTUK 10.


Sommige mense mag dalk sê; alles waarin ek glo het gebeur, daarom MOET dit waar wees!!!!
Ja, alle leuens is waar, maar NOOIT DIE WAARHEID NIE.



DIE TORING VAN BABEL.


Gen. 11;1; die hele aarde het dieselfde “taal” gehad en een en dieselfde “woorde.”
Vers 2; en toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle ‘n laagte in die land Sinear, en daar het hulle gaan woon.
Die bybel soos voorheen gesê, is geskryf in gelykenisse, simbole, raaisels, en spiëel beelde, en dit is ook nie in volgorde geskryf nie.
Om hierdie rede sê vers twee in der waarheid; soos die tyd verloop het en die brein in ‘n twee lob brein ontwikkel het, het die aarde ‘n soortgelyke manier van denke en aanbidding gehad.
Vers 4; hulle sê; kom laat ons vir ons ‘n stad bou en ‘n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik, en laat ons vir ons ‘n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.
Vers 3; daarop sê hulle vir mekaar; kom laat ons stene vorm en dit goed brand. Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en die lymgrond vir klei.

Die betekenis van lymgrond is teer, ‘n by-produk van olie; hierdie “eerste” toring is in Irak gebou waar daar volop olie en teer is.
Die woorde “kom laat ons”/of die engelse “Go to” beteken; God gee of God bring voort/skep.

Ons kan nog baie sê oor hierdie toring wat in die hemel opgegaan het en ‘n “gat” in die osoon laag gemaak het, wat ‘n simbool is van die sewende koepel wat oopmaak.

Vers 5; toe daal die HERE neer om die stad en die toring te sien waaraan die mense kinders gebou het.
Vers 6; die HERE sê; daar is hulle nou een volk en een taal. En dit is net die begin van hulle onderneming; nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie. (die oorspronklike sê; wat hulle kan verbeel om te doen.)
Verbeelding het eers ontwikkel na die koms van Jesus, en daarom praat dit van die koms van Jesus, want hy is die een wat verwarring gebring het soos hyself gesê het. Hy het gesê; stuur my en ek sal oorwin.
Vers 7; kom laat ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.
Vers 8; so het die HERE hulle dan oor die hele aarde verstrooi en hulle het opgehou om die stad te bou.
Vers 9; daarom het hulle dit Babel genoem, want/omdat daar het die HERE die taal van die hele aarde verwar.

Die naam Babel of Babilon beteken verwarring; eers was daar verwarring en toe is die stad Verwarring genoem.

Logies is hierdie nie ‘n toring soos jy ‘n toring ken nie, dit is ‘n gelykenis van iets anders.
Waarom sal God bekommerd wees oor ‘n toring wat met stene gebou is en wat “die hemel kan bereik?” Dit is tog belaglik!!!
Horeb en Golgota verduidelik wat hierdie toring en stad is.
Horeb verduidelik wat die toring van Babel beteken, maar Golgota verduidelik dit selfs beter; ons sal eers met Horeb deel.

Horeb is soos verduidelik die beeld van God, maar is ook ‘n simbool van die geestelike heerlikheid van God. Hoe hoër die berg hoe meer heerlikheid.
Ek sê; hoe hoër die berg hoe hoër het die gees in die hemel opgevaar, of hoe hoër het die toring in die hemel opgevaar.
Ons praat dus van ‘n geestelike toring wat die hemel kon bereik.
Alle, enige gees = God. Ek sê; jou asem = God, jou gedagtes = God, jou hond se asem = God.

Ons was nie toegelaat om die berg aan te raak nie, maar die aanraking is die simbool van; moenie ‘n toring na die hemel bou nie, of moenie dat jou gees opvaar na die hemel nie, na God of moenie “dinge” verheerlik nie.
Ek sê; ‘n toring is die simbool van hoe die mens se gees opvaar na die hemel, en spesifiek waar ‘n groot groep mense soos by ‘n kerk byeenkoms deur geloof en verheerliking, heerlikheid gee aan iets spesifiek, of ‘n sport byeenkoms waar jy jou span saam met duisende ander luid toejuig.

Waarom moet ons nie ‘n toring bou/opklim na die berg nie?
Omdat die hipotese is; God is bo op die berg, wat simboliseer dat God verhewe is in die hemel en ons moenie opklim om hom aan te raak nie of ons moenie ‘n geestelike toring na die hemel bou om God aan te raak nie.

Ex. 19:12; jy moet vir die volk ‘n grens rondom aanwys en sê; pas op dat julle nie op die berg klim of sy voet aanraak nie. Elkeen wat die berg aanraak, moet sekerlik gedood word.
Vers 13; geen hand mag hom aanraak nie; maar hy moet sekerlik gestenig of sekerlik met ‘n pyl geskiet word; of dit ‘n dier of ‘n mens is – hy mag nie lewe nie. As die ramshoring lang geluide blaas, mag hulle op die berg klim.
Die ramshoring wat blaas is die sewende basuin wat nou blaas en ons mag nou die berg klim.

Kom ons bespreek nou hierdie twee verse;
Wys ‘n grens aan ---
Wat is hierdie grense?
Die grense is die tien gebooie wat sê; jy mag nie…
Wat beteken hierdie grense?
Dit beteken; indien jy die gebooie kan nakom sonder om hulle te oortree, dan mag jy die berg klim/die toring bou na God, jy sal dan soos God word, in sy teenwoordigheid wees sonder om ooit weer te sterf!!!!
Niemand kon dit nog regkry nie, bloot omdat dit onmoontlik is om die berg te klim sonder om die gebod te oortree, terwyl jy vleeslik is. Dit is die rede waarom ons sterf en wat meer is, ook diere sterf as hulle die berg aanraak.

Jy mag nou redeneer en vra; is dit nie onregverdig nie, want hoe kan ‘n dier die gebooie onderhou?
Ja natuurlik is dit vir beide mens en dier onregverdig, maar verseker vir die dier want die mens is baie beter toegerus met intelligensie.
Nietemin, dit is eintlik baie eenvoudig; elkeen, enigeen wat ore het sal sterf, want ons is die gekose geslagte lam.

Ex. 19:11; eers na twee dae, 2000 jaar, wanneer die sewende basuin blaas, mag ons die berg bestyg.
Waarom mag ons die berg na twee dae bestyg?
Omdat ons eers ons klere moes was, bedoelende ons moes ‘n aanvaarbare gees “word” en intelligent genoeg wees om minstens die liggaam te onderskei.
Ex. 19:10; gaan na die volk en heilig hulle VANDAG EN MORE.
Vandag en môre = die 2000 jaar waar Jesus Christus in die graf is, terwyl hy sy klere was = die afgelope 2000 jaar.
Nie alleen moes ons ons klere was nie, maar ons moes ook die berg heilig maak.
Ex. 19:23; --- baken die berg af en heilig dit --- (heilig die berg, heilig God.)
Ex. 19:13; ---- as die ramshoring lang geluide blaas, MAG hulle op die berg klim.
Wat beteken dit, --- wanneer die basuin lang geluide blaas?

Wanneer die sewende koepel in jou brein oopgaan, dan is dit die sewende basuin wat blaas, wanneer jou geestelike oog oopgaan.
Wanneer sal hierdie sewende basuin blaas?
NOU, MET DIE UITGAAN VAN HIERDIE MANUSKRIP NA DIE MENSDOM!!!!
Ex. 19:11; ---- hou hulle gereed teen die DERDE dag; want op die derde dag sal die HERE voor die oë van die hele volk op die berg Sinai afdaal.
Die derde dag is die dag wat begin aan die einde van die laaste twee dae, naamlik aan die einde van 2000 jaar, en dit is NOU.
Wanneer dit sê; voor die oë van die hele volk, beteken dit nie dat dit ‘n sigbare verskyning is nie, maar jou geestelike oog sal oopgaan.
Die derde dag duur ‘n duisend jaar.

Geestelik het ons die berg geklim.
Ons het ‘n goue dier/kalf gemaak en die eerste vier gebooie oortree en gesê; dit is ons God, soos Jesus as God byvoorbeeld. Lees ex. 32:1-6.
Ons het ook die vlees en bloed van hierdie dier geëet, bedoelende, ons het die gees van die dier gedrink, en hierdie gees het as ‘n toring opgevaar om God te bereik.

Hierdie geestelike toring word as die rooi draak met sewe koppe en tien horings en vier vlerke beskryf. Openb. 12:3.
Hierdie toring is die toring van gehoor, toe die oor by Horeb oop gegaan het.
Dit is dus duidelik dat ons die berg geklim het, met ander woorde ons het ‘n toring na die hemel gebou/na die top van die berg, en moes dus sterf, want ons het die berg geklim deur vier gebooie te oortree.
Hierdie toring van gehoor simboliseer; ons het na die STEM van die vrou Sinai geluister.

In Ex. 32 verse 1-6 lees ons hoe die mense ongeduldig geword het omdat die een wat hulle moes lei, Moses, “nie terugkeer van die berg af nie.”
Moses was die een om hulle na God te lei, om hulle te wys hoe om ‘n toring te bou na God, sonder om hul lewe te verloor.
Hy is die een om hulle te wys hoe om hul klere te was sodat hulle heilig kon word en om terselfdertyd God te heilig, want God het boos en onvrugbaar geword en wou weer geheilig en vrugbaar word.
Ons het ons klere gewas deur sekere dinge soos reeds bespreek te heilig.

Nietemin, die volk het by Aaron aangedring om “’n toring te bou.”
Hierdie mens dier kon slegs aanbid wat hy met sy naakte oog kon sien, en Aaron het ‘n goue kalf gemaak en gesê; hier is julle Gode.
Vers 6; en hulle het die ander dag vroeg klaar gemaak en drankoffers geoffer en dankoffers aangebring; daarop het die volk gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan om te speel.

Om te eet en te drink is die simbool van; die eet en die drink van die gees van die goue kalf. Hulle het opgestaan = opgerys/opgevaar na die hemel, ‘n toring gebou.
Dit is ook ‘n simbool van die nagmaal(tyd).
Onmiddelik het God geweet, die toring het hom bereik in die hemel/berg en hy sê aan Moses; vers 7, gaan heen, klim af, want jou volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, het verderflik gehandel.
Omdat die volk die eerste vier gebooie oortree het, is hierdie gees gebore en het opgevaar na die hemel/God; hulle het met ander woorde die berg aangeraak deurdat hulle die eerste vier gebooie oortree het en moes nou sterf.

Vers 19; moses het afgekom/neergedaal/geval en die goue kalf gesien en Moses het die tafel met die gebooie gebreek, die beloftes van God en het die kalf gemaal tot poeier, dit op die water gegooi en die volk dit laat drink.
Kom ons bespreek hierdie twee verse;
Christus was bo-op die berg en het ‘n geestelike gebod geskryf, maar die mense was vleeslik en kon dit net sigbaar verstaan en hierdeur het Christus dus vlees/sigbaar geword vir ons en die eerste belofte is verbreek en het nou ‘n fisiese gebod geword.

Water = gees, en die maal van die kalf tot poeier beteken dat die volk nou die bitterheid van die gees deur hulle verwek sal drink en sterf.
Goud smaak bitter.
Voorwaar, vers 27; -- laat elkeen sy swaard aangord aan sy heup, gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen sy broer en elkeen sy vriend en elkeen sy naaste doodmaak.
Vers 28; daar het drieduisend mense gesterf daardie dag.
In elk geval het almal in die woestyn gesterf.

Hierdie was die geboorte van Ismael die sintuig van gehoor --- die wilde een, met sy ma as Sinai, wat nou geboorte gee aan hulle by die voet van die berg. Ek is seker daarvan dat jy die “wildheid” van hierdie wesens kan verbeel toe die oor begin oopgaan.
Ek sê; die slawe is gebore.
Ek sê; die geslagte lam is gebore.
Ek sê; die mens het nou skuldig geword en het die seun van die verderf geword, en sal nou terugkeer tot stof.
Ek sê; die sigbare berg/Sinai/Hagar is die ma van hulle aan die voet van die berg.
Ek sê; die mens sal voortaan in die plek van God sterf, wat boos geword het.
Die geboorte van gehoor het hierdie dier- mens ‘n wrede dier gemaak.

Ons kan nou na ‘n ander prent kyk aangaande hierdie gebeurtenis.
Openb. 6:9; toe hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar (die altaar wat Aaron vir die goue kalf gebou het) die siele van die wat gedood is terwille (in die plek van God) van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.
Vers 10; en hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê; hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie.
Hieruit is dit duidelik dat ons op die aarde die geslagte lam is.
Openb.12;3; en ‘n ander teken/wonder het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings en op sy koppe sewe krone.
Die krone dui aan dat God hulle as heersers aangestel het.
Vers 4; en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. (ons die verkoses.)
Die stert simboliseer die predikers as die profeet van die “goue kalf”/ Jesus as God en ons wie die predikers volg is die verkose een wat deur die stert van die draak meegesleep word en op die aarde gewerp is.

Kom ons bespreek nou hierdie twee verse;
Die betekenis van ‘n teken/wonder = ‘n teken, ‘n wonderwerk of om te kenne te gee of te openbaar.
Hoe vreeslik hierdie draak ookal mag lyk, dit is ‘n groot wonderwerk of openbaring, want God is nou losgekoop deur hierdie een derde van die hemelse wesens, wat vrywillig gekom het om te sterf, om diens in die vlees te doen, en om terwille van die Skepping/God te sterf en om weer gees te gee aan die sterwende skepping. Dit praat van jou wat gewilliglik vir God gesterf het en daarom sal jy al die mag en eer ontvang, want dit is die “omkoop geskenk” wat jy ontvang in ruil daarvoor dat jy die stukkie geneem het en die martelaar vir God geword het. Jy is Judas wat die omkoop geskenk geneem het.

Die oopmaak van die vyfde seël in openbaring 6:9 is die oopgaan van die gehoor sintuig, of die blaas van die vyfde basuin, of die vyfde koepel wat oopgaan. Die mens het die seëls oopgemaak.
Dit is eers nou dat gehoor vir die hele skepping oopgaan, want voorheen het hulle geen gehoor gehad nie, geen klank was bekend nie, en daarom is dit ‘n wonderlike gebeurtenis, ‘n wonderwerk!!!

Wetenskaplikes stuur klank seine die ruimte in, in die hoop om met moontlike lewe kontak te maak, maar hulle het hul tyd gemors, want daardie wesens ken nie klank nie, hulle kan nie hoor nie.
Eers nou as die dak van Noag se ark verwyder word, sal klank ‘n werklikheid wees vir hulle, vir die eerste keer.
Ek sê; eers nou met die oopgaan van die sewende koepel, die sewende seël, die dak van Noag se ark, wanneer die sewende basuin blaas, sal die hemele oopmaak na die interplanitere hemele, na hulle en na ons, die uitspansel/dak sal verwyder word en ons sal kennis deel.
Dit is die sending van hierdie profeet; om jou sewende koepel te laat oopgaan en die hemele na die derde hemel sodat jy die Lewendmakende Gees kan ontvang wat Jehovah genoem word, ‘n gees wat homself vir ewig energeer.

Jy moenie Horeb of Sinai sien as ‘n gebeurtenis van ‘n dag of twee nie.
Ek sê; die oopmaak van die oor het twee dae geneem om ten volle te ontwikkel, naamlik 2000 jaar, maar ook dit is simbolies want dit het waarskynlik miljoene jare geneem. Twee dae = 6,666 biljoen jaar, die periode vandat die seelewe op land gegaan het nl. die vyfde en sesde dag.
Horeb en Golgota is dieselfde gebeurtenis beskryf deur twee verskillende oë of intelekte.
Ek sê; Jesus het gesê; ek is die begin en die einde en begin en einde is op presies dieselfde oomblik en kan nie geskei word nie.
Ek sê; aan hulle wat die genade ontvang om te verstaan wat ek sê, wanneer ek sê; NOU, HIERDIE is die begin en die einde.


Jesus het gesê; daar kom ‘n tyd dat ek nie deur gelykenisse tot julle sal spreek nie maar, reguit uit die perd se bek, en dit is nou.
Hy het ook gesê; as julle nie die aardse dinge verstaan nie, hoe sal julle die hemelse verstaan/die geestelike?
Dit is nou dat hy met julle oor die hemelse dinge praat en die vraag is; verstaan jy?


Grace.


Give grace my Lord
For we are carnal and
We live in fear and pain
In uncertainty of the future
We can only see, what we see
Open up my God to thee
Open up my soul in thee
Open up my spirit towards thee
Wisdom Lord I plea
I love you mother and father
Pardon me, my father
For mothers name I mention first
She has shared my pain
But now my GLORY!!!
Let we all now be one in thee
Judas your beloved,
How wonderful is love!!!!!




Wind van die liefde.


Waar het die liefde sy bevrug gevind
In die oggendwind het sy aangekom
En het ons saam ontwaak
Ek sien haar in my drome
Sy het die gedaante van ‘n vrou
In oggend dou ontwaak sy
Ek skep haar met die stroom van my gedagtes
Ek sien die strale van die son
Weerkaatsend op haar borste
‘n druppel van die hemel dou
blinkend op haar tepels, soos
die eerste liefdes druppels
sag en glad as ek dit raak met my verlange
strelend is my gedagtes hande
weerkaatsend in my oë as ek jou beraak
jy is die mooiste, mooiste vrou
ek het jou gebaar, ek het jou lief
met liefdes sperm van my gedagtes
het ek jou gevorm, en het jy
ontwaak, dit is die liefde
hier by my, het ek en jy mekaar gevind
met liefdes dou het jy my omvou binne jou
maar soos die strale van die son dan rek
en die dou druppels belek
so het jy dan ook verdwyn
maar net tot môre
as die nuwe dag hier binne my,
my gedagtes wek
dan sien ek jou weer
en jy is die mooiste, wanneer
ons weer mekaar ontmoet
in ons verrukkings wind
dan sal ons baar die liefde,
ONS KIND!!!!
Johan.


Poësie profeet?

HERE u weet
Ek is geen poësie profeet
Ek weet daar minder van
As ‘n doemprofeet wat sê
hy weet
Of ‘n kat wat sê
Hy ken safraan
Maar dit bly so mooi vir my
As u hier so deur my spoel.
Maar, Erasmus vir ewig en u vir my
Vir altoos en vir altyd, altoos…..
Erasmus.


Openb. 6:14; “toe die draak gebore word”, het die hemele weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word.
Ek sê; die ou hemel is opgerol en ‘n nuwe hemel is uitgerol naamlik, die tweede hemel en dit is vooruitgang.

Daar is nog twee torings om te bespreek en dit het betrekking op Jesus en die laaste profete. Die eerste toring in verband met Jesus is sy vleeswording, waar hy sigbaar as ‘n bewegende voorwerp vir die naakte oog verskyn het.

As ons nou deur ‘n ander oog na berg Horeb en Sinai kyk dan sien ons Jesus/Mo Hammed/Abraham as berg Horeb of berg Golgota of berg Moria of berg Mecca. Mo Hammed het gekom om te waarsku dat ons nie torings moes bou nie, bedoelende geestelike torings; hy het gesê selfs die grafte moes nie opgeheuwel word nie maar gelyk met die grond wees.
Nietemin, Mo Hammed se volgelinge het ‘n moskee bo-op sy graf gebou.
Ek sê; sy volgelinge het ‘n geestelike toring op sy graf gebou en hom verheerlik, hom “uit sy graf gebring” iets wat hy ten strengste verbied het.
Sy volgelinge verwag dat hy ook na daardie selfde plek sal terugkom.

Christene het presies dieselfde gedoen, en ‘n geestelike toring bo-op Jesus se graf gebou, hom uit sy graf gebring, en verwag dat hy weer na Jerusalem sal terugkeer.
Vir beide Muslem en Christen, dit sal verseker NIE GEBEUR NIE.
Die skrifte sê so. Ons praat later hieroor.

Alle gelowe annekseer die sogenaamde Jerusalem in Israel as hul heilige stad en land.
Die geveg aangaande Jerusalem is ‘n oop boek aan ons almal; ons sien dit elke dag op tellevisie, die verwarring en mense wat sterf.
Maar is dit die heilige stad?

Die huidige Jerusalem was ‘n idée om ‘n “nuwe” Jerusalem te bou en het sy oorsprong in die laat 1800’s en begin 1900’s.
Aanvanklik het die sioniste die idée gehad om die “nuwe” Jerusalem in of Argentinia of Uganda te bou, maar het toe besluit op Palestina die sogenaamde verlore vaderland.

Omtrent al die gelowe het dit aanvaar as die “nuwe” Jerusalem, waar die tempel weer gebou sal word en vir sommige gelowiges, waar Jesus weer sal terugkeer. Hulle sê dit is die geboorte plek van Christus of stad van Abraham waar Christus hemel toe gevaar het, dieselfde soos Mecca, waar Mo Hammed hemel toe gevaar het en hulle sê God het hulle laat opvaar.
Die waarheid is; die volgelinge het hulle laat “opvaar”.



Wie is Jerusalem?

Kom ons kyk wie Jerusalem werklik is en debateer wat daar gebeur het.
Gen. 11:7; laat ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.
Die rede vir God om neer te daal is dus; OM VERWARRING TE SKEP onder die geloof van die mense, sodat hulle nie hierdie gesamentlike toring sou bou nie, sien vers 6, of minstens dat hulle verskillende torings sou bou om hul sending te vervul.

Om hierdie rede kom Jesus dan, en sy sending of die verklaring van sy sending is; Luk. 12:49 en 51. ek het gekom OM VUUR op die aarde te werp –
Dink julle dat ek gekom het om vrede op die aarde te gee? NEE, ek sê vir julle, MAAR EERDER VERDEELDHEID/VERWARRING.
Dit is duidelik dat die toring van Babel na Jerusalem verwys.
Math. 13:34; al hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse vir die skare gesê en sonder gelykenisse het hy vir hulle niks gesê nie.
Vers 35; sodat vervul sou word wat deur die profeet gespreek is; ek sal my mond open deur gelykenisse; ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af.
Ons is nou besig om hierdie verborge dinge te openbaar, waarvan die meeste ‘n geheim was tot nou.

Mark. 3:12; hy het hulle herhaaldelik streng gebied om hom nie bekend te maak nie

Die vuur waarvan Jesus praat is die Heilige Spook/Skim.
Die Heilige Spook is ‘n aardse gees wat VUUR genoem word.
Math. 3:11; --- hy sal julle doop met die Heilige Spook en met vuur.
Hierdie gees genoem Heilige Spook, is die gees van die dooies; dit hou jou in ‘n diepe slaap/dit verblind jou sintuie, soos voorheen verduidelik.

Terselfdertyd is hierdie vuur ook bedoel om jou te laat verderf en jou te laat sterf om terug te keer tot stof.
In sy eie woorde is Jesus die een om VUUR EN VERWARRING te bring na die toring van Babel/Jerusalem.
Jesus het in gelykenisse gepraat wat dit vir ons onmoontlik gemaak het om te verstaan, want ons het nog nie die wysheid gehad om die gelykenisse te verstaan nie.
Verder; hy het nie bekend gemaak wie hy is nie.
Openb. 22:16; --- ek is die wortel en die geslag van David, die blink môrester.
Jes. 14:17; -- hoe het jy uit die hemel geval O môrester, Lusifer, seun van die daeraad.

(jy mag vind dat ek baie dinge herhaal wat reeds gesê is, maar ons beskryf dit vanaf ‘n ander hoek en die gelykenisse vloei die een in die ander, maar ek sal my bes doen om dit deur verskillende oë te beskryf. Dit is ook uiters noodsaaklik dat jy die gelykenisse verstaan.)

Jesus is in sy eie woorde die Lusifer, die “vorige” môrester wat uit die hemel geval het. Jy weet nou waarom hy uit die hemel geval het, JY sy liggaam/vrou het hom die vrug van die oog gegee om te eet nadat jy omgekoop is om dit te doen.
Hy is in sy eie woorde die wortel van David en nie die spruit/tak nie.
Die spruit moet nog kom, is nou hier. Sien Sagr. 3:8 en 6:12.

Jesus het die hoeksteen van die fondament van die tempel gelê, jou liggaam/siel. HY HET NIE DIE TEMPEL GEBOU NIE. Kan jy dit ontken?
Die wortel kan nie vrug dra nie, maar wel spruite maak.
Die SPRUIT is die een wat die tempel bou, wat die tempel meet, OM JOU TOEGANG TE GEE NA DIE ALLERHEILIGSTE TEMPEL, en om te meet wie mag ingaan om vrug te dra/’n oes te lewer.

Wat of wie is hierdie vuur waarmee Jesus gesê het hy ons sal doop?
Kom ons kyk wat God gesê het van die gevalle môrester.
Eseg. 28:2; mense kind sê aan die vors/prins van Tirus/Lusifer; so spreek die Here HERE; omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het; ek is ‘n God, ek bewoon ‘n godewoning in die hart van die see (see = gees) – terwyl jy tog ‘n mens is en geen God nie – en jou hart gemaak het soos die hart van ‘n God.
Die betekenis van Tirus= die God van die aarde, naamlik Satan is die prins/God van die aarde, ‘n aardse idool.
Tirus beteken verder; om die mond te sluit/die een wat homself nie bekend maak nie.
Dit beteken ook; die een wat die bodemlose put van die see gesink het.
See = gees, dus ‘n geestelike put gesink het.

Vers 8; in die kuil/hel sal hulle jou laat neerdaal, en jy sal in die hart van die see die bittere dood sterwe van een wat verslaan is. (soos ons verkondig die geval met Jesus was.)
Vers 13; jy was in Eden, die tuin van God (in jou gesig as jou man)
Hy was die een in jou brein/jou voorkop, jou man/gees wat deur Kain vervang is omdat jy boos geword het.
Vers 14; jy was die gesalfde gerub met uitgespreide vlerke wat beskut ---
Die betekenis van beskut = deurvleg/verweef as ‘n beskutting; by implikasie om te omhein, om te oordek, te beskerm, te verdedig, om saam te voeg en nog meer.
Dit spreek vir homself, maar ons kan byvoeg, om ewige lewe te gee.
Sien ook Gen.2:15.
Vers 15; jy was volkome in jou weë van die dag af wat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is.
Jy weet nou hoe hy met ongeregtigheid gevul is.
Vers 16; weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; DAAROM het ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe. (uit die tuin verdrywe)

Voorheen was sy werk om, soos verduidelik, ewige lewe te gee, maar die mens, sy liggaam het gesondig en hom gevul met sonde deur middel van die man die sigbare as voedsel te gee deurdat ons idole aanbid het. Dit het dus veroorsaak dat die môrester/Christus uit die hemel gewerp is, uit die berg/die heerlikheid van God.
In der waarheid sê dit dat jy ‘n idool van jouself gemaak het.


Hierdie het meegebring dat die ewige gees in die brein vervang is deur Kain of Satan, die gees van die sigbare. Al hierdie dinge was ‘n beplande aksie met onder andere om kennis te “pluk” omtrent die sigbare helfte van die skepping, maar ook om die skepping met ‘n lewende siel te energeer.
Kom ons som op; die ewige gerub/Jehovah is vervang met ‘n gerub met ‘n vlammende swaard/Satan, wie se sending nou was om jou te laat sterf maar om ook kennis in te win.
Die vuur waarvan Jesus praat is hierdie gerub/Satan wat ons verwar om ons weg te hou om te pluk van die boom met ewige vrugte.
Hierdie gees is bedoel om jou te verteer totdat ons genoeg intelligensie het.
Eseg. 28:18; --- daarom het ek ‘n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer en ek het jou tot as gemaak (jou tot stof laat terugkeer) op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.
Vers 19; al jou bekendes onder die volke is ontsteld (oorspronklike sê; verstom/verslae) oor jou; (soos die geval nou sal wees met die uitgaan van hierdie skrywe) jy het ‘n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.

Wat sê hierdie twee verse vir ons.
Die vuur uit ons midde wat ons verteer is die gees in die voorkant van die brein; die saad van dood is in die brein, maar kan in ‘n saad van lewe verander word, maar totdat dit gebeur sal ons sterf, na die verderf gaan, terugkeer tot stof.
Soos vers 19 sê; nooit sal jy meer wees nie, want die mens is geskep om net een dag te leef, die sesde dag om siel te gee aan die skepping en wanneer dit voltooi is, is sy sending verby/volbring, en sal hy, die duiwel vernietig word.
Die duiwel = die menslike liggaam, maar die duiwel IS NIE = Satan, want Satan is die gees van die duiwel, die geestelike kind aan wie die mens geboorte gegee het.
Dieselfde met Jesus = die menslike liggaam, maar Jesus IS NIE = Christus, want Christus is die gees van die liggaam, dit is AS JY KAN ONDERSKEI.

Verder sê vers 19; ALMAL WAT JOU KEN SAL VERSTOM WEES OOR JOU.
Dit sê; almal wie Jesus ken sal verstom wees.
Sal jy dit aanvaar as waar of sal jy dit ontken soos die bybel sê; die duiwel is ‘n leuenaar gebore? Sal dit vir die kerk moontlik wees om hul blindheid te erken? God het jou verblind maar die bybel sê ook dat jy hierdie openbaring sal verwerp soos jy reeds gedoen het, vir jou eie redes.
Nou kom die skrif in vervullig wat sê; Jes. 14:16-17; die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en sê; is dit die man wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het? Die wêreld soos ‘n woestyn gemaak en sy stede verwoes het (deur oorlog en terreur), wat sy gevangenis nie losgelaat het huistoe nie?

Wat beteken dit; hy het sy gevangenis nie laat huistoe gaan nie.
Ons is sy gevangenis want hy sit in ons brein, en hy hou ons gevange, want hy verblind ons en solank ons hom as God verkondig sal ons sy gevangenis bly, totdat ons kan onderskei. Kan jy onderskei? Kan jou predikant wat jou geestelike aanvoerder en vader is onderskei?
Die bybel sê ons hou aan om die een wat ons slaan te aanbid.

Hoe het hy ons verblind?
Deur ons te verlei.
Hoe het hy ons verlei?
Hy het homself God genoem. Lees Joh. 10: 22-42.
Hy het gesê; Gen. 3: 4-5; --- julle sal gewis nie sterf nie ----
Joh. 6:54; hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe –
Hy het gesê jou oë sal oopgaan.
Gen 3:5; God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal “dan”oopgaan –
(Dieselfde dag)
Luk. 24:30-31; -- hy het gedank en die brood gebreek en dit aan hulle gegee, toe is hulle oë geopen, en HULLE HET HOM HERKEN.

Hierdie brood wat Jesus aan ons gee, is ‘n simbool van die vrug van kennis of die bewys dat ons hom vlees gemaak het, want hulle het hom herken nadat hulle die vrug van die oog geneem het.
Om hom te herken beteken om hom as God te aanvaar. Om hom te ken moes ons die vrug van kennis eet.
Dit is ook die simbool van die nagmaal wat in sekere kerke gebruik word.
Dit is ook ‘n simbool van die vrug van die oog, want dit is die vrug van die oog wat die oog geopen het na die pluk van die vrug, logies.
In hierdie geval is die vrug van die oog; ons het Jesus die mens/profeet as God aanvaar en daardeur het ons drie gebooie oortree en een uit hulle gemaak en gesê; JESUS IS ONS GOD.

Hy het gesê; julle sal gode word/soos God.
Gen.3:5 ---- julle sal soos God wees –
Joh. 10:34; -- is daar nie in julle wet geskrywe; ek het gesê julle is Gode nie?
Wanneer het hy dit gesê?
Hy het dit in Genesis 3:5 gesê.
Deur middel van hierdie dinge het Lusifer die slang (die liggaam Jesus) ons verblind en verlei om die skepsel te volg as God en ons het die omkoop stukkie geneem.

Hy het ons ook ‘n teken gegee om ons te verlei deur te sê; hy sal op die derde dag die Sondag uit sy graf opstaan, wat “bewaarheid is”. Lees Joh. 20:1-10 en Math. 28:1-10.
Deut. 13:1-2; -- as ‘n profeet by jou opstaan en jou ‘n teken of ‘n wonder aankondig, en die teken of wonder kom uit wat hy jou beloof het met die woorde; laat ons agter ander Gode aan loop – wat jy nie geken het nie – en hulle dien.
Vers 3; dan moet jy nie luister na die woorde van die profeet nie—(die profeet, die stem van die vrou)
Joh. 8:12; --- ek is die lig van die wêreld; wie my volg sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

Duidelik was hierdie profeet die vals profeet en om hierdie rede moes hy sterf.
Deutn. 13:5; die profeet of die man wat as dromer optree moet gedood word, want hy het afval verkondig van die HERE julle God.
Die val van die Môrester Jesus, het drie stadiums naamlik; die sesde, sewende en agste dier. Lees Openb. 17:10-11.
Die vyfde dier wat geval het is Moses die tien gebooie, want Jesus het sy plek ingeneem, die plek van die rooi draak.

Ek sê weer; ons moes Jesus volg om die siel te skep en “JESUS” HET NIE GESONDIG NIE; JY SY BRUID/SY LIGGAAM het hom boosheid gegee as voedsel en hy het BOOS geword. Jy het gesondig, die kerk het, want die kerk het hom die verbode vrug gegee om te eet.



Die eerste fase van die dier uit die aarde.


Jesus het gekom om die gebod/wet te vervul, hy het nie gekom om dit te vernietig nie. Math. 5:17.
Ek sê; hy het nie gekom om die rooi draak te vernietig nie maar om hom te versterk.
Die eerste fase of die sesde dier was toe Jesus sigbaar op die aarde geloop het, en homself as God verklaar het, en ons oë het oopgegaan vir die sigbare.
Hy het die aarde vir twee en veertig maande “bewandel.”
Die draak het hom sy krag, sy troon en groot mag gegee. Openb. 13:2-5.
Hy is die eerste Adam wat sy lewe verloor/gegee het, omdat hy die vrug van die boom geëet het, wat sy vrou aan hom gegee het om te eet. Lees Gen. 3.

Onder toesig van Moses het die rooi draak die Israeliete water/gees gegee uit ‘n rots, manna in die woestyn en oorwinning in baie oorloë, maar nou het Jesus die mag en troon van die rooi draak ontvang wat hy by berg Sinai ontvang het.
Die draak wat by Sinai gebore is het nou terug gewyk en sy krag aan Jesus gegee, en dit was dan die val van die vyfde dier/koning, want hierdie koning het nou sy troon aan Jesus die sesde koning gegee.

Ek sê; Moses, priester van die Voorhof het nou plek gemaak vir Jesus die priester van die Heilige kamer om die gebooie ten volle te vervul.
Ek sê; Moses die vyfde koning, die koning van gehoor het plek gemaak vir die sesde koning die koning van sig.
Ek sê; die mag van die Voorhof/die Draak is oorgedra aan hierdie “lopende” dier met een horing en oë soos ‘n mens en ‘n mond wat groot dinge spreek, naamlik Jesus. Lees Dan.7:8.
Hy het mense se siektes gesond gemaak onder die krag en mag van die wet. Dit verklaar die magte wat die eerste Adam gehad het voordat hy die vrug van die boom in die middel van die tuin geëet het.
Alle genesings wat huidiglik in die kerk geskied, gebeur onder hierdie mag, en daarom word slegs siektes wat verband hou met die siel genees. Ook dokters en medisyne resorteer onder hierdie magte.

Hy het homself as die seun van God verklaar en alle mense het die dier met sewe koppe en tien horings gevolg, en op sy koppe ‘n naam van godslastering naamlik; ek is die seun van God. Lees Openb. 13:1.
DIE HELE WêRELD HET HIERDIE DIER GEVOLG. Lees Openb. 13:3.
Miskien sê jy; ek het nie hierdie dier gevolg nie! Ek veronderstel dat jy dan ook sal sê dat hierdie vers ‘n leuen is; dit moet dan ‘n leuen wees, want die bybel sê; die HELE wêreld het agter die dier aangegaan.
Ja, die kerk ontken dit en sê hierdie gebeurtenis moet nog in die toekoms gebeur, maar sal jy dit nou ontken?
Verstaan jy dat jy vir God gewerk het?

Openb. 13:3; ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond
was ----
Wat beteken dit en watter een van die sewe koppe was gewond?
Dit is die kop met die vier horings wat een horing geword het wat gewond was.
Ek sê; dit is die kop met een horing en oë soos ‘n mens en ‘n mond wat groot dinge spreek, naamlik dit praat van Jesus.

Dan. 7:8; terwyl ek op die horings ag gee, kom daar ‘n ander horinkie tussen (tussen die tien horings) hulle op, en drie van die vorige vier is daarvoor ontwortel –
Dit sê; drie horings is heeltemal geignoreer/oortree en een horing is uit hierdie vier gemaak.
Ons het reeds verduidelik dat een kop vier horings of gebooie gehad het, naamlik die eerste vier gebooie.
Die drie horings wat ontwortel is, is die tweede, derde en vierde gebod naamlik;
Die eerste gebod; Ek is die HERE jou God, jy mag geen gode voor my aangesig hê nie.
Die tweede gebod; jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gekykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
Die derde gebod; jy mag voor hulle nie neerbuig en hulle dien nie.
Die vierde gebod; jy mag die naam van die HERE jou God nie ydelik gebruik nie.
Hierdie laaste drie gebooie is ontwortel, geignoreer, oortree en een gebod/horing is van hulle gemaak naamlik die eerste gebod wat sê; ek is die HERE jou God –

Jesus is dus hierdie kop met een horing, en met oë en ‘n mond van ‘n mens en hy sê; ek is die HERE jou God, volg my, aanbid my.
Het jy hom aanbid?
Indien jy hom aanbid het, dan het jy sy No 666, die No van die siel.
As jy dalk sê; ek is muslem en ek het nie my profeet aanbid nie, dan is jy iemand sonder ‘n siel en ongelukkig sal jy dan ‘n verdere 1000 jaar moet wag om wakker te word. Is jy ‘n siel? Jy moet ‘n besluit maak, jy kan nie soos ‘n tak in die wind waai nie.

Openb. 13:3; hierdie kop/Jesus is dodelik verwond ----
Hy is gevange geneem, gekruisig en begrawe.
Hierdie kop met een horing, met oë en ‘n mond van ‘n mens HET GESTERF.
Op daardie oomblik van dood het die sesde engel geblaas en ‘n ster het van die hemel geval op die aarde en die sleutel van die bodemlose put/hel/die graf is aan hom gegee, en hy het die steen voor die graf/hel weggerol vir die sewende dier/koning ---- die een wat uit die graf/aarde op gekom het.Lees Openb. 9:1-2.

Die volgelinge van die vyfde, sesde, sewende en agste dier/konings vaar na die verderf, volgens die bybel. Om na die verderf te vaar beteken nie dat ons na ‘n brandende vuur in die hel gaan soos ons dit al die jare verkondig het nie, want jy IS in die hel; dit beteken slegs dat jy oud word en sterf, soos ons dit ken.

Hierdie vers maak dit dan ook duidelik DAT HULLE WAT NOU HIERDIE PROFEET SAL VOLG, SAL NIE NA DIE VERDERF VAAR NIE, MAAR EWIGE LEWE ONTVANG.
Aanvaar asseblief hierdie aanbod!!!

Ook op dieselfde oomblik van dood het die voorhangsel in die tempel in twee geskeur van bo tot onder. Lees Math. 27:51.
Wat beteken dit?
Die geblaas van die vyfde engel simboliseer die eerste hemel, die hemel van die sintuie, die een waar Moses ons ingeneem het. Die voorhof simboliseer ook die eerste hemel. Die eerste hemel simboliseer ook die troposfeer en tot ‘n mate ook die stratosfeer waar ons normale klank golwe kry.

Die dood van hierdie sesde dier aan die kruis het die volgende hemel, die tweede hemel vir die mens oopgemaak, WANT DIE VOORHANGSEL HET OOPGEGAAN na die volgende hemel.
Gedurende hierdie tydperk voor die kruisiging, het Jesus/die dier self die gebruik van die nagmaal ingestel, die stukkie van verraad of die omkoop stukkie aan ons gegee.
Wat is die implikasies dat Jesus self die nagmaal ingestel het?
In die eerste plek is dit die sigbare bewys dat ons wel die stukkie/vrug van die oog, die vrug van die boom in die middel van die tuin in Eden geneem het.
Tweedens, dit is ‘n “nag maaltyd” soos die woord “nagmaal” duidelik sê, en dit simboliseer die tydperk in die graf --- die tweeduisend jaar van duisternis.
Duisternis bedoel; sonder die lig, sonder Christus, inteendeel dit beteken ons is antichris.
Die nagmaal is die bewys dat hulle wat dit gebruik die Judas is wat God verraai het.
Ja, in der waarheid is Jesus die Judas wat jou verraai het, maar jy is die een wat gely het.
Jy sal Judas moet vergewe. Sal jy Judas vergewe?

Jesus het gesê; Luk. 22:18; ek sê vir julle; ek sal sekerlik nie drink van die vrug van die wynstok voordat die koninkryk van God nie gekom het nie.
Wanneer kom die koninkryk van God?
NOU!!!!!!!
Derdens; dit simboliseer die indompel van die stukkie wat hy aan Judas gegee het.
Judas is ‘n ander naam vir die menslike liggaam, en daarom is ons Judas wat die dompel stukkie gewilliglik geneem het --- die vrug gepluk het.
Judas is die seun van Simon; bedoelende, Judas is die gehoorsame een.
Ek sê; jy is die gehoorsame een wat die vrug geneem het.
Ek sê; ons is die verraaiers, want ons is die Liggaam/Eden.
Ek sê; ek is die verraaier maar ook die een wat God bekend maak.

Vierdens; toe ons die stukkie neem, HET SATAN ONMIDDELIK IN ONS INGEVAAR, GEBOORTE GEKRY IN ONS.
Lees; Luk. 22:3 en Joh. 13:27.
Wat beteken dit as ek sê Satan het geboorte gehad in ons?
Dit beteken dat die gees van sigbaarheid/sig, wat Satan genoem word, geboorte ontvang het.
Dit is die geboorte van die sesde gees van Satan.
Satan is die gees met sy oorsprong uit die sigbare, terwyl Christus se oorsprong uit die onsigbare is.

Vyfdens; dit beteken dat ons die gees van die siel drink en eet.
Die gees van die siel = die gees van die sigbare. Dit beteken dat ons die sigbare dinge gees gee sodat hulle ook lig kan word. Natuurlik beteken dit ook dat die sigbare ook aan ons gees gee. Satan het vir ‘n sif gevra sodat die siel gesuiwer kon word.

Sesdens; dit beteken dat ons Satan aanbid soos sy versoek was.
Die nagmaal is ‘n getuie en bewys dat ons Satan aanbid --- die liggaam soos hy versoek het.

Hierdie dier het die aarde vir 42 maande bewandel, die tydperk van sy/Jesus se prediking. Lees; Openb. 13:5.


Die tweede fase van die dier, die sewende dier/koning.


Die tweede fase of die sewende koning het begin toe hy uit die graf uit gekom het, toe die graf oopgemaak is.
Openb. 9:1; ek het ‘n ster uit die hemel op die aarde sien val en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee.
Math. 28:2; --- ‘n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit. (die graf het oop gegaan).
Vers 3; en sy gedaante was soos weerlig ---
Luk. 10:18; ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val ---

Openb. 13:3; --- sy dodelike wond is genees ---
Sy dodelike wond is genees want hy het opgestaan/weer lewendig geword.
Die graf/put/hel het oopgegaan want die rots wat die deur van die hel verseël het is weggerol op die derde dag na die kruisiging.
Hierdie dier/koning uit die see/geloof het die sleutels wat die hel oopmaak gehad, Openb. 9:1; hy het gesê hy sal weer opstaan.

Die oomblik van dood of die oomblik toe die graf oopgaan was die oomblik toe die sesde engel gebore is. Lees Luk. 23:46.
Dood en lewe is op presies dieselfde oomblik en kan nie geskei word nie. Dit was die oopgaan van die tweede hemel toe die voorhangsel van bo tot onder geskeur het. Lees Math. 27:51.
Dit simboliseer die skeuring van die hemel (Jes. 64:1), die koepel/uitspansel tussen die eerste en tweede hemel het geskeur.
Ons het toe toegang verkry na die tweede hemel, naamlik die mesosfeer, 70-90 klm. vanaf die aarde waar normale klank golwe volop is.

Die oomblik toe hy uit die graf kom is die oomblik van hemelvaart van hierdie koning. Mark. 16:19.
Hierdie is die eerste opstanding, die opstanding van die siel, die geboorte van die siel en die geboorte van Satan se sesde gees, en die geboorte van die No 66, die No van die antichris.
Ons kan sê; voor die sterwe van Jesus aan die kruis het ons die No 6 gehad en met die opstanding het ons die No 66 ontvang.
Hierdie No’s simboliseer die vermoë van die mens se brein.
Jy behoort nou duidelik te verstaan dat dit ‘n lang tyd geneem het vir die dood en dus ook vir die opstanding uit die graf, en die 2 dae of 2000 jaar is slegs ‘n formule of gelykenis om die vordering van die mens se brein oor ‘n baie lang periode te beskryf. Daar kan nog baie hieromtrent gesê word maar jy sal verstaan dat die mens die vermoë van verbeelding nie oornag ontwikkel het nie.

Met hierdie nuwe hemel wat vir ons oopgegaan het na die opstanding uit die graf/siel, het ons toegang tot die Heilige kamer ontvang en die besnydenis het uitgedien geraak.
Waarom het dit uitgedien geraak?
Die besnydenis simboliseer die ontwikkeling van die sintuie, ‘n insnyding in die vleeslike sintuie en dit kon nie verder ontwikkel nie, en daarom het ons ‘n nuwe hipotese benodig in die vorm van ‘n lewende God, naamlik Jesus.

In hierdie nuwe kamer, die Heilige kamer, genoem heiligdom of Jesus, betaal ons met ons eie lewe en bloed as die skuldige een wat vir elkeen se sonde moes sterwe.
In hierdie kamer het die mens se naam van Adam tot Jesus verander.
God het hulle naam Adam genoem en nou noem hy hulle naam Jesus, ‘n siel.
Dit is nou ‘n insnyding in die hart, die siel se gees waar dit voorheen in die voorhof ‘n insnyding in die sintuie was.
Hierdie kamer is veronderstel om die mens se verbeelding te ontwikkel.

Heilige kamer of heiligdom het die betekenis van; toewyding aan ‘n man, deur middel van prostitusie of losbandige en wellustige afgodediens van ‘n idool.
Ek sê; dit is ‘n heiligings proses deur middel van afgodediens en prostitusie.
Ek sê; deurdat ons toewyding gegee het aan ‘n manlike idool soos Jesus/Mo Hammed en andere het ons onsself geheilig.
Ek sê; deur middel van ‘n hipotese dat hierdie idool ‘n perfekte persoon is, en deur die begeerte om soos die idool te word, het ons onsself geheilig.

Dit is nie alleen deur Jesus of Mo Hammed nie, maar ook deur rock sterre; om soos die idool te word is die hoof gedagte.
Jy kan nou dalk wonder waarom dit prostitusie genoem word?
Die antwoord is baie eenvoudig; Jesus = die sigbare liggaam, en daarom = vroulik en duisternis.
As ons Jesus dus as ‘n man preek terwyl sy in der waarheid vroulik is, is dit prostitusie, want ons het geestelike omgang, stem jy saam?
Kan jy jou ‘n geestelike kind van so ‘n seks daad voorstel?
As gevolg hiervan, dat ons ‘n vrou as man verheerlik, het ons seks tussen man en man en tussen vrou en vrou.
Die waarheid is dus; die kerk het ons tot afgodediens en prostitusie gebring, want hulle het gesê; kom ons verheerlik hierdie “man.”

Hierdie sewende dier of koning wat uit die aarde opgekom het sal volgens die bybel slegs ‘n kort rukkie regeer. Lees Openb. 13:11 en 17:10.
Die tydperk wat hierdie koning regeer is volgens die hipotese die tydperk vanaf waar hy uit die graf kom tot sy hemel vaart, en dit is wanneer verbeelding oorneem.
Ons het die hipotese dat dit 40 dae geduur het.
Ek sê; vandat Jesus uit die graf gekom het tot sy hemel vaart is 40 dae.
Ek sê; sy regering was totdat die Heilige Spook Gees gekom het.
Ek sê; die Heilige Spook kon slegs kom nadat ons die dier wat uit die aarde opgekom het verheerlik het.

Wat beteken hierdie hemel vaart?
Dit beteken dat die siel (gees van die siel) opgevaar het na die hemel.
Dit beteken dat die gees van die sigbare dinge opgevaar het hemel toe.
Dit beteken dat Satan opgevaar het.
Dit beteken dat die Heilige Spook opgevaar het.
Dit beteken dat dit ‘n geestelike toring is wat opgevaar het.

Die opstanding/oopgaan van die graf is die dier wat uit die aarde opkom. Lees Openb. 13:11.
Wat beteken dit; die dier wat uit die aarde opkom?
Dit beteken; dit is ‘n gees geskep op/uit die aarde, naamlik die gees van Satan/gees uit die sigbare; daar was nog nooit voorheen so ‘n gees in die hele skepping nie, dit is reuse vooruitgang.

Openb. 13:11; hy het twee horings gehad net soos ‘n lam ---
Dit sê; soos ‘n lam want hy is nie die lam nie, ek en jy is die lam.
Die dier wat uit die aarde opkom is die dier wat die swaardwond ontvang het en lewe – lees Openb. 13:14.
Hy het hierdie swaardwond ontvang toe hy aan die kruis gehang het. Lees Joh. 19:34.

Die hemelvaart van Jesus wat aan ons gemeld word in Hand. 1:9 is ‘n simbool van die waarheid; inteendeel alles omtrent Jesus is;
Gelykenisse, simbole, raaisels en spieël beelde van die waarheid.
Jy mag dalk vra; wat is die waarheid, want al hierdie dinge het gebeur?
Die waarheid is dat die hemelvaart van Jesus ‘n simbool is van die siel wat in die tweede hemel opgeneem is na die troon van God.
Ek sê; dit is ‘n simbool van JOU siel wat in die hemel opgeneem is.
Ek sê; dit is die toring van die siel wat opgeneem is om aan die regterhand van God te sit.
Die regterhand van God is sy woord. Die opneem van die siel Jesus kon slegs geskied na die verheerliking van Jesus, bedoelende die verheerliking van die liggaam wat uit die graf gekom het, want slegs dan kon die siel geboorte kry of slegs dan kon die Heilige Spook geboorte kry of slegs dan kon die gees van verbeelding geboorte ontvang en opvaar.

Joh. 7:39; dit het hy gesê van die gees wat die sou ontvang wat in hom glo; want die Heilige Spook was daar nog nie OMDAT Jesus nog nie verheerlik was nie.
Waarom slegs dan?
Deurdat ons die DENKBEELDIGE een wat uit die graf gekom het verheerlik het, het JY die gees van verbeelding ontwikkel = die Heilige Spook Gees.
Dit is jou verbeelding wat jou verblind het.
Ek sê; verbeelding het hom uit sy graf gebring en jy is die graf waaruit hy opgestaan het.

Dit maak dit dan baie duidelik dat Adam ‘n lewende siel geword het EERS NADAT die mense Jesus begin verheerlik het.
Gen. 4:26; Set het geboorte gegee aan Enos en toe het hulle die naam van die HERE begin aanroep.
Set het die betekenis van ses, bedoelende die geboorte van die sesde gees wat Jesus gebring het. Hierdie gees het geboorte gegee aan die sterfling Enos, ‘n indiwidu. Die onsterflike siel het eers later ontwikkel.
Dit maak dit ook duidelik dat jy hierdie Adam is wat ‘n lewende siel geword het nadat jy Jesus begin verheerlik het, en nie ‘n ander enkele persoon duisende jare gelede nie. Dieselfde geld vir alle ander gelowe.
Ek sê; slegs nou is die siel van Adam voltooi en slegs nou kan hy ‘n lewende siel genoem word.
Sodra jy die gees van verbeelding ontwikkel het, word jy ‘n geestelike wese wat sigbare dinge gees gee, want die skrif sê; strome van lewende water/gees sal uit jou binneste vloei, dit is as jy glo volgens Joh. 7:38.
Daar is geen ongelowiges nie, selfs hulle wat glo daar is geen God nie, OOK HULLE GLO, STEM JY SAAM?

Jy kon nie ‘n geestelike wese word mits jy die gees van die Spook/Slaap het nie, wat ‘n gees van verbeelding of van drome is.
ALLE MENSE het die gees van verbeelding en selfs sommige diere.
Om verbeelding te skep het tyd geneem soos jy sal kan “verbeel.”

Dit bring ons nou by die derde fase van die dier naamlik die agtste koning.
Die sesde, sewende en agtste dier is dieselfde dier, maar dit simboliseer die ontwikkeling van die menslike brein gedurende drie fases, genoem die sesde, sewende en agtste dier.
Jy sal nou ook kan verstaan hoe ‘n lae intellek die mens werklik het.


Die derde fase van die dier, die agtste koning.


Hierdie dier het die No 666 wat die intelligensie of vermoë van die mens se verbeelding aandui. Jy is hierdie dier; jy is die antichris, want SES IS DIE NOMMER VAN DIE MENS EN DIE ANTICHRIS.
Jy is die antichris want jy verheerlik en energeer sigbare dinge. Dit was ons sending en ons het damn goed gedoen.
Hierdie is die totpunt van intelligensie van ‘n sterfling. Die volgende vloer is onsterflikheid en ons bespreek dit in die hoofstukke oor die Allerheiligste en die nuwe hemel en aarde.

Alhoewel die finale intelligensie van die mens 666 is, het dit “2000” jaar geneem om dit te ontwikkel soos jy nou kan verbeel.
Verbeelding is die tweede mees kragtigste gees en skepper in die hele skepping.
Ons het verbeel/gedroom om te vlieg, en ons vlieg nou.
Ons het verbeel/gedroom om na ander planete te gaan en ons het.
Die betekenis van verbeel is om te droom en om hierdie rede noem die bybel Jesus die dromer, want hy het hierdie gees gebring.
Weereens wil ek sê; ons moes die dromer volg, want sonder die gees van drome sou ons nie die luuksheid van vandag gehad het nie, maar die belangrikste is; deur te droom het ons geskep; ‘n nuwe skepping, en ‘n NUWE LIGGAAM VIR ONSSELF; ‘n ewige liggaam.

Vir 2000 jaar het hierdie gees ALLE MAG IN DIE HEMEL EN IN DIE AARDE GEHAD. Lees Math. 28:18.
Die skrif sê IN die aarde en nie op die aarde, daar is ‘n groot verskil in betekenis.
Miskien vra jy; waarom het hierdie gees alle mag ontvang?
Omdat die hele skepping in ‘n diepe slaap gegaan het, terwyl hierdie gees die hele skepping ‘n hergeboorte gegee het deur middel van verbeelding.
Die gees was tydelik die regeerder en heerser. Lees Gen. 1:28.
Die sesde gees is die skepper van vorm en fatsoen.

Kerk as die profeet van die dier het ‘n reuse rol gespeel om hierdie dinge te verwesenlik soos, hulle het gepreek en gesê; jy is tot ENIGIETS INSTAAT AS JY GLO, en dit het die verbeelding van sy gemeente grootliks opgewek.
Wanneer jy na die predikers luister sal jy duidelik verstaan hoe die kerk in die algemeen die mens se gees uitlok/wakker maak/aanhits om verskillende dinge te begeer.
Rykdom is een van die dinge, maar behoort die laaste ding te wees om te preek.
Hulle het die “goue kalf” geskep en aan ons vertel dat hierdie goue kalf vir ons sondes gesterf het en dat ons hom moes volg.
Ek sê; hulle het ‘n geestelike toring geskep alhoewel dit ‘n toring van verwarring is bedoelende; baie verskillende gelowe het voortgekom uit hierdie dier, en elkeen verskil die een van die ander met sy eie interpretasie.
Ek sê; deurdat ons Jesus as die geslagte bul verkondig, het ons dit geroep om waar te word en dit is nou vervul; jy het die geslagte bul geword, want jou naam is Jesus, of het jy nie hierdie naam aangeneeem nie? Het die kind nie die naam van sy vader nie?

Openb. 13:12; hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop/daarin woon, die eerste dier aanbid (die een wat die swaardwond aan die kruis ontvang het), waarvan die dodelike wond genees is. (sy wond is genees want hy het weer lewend geword).
Vers 14; hy verlei die bewoners van die aarde, deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen (in direkte sig), deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.
Kan enigeen ontken dat hierdie vers van Jesus praat?
Jy kan ook nie ontken dat dit presies is wat ons in die kerk preek nie, naamlik dat ons ‘n beeld moet maak van die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het nie.
Of muslem wat ‘n moskee oor die graf van Mo Hammed gebou het en hom na die hemel preek en ook sy terugkeer verkondig?
Is daar hulle wat sal ontken dat hy die dier gevolg het? Ontken jy dit?
Hulle wat dit ontken sal sekerlik nie die ALLERHEILIGSTE BINNEGAAN NIE en sal ‘n verdere 1000 jaar slaap.
Jy kan logies nie vergifnis ontvang as jy nie skuld erken nie.
Skuld bekenning gaan gepaard met ‘n boetedoening.
Hierdie verse sê dat die kerk die aanhitser was om hierdie toring en beeld te bou vir die dier, deur ons aan te sê om die een te aanbid wat “vir ons sonde gesterf het” en uit die graf gekom het en vir ewig lewe.
Ander het hierdie voorbeeld gevolg soos rock sterre en het ‘n beeld om hulself gebou, een van die grootste bydraes het van sport gekom met sy mijoene aanhangers.
Die waarheid is, God het JOU NAAM Jesus genoem.
Die bybel sê baie sal voortgaan om nog steeds idole te aanbid en hulle sal ‘n verdere 1000 jaar slaap. Sal hulle?

Vers 13; hy doen groot tekens sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense. (soos Jesus belowe het hy sou.)
Hand. 2:2-3; daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit het.
Hierdie beskryf die vuur as gees van die sigbare.
Vers 4; en hulle is almal vervul met die Heilige Spook gees ---
Hieruit is dit duidelik dat vuur = Heilige Spook wat = die siel.
Openb. 13:15; dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat ----
Sommige kerke noem dit die doping in die Heilige Spook, die spreke in tale.
Hand. 2:4; (vervolg) het begin spreek in ander tale ---

Kerk is egter nie die enigste een wat die Heilige Spook “gegee” het nie, ons noem ‘n paar;
Sport, rock sterre, predikers, rolprente, televisie, skole, oorlog en baie ander.
Die Heilige Spook is tog immers die gees van die siel, die denkende gedagte en kerk of enige ander instansie kan nie aanspraak maak dat hy die enigste skepper van die ontwikkeling van die siel/die denke is nie. Logies nie!!!
Wetenskaplikes het miskien die grootste aandeel daarin om die menslike denke te skep; dink aan ‘n Einstein, teenoor die kerk wat die gees opwek en hoofsaaklik ‘n doem profeet is; hulle verwerp eenvoudig alles, maar later word hulle volgelinge van hul eie verwerpings, en nie leiers soos ‘n mens sou verwag nie.
In die toekoms sal die “kerk” die profeet van waarheid en voorspoed wees.
Openb. 13:15; (vervolg) hy maak dat almal gedood word wat die dier en sy beeld nie aanbid nie –
Dit word algemeen in die kerk gepreek, dat hulle wat nie die dier/Jesus aanbid nie in ‘n ewige vuur in die hel sal brand en hul sien hulself as die enigste gereddes en heiliges.
Hoe selfsugtig en onvergewensgesind kan ons tog nie wees nie!!!!!

Ek het eenkeer ‘n prediker hoor preek wat sê; daar sal chaos wees wanneer die Seun van die mens terugkeer, want vliegtuie sal val omdat die loods gered/weggeraap sal word.
Dit is egter nie die Seun van die mens wat ek aan jou voorstel nie, want die een wat ek bring is die een wat die in die vallende vliegtuig red, want die loods is “reeds” gered.
Waarom sal God ‘n reeds geredde loods red?
Nee, hy kom vir my en jou, die in die vallende vliegtuig. DANK GOD VIR GENADE, VIR MY IN ELKGEVAL.

Openb. 17:11; elkeen wat die dier volg en DIT IS ELKEEN, VAAR na die verderf.
Wat beteken dit om te sê ons vaar na die verderf?
Dit het ‘n eenvoudige verklaring naamlik;
Jy word elke dag ouer en jou selle brand weg by wyse van spreke, en uiteindelik gaan jy dood – jou liggaam keer terug tot stof – minstens jou liggaam doen as jou verlosser, want jou liggaam se naam = Jesus, die een wat vir jou sonde gesterf het.
Ek sê; jou liggaam sterf gewilliglik vir jou gemors. Dankie Judas dat jy in my plek sterwe.
Jou siel aan die anderkant, kan nie/sal nooit sterwe nie en om hierdie rede het Jesus ewige lewe beloof. Deur die gehoorsaamheid van een man het lewe na ons teruggekeer.
Wat is hierdie gehoorsaamheid?
Dit is die gehoorsaamheid OM TE KOM STERF VIR SONDE IN DIE PLEK VAN GOD.

Joh. 17:12; oor die wat u my gegee het, het ek gewaak, en NIE EEN VAN HULLE HET VERLORE GEGAAN NIE, BEHALWE DIE SEUN VAN DIE VERDERF sodat die skrif vervul sou word, naamlik jou liggaam/jou vleis.
Ek sê; jou liggaam is die seun van die verderf = die duiwel = die slang wat jou verlei het; en hy is die een wat vir ewig in die hel sal brand, nie vir ewig nie, maar vir altyd verdwyn.
Dit is nie hoe sommige predikers gepreek het nie; hierdie vers sê; SLEGS jou liggaam sal vir ewig verlore gaan, want JY het reeds ‘n nuwe liggaam vir jouself geskep of wil jy dalk jou ou liggaam behou? Wil jy?

Jesus het oor jou gewaak tot die koms van Johannes, en Jesus het jou nou alreeds oorhandig/oorgedra na Johannes soos hy vooruit gesê het.
Ek sê; jou siel is nou volledig ontwikkel en is nou oorgeplaas na Johannes om jou te doop met die Lewendmakende Gees, want hy is die een wat jou gedoop het met die gees van slaap/dood.
Jy moes gedoop word om deur die Jordaan rivier te gaan bedoelende, die rivier van dood.
Jy kan nie die gesig van God sien tensy jy sterf nie.
Die wynsak/jou liggaam moes homself eers gereed maak VOORDAT DIT DIE NUWE WYN/GEES VAN LEWE KON ONTVANG.




Babilon die moeder hoer.


Openb. 17:3; ek het ‘n vrou sien sit op ‘n skarlakenrooi dier vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings.
Ons het reeds verduidelik wat of wie hierdie dier of rooi draak is met sewe koppe en tien horings.
Hierdie vers sê; ‘n vrou sit op bedoelende, ‘n vrou regeer hierdie dier.
Vers 4; die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ‘n goue beker gehad, vol van gruwels en die onreinheid van haar hoerery.
Vers 5; op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe; VERBORGENHEID, DIE GROOT BABILON, DIE MOEDER VAN DIE HOERE EN VAN DIE GRUWELS VAN DIE AARDE.

Wie is hierdie moeder hoer wat geboorte gegee het aan alle hoere op aarde?
Wat is haar verborge naam?
DIE VERBORGE NAAM IS JERUSALEM; sy het geboorte gegee aan alle hoere/gelowe op aarde en gruwels, WANT SY IS DIE TORING VAN VERWARRING.
Sy is die moeder van; die verwarring in godsdiens want elkeen van haar kinders/gelowe verskil die een van die ander en blameer mekaar.
Vers 15; die waters wat jy gesien het waar die hoer op sit is volke en menigtes en nasies en tale.
Die waters = die gees van die verskillende gelowe; die verskillende geestelike torings wat die atmosfeer bereik het.
Water simboliseer altyd gees.
Openb. 17:2; met wie die konings van die aarde gehoereer het, en (al) die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery.
Wyn is ook ‘n simbool van gees en daarom sê hierdie vers; almal van ons is dronk gemaak met die gees uit die goue beker van die hoer. Die goue beker simboliseer ook dat sy die gees besit/beheer.
Hierdie vers sê; jy is dronk van die wyn van Jerusalem se gruwels.
Kan jy dit bevestig? Ek kan!!!

Waarom word sy ‘n vrou genoem, want alle gees = manlik?
Waar kom hierdie vrou se gees vandaan, want hierdie vrou is simbool van die gees van die rooi draak? Wat hierdie vers werklik sê is; sy regeer oor hierdie gees en is nie die gees self nie.
Sy word vrou genoem want ons het die vrou verheerlik, gees gegee aan die vrou, byvoorbeeld; ons het die vrou/Jesus aan die kruis verheerlik, en ons het Jerusalem, Mecca, sigbare heilige plekke verheerlik.
Ons het haar beklee met eer, goud en kosbare stene en pêrels, bedoelende ons het haar die hoogste eer gegee. Sien vers 4.
In haar hart het sy gesê; ek is ‘n koningin, ek is nie manloos nie, en ek ken geen hartseer nie.

Wie is haar man? Wie is sy?
Sy is Jerusalem aan wie ons eer bewys het; ons sê; sy is ons ma, sy is die ma van Jesus ons God.
Ons het Jesus aan haar gegee as man, en daarom sit sy as koningin om te regeer en haar man is Jesus. Lees Openb. 18:7.

Openb.17:18; die vrou wat jy gesien het is die groot stad wat HEERSKAPPY VOER oor die konings van die aarde.
Logies is dit Jerusalem want sy beinvloed die besluite van die hele mensdom en die leiers/konings van die aarde. Sy regeer die mensdom, want sy is die moeder en vrou van ons God.
Ons noem haar die Heilige stad in ‘n Heilige land; ons sê sy sal vir ewig wees, sy is die hoofstad van die so-genaamde heilige land.
MAAR SY IS NIE DIE MOEDER VAN DIE SEUN VAN DIE MENS, WANT SY HET GEBOORTE GEGEE AAN SATAN.
Ek sê; JERUSALEM is die hoofstad van Satan.
Ek sê; JERUSALEM is die hoofstad van die hel.
Ek sê; hulle wat hulself Jode noem, is nie Jode nie. Lees Openb. 2:13 en 3:9.
Net hulle = elkeen op aarde, wat die besnydenis nie in die sinne/die vleis/die penis het nie, maar in die hart/siel = Jode/ISRAEL.
Hoe anders sou die vroue op aarde gered word want hulle het geen penis om te besny nie? Hoe blind kan ons tog wees? Hoe blind kan hulle wees wat hulself Jood noem? Skaam julle!!!
Ja, maar blind is hulle wat hul hoofde teen ‘n sogenaamde heilige muur slaan. ‘n Heilige muur?

Jerusalem is die hoofstad van alle verwarring, hoere, gruwels en vuilheid. Sy is immers die toring van Babel waar God ons kom verwar het. Jerusalem het geboorte gegee aan die seun van verderf; al haar volgelinge sterf, gaan na die verderf en brand in die helse vure, want as jy haar seun volg gaan jy na die verderf.
Openb.18:24; die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, EN VAN ALMAL WAT OP DIE AARDE GEDOOD IS.
Vers 5; haar sondes reik tot aan die hemel ---
Jes.47:7; ek sal in ewigheid wees, gebiedster vir altyd ---(‘n ma en vrou van God/Jesus. Lees ook Eseg. 28:2-8.)
Om Jerusalem se onthalwe maak mense mekaar daagliks dood.

Jerusalem het alle lewe op aarde uit haar beker laat drink; sy het almal van ons dronk gemaak, mal gemaak met haar wyn/gees. Sy het ons verwar. Kan enigeen van julle dit ontken? Kan jy? Net as jy oneerlik is!!!
Lees Openb. 17:2 en Jerm. 51:6, 41,42,47,64.
Jerusalem self is dronk van die bloed van die heiliges en die bloed van die martelare van Jesus.
Waarom al hierdie dinge?
Omdat sy ons verblind het, ons vertel het dat slegs een persoon vir ons sondes gesterf het, en ons moet hierdie man verheerlik, maar terwyl ons dit doen is ons die martelare van Jesus, want ons ly en sterf.

MAAR, DIT IS ‘N LEUEN dat een persoon vir ons sonde gesterf het, want sy is ma van ALLE leuens, want ons is die geslagte skaap, ons eie liggaam/Jesus het homself gegee vir ons sondes.



Meer omtrent haar leuens.

Dit is eenvoudig ‘n leuen om te sê;
1) een man, een liggaam is vir ons sonde gekruisig op ‘n heuwel naby Jerusalem; dit is ‘n leuen, want ons is almal gekruisig in/op ‘n heuwel genoem Golgota, naamlik IN JOU BREIN.

2) Christus is begrawe in ‘n graf naby Jerusalem –
Christus is in jou begrawe; jy is sy lewende graf. Die bybel sê hy is begrawe in ‘n graf waarin niemand nog ooit begrawe is nie.

3) dit is nie waar nie, ‘n leuen om te sê Jerusalem is die ma, die stad waar Christus gebore is --- Jerusalem is die ma van Satan die ma van die no 666.

4) dit is ‘n leuen om te sê dat Jesus Christus ‘n ewige naam is – hierdie naam kom NOU tot sy einde, want die naam Jesus Christus sal in die hemel wees slegs tot die wederoprigting. Lees Hand.3:21.

4)dit is ‘n leuen om te sê dat Jerusalem die hoofstad is en dat die tempel weer hier herbou sal word –
Kaapstad die moederstad, met heuwel Sion/Tafelberg sal die ewige hoofstad wees.
Sion beteken; permanente hoofstad, ‘n teken/merk, ‘n monumentele of vergulde pilaar. Dit beskryf Kaapstad waar die nuwe beeld van God uitgekerf is; die Tafel, die Moeder stad, Kaap van goeie hoop, Duiwels piek, Sein heuwel, Leeu kop, die Twaalf Apostels en Judas piek.
Hierdie name is nie toevallig daar nie, God het hulle gegee.

5)dit is ‘n leuen om te sê die “tweede koms” van Christus sal ‘n sigbare man wees, want die koninkryk van God is binne in jou. Lees Luk. 17:20-21.
Dit is waar dat Elia, ‘n spreekbuis van God sal kom en hy het reeds gekom om alles te herstel.

6)dit is ‘n leuen om te sê; Jesus het die tempel of sal die tempel bou –
hy het die hoeksteen van die fondasie gelê, en die ou tempel/jou liggaam/die seun van verderf afgebreek; Jesus self het gesê hy het die liggaam laat verlore gaan, wat natuurlik ‘n goeie ding is.
Die man wat die Spruit genoem word sal die tempel bou. Lees Sagr.6:12.
Hy sal uit sy plek uitspruit, en hy sal die tempel van die HERE bou. Lees ook Openb. 11:1.
Jesus was die wortel en sy plek was Jerusalem, terwyl die spruit se plek Kaapstad is. Logies is die Spruit se naam Johannes, dit word duidelik in alle geskrifte gesê.

7)dit is ‘n leuen om te sê sommige mense gaan in ‘n ewige hel brand –
slegs die seun van die verderf, jou liggaam sal verbrand, terugkeer tot stof/as.
ALMAL SAL GERED WORD!!!!!

1) dit is ‘n leuen om te sê die antichris is ‘n persoon wat nog in die toekoms moet kom. Jesus is ons almal se leier, die antichris, want ons is antichris, anti God want ons het die skepsel vereer. Kerk is die profeet van die dier en het ons die vrug van die oog gegee om te eet; natuurlik is dit in opdrag van God.
Ek sê; kerk is in hul eie woorde die bruid/vrou en dit word uitdruklik gesê dat die vrou God sonde gegee het om te eet.

2) dit is ‘n leuen om te sê dat Jesus die tweede Adam is –
daar is meer as een rede waarom hy nie die tweede Adam kon wees nie; hy het ‘n fisiese liggaam van grond gehad.
Hy het die gees van die Heilige Spook/slaap gehad, die gees van verbeelding, die diepe slaap, die gees van Satan – want hy is uit die hemel gewerp omdat jy hom sonde gemaak het.
Hy het nie die Lewendmakende Gees gehad nie terwyl die bybel sê die tweede Adam sal die Lewendmakemde Gees hê, naamlik die sewende gees.
Hy het ‘n normale dood gesterf op die sesde dag.
Dit is waar om te sê dat Jesus die moeder van die siel is.
Ek sê; sy is Maria wat geboorte gegee het aan die siel terwyl sy aan die kruis gehang het. Sy is swanger bevind met die Heilige Spook Gees en het geboorte gegee aan haar kind die siel, wat met ‘n yster staaf sou regeer.

3) dit is ‘n leuen om te sê; Christus is in Jerusalem gebore – dit was die val van Christus na Jerusalem/die hel – wat die geboorte van Satan tot gevolg gehad het. Die val van Christus duur 2000 jaar volgens die hipotese aan ons gegee en kom nou tot ‘n einde.

4) dit is ‘n leuen om te sê; Jesus was die waarheids profeet, want hy moes sterf. Lees Deut. 13. Indien hy die ware profeet was sou hy nie gesterf het nie, logies.
Hy het die gees van drome gehad, naamlik die gees van verbeelding.
Die ware profeet is nou hier.

5) dit is ‘n leuen om te sê; slegs sommige mense is die liggaam van Christus – alle mense en diere en alle sigbare voorwerpe is die liggaaam van Christus, wat as ‘n tydelike liggaam voorberei is.

6) dit is ‘n leuen om te sê; daar is ‘n wegraping van sekere “geredde” mense---
alle mense en wesens sal gered word, na die “breuk”/die verbranding van die slegte geeste (die engelse woord vir “breuk” is rupture, terwyl rapture wegraping beteken) Eers is dit die BREUK/die skeiding van goed en kwaad en dan is dit die “wegraping.”

7) dit is ‘n leuen om te sê; slegs manspersone word Adam genoem --- want God het HULLE Adam genoem. Die naam van alle wesens is Adam, bedoelende twee helftes, gees en vlees of man en vrou.

15)Dit is ‘n leuen om te sê; Jesus = Christus.
Jesus is die draer, die Lusifer wat Christus die woord van God gebring het, maar ons het hom/Jesus in ‘n God verander, want die bybel sê ons het duisternis/die liggaam/die skepsel lief gehad en dit is hoe Christus VLEES GEMAAK IS deur ons.
Ek sê; ons het Lusifer gevolg.
Ek sê; ons het ‘n verkeerde afleiding gemaak en die profeet Jesus ‘n God gemaak en hom aanbid.


Daar is twee dinge wat verseker is en nie verander kan word nie, so seker as wat die son elke oggend opkom in ons huidige staat.
1) die mens/seun van verderf sal vir ewig vernietig word/verlore gaan. Lees Joh. 17.
2) Jerusalem sal vir ewig vernietig word/verlore gaan/wegraak vir ewig, want sy is die moeder van alle leuens, pyn, siekte, verwarring, gruwels en die dood. Haar val sal in een uur gebeur.
Ook Damaskus sal uitgewis word.

Kom ons kyk wat die bybel sê aangaande Jerusalem en haar man Jesus.
Jes. 14:29; --- uit die wortel van die slang (Jesus) sal ‘n basilisk voortkom en sy vrug sal ‘n vlieënde draak wees. (die rooi draak met vier vlerke wat die oortreding van die vier gebooie simboliseer)
Vers 12; hoe het jy uit die hemel geval O Môrester/Lusifer seun van die daeraad. Lees ook Openb. 22:16.
Vers 11; jou trots is neergewerp in die doderyk/graf. (het verderfbaar geword.)
Vers 13; jy het in jou hart gesê; ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms (die heerlikheid van alle mense) in die uithoeke van die noorde. (Israel)
Vers 14; ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste.

Is dit nie wat baie kerke vir hulself bevestig nie?
Ons het Jesus en Jerusalem die allerhoogste gemaak, en ons is die rede waarom hulle bokant die wolke uitstyg. Dank God, Babilon val, sy val.
Vers 15; in die doderyk/hel sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil. (Jesus het ter helle neergedaal.)
Vers 16; die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en sê; IS DIT DIE MAN (Jesus) wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het?
Vers 17; die wêreld soos ‘n woestyn gemaak het, wat sy gevangenes nie losgelaat het huis toe nie.

Terwyl ons hom aanbid sal ons sy gevangenes bly, want ons sal sterf en nie ewige lewe ontvang nie. Wat meer is, die profeet/predikers van die antichris het nie die deure van die hel oopgemaak nie omdat hulle nie die liggaam kon onderskei nie.
Hierdie profeet is hier om die deure van die hel te open sodat jy vry kan wees.
Vers 19; jy is gewerp ver van jou graf, soos ‘n afskuwelike uitspruitsel, (hy het uit die graf gekom as ‘n dier, as ‘n uitgroeisel wat aanbid is) oordek met die wat verslaan is, wat deurboor is met die swaard, wat neerdaal na die klippe van die grafkuil soos vertrapte aas/die oorspronklike sê as ‘n karkas. (as ‘n karkas vir sonde soos die bul)
Jesus is op die kruis “deurboor” met ‘n swaard.
Vers 21; maak ‘n slagbank gereed vir sy seuns/kinders (vir ons sy kinders) om die ongeregtigheid van hulle vaders ontwil, dat hulle nie opstaan en die aarde in besit neem ---(sy volgelinge sal nie opstaan nie, bedoelende hulle sal nie opgewek word om die beloofde land in besit te neem nie.)
Vers 22; so sal ek dan teen hulle opstaan --- en van Babel uitroei die naam (Jerusalem) en die oorblyfsel, kroos en nageslag. (die oorspronklike sê sy seun en nie nageslag nie/die seun is Jesus.)
Die nuwe naam is Kaapstad en Sion --- en die seun is Jehovah.
Dit is eenvoudig nie waar nie, ‘n leuen om te sê dat Jerusalem die ewige plek van aanbidding is; Kaapstad is.
Joh. 4:21; daar kom ‘n UUR wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem sal aanbid nie.
Glo jy hierdie skrif? Indien jy dit glo, waar sal jy dan aanbid?
As jy sê jy weet nie, dan beter jy glo dat dit Kaapstad is, want ek het kennis dat dit is.


Die val van Babilon.


Wat sal met Babilon/Jerusalem gebeur?


Babilon.
Babilon, moeder hoer, waters van Babilon
Ek bring ‘n spreekwoord hier na jou
Jou vernietiging kom van ver
Van ‘n “planeet” uit die noorde
Dis ‘n vuurbol, gemik
Na die midde van jou hart
Die loods is ‘n vrou
Sy is vertikaal in haar vlug van dood
Met naaktheid in haar gedagtelose asem
En haar waters soos die rooi van bloed
Die Jordaan rivier skeur met ‘n sug in twee
En die dooie see se waters is weg
Vir altyd sluit sy haar oë van sout
Die put van hel het nou verdwyn
Die laagste punt op aarde
Die hoogste punt van die hemel
Dank God!!!!

The answer.

At Landudno beach
the girls are lying
on the whitest sands
the purest of the earth
naked, dark, a tan of brown
their breasts pointing unto heaven
making dents into the sky above
whilst angels drink
the milk of human nipples
whilst the wind, shamelessly
remove the cover of all life
the shyness of all women,
the desire of all men,
the lips of love and life
a spectacle for heaven
how wonderfull is the softness
of the fluid of first love
the nakedness of the absolute of love.
you are beatifull my bride,
you are precious to me my wife!
and when I find my release in you,
you will bear our child, my beloved!
blessed be thy shameless nakedness
I’ll cover it with eternal love, my love
when I kiss thee with my kiss of life
it is so beautifull my LORD and GOD
blessed be thy new name.
it is so wonderfull when thou spirit flows
like a river through my mind
you enter through my nose and ears
and it comes flowing out of my breath
to bring life and love to all my LORD
ME IN YOU AND YOU IN ME,
AMEN.

Die laagste punt van die hemel is die dooie see.
Hierdie laagste punt simboliseer die hel, waar alles wat onwaar en sleg is uitgewerp word van die hemel na die hel.
Ek sê; alle slegte geeste word in ‘n simboliese dooie see gewerp, ‘n simbool van die hel.
Ek sê; alle slegte geeste is uit die hemel neergewerp in Jerusalem, hoofstad van die Satan, die laagste en vuilste plek van die hemel; die bybel sê dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls. Lees Openb. 18:2. Voëls is die simbool vir engele.

Die vernietiging van Jerusalem; Jes. 13:5; hulle kom uit ‘n ver land (planeet), van die einde van die hemel af, die HERE en die werktuie van sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes. (die oorspronklike sê die land en nie die aarde.)
Vers 6; huil julle, want die dag van die HERE is naby; hy kom as ‘n verwoesting van die Almagtige.
Vers 7; daarom word alle hande slap en elke mensehart versmelt.
Vers 8; en hulle is verskrik, kry krampe en weë; hulle krimp inmekaar soos een wat baar; die een kyk die ander verbaas aan; hul gesigte is vlammende geeste.
Verseker sal dit nou so wees met die volgelinge van Jesus wanneer hulle die waarheid verstaan, of sal hul hul harte verhard soos ek reeds ondervind het?

Nietemin, sal die kerk die waarheid wil verstaan, want hulle is die profeet van die antichris? Verstaan en aanvaar jy die waarheid?
Sal die kerk steeds blindelings aanhou om idole en afskuwelike dinge te aanbid?
Die kerk preek blindelings valsheid sonder om te verstaan en dit bewys hul onverskoonbare roekeloosheid soos ek ondervind het.

Die kerk het die uitnodiging gehad om eerste te wees om die bruilofsmaal te geniet, maar hulle het dit van die hand gewys soos die bybel vooruit gesê het hulle sal, en daarom; soos die bybel vooruit gesê het; kom hoer, moordenaar, dief en almal van julle wat in gevangenes is en hel toe gestuur is; JULLE IS BEVRY OM DIE VRUG VAN DIE LEWE TE EET, DIE TAFEL IS GEDEK MET DIE WONDERLIKSTE HEILIGE VOEDSEL. Dit is die derde dag en jy kan die berg nou klim sonder vrees.

Moenie bang wees nie; moenie dink omdat jy ‘n hoer of ‘n dief of ‘n moordenaar is dat jy geen reg op die voedsel het nie, inteendeel jy is welkom; welkom in die huis van Jehovah want jy het vir God gewerk en vir my jou suster. Lees ook verse 9-22.
Die intelligente en sagmoedige sal hierdie boodskap verstaan.
Genesing en begrip SAL NIE/KAN NIE uit die antichris/kerk kom nie, logies.
Natuurlik sal die “blinde” nie die waarheid kan sien nie en hulle sal probeer om hul roekeloosheid te regverdig. Vergewe hulle, omarm hulle want daar sal die wees vir wie dit eenvoudig te moeilik sal wees om te erken, maar jy het mag ontvang om te vergewe.

Miga 1:5; dit alles vanweë die oortreding van Jacob en vanweë die sonde van die huis van Israel. Wie is die oorsaak van die oortreding van Jakob? Is dit nie Samaria nie? (Samaria beteken die toring) En wie is die oorsaak van die hoogtes van Juda? Is dit nie Jerusalem nie?
(Jakob het die betekenis van; indringer. Die huis van Israel = alle mense. Die hoogtes = berg Mecca, berg Golgota ens.)
Maleagie 2:11; Juda het troueloos gehandel, en ‘n gruwel is in Israel en Jerusalem gepleeg; want Juda het die heiligdom van die HERE, wat hy lief het, ontheilig, en HY HET DIE DOGTER (Jesus) VAN ‘N UITLANDSE GOD GETROU.

Openb. 18:8; daarom sal haar plae op een dag kom; dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word ---lees ook openb. 17:16.
Openb. 18:2 --- geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls (engele).
Openb. 18:10; --- in een uur het jou oordeel gekom!
Een uur = 41,666 jaar.
Openb. 19:3; --- haar rook gaan op tot in ewigheid.
Dit beteken nie sy sal vir altyd rook nie, maar sy verdwyn vir altyd.

Openb. 18:16-18; opsommend; soos die Twin Towers sal sy in sestig minute val en rook soos die Twin Towers, maar wanneer sy val sal sy val soos ‘n klip wat in die water val. Soos die Twin Towers op 9/11.
Vers 21; ---‘n sterk engel het ‘n klip opgetel soos ‘n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê; so met ‘n vaart sal Babilon die groot stad neergegooi word EN NOOIT WEER GEVIND WORD NIE.
Vers 23; die lig van ‘n lamp sal nooit weer in jou skyn nie en die stem van bruidegom en bruid sal nooit meer in jou gehoor word nie---- ons is geestelik getroud met Jesus in Jerusalem – jou handelaars was die grotes van die aarde; (soos David, Abraham en andere) want deur jou towery is al die nasies verlei.


Wat moet ons nou doen?

Openb. 18:4 en Jes. 48:20; gaan uit haar uit my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.
Ek sê; VERLAAT HAAR, GAAN UIT!!!! Anders sal jy saam met haar verbrand.
Jer. 51:41; hoe is Sesag (Jerusalem) ingeneem en die roem van die hele aarde verower! Hoe het Babel ‘N VOORWERP VAN VERBASING GEWORD ONDER DIE NASIES (soos dit nou met haar volgelinge sal wees, want alle nasies het haar en haar seun verheerlik)
Openb. 14:8-9; ‘n ander engel het gevolg en gesê; geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.
‘n Ander engel het gevolg en met ‘n groot stem gesê; as iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op/in sy voorhoof of op/in sy hand ontvang----
Die oorspronklike sê ‘n merk IN sy voorhoof en IN sy hand en nie soos gepreek op die voorhoof of hand nie, om te sê, OP is ‘n leuen.
Vers 10; hy sal self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker (gees) van sy toorn en hy sal gepynig word met vuur en swawel----

Wat beteken dit om te sê; in jou voorhoof of in jou hand?
In jou voorhoof beteken; in die voorste deel van jou brein en in jou hand beteken; in jou woord, die dinge wat jy sê en bely.
Die Lewendmakende/Verkwikkings gees “sit” bo in jou brein.

Maar nou, daar is geen tyd meer nie!!!! Ons moes die dier volg, maar dit het/moet nou stop.
Jy MOET die dier in jou brein NOU oorwin anders sal jy sy permanente merk ontvang.
Christene het geestelik en fisies hul profeet as ‘n god aanbid en die merk van die dier is in hul verstand/voorhoof ingebrand en dit sal beslis nie maklik vir hulle wees nie, maar die bybel sê hulle sal soos deur vuur gered word.
Weereens; almal sal gered word maar nie almal sal dieselfde heerlikheid hê nie.
Wie ookal jou profeet is, Mo Hammed, Buddah, Jesus of enige ander profeet, hy is ‘n profeet van God en het jou geleer;
1) om God en jou naaste lief te hê.
2) Hy het jou van ‘n lewe hierna vertel, waarin jy behoort te glo.

Jou profeet het as jou geestelike vader ageer en deurdat jy geglo en gedoen het in wat hy jou geleer het, is jou siel geskep rondom dit met liefde as die grootste gebod.
Jou vader/profeet het jou dus ‘n erporsie gelaat wat die lewe hierna is.
Ons weet egter almal dat daar geen erfporsie is as daar geen testamentmaker is nie.
Daar is ook geen erfporsie as die testamentmaker nie sterf nie. Lees Heb. 9:15-17.


Ek sê; jou geestelike vader is jou testamentmaker, en jy kan nie erf wat hy jou nagelaat het, INDIEN HY NIE STERF NIE!!!!
Ek sê; jou testamentmaker het jou ‘n erfporsie van lewe hierna gelaat, naamlik die derde hemel.
In hierdie volgende derde hemel sal jy ‘n algehele geestelike wese wees, jy sal God wees.

In ons huidige hemel verheerlik ons sigbare dinge wat jou testamentmaker jou gevra het om te doen, ten einde die volgende hemel vir jou te skep; maar; jy kan nie hierdie hemel binnegaan nie tensy jou testamentmaker sterf.
Wat beteken dit?
Dit beteken; jou testamentmaker is die een in jou brein.
Hy moet nou in jou brein sterf!!!! Hy moet vervang word deur ‘n nuwe naam, want sy sending is voltooi.
Toe Jesus gekom het was dit Moses wat in jou brein moes sterf en om daardie rede het Jesus aan die kruis gesterf, om ‘n einde te bring aan die vyfde dier of koning. Met hierdie koms is dit dus Jesus wat in jou brein moet sterf, want jy het hom weer uit sy graf gebring.
Lees Hebr. 9:11-21.

Dit is bes moontlik ‘n skok vir jou want hy is jou skepper, hy het jou gemaak wie jy vandag is. Ja dit is waar, hy is die een wat jou tot hier gebring het, hier waar jy nou hierdie dinge kan verstaan van ‘n volgende hemel, maar as jy nie nou op aarde van hom kan afstand doen nie, dan kan jy hom nie in die volgende hemel tegemoet gaan nie, maar hy verwag dit van jou. HY WIL DAT JY DIT ONTVANG, WANT JY IS OOK SY SKEPPER en jy is die erfgenaam.


Daar is twee paaie na jou vader in die hemel;
1) jy kan hier op aarde aan hom vasklou, ‘n normale dood sterf, en na 1000 jaar opgewek word om geoordeel te word, jou slegte dade teenoor jou goeie en jou beloning ontvang of;
2) jy kan nou losmaak van hom, hom laat sterwe in jou gedagtes en die ondervinding van ‘n normale dood vryspring, en ‘n transformasie in ‘n oogwink hê van vlees na gees tot in die volgende hemel.

Die voordele van laasgenoemde is; jy sal nie geoordeel word nie ---- alle sondes is vergewe, maar met die eerste keuse sal jou sondes nie vergewe word nie, maar geoordeel word.
Nietemin, in albei gevalle sal jy gered wees en ewige lewe hê.
Jy mag vra, waarom kry ons nou hierdie laaste keuse?
Jou profeet het jou vertel van ‘n dag van die HERE, ‘n dag van God, Allah of wat jy hom ookal noem. Hy het jou ook vertel van ‘n ander profeet wat sou kom om hierdie laaste dinge aan jou te vertel.
Wel, hierdie is die dag, die oomblik waarvan jou profeet gepraat het.
Nou is dit jou keuse, ek kan nie vir jou besluit nie.

Wat presies beteken dit dat hy moet sterf?
In ons huidige tweede hemel, het ons sigbare dinge verheerlik, en soos reeds gesê, is jou siel geskep deur dinge uit jou verbeelding te vereer, soos ‘n verheerlikte vader.
Die No van ‘n tenvolle ontwikkelde siel is 666, die gees van verbeelding en dit maak jou verskillend van diere, want hulle het nie die No of gees van verbeelding nie.
Die mees intelligente diere het die No 555 en in sommige gevalle miskien die No 6. Toe jy ‘n kind was is die storie aangaande Jesus aan jou vertel, maar jy is nou volwasse en behoort nou die waarheid te hoor. Jy kan nie vir altyd in vader kersfees glo nie.

Die No van God is 777.
Jou brein het sewe Koepels en die laaste Koepel in jou brein kan/moet nou oopgaan om jou in die volgende hemel te bring.
Ons noem hierdie gees die Verkwikkings gees, die gees van 7, die mees volmaakte gees.
Die bybel sê; God is die gees waarin daar geen duisternis is nie, maar wat beteken dit?
Dit beteken dat daar geen sigbare/geen sigbare beelde in hierdie gees is nie, want die sigbare = duisternis.
Die sewende gees het geen beelde/prente van die sigbare nie. Om hierdie rede moet jy dan nou ontslae raak van prente in jou gedagte van, ‘n sigbare God/mens.

Om dit te bereik moet ons nou glo wanneer ons bid dat; jou stem van woorde God die Seun van die mens/Jehovah is, want alle dinge is DEUR WOORD GESKEP, en jy kan jou wildste verbeelding gebruik, maar jy kan nie ‘n skets maak van woorde nie want dit is onsigbaar.
Die bybel leer ons; woord = gees = God = 777.
Woorde/spraak is jou direkte kanaal/telefoon sein na God en om hierdie rede het Jesus gesê; EK/woorde is die weg, die enigste manier om God te bereik, en dit is deur jou stem van woorde.

Voorheen was jou vader jou verteenwoordiger, jy het deur hom gepraat en jy het hom genader om namens jou van God te vra, deur geloof.
Geloof kom nou tot ‘n einde want ons het deur geloof ‘n oop kanaal bewerkstellig na die interplanitere hemel geeste, moenie dit opmors nie!!!!!
Waarom is geloof nou oorbodig?
Geloof is daar om in dinge te glo wat ons nog nie ontvang het of wat ons nie verstaan nie, maar sodra jy dit ontvang het of verstaan is dit tog dom om aan te hou glo of te vra vir iets wat jy reeds ontvang het.




OPSOMMING.

Wat het ons uit hierdie bespreking geleer?
Hagar is die ma van ons sintuie en is ‘n simbool van Jerusalem; Jerusalem is ons siel’s ma.
Muslem en christen het geestelike torings op hul profete se grafte gebou.
Ons kan hierdie torings die rooi draak noem.
Jesus is die Lusifer wat vuur gebring het, die gees van verbeelding en ook verwarring.
Die gees vuur, is ‘n gees om die menslike liggaam te verteer sodat dit terugkeer tot stof.
Jesus het gesê hy het hierdie gees gebring om jou te verteer.
Terwyl ons nog die nagmaal gebruik sal ons sterwe want dit is ‘n simbool van die vrug van die oog of die vrug van die boom van goed en kwaad. Die nagmaal was bedoel vir die tydperk in die graf/die tydperk van nag soos die woord NAGmaal sê.

Ons het gesien dat die rooi draak sy mag en troon aan Jesus gegee het want hy het die wet tot vervulling gebring en die hele wêreld het hierdie dier gevolg terwyl ons die eerste vier gebooie oortree het. Ons het hierdie dier geskep.

Jesus simboliseer die sesde, sewende en agtste dier en elkeen wat hom volg, en dit is almal van ons, gaan na die verderf naamlik ons sterf.
Hulle wat sal aanhou om idole te aanbid sal aanhou om te sterf.
Ons kon die Heilige Spook, ‘n skim gees van verbeelding slegs ontvang na die hemelvaart van Jesus wat beteken; ons moes hom toe verbeel en dit het hierdie gees geskep wat alles geskep het waarvan jy weet.
Dit is jy wat Mo Hammed en Jesus laat opvaar het.
Verder het ons geleer dat die naam Jesus/Mo Hammed en die bestaan van Jerusalem tot ‘n einde kom en die bybel sê DIT SAL DIE WERELD SKOK, EN DIE WERELD SAL VERSTOM WEES.
Die naam Jesus is ‘n tydelike naam en simboliseer die naam van die mens, terwyl jou naam voorheen Adam was.
Die naam Jesus verdwyn wat in effek beteken dat die mens vir ewig verdwyn.
Dieselfde geld vir Jerusalem, sy sal nie meer wees nie en deur vuur vernietig word, want sy is die groot hoer en ons sal op ‘n ander plek aanbid.

Jesus is die een wat jou koepel van sig/jou verbeelding oop gemaak het en jou die intelligensie van 666 gebring het, wat die No van die dier/antichris is. Jy het hierdie No ontvang deurdat jy denkbeeldige sigbare dinge verheerlik het. Jy het ook geleer dat daar ‘n erfporsie vir jou wag slegs as jou testamentmaker in jou brein sterf.
Slegs jou liggaam sal verlore gaan.
Ek sê; terwyl jy in die sorg van Lusifer was het hy jou onsterflike siel geskep, inteendeel jy het sy siel geskep, maar jou liggaam gaan na die verderf/keer terug tot stof, soos die plan van God reg aan die begin gesê het.
Hy het gesê; die wat u my gegee het, het ek bewaar, ek het slegs die liggaam laat verlore gaan, maar dit is nou tyd vir hom om jou terug te gee soos die ooreenkoms was, maar dit het bloedsweet en pyn geneem vir die een wat hom oorwin het, maar dank God dit is gedoen en hy sal nie weerstand bied nie.

Die dak van Noag se ark sal nou verwyder word, wat beteken dat jy toegang tot die interplanitere hemele sal hê en dit op sy beurt beteken dat jy onsterflikheid sal ontvang, natuurlik net as jy dit wil hê, want jy kan nie iets kry wat jy nie wil hê nie. WIL JY ONSTERFLIK WORD?

Jesus was die wortel, die hoeksteen van die fondament, terwyl hierdie profeet die spruit/tak van Dawid is; die boom wat die ewige saad sal voortbring.
‘n Wortel groei onder die grond terwyl die spruit bo die grond groei.
Hulle wat hierdie profeet volg SAL NOOIT STERF nie, terwyl hulle wat Jesus gevolg het na die verderf gevaar het.
Weereens; om na die verderf te vaar beteken nie dit wat ons gepreek het nie; dit beteken eenvoudig dat jy sterf op die manier wat ons ken, want ons is in die hel en ons huidige liggaam sal in die hel bly en ‘n ewige verbranding hê.

Ons kind Jehovah seën jou
Johannes.

No comments: