Tuesday, January 9, 2007

die ark van Noag hoofstuk 8

HOOFSTUK 8.

DIE ARK VAN NOAG.

KENNIS IS NAAKTHEID.


Kennis is soos ‘n vrou
In deftig winter gewaad geklee
Haar waarheid toegeknoop
Soos die waarheid van haar liggaam
Goed bewaar, dis
Soos ‘n veryste water blokkie
Wat om bevryding roep
Na die hitte van ‘n geselserige vuurtjie
By die hitte van ‘n liefdes vuurtjie
Daar laat ek haar liefde vry
Soos ‘n blokkie ys wat stadig smelt
So ontklee ek haar
Dit is die wonder van te weet
Hoe lyk die slankheid van haar hals
Die rondheid van haar borste
Die fermheid van haar boesem en
Hoe sag is haar dye as ek dit beraak
En as ek vind die donsheid
Van die ingang tot die lewe
Dit is kennis


Naak is sy
Gereed tot liefdes kennis
En as my vrug haar vind
Dan lê die kennis daar
In haar naaktheid bevrug sy my
En ek weet
Dit is ek wat kennis baar
Ek het gevind
Die lippe van haar moedersbaar
Ek was eerste
En sy wys my graag haar naakte
Want kennis is nou kaal
Sonder gewaad en baie mooi
Haar toegewerkte kleed
het weggesmelt
soos ‘n blokkie ys
in my warm hand en
so smelt ek ook nou weg
tot naaktheid
terwyl ek dink, ons is almaal kaal
wyl haar tepel in my mond
smag ek na haar
die kennis
en sy na my
ek is haar bevrugter
Johan.



Die ark van Noag.



In Genesis 6 lees ons dat man begin vermeerder het op aarde, en dogters is vir hulle gebore.
Wanneer dit praat van man, beteken dit nie dat dit ‘n mens is soos jy dalk mag dink nie. Die afrikaanse bybel noem dit verkeerdelik, “mens”.
Man = die betekenis van; om bloed te toon en daarom word enige wese wat bloed toon man genoem; man het die betekenis van gees of siel soos jy nou weet.
Man beteken nie mens nie.
Soos ons weet simboliseer bloed die siel, en die siel word gesimboliseer deur die sintuie of die gees van die kreatuur.
Verder weet ons ook dat die sintuie/geeste die tuin in Eden simboliseer.
Verder weet ons ook dat die tuin jou gesig simboliseer en God het MAN in die tuin gesit.

Enige land kreatuur kan man genoem word om sy gesig, sy sintuie of sy gees te beskryf.
Gesig = die betekenis van; neus, snoet, neusgat of voorkop/brein en in sommige gevalle wraak.

Wanneer ons dan lees dat man vermeerder het kan dit soos in hierdie geval, beteken dat diere vermeerder het.
As ons lees van dogters en seuns van God, dan verstaan ons dogters as die liggame wat op aarde geskep is met aarde as moeder, inteendeel alle liggame hetsy van mens of dier word genoem; dogters van die aarde.
Of jy nou daarvan hou of nie, die menslike liggaam is ook dier.
Die seuns van God is geeste in die hemel.
MAAR; alle huidige geestelike wesens in die hemel is op aarde geskep met die aardse lewe as moeders.
Ons lees dat hierdie geeste geinter - meng het want dit sê; die geestelike seuns het vir hulle enige vroue geneem van hul keuse.

Hierdie vermenging het gelei tot die geboorte van reuse diere soos die dinosaurs en ander massiewe liggame. Hierdie wesens was wrede wesens soos ons weet. Toe God die Almagtige gees hierdie wreedheid sien het hy gesê; my gees sal nie vir ewig in “man” wees nie. Die oorspronklike sê; won’t strive in man.
Die betekenis van “strive” is; om te heers, om te oordeel/oordeel uitoefen.
Jy sal kan verstaan, die magtige gees/asems van hierdie diere.

Toe sê God; my gees sal nie vir ewig in die man (die wesens met bloed) heers nie. Toe sê God; ek sal die man wat ek geskape het van die aarde verdelg, die man sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel. Vee is die liggaam en man is die gees.
Voëls is die simbool van engele, seuns van God, naamlik verskillende geestelike wesens.
Hemel = die lug, die deel waar die wolke in beweeg en selfs die roterende hemel liggame soos planete en sterre.
Die lewe op aarde was op daardie stadium lewe met ‘n lae intelligensie, en hul hemel was die deel waar die wolke in beweeg.
Ek sê; die eerste wesens was beperk tot die hemel waar die wolke in beweeg.

Die roterende liggame waarvan gepraat word is die in ons sonne stelsel, in die besonder Aarde, die Maan en Mars wat die sogenaamde vloed van Noag beinvloed het.
Daar word so baie woorde en betekenisse gebruik in Genesis 6,7 en 8 dat ek net die hipotese sal beskryf soos my begrip my toelaat, want ek is nie ‘n wetenskaplike nie. Ek is oortuig ons vermis groot dele van die geskrifte wat bes moontlik baie meer kan vertel van hierdie katastrofe wat ons sonne stelsel getref het.

Die vloed wat gemeld word in Genesis is geensins wat al die jare aan ons vertel is in die kerk nie.
In die eerste plek is dit ‘n sonde vloed en nie ‘n son vloed nie. Dit is die gevolg van sonde.
Enige een van die roterende liggame in die ruimte is nie net dom, kaal of nuttelose voorwerpe nie; ons sonne stelsel is ‘n haarfyn beplande, intelligente en gebalanseerde sisteem.
Byvoorbeeld as jy skielik die Maan verwyder, dit wegraap uit sy rotering, sal ons hele sonne stelsel hewig reageer, sterre en planete sal rond skarrel om weer ewewig te vind en te balanseer en in sommige gevalle met mekaar bots, want aantrekkings krag en afstoting balanseer die algehele sonne stelsel, en nie net ons sonne stelsel nie maar die hele skepping. Op hierdie oomblik brei die skepping nog steeds uit. Wetenskaplikes het gedink dat die aantrekkings krag uiteindelik die hele skepping sal “terug trek” na die punt waar die oorspronklike Big Bang was; in die eerste plek kan dit nie gebeur nie want daar is geen “aantrekkings krag” by die punt van ontploffing nie.
Tweedens; die uitwaartse beweging gebeur vinniger en vinniger asof iets anders se swaarte krag dit trek na ‘n nuwe plek van rus; dit is die gevolg van sterre wat steeds ontplof en die uiteindelike posisie van die skepping beinvloed. Die ontploffing werk soos ‘n omgedopte balon en alle berekenige van wetenskaplikes is verkeerd.

Verder, alle hemel liggame is in der waarheid lewende wesens, lewende engele en is op presiese plekke om die hele sisteem aan die lewe te hou.
Hierdie wegraping of wegneem uit die roterende posisie is presies die katastrofe wat in ons sonne stelsel gebeur het, en wat veroorsaak het dat een derde van alle planete/sterre verdonker/gesterf het. Lees Openb. 8:12.

Twee van die planete wat gesterf het is die maan en mars en ook die aarde sterf stadig soos ons weet.
Ons kort baie informasie maar, ek sal my bes doen om die katastrofe te beskryf na die beste van my vermoë met die bietjie inligting beskikbaar.

Jes. 40:12; --- in ‘n drieling die stof van die aarde opgevang—
Hierdie drieling is die aarde, maan en mars wat ons hier as hipotese gebruik.
Drieling beteken ook, in ‘n driehoek.

Jy mag miskien dink dit praat van die son, maan en aarde, maar nee die son is nie stof van die aarde nie en roteer ook nie in ‘n driehoek nie.

Die Ark het drie verdiepings en as al drie vloere dieselfde grootte was beslaan dit minder as ‘n hektaar, en dit is onmoontlik om al die diere van die aarde met ‘n voorraad kos vir ‘n jaar op ‘n hektaar te onderhou.
Sommige predikers probeer dit nou op allerhande maniere verklaar soos; dit kon die D.N.A. gehou het.
Selfs hulle begin nou aanvaar dat sekere dinge eenvoudig onmoontlik is, maar hulle het nie die kennis om dit te verstaan nie want die bybel is ‘n geslote boek vir hulle, aldus die bybel.

Ons deel dus met ‘n gelykenis en dit is dus sinneloos om selfs vir so ‘n skip te gaan soek.
Die woord Ararat waar die sogenaamde skip geland het, het die betekenis van; skepping – aarde en vervloeking/haatlik/afskuwelik ens.; hierdie vertel dan reeds ‘n totaal ander storie as die een wat aan ons opgedis is.
Die ark is inteendeel ‘n simbool van die aarde as ark—as ‘n ontsnapping.
Ark = die betekenis van; “to box in”; afsluit en om van voor af te begin – om weer te energeer of om iets te ontsnap.
Om die aarde af te sluit word in Genesis een beskryf as verskillende koepels wat verskillende hemele van mekaar afgesluit het.

Aarde is die enigste “ark” in ons sonne stelsel wat lewe onderhou en opwek vanaf ‘n enkele sel.
In Genesis een lees ons dat God verskillende uitspansels ingesit het. Ek verkies om hierdie uitspansels koepels te noem en ook die verskillende sintuie of geeste, koepels in die brein te noem. Byvoorbeeld, Moses het die vyfde koepel van gehoor van die mens/dier oop gemaak, die koepel van gehoor. Hierdie koepel van gehoor kan ook beskryf word as die vyfde basuin soos in Openbaring.

Jesus het dus die sesde koepel, die sesde sintuig oopgemaak.
Die laaste koepel om oop te gaan is nou wanneer die sewende basuin blaas.
Die drie verdiepings van die ark is dus drie hemele, een vir diere en twee hemele vir die mens. ‘n Koepel seël elkeen van hulle af. Die ark “dryf op die water”/ see en dit simboliseer ‘n ander hemel.
Jy kan ook sê, die ark/aarde dryf in die ruimte as die water.
Ek gaan nie nou alles vertel nie, maar net sê; die ark met alle lewe het op die aarde/skepping geland.
Water simboliseer die troposfeer en stratosfeer.
Ek sê die troposfeer is die hemel vir plante, want alle weers omstandighede is in hierdie deel, naamlik reën en koolsuurgas as gees/atome vir plante.
Op hulle beurt produseer die plante suurstof om die siklus te voltooi.

Die stratosfeer dien as klank golwe vir water diere en is die plafon vir hulle gees. Die mesosfeer is die hemel vir diere. Dit is die plafon vir diere en normale klankgolwe is aktief in hierdie hemel.

Die volgende hemel of laag van die atmosfeer is die ionosfeer, dit word ook die boonste atmosfeer genoem. Radio golwe is aktief in hierdie laag en die mens het na hierdie hemel beweeg nadat die radio op die toneel gekom het.

Die volgende hemel vir die mens is die magnetosfeer. Die mens het na hierdie hemel gevorder toe sateliete in die deel van die ruimte geplaas is en het vir ons sateliete en koordlose tellefone gebring, onder andere.
Mens se gees en in besonder die sesde gees kan nie verby hierdie plafon/koepel gaan nie. Dit is die hemel van verbeelding.

Ons kan sê; Moses het ons in die mesosfeer gebring en Jesus het ons in die ionosfeer gebring en nie lank gelede nie tot in die magnetosfeer. Nietemin, dit is die plafon vir sterflike mense gees.

Jy kan nou duidelik verstaan dat die ark verskillende hemele voorstel en die ontwikkeling van die mens beskryf.
1) die eerste vloer van die ark simboliseer normale klank golwe, waar die mens bv. geen radios gehad het nie. (Moses).
2) Die tweede vloer simboliseer ons intelligensie waar ons gevorder het tot radio, motors, vliegtuie ens. nadat ons die gees van verbeelding magtig geraak het.
3) Die derde vloer is ‘n bewys dat ons geweldig gevorder het ten opsigte van kennis en intelligensie want ons het nou sateliete en ruimteskepe, wat die aarde amper in ‘n klein dorpie verander het.

Die ark korespondeer met die tabernakel wat Moses op die berg ontvang het en waar hy ons tot in die eerste hemel gebring het, die mesosfeer. Ons was toe nog dierlik gewees.
Soos gesê het Jesus ons tot in die volgende twee vloere gebring.

Die derde vloer is die toppunt vir sterflinge en die volgende vloer waarheen ons sal beweeg is DIE VLOER VAN IMORTALITEIT WAAR JY NOOIT STERF NIE!!!!!

Kom ons som op wat ons geleer het;
Ons het gesien dat die lewe op aarde wreed geword het, omdat gees/atome van die hemel hierdie aardse liggame binnegegaan het met die gevolg dat reuse diere gebore is.

Dit het gelei tot die vervloeking, die vernietiging van hierdie diere en hul gees in die hemel, want God het gesê hulle sal nie langer heers nie. Wat beteken dit? Ons het alreeds verduidelik dat die aardse gees die geestelike man/hemel gesond hou, maar wat het verkeerd gegaan?
Wat gebeur het is dat die gees van die aarde wat opgegaan het geweldadig geword het, wat die hemel geweldadig gemaak het en wat teruggekeer het in die vorm van ‘n geestelike sonde reën, wat kan beteken dat sekere hemel liggame kan ontplof. Ons sal die gevolg later bespreek.

Om lewe te red is die aarde as ‘n tydelike ark gebruik, ‘n veilige plek, ‘n ontsnappings plek sodat alles weer opgewek kan word in ‘n hergeboorte. Om die res van die skepping weg te hou van die gees van vervloeking, het God gesê; sluit die aarde af sodat niks van hierdie gees kon ontsnap nie. Om hierdie rede is verskillende koepels ingesit om elke gees in sy eie atmosfeer te hou. Soos ons ontwikkel en meer intelligent geword het en onsself geheilig het, het ‘n nuwe hemel vir ons oopgegaan en ons geestelike toring het hoër en hoër opgegaan in die hemel.

God sê aan Noag; ‘n opening/venster moet jy aan die ark maak ---
Hierdie uitspansels en venster simboliseer ook die verskillende koepels in die hemel. Soos ons evoleer/ontwikkel kan ons nou baie verder deur hierdie venster kyk. Eers kon ons slegs “met die naakte oog deur hierdie venster kyk”, maar nou het ons selfs sateliete wat ons help om steeds verder deur hierdie venster te kyk. Wat ons huidiglik sien is ‘n skim, ‘n leuen wat nie werklik bestaan nie. Ons kan nie sien wat tussen die hemel liggame is nie.

Die aarde is 30% van sy buitenste koepel en hierdie formule geld vir alle hemel liggame. Die spesifieke atmosfeer se sirkel of koepel word bepaal deur die grootte van die ster of planeet. Dit maak dus sin, dat wanneer jy oorvleulende sirkels trek wat die koepels simboliseer, moet daar plekke wees waar daar niks tussenin is nie, selfs al roteer hulle.
Dit kan bes moontlik die sogenaamde swart gate (black holes) wees waar ‘n geweldige negatiewe krag sal heers. Hierdie swart gate sal van posisie verander as gevolg van die rotasies.

Dieselfde geld waar bv. twee of meer sirkels mekaar ontmoet, wat jou ‘n geweldige positiewe mag sal gee. Binnekort sal ons hierdie “plekke” ontdek waar jy bv. ‘n ander planeet onmiddelik kan binnegaan wat duisende ligjare ver mag wees. Jy kan hulle moontlik “wit gate” noem. In die toekoms sal ons hierdie geestelike padkaarte leer ken.

Daar is reuse geestelike kanale/seine wat na die res van die heelal lei en dit lyn op met die seestrome in die see.
Ons weet dat die maan die seestrome van die aarde beinvloed en God sê; met nuwe maan sal julle kom om te aanbid.
Iewers in die toekoms sal ons dit bespreek.

Verder het God gesê; op die maat van ‘n el moet jy dit aan die bokant afwerk. Die betekenis van ‘n el (cubit) = ‘n moeder, ‘n toring en dit beteken ook; die telling van ses. ‘n Moeder simboliseer soos jy weet die aarde met al haar kinders. Die toring verwys na ‘n geestelike kanaal en die telling van ses verwys na die ses aardse geeste.
Ek sê; aarde het ses van die sewe geeste van God.
Die maat van ‘n el dui aan dat daar ‘n limiet is vir ons ses geeste of hemele.

Binnekort sal die “venster” vir ons oopgaan na die interplanitêre hemele.
Vroeg in Januarie 2006 is ‘n ruimteskip na die buitekant van ons sonnestelsel gestuur en jy sal die resultate binne tien jaar sien.
Die oopgaan van hierdie venster sal imortaliteit bring en telex- vervoer en besoeke van die buitenste ruimte en baie ander dinge wat ons geweldig vooruit sal laat gaan in die geestelike wysheid. Ook ‘n ander koepel sal vir die mens oopgaan, naamlik die sewende koepel en ook sal daar ‘n venster oopgaan bo-oor Kaapstad in Suid Afrika.
“Snelheid” bring “ewige” lewe, maar ons is nie instaat om hierdie snelhede tans te verwek nie, maar ons sal dit binnekort “ontdek”; die rotering van die aarde is tans te stadig. Nietemin, dit sal binnekort verander, maar nie deur mense toedoen.

Bostaande word gesimboliseer in Gen. 8:13; Noag het die deksel van die ark weggeneem (die sewende koepel het oopgegaan) en uitgekyk en die aarde was droog.
Dit simboliseer die oomblik wanneer ons DIE VROU SAL SIEN, naamlik die nuwe skepping!!!!
WAT ‘N GLORIERYKE DAG SAL DIT NIE WEES NIE!!!!!!
Dit is te vroeg om sekere dinge nou al te bespreek, want ons persepsie is nog nie ontvanklik genoeg nie, maar op ‘n latere stadium kan ons meer openbaar.

Die vloed van Noag.

Laat ons sien of ek vir jou ‘n prent kan skilder van wat gebeur het met die so-genaamde vloed van Noag.
Soos reeds gesê het die geweldadige gees van die aarde opgegaan in die hemel en die hemel het geweldadig geword en sonde het teruggekeer na die aarde in die vorm van ‘n katastrofe, ‘n sonde reën of ‘n vervloeking.

Die dae wat in Genesis 6 – 8 genoem word is simbole van ‘n formule, maar ek het nog nie aandag gegee om die formule te ontsyfer nie, maar dit is nie op die oomblik van belang nie, alhoewel dit wonderlike openbaringe het vir die toekoms ten opsigte van tyd en tye met betrekking tot die aarde.

Die HERE het gesê; kyk EK (selfs EK) bring ‘n watervloed (gees) oor die aarde, om van onder die hemel te verdelg alle vlees waar ‘n lewens gees in is. Alles wat op die aarde is sal wegsterwe.
Die betekenis van die woorde “lewens gees” beskryf dit as diere en nie as mense.
Die betekenis van EK = hy wat is/bestaan, die oorsprong van “is”/alles wat bestaan, ‘n sewe dimensionele gees.
Die betekenis van ‘n lewens gees = die verstand, die gees van ‘n rasionele wese = EK --- dit is wesens met ‘n lae intellek soos ons weet die wesens van daardie tyd was, alhoewel baie van hulle massiewe liggame gehad het; hulle was inteendeel dom diere maar het die hemel beinvloed om geweldadig te word. Jy sal jou kan verbeel watter massiewe geeste hierdie diere uitgestuur het.

Gen. 7:11 en 12; --- op dieselfde dag is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek en die sluise van die hemel is geopen.
Ek gaan jou nie die betekenis van elke woord gee nie, maar die fonteine van die groot watervloed het oopgebreek, kan as volg beskryf word. Net eers; die oorspronklike skrif sê; die fonteine van die groot DIEPTES het oopgebreek en nie watervloed, en dit maak ‘n groot verskil ten opsigte van die betekenis.
Die aarde is oopgeskeur en lawa het uit die GROOT DIEPTES naamlik uit die binne kern van die aarde uitgebars, wat logies lawa is. Die woorde wat gebruik word beskryf dit as; dit het brutaal oop geskeur.
Hierdie lawa het opgehoop, golwe/berge gemaak wat later geset/gestol het; die betekenis van die woorde beskryf dit so. Lees Psl. 104:6-8.

Kom ons kyk nou wat die oorsaak was van hierdie brutale oopskeuring van die aarde en die gepaardgaande uitbarsting van lawa.
Gen.7;12; en die stort “reën” was op die aarde veertig dae en veertig nagte lank.
Hierdie 40 dae kon netsowel 40 jaar wees, ek moet nog die formule ontsyfer.
Die “reën” wat hier beskryf word is NIE ‘n normale reën soos ons reën ken nie, of soos dit vir ons in die kerk vertel is nie.

Openb. 8:7; die eerste engel het geblaas en daar het hael en vuur gekom met bloed gemeng en dit is op die aarde gegooi en ‘n derde van die bome het verbrand en al die groen gras het verbrand.
Hierdie beskryf ‘n meteoriet reën wat ‘n derde van die bome verbrand het en al die gras; die bloed simboliseer dat baie lewende wesens gesterf het.
Vers 8-9; en die tweede engel het geblaas en iets soos ‘n groot berg wat brand met vuur is in die see gegooi en ‘n derde van die see het bloed geword. En ‘n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe, en ‘n derde van die skepe het vergaan.
Hierdie klink soos ‘n groot meteoriet wat die atmosfeer van die aarde binne gekom het en stukkend “geruk” is om die meteoriet reën te vorm.
Hierdie tweede fase het ‘n derde van die lewe in die see uitgewis asook ‘n derde van die eilande. Skepe drywend in die see simboliseer die eilande.
Hierdie berg wat in die see geval het tesame met die oopbars van die aarde het bes moontlik enorme golwe gebring soos die onlangse tsunami.

‘n Derde engel het geblaas vers 10, en ‘n groot ster wat soos ‘n fakkel brand het uit die hemel geval, en dit het geval op ‘n derde van die riviere en op die waterfonteine.
Vers 11; die naam van die ster word genoem Alsem en ‘n derde van die waters het als geword. (Waarskynlik as gevolg van die verbrande “as.”)
Behalwe vir die feit dat Alsem die betekenis het van bitter beteken dit ook; ‘n ramp of katastrofe of ‘n vloek. Ons kan dit dus lees as; ‘n ramp het die aarde getref.
Dit moet nou baie duidelik vir jou wees dat hierdie ramp ‘n direkte gevolg van die vloek is wat die HERE op die aarde gepaas het en reën water word glad nie genoem nie.

Hierdie “ster” Mars het met die aarde gebots en die aarde het oopgebars, dit het op die noord pool getref (soos ons noord tans ken) en die aarde het soos ‘n neutedop oopgekraak, die aarde oopgeruk en lawa het vanaf binne uitgestroom en golwe en berge en dale gelaat toe dit begin stol. Die bybel sê die aarde het in drie geskeur.
Mars het ook van sy water op die aarde gestort wat kon bydra tot golwe van water en modder hoër as berge. Wetenskaplikes het “klippe” ontdek wat as dit vergas word die atmosfeer van Mars voorstel.

Hierdie “hael en vuur” was ook op Mars en die maan, die maan is ‘n duidelike prentjie van hierdie meteoriet reën. Dit het al die lewe op die maan vernietig en mars het stadig gesterwe terwyl die aarde steeds sterwe.
Mars, die Maan en die Aarde is uit hul natuurlike omwentel baan forseer, wat meegebring het dat alle hemel liggame minstens in ons sonnestelsel van posisie verander het en ‘n derde van alle planete met lewe het gesterf, aldus die bybel.

Jes. 24:1; die HERE maak die aarde leeg en verwoes dit en hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy inwoners.
Noord soos ons dit ken was eers suid, en hierdie botsing was dus in die suide. Die aarde leun ook nou 10 grade terug van sy vorige posisie.
Verse 19- 20; die aarde word geheel en al verbreek, die aarde is geheel en al aan die wankel, die aarde word geheel en al geskud. (deur die impak van die botsing.)
Die aarde waggel geheel en al soos ‘n dronkaard en swaai heen en weer soos ‘n naghut.
Hierdie gewaggel moes ‘n lang tyd aangehou het, dit is soos om ‘n prop in die water te gooi wat heen en weer waggel totdat dit tot ruste kom.

Nou kan jy verstaan dat die bybel sê daar was golwe of “water” hoër as berge want hierdie heen en weer gewaggel sou waarskynlik golwe hoër as berge veroorsaak het, Gen. 7:20. Nietemin, nêrens word water in die betekenis van hierdie woorde gebruik nie en dit is eenvoudig ‘n leuen om te sê dit was reën water van die hemel of water uit die fonteine van die aarde. Die fonteine word duidelik beskryf as lawa. Die beskrywing van “water” kan wees; golwe van lawa of/en modder en water en dit het verseker ‘n baie lang tyd geneem voordat die aarde weer stabiel was. Wetenskaplikes behoort nou te verstaan en te vind waarvoor hulle al die jare gesoek het. Hulle kan waarskynlik ook uitwerk watter impak dit op ons sonne stelsel sou hê.
Jy moet onthou ons deel altyd met gelykenisse, raaisels en spieël beelde.

Om ons te vertel dat Noag ‘n skip gebou het wat op die water gedryf het vir ‘n jaar, en dat die water wat hoër as berge was, binne een jaar verdwyn het soos die kerk ons geleer het, maak eenvoudig nie sin nie en is eerder ‘n belediging vir ons “wetenskaplike” breine.
Ek is nie ‘n wetenskaplike om te sê hoe lank die “waters” geneem het om tot ruste te kom nie, maar as ek sê 360000 jaar is ek moontlik nader aan reg as om te sê dit het ‘n jaar geneem, want goeie griet, waar is die water heen in een jaar, dit is as dit waar is die manier hoe ons vertel is; nietemin ons sal die formule ontsyfer en jou presies vertel hoe lank dit geneem het.

Minstens sê die wetenskap dat 85% van alle lewe in die onbekende verlede uitgewis is. Ons kan nou ook verbeel waarom sommige diere meters onder die grond begrawe is, of dan onder modder en lawa, sommige is onverhoeds betrap en het nog steeds voedsel in hul mond.
So ‘n groot impak van ‘n enorme meteoriet of ander planeet sou hitte golwe uitstuur teen duisende grade en sou teen duisende kilometers per uur beweeg het, en sou beslis baie diere onverhoeds gevang en verkool het. Dit sou ons dan ook nou ‘n idée gee van hoe miljarde bome verkool het om steenkool te vorm of hoe olie gevorm is en begrawe is onder modder of lawa.
Ons weet ook dat ons ‘n dramatiese klimaats verandering ondervind het en ons kan ons nou verseker verbeel waarom. As gevolg van die botsing en die geweldadige oopskeur van die aarde, het die aarde vergroot.

As ons die betekenis van die woorde in Gen. 6-8 ontleed vertel dit aan ons dat die aarde in duisternis gedompel was (stof/as/wolke) en die “waters” het vir 150 dae oorheers, miskien 150,000 jaar, dit het waarskynlik duisende jare geneem voordat die lewe weer normaal kon voortgaan.


Opsomming.



Jy kan nou verstaan dat die vloed ‘n sonde vloed/reën was en nie ‘n son vloed van reën nie.
Jy kan duidelik die leuens sien wat aan ons vertel is; om een te noem; dit was nie ‘n stort reën soos aan ons vertel is in die kerk nie.
Sonde is direk verantwoordelik vir die ramp wat die aarde getref het.
Dit is duidelik dat die aarde oopgeskeur is en dat lawa uit die binneste van die aarde gestroom het en word beskryf as fonteine van die aarde.
Dit sou sekerlik ‘n billike vraag van jou wees om te vra; nou waarom het my predikant my nie hierdie dinge vertel nie?
Wel, gaan vra hom!!!!

In ons volgende bespreking sal jy leer wie die Seun van die mens is.
Ek sê leer, want jy weet nie wie hy is nie; hy is beslis nie die een wat jou predikant aan jou vertel het nie.
Jy het waarskynlik gehoor van die Evangelie van Judas soos gesien op Discovery kanaal. Jy mag dalk verbaas wees dat die bybel sê; Jesus het Judas ‘n omkoop geskenk gegee om hom te verraai. Jesus het Judas “die stukkie” gegee en die woord “stukkie” het die betekenis van ‘n omkoop.

No comments: