Sunday, January 7, 2007

die verraad/nagmaal tafel/dan brown/heilige beker/nakomelinge van Jesus

Die verraad aan die nagmaal tafel/die heilige beker/Dan Brown/die heilige nakomelinge van Jesus.

Wat was hierdie verraad wat Judas gepleeg het werklik?
Hoe het hy verrraad gepleeg deur SLEGS ‘n gedoopte stukkie brood te neem?
Jy behoort saam te stem dat deur net so daarna te kyk dit baie vreemd en amper niks seggend is, want hoe kan die eet van ‘n stukkie brood verraad beteken.

Die antwoord lê in die onderskeiding van die liggaam en die antwoord lê NIE daarin om letterlike dinge te ondersoek nie maar deur die geestelike te ondersoek.
Ons kan die letterlike noem soos in 2 Kor:4:4; die verblinding van die sinne deur die God van hierdie wêreld. Die God van hierdie wêreld is reeds die letterlike oog. Daar is egter ‘n ander oog om deur te sien naamlik die sewende oog, wat nie na die letterlike kyk nie, maar na die geestelike boodskap wat die letterlike oog NIE kan of wil sien nie.

Ons het gohoor, gelees van Dan Brown se vertolking en ook andere se vertolkings, maar alles gabaseer deur die letterlike oog, wat die leuen voorstel.
Wat het ons gehoor/gelees. Ek noem ‘n paar wat ek neem uit ‘n skrif by; http://www.mikekemble.com/misc/grail.html
Ek No hulle van 1 –6.


1) I do not swear the following hypothesis is true, nor do I say it not! But what the Christian Church is based upon IS a lie. They have systematically altered the facts since its conception. Authentic documents found in the previous century have been called Heresy by the church, naturally, it counters their whole existence. The alleged grave, in the far east, of Jesu, who arrived there in 1 AD and of punctured feet engraved on the stone, could well be Jesus of Nazareth. He shares his grave with a muslim cleric no less! He was removed from the cross after possibly being drugged to assimilate death after 6 hours. Remember the vinegar on a sponge? Why "vinegar"? Crucifixions normally took 4 - 6 days to die, and usually were accompanied by legs being broken as stop them supporting themselves. So, why did Jesus "die" after only 6 hours? Naturally too, Dan Brown's excellent novel, The da Vinci Code, has created a storm in recent months, being denounced by Christians, and applauded by others. But, it was only a novel! The possibility that Jesus survived and fled east is quite feasible, with his followers laying false trails in the opposite direction! Why not.

2)The search for the Holy Grail has fascinated historians and treasure hunters for centuries now. Most of these believed that the Grail was, or is, the cup used by Christ at the last supper.


.3) Mary Magdelene was possibly the wife of Jesus Christ.

4)The Holy Grail, or Royal Blood, was possibly removed from Israel by Joseph of Aramethia and taken to France, where it was hidden amongst the Jewish population there and the Holy Grail gave birth to a child Sarah - the daughter of Jesus. For the Holy Grail is none other than Mary Magdelene.

5)The holy grail has been protected for so long, down the centuries, is due to the fact that the grail are Christ's direct descendants.


6)Leonardo painted the Last Supper, supposedly of the 12 apostles, having their final supper with Jesus before he was to be betrayed. In the image are 13 people and thirteen cups, no sign of the "grail" - but it is quite clearly there for those who know where to look. The Holy Grail sits at the right hand of Jesus. It is not a apostle (or an effeminate Peter as once thought) but a woman! It is Mary Magdelene!



Die mens is gedurig op soek na “die waarheid” maar heelaas deur die sinne van die mens wat hom na nêrens lei. Ook op hierdie gesels program “hardloop mense rond met brokkies skrif, en lang verduidelikings en fables, wat na niks gelei het nie, behalwe vals hoop en vals geloof. Net so is hierdie uittreksels slegs gissinge en die enigste waarheid lê in die skrif. Die skrif moet dit verklaar.
Jy wat hierdie bespreking gevolg het weet nou hoe om die liggaam van Jesus Christus te onderskei en jy sal derhalwe hierdie waarheid uit die bybel verstaan en daarna kan jy besluit of die bybel die ware weergawe is.

Die verraad van Judas.

Hoe op aarde het Judas die verraaier geword want hy is nie ‘n keuse gegun nie, is hy, hy is envoudig gekies.
Tog het Judas die ere plek aan hierdie tafel van God gehad en sy naam het die betekenis van; DIE LOFWAARDIGE.
Dit moet tog iets sê nie waar nie?

Ons het nou geleer dat jou liggaam die liggaam van Christus voorstel en dat jou liggaam uit twee komponente bestaan, naamlik die sigbare deel en die onsigbare deel.
Hierdie is ook die beeld van God en verteenwoordig die twee komponente van die skepping, waar die sigbare die vroulike voorstel en die onsigbare die manlike deel.
Die sigbare word verteenwoordig deur Satan, die God van die sinne/letterlike/sigbare en die onsigbare deur Christus die verteenwoordiger van die geestelike/onsigbare wêreld.
Ons kan ook die sigbare noem; duisternis terwyl ons die onsigbare lig noem.

Wanneer ons nou hierdie voorbeelde na die nagmaal tafel verskuif waar Jesus Christus sit dan kan ons sy liggaam onderskei deur te sê;
Sy sigbare komponent is verteenwoordigend van die volgende; Satan, duisternis, vroulik, verderfbaar en tasbaar.
(Miskien sê jy nou, maar sy liggaam het nie verderf nie, ja maar dit is uit ‘n ander hoek gesien wat ons later sal behandel, ons behandel nou die verraad.)
Die ander komponent is die onsigbare, die deel wat ons nie aan Jesus kon sien nie en dit verteenwoordig; Christus, lig, manlik, nie verderfbare en die nie tasbare.

Jesus het vir ons die onderskeid van hierdie twee komponente uitgelig in Joh. 6:63; dit is die GEES wat lewend maak die VLEES is van geen nut nie, die WOORDE wat ek spreek is GEES en is LEWE.

Hieruit is dit dus vir jou duidelik; die woord = lewende gees = Christus = lig = Seun van die mens/God.
Die vlees; = van geen nut = verderfbaar = duisternis = Satan = seun van die verderf.

Met hierdie in gedagte, wat is dan die verraad van Judas?
Die verraad is; hy het die vlees aangesien as Christus net soos ons en dit is die INGEDOOPTE STUKKIE, die brood van verraad wat na hom uitgehou is.
Ek sê; dit is hoe Christus vlees/sigbaar vir ons geword het.
Die brood wat ons dus neem, as die nagmaals gebruik is die brood van verraad, want jy het die vlees/duisternis/die verderfbare/Satan aangeneem as jou God.
Miskien skok hierdie jou nou ontsettend en jy wil dit dalk nie glo nie maar dit sê dat die nagmaal is die brood van Satan, die gees van Satan, en jy kan dit nie ontken nie want nadat Judas wat ‘n voorstelling van jou is, die STUKKIE geneem het, het die Satan in hom ingevaar Joh. 13:27.
Maar onthou nou; jy sit in die ere stoel en die betekenis van jou naam is die LOF VAN GOD en jy moet net hierdie dinge verstaan om jou lof van god te kry.

Wie is Judas werlik, wat/wie anders stel hy voor?
Hy is die bruid van Christus.
Die leuen; Ons het gehoor en gesien dat daar gesê is dat Maria Magdalena aan die regterkant van Jesus gesit het en dat sy waarskynlik sy vrou is/was.

Die waarheid; dit was Judas wat langs Jesus gesit het en sy het nie aan die regterkant van Jesus gesit soos Da Vinci dit uitbeeld nie maar aan die linkerkant waar die bruid/vrou/geeerde gas altyd sit.
Dit was bekend dat Da Vinci in ‘n agterstevoor spiel beeld geskryf het en dit was baie moeilik om sy skrif te lees en so het hy ook hierdie skildery in ‘n spiel beeld geskilder, miskien om ander te verwar, die waarheid is dus dat Judas die vrou van Jesus aan sy linkerkant sit want die skildery is ‘n spieel beeld waar regs eintlik links is.
Dit is dus ‘n voorstelling van jouself soos die kerk in waarheid gepreek het dat jy die bruid van Christus is.

Wie en wat is die heilige beker?

Die leuen; dit is een of ander heilige beker waaruit Jesus of iemand gedrink het en dit stel die bloed wat Jesus gestort het voor. Sommiges beweer selfs dit het die bloed van Jesus bevat.

Die waarheid; jy is die heilige beker waarin die bloed van Jesus geskink is.
Dit is aan jou gegee met die woorde; drink dit is my bloed.

Die leuen; hy het kinders gehad en hulle moet gesoek word om die heilige bloedlyn op te spoor.

Die waarheid; jy is sy heilige bloed lyn, sy heilige kinders, gebore uit die drink van die bloed van Jesus en daardeur het jy sy heilige kind geword, logies so.
Deur ‘n ander oog; Judas is die een aan wie die heilige beker gegee is om die moeder van die kinders van God te word en SY IS DIE BEKER WAARIN DIE HEILIGE BLOED GESKINK IS.
Deur die drink van die bloed van Jesus het jy sy siel gedrink, want die siel is in die bloed en so het jy ‘n lewende siel geword.

Wat is die voordele van die drink van die bloed;
Dit het jou in ‘n lewende wese verander met ‘n onsterflike siel.
Jy is die siel van God en die siel van God is die gees van ons Moeder God die aarde genoem die Heilige Spook Slaap.
Jy het dus ‘n siel vir jou Moeder geskep wat voorheen dood was en nou lewe sal ontvang.

Gaan die nagmaal ophou?

Ja, die nagmaal soos die woord NAG maaltyd sê sal/moet nou ophou, want ons het tog almal geweet dat hierdie maal is slegs ‘n simbool van iets by verre meer heilig.
Die nagmaal moet nou stop want die nagmaal hou Christus teë sodat hy NIE KAN KOM solank ons die nagmaal gebruik nie. die skrif sê; so dikwels as jy hierdie nagmaal gebruik verkondig jy dat Christus dood is/bly.

Om hierdie rede is daar nou ‘n nuwe maal nodig waarvan die Gees van Elia nou getuig, die gees van waarheid vir hulle wat dit wil aanvaar. Verwag jy die koms van die Seun van die mens?
Verhaas dit deur die nagmaal te stop.
Natuurlik is die nagmaal slegs ‘n sombool van wat dit werklik beteken en wat dit eintlik sê is; jy het die vlees aangesien as God en dit moet nou stop want Christus was nog NOOIT vlees nie, hy is gister, vandag en more dieselfde en as jy sê hy het vlees geword dan is dit logies ‘n leuen.
Nogtans was dit noodsaaklik dat Christus vlees moes word om sekere dinge te kon skep en daarom was jy die een wat hom in vlees moes verander, alhoewel hy slegs vir JOU vlees was en nooit werklik nie.
Ons sal later verder hiermee deel. Johan.

No comments: