Tuesday, January 9, 2007

Adam en eva en Eden hoofstuk 2

HOOFSTUK 2.


ADAM EN MAN EN EVA EN EDEN.


Om die beeld van God te verstaan moet ons eerstens verstaan;
*dat God = gees, inteendeel enige/alle gees.
*Dat God sewe geeste is wat sewe oë is = 7 horings = 7 engele sien Openb.5:6.

God kan dus gelyktydig uit sewe hoeke sien of hy kan sewe demensioneel sien. Enige voorwerp kan dus uit sewe verskillende hoeke beskryf word alhoewel, elke engel sal dit verskillend beskryf, maar die een weerspreek nie die ander nie, aangesien dit eintlik ‘n volledige prentjie van die voorwerp of onderwerp gee.
Dit is dieselfde as wanneer sewe verskillende mense ‘n prentjie van jou teken uit verskillende hoeke soos bv. voor, agter, jou twee sye en jou bo en onderkant en ‘n ander teken ‘n skets van ‘n deursnit van jou liggaam.
Natuurlik verskil elke skets maar nogtans weerspreek die een nie die ander, inteendeel dit gee eerder ‘n volledige skets van jou liggaam.
Om hierdie rede, wanneer ek iets verduidelik is daar nog ses ander maniere om dieselfde voorwerp of situasie te verstaan of te beskryf.

Die volgende ding om te verstaan is dat die beeld van God = manlik en vroulik in een liggaam of as een lewende wese, maar twee verskillende geeste huidiglik.
Dit beteken dus dat God man en vrou is; Gen. 1:27.
Dit is wat die bybel sê; God is man en vrou en indien jy nie hierdie skrif in die bybel glo nie kan jy nou maar hierdie manuskrip in die asblik gooi en ook jou bybel toemaak vir altyd, want dan is jy nie bereid om te glo wat die bybel sê nie.
Hierdie is slegs een beeld van God en ons kan dit op nog ses ander maniere beskryf.


Die skepping is in drie fases geskep Aldus die bybel.
Die eerste fase is waar hemel as man handel en aarde as vrou en dit verteenwoordig die beeld van God waar hemel en aarde as een liggaam handel of God as een liggaam nl. man en vrou.
Hemel hou dus die sperm en aarde die ovarium sowel as die baarmoeder van God die skepping.
Ek sê; hemel en aarde is man en vrou, hipoteties een liggaam, ‘n eenheid, dit was so voor die Big Bang.
Die eerste bevrugting van hierdie gesamentlike liggaam sal dus die Big Bang wees waar die hemel sy vrou die aarde bevrug het met sy sperm om die ovarium binne die baarmoeder binne te dring.
As gevolg hiervan het hemel en aarde een vlees geword hipoteties, want dit is nog nie voltooi nie, maar ons kan sê; in hul kinders, die lewe op aarde, het hulle een vlees geword en uiteindelik sal hulle een gees word = een vlees = een liggaam = man en vrou = manlik en vroulik om een liggaam te vorm en nie twee soos hulle tans is nie. Lees Math. 19:5-6 en Mark. 10: 6-9.
Ek sê; hemel en aarde sal saamsmelt om een lewende wese te wees.


Die tweede bevrugting is waar man en vrou een word in ‘n gesamentlike liggaam nl. die menslike liggaam.
Om hierdie rede sê God (hemel en aarde); laat ons, hemel en aarde, mense maak na ons beeld en die beeld is; manlik en vroulik.
Dit is dus ‘n gesprek tussen man en vrou, hemel en aarde wanneer hulle sê; kom ons maak mense na ons beeld. Gen. 1:26.

Om hierdie rede MOET die kinders van moeder aarde en vader hemel dieselfde komponente/gene hê as hul ouers alhoewel die ouers steeds twee verskillende liggame het.
Ek sê; die menslike liggaam is geskep as man en vrou in dieselfde liggaam; logies met komponente van hemel en aarde;
sien Math. 19: 4-6.
Jy mag dalk nou sê; nee, my naam is Piet of Koos en my vrou se naam is Anna en ons is twee verskillende mense. Ja natuurlik is jy reg maar dit is deur ‘n ander oog/gees gesien. Daar is sewe oë/geeste om ‘n voorwerp of beeld van God te beskryf en die verskil is dat jy nog nooit voorheen deur hierdie oog gekyk het nie.
Die mens het dus die atome/gees van die hemel en die atome/gees van die aarde.

Wat is hierdie verskillende atome of geeste?
Wel as jy na die skepping kyk sal jy sien hulle bestaan uit twee hoof komponente nl.
· ‘n sigbare komponent aarde en
· ‘n onsigbare komponent hemel.
Hulle is hipoteties een liggaam alhoewel twee komponente.

Jou liggaam is geskep met presies dieselfde beeld. Daarom is jou liggaam geskep met ‘n onsigbare deel en ‘n sigbare deel. Jou onsigbare deel is die deel wat jy nie kan sien nie nl. jou gees, asem, denke en jou stem en ageer as jou manlike deel.
Jou sigbare deel is jou fisiese liggaam waaraan jy kan raak en wat jy kan sien en ageer as jou vroulike deel.

Jy kan nou verstaan dat jy manlik en vroulik in een liggaam is net soos God jou ouers.
1) laat ons nou jou manlike deel man noem soos die bybel dit noem.
2)En die vroulike deel vrou.
3) Of ons kan sê; jou man deel = hemel en jou vrou deel = aarde.

Vir die eerste keer in die mens se bestaan sal hy nou minstens iets verstaan van die beeld van God en homself.

Jy mag nou dalk wil verskil as ek sê; omdat ons nie hierdie dinge verstaan het nie, maak dat alles waarin ons geglo het ‘n leuen is.
Alhoewel jy dit nou nog nie verstaan nie sal jy dit wel verstaan nadat jy hierdie openbaring volledig gelees het. Die kerk het nog nooit die beeld van God of hulself verstaan nie.

Laat ek nou man en vrou verder verduidelik. Jy weet nou dat man die geestelike of manlike deel van jou is en vrou is die fisiese of vroulike deel van jou liggaam terwyl jy mens of Adam genoem word.

Kom ons kyk nou na die skepping van die mens/Adam se manlike deel die gees en sy vroulike deel, die liggaam. Ek wil eers jou aandag vestig op Gen. 5:2; man en vrou het hy hulle geskape en hulle geseën en HULLE mens/Adam genoem. Die oorspronklike skrifte sê nie mens nie maar Adam.
Wat word hiermee bedoel? Dit sê eenvoudig dat die mens se naam = Adam want God het hulle, man en vrou, Adam genoem.
God het nie onderskeid gemaak tussen Adam en Eva nie, hy het hulle Adam genoem. Die naam Adam is eers na die skepping van Eva gebruik, voor dit is gepraat van man en vrou.
Alhoewel jy nou verstaan dat Adam = ‘n manlike en vroulike deel, is dit ‘n eenheid genoem Adam.
Jy Koos, is dus = Adam = 2 helftes en
Jy Susan, = Adam = 2 helftes.
Hierdie twee helftes is apart geskep.

Kerk het nog nooit hierdie gelykenisse verstaan nie en verkondig dus ‘n vals leer. Laat ek dit duidelik maak; hierdie is nie ‘n aanval op die kerk nie maar op die leuen; tog kan die waarheid soms soos ‘n aanval lyk. Ek wil ook duidelik sê; ek ondersteun nie evolusie nie, bedoelende ‘n toeval nie.
Ek het aan my goeie vriend waarvan ek jou vertel het gevra; hoe het God jou geskep? Sy antwoord was; ek is uit stof geskep. Ek vra hom toe hierdie vraag; goed, maar hoe het jy van stof tot die persoon gekom wat jy vandag is, want daar moes verseker ‘n proses van skepping gewees het, en wil jy nie die proses verstaan nie? Hy kon my nie sê wat die proses is nie.
Dit is goed en wel om te sê; ek is uit stof geskep en basta met die res, maar ons sê dit slegs omdat ons nie verstaan nie. God het nie een Sondag môre opgestaan, sy hande gevryf en gesê; mens en toe bestaan die mens nie; nee dit is baie duidelik uit die bybel dat dit ‘n lang proses was om die mens te skep. Jy verstaan nou reeds dat ‘n dag hipoteties 3,333 biljoen jaar lank is. Jy kan nou soos my vriend sê; bewys dit uit die bybel. My antwoord is; die bybel bewys niks, nie eens die bestaan van God of Jesus nie, want bewys = ‘n teken en Jesus het gesê; geen teken sal aan jou gegee word nie. Die graf van Jesus is nog nooit gevind of ook nie Golgota nie, want dit sou dan as ‘n teken kon dien. Tog is die mens ewigdurend op soek na tekens. GOD IS ONSIGBAAR EN UIT GELOOF en geloof WORD uiteindelik kennis.

Miskien sal jy jou oorsprong ontken wanneer ek dit aan jou verduidelik, maar dan kan jy jouself die moeite spaar en hierdie manuskrip in jou snippermandjie gaan gooi. Ontkenning = blindheid of dwaasheid = slawerny.

Kom ons verduidelik nou hoe hierdie twee helftes geskep is.
Gen. 2:7. en die HERE God het die man geformeer uit die stof van die aarde.
HERE en God simboliseer HERE as aarde (vroulik) en God as hemel (man) die twee ouers wat gesê het; laat ons die mens/Adam maak na ons beeld.
Hierdie gesprek = die Big Bang. Ek sê; die Big Bang = die gesprek of die bevrugting wat tussen man en vrou plaasgevind het. Jy mag dalk nou dink; watter rol het God dan gespeel, was dit dan nie maar toeval nie? Geensins, dit was ‘n beplande aksie om ‘n nuwe heelal te skep en om uit te brei of om die beskikbare materiaal te vermeerder.
In Gen. 1:7 lees ons dat God die uitspansel gemaak het, dit was na die Big Bang.
Die Hebreeuse betekenis vir uitspansel is; om te vergruis, om met dun lae te bedek, te verbreed, te versprei of uitsprei, uitrek, uit klop en om te vervaardig.
Die idée is duidelik; om uit te brei en dit is geen toeval nie. Inteendeel, dit is die gevolg van die gesprek tussen hemel en aarde. Ons bespreek dit later.

Kom ons gaan voort met; die HERE God het die man uit stof van die aarde gevorm.
Gen. 2:19. die HERE God het uit die aarde/grond gevormeer al die diere van die veld… en hulle na die man gebring.
Voor hierdie gebeure het “man” nog nie die naam Adam ontvang nie omdat Adam = die volledige mens en “man” het nog nie ‘n liggaam ontvang nie, hy is ‘n geestelike wese wat “man” genoem word sonder ‘n fisiese liggaam. Jy sal dit as die waarheid moet aanvaar; ons bespreek dit later weer.

Die betekenis van stof is; wegdrywe soos wasem of damp, vlugtig, lig en stof se ligte deeltjies. Dit maak dit baie duidelik dat “man” uit stof soos damp of wasem geskep is en nie uit grond soos ons vertel is nie.
Die betekenis van aarde is; grond vanweë sy rooi kleur en die liggaam is uit grond geskep.

Stof simboliseer dus die gees van “man”, ‘n aardse gees.
Aarde/grond simboliseer die fisiese liggaam gevorm uit grond of klei.
Dit is ook duidelik dat God die liggaam ‘n dier noem. Sien Gen. 2:19.
Miskien hou jy nie daarvan dat jy “’n dier” is nie, maar dit sê eintlik maar net dat jy ‘n aardse liggaam het.
Dit behoort algemene kennis te wees want ons eet plante as voedsel wat uit grond bestaan en wanneer ons sterf keer die liggaam terug tot grond.
Stof (gees) en grond (liggaam) is dus die twee helftes van die mens.
Jy sal saamstem dat daar ‘n wesenlike verskil is in die betekenis en dat “man” nie uit grond geskep is nie maar uit stof soos wasem of damp.

Kom ons bewys dit nou vanaf ‘n ander hoek/gees en beskryf Eden.
Ek is seker dat meeste van julle deur die kerk onder die indruk geplaas is dat Eden ‘n tuin is. Wel dit is nie waar nie!! Eden is nie ‘n tuin nie maar ‘n tuin is in Eden geplant aan die ooste kant. Gen. 2:8 die HERE God het ‘n tuin geplant in Eden in die ooste..
Dan is daar die ander leuen waar sommige predikante sê; Adam en Eva nl. die man en vrou is uit die tuin van Eden verdryf.
Weereens ‘n leuen; slegs die man is uit die tuin verdryf. Jy sal dit binnekort verstaan. Dan is daar die misverstand; ek sal dit korrigeer deur te sê; God het die man uitverdryf en hom vervang met iets anders “in die ooste” (die ooste is die plek waar die man aanvanklik was).
Ek sê; die man was in die tuin in die ooste. Sien Gen. 3:24; so het God dan die man weggedrywe uit die tuin aan die ooste kant en hom vervang met gerubs!!!!
Die betekenis van gerub = ‘n gees van verbeelding of ‘n denkbeeldige figuur/idool in die brein.
Die doel van hierdie verbeeldings gees is spesifiek om die boom van ewige lewe te behou of te beskerm sien Gen.3:24.
Die woord te behou (to keep) is om die boom te preserveer of te “red”.
Hierdie boom van lewe is uiteraard ‘n simbool van ewige lewe vir die mens. Tot vandag kon die mens nog nie die pad na hierdie boom vind nie as gevolg van die een wat die boom beskerm.


Johannes het hierdie bewaker van die boom gevind, oorkom en oorwin en sy sending is om aan jou die pad te verduidelik en jou te help om ook hierdie denkbeeldige idool/bewaker/gerub te oorkom en te oorwin wat ons verblind het met sy swaard wat vlam en flikker volgens Gen. 3:24.
Die naam van hierdie gerub is Satan. Jy mag nou dalk geskok wees met hierdie verklaring maar ek sal dit aan jou “bewys” in hierdie skrywes.
Die waarheid is; jy weet nie wie Satan is nie. Slegs diegene wat hulself as heilig beskou sal hierdie verklaring verwerp en sal waarskynlik nou ophou om te lees, maar die bybel sê; niemand doen goed nie, selfs profeet en priester is goddeloos, Jer. 23:11 en; ook selfs die hoere sal julle voor wees in die koninkryk, want die tollenaars en die hoere sal glo; Math. 21:31-32.

Natuurlik is dit jou keuse maar een of ander tyd SAL JY HIERDIE MANUSKRIP LEES EN JY KAN NETSOWEL NOU DIE WAARHEID LEES.
Jy is nou alreeds bewus van meer as een leuen wat aan jou vertel is soos bv.; jou predikant het jou waarskynlik vertel dat Adam ‘n manlike persoon is terwyl die bybel sê God het hulle nl. man en vrou Adam genoem.
Hy mag jou vertel het dat God man en vrou uit die tuin in Eden verjaag het, terwyl die bybel sê slegs Man is uitgedryf; die afrikaanse bybel sê verkeerdelik mens.
Hy mag jou vertel het dat God manlik is terwyl die bybel sê; God is manlik en vroulik (vader en moeder) in een ligaam en jy is na dieselfde beeld geskape.
Hy mag jou vertel het dat Eden ‘n tuin is terwyl die bybel sê; Eden is nie ‘n tuin nie maar ‘n tuin is in Eden geplant.

Ek wil nie onbeskof klink nie maar ek gaan ook nie doekies omdraai nie; daar is slegs een rede waarom hy jou so vertel het en dit is; hy is blind. Tog sê die bybel God het ons verblind vir ‘n baie goeie rede, ons verduidelik later meer.
Gedurende hierdie besprekings sal jy bewus word van honderde leuens wat aan jou vertel is, inteendeel vir die eerste keer sal jou predikant verstaan wat hy al die jare gepreek het.

Laat ons nou voortgaan;
As gevolg van hierdie vervanging van man met gerub het ons/die mens/Adam/jy, in ‘n diepe slaap verval Gen 2;21. Hierdie gerub verblind verdoof ons sintuie; sien Jes. 6:9-10; ons bespreek dit later in detail.

Kom ons openbaar nou Eden en die tuin aan jou. Jy sal agterkom hoe versteek hierdie raaisel/gelykenis was. Vir die eerste keer in die bestaan van die mens sal hy dit en homself verstaan en nie alleen dit nie, maar ook hemel en aarde en God, moeder en vader.

Onthou net, daar is sewe verskillende oë/geeste om Eden te beskryf.
Aan die einde van hierdie bespreking sal ek nog ‘n “oog” aan jou openbaar maar nie ten volle want dit is ‘n ander bespreking.

Wie is Eden?

Eden is jou fisiese liggaam beskryf deur een oog; kom ek bewys dit aan jou.

Gen. 2:8. die HERE God het ‘n tuin geplant in Eden in die ooste.
Dus; Eden is nie ‘n tuin nie maar ‘n tuin is in Eden geplant. Hierdie tuin is jou vyf sintuie of jou brein/gesig. Oos is jou gesig waar al jou sintuie in jou brein ontmoet. Oos is ook die voorkant van jou liggaam.

Die betekenis van tuin is; om in te kamp/afkamp, beskerm of bewaak; die sintuie is daar om jou te beskerm; die tuin simboliseer dus jou sintuie.

Vers 8 vervolg; en daar, in die tuin, aan die man wat Hy geformeer het ‘n plek gegee. Die bybel sê God het eers die man geskep en toe die vrou/liggaam.
Vers 15. toe het die HERE God die man geneem en hom in die tuin van Eden (jou gesig) gestel om dit te bewerk en te bewaak.
Wat beteken dit?
Bewerk (engels; to dress); vooruitgang, te verrig, om te word, om voort te bring, in huwelik gee, voorberei, verslaaf maak, gevangeskap, slawerny, om uit te voer, huweliks maat/man, bediende of te aanbid en nog meer.

Bewaak; om te preserveer (totdat ons intelligent genoeg is om die pad te vind en die bewaker te oorwin.)
Ek kan jou verseker die weg/pad is nou oop.

Ons kan dus sê; die tuin is jou gesig/kop en God het die geestelike man/huweliksmaat in jou gesig/kop/tuin gesit om jou voor te berei, vooruitgang te verseker, om dit geestelik te voed en ewiglewend te hou.

Vers 10; daar het ‘n rivier uit Eden (jou liggaam) uitgegaan om die tuin (in jou kop/gesig) nat te maak.

Rivier; ‘n stroom, om te sprankel, te skitter, vrolik/opgewek te wees.

Te benat; besproei, om te verseker, om te drink en om saad te voorsien.

Hieruit is dit duidelik dat Eden die liggaam, die man/gees/huweliksmaat moet voed met kennis, hom vrolik en gesond hou en van geestelike saad voorsien.

Vers 10 vervolg; en daarvandaan (vanaf jou gesig) is dit verdeel en het vier lope geword.
Die vier lope is; jou senustelsel/rugmurg, jou bloed/are stelsel, jou asemhalings organe en jou spysverterings stelsel.

Vers 11; die naam van die eerste is die Pison dit is hy wat om die hele land Hawila loop waar die goud is.

Pison; vinnig vloeiend, verspreid, om te versprei, uiteen gaan.

Hawila; sirkel of kringvormend, kinkel of vinnig draaiend of gewarrel, spiraalvormig en dit impliseer ook die gevoel van pyn, angs, ongemak en hoop as voorbeelde.

Dit beskryf beslis jou senu stelsel, jou brein, jou murg wat vinnig vloeiend is, verspreid, sirkelvormig, spiraalvormig is, van en na die brein om jou byvoorbeeld van pyn bewus te maak.

Vers 13; die naam van die tweede rivier is die Gihon. Dit is hy wat om die hele land Kus loop.

Gihon; ‘n fontein, om voort te stroom, ‘n stroom of ‘n paradys rivier.

Kus; gebied, bedoelende die een in beheer.

Dit stel jou hart as die fontein voor met die are wat regdeur jou liggaam loop, jou siel is in jou bloed, jou paradys of rivier van geluk/blydskap. Jou hart/bloed is die een in beheer van jou liggaam.

Vers 14; die naam van die derde rivier is die Hedekel. Dit is hy wat oos van die Assur loop.

Hedekel; stekerig, turksvy (die longe lyk soos die blaar van ‘n turksvy) ook groot rivier.

Assur; om reguit te wees, versameld, byeenkom en inwoner.

Duidelik beskryf dit jou longe en lugpyp wat aan die voorkant/die oostekant is.

Vers 14 vervolg; en die vierde rivier is die Frat.

Frat; om voort te bring, voort te vloei, rivier aan die ooste, voort te bring, te groei en te vermeerder.

Hierdie beskryf jou spysverterings stelsel, jou slukderm, maag en derms wat groei bring.

Hierdie riviere/organe voed die tuin in Eden, jou liggaam.
Ek sê; jou liggaam voed jou sintuie/geeste en op hul beurt beskerm hulle jou liggaam en sorg vir vooruitgang.

Vers 9; die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin en die boom van goed en kwaad.

Uit die grond beteken; “uit die liggaam” want die liggaam is “uit” grond of die grond.

Die bome simboliseer jou sintuie nl. sig, gehoor, smaak, voel en reuk almal van hulle aan die brein gekoppel.
Ons praat later weer hieroor.

Nietemin, laat ek byvoeg;
Die boom van goed en kwaad was nog nooit beskerm nie en ons het vrye toegang om van hierdie boom se vrug te eet.
Elkeen van ons eet nog steeds elke dag hiervan.

Ewenwel, die boom van lewe word beskerm deur gerub wat aan die oostekant in die tuin in Eden geplaas is waar die man voorheen was, hierdie gerub is aan die voorkant van jou gesig in jou brein, aan die voorkant van jou brein.

Jy sal nou saamstem en verstaan dat Eva was nooit uitgedryf uit die tuin, want Eden/Eva is jou fisiese liggaam.

Ek sê; jou fisiese liggaam van grond word genoem Eden, Eva of vrou en jou gees is uit “stof” en word genoem man en hierdie kombinasie word genoem Adam.

Jou oorspronklike man is verdryf uit jou liggaam (Eden) en is vervang met gerub in jou brein.

Kom ons kyk nou na die betekenis van Adam en Eva terwyl jy nou verstaan hulle = die twee helftes van jou liggaam nl. Man en Eva of man en vrou of hemel en aarde.
Uit hierdie bespreking moet dit nou vir jou duidelik wees dat Eva haar self moet voed en ewig aan die lewe moet hou, want die riviere van Eva (jou liggaam) voed die tuin waar die man is met geestelike saad en die man/gees/huweliksmaat op sy beurt voed weer die liggaam met gees.

Dit werk in ‘n sirkel; ‘n ewig durende sirkel; was/moes wees maar iets het verkeerd gegaan vir die man. Die ewige gewer van lewe is uitgedryf uit die tuin in Eden jou brein en is vervang met gerub en om hierdie rede sterf jy. Om die waarheid te sê die doel van hierdie gerub is presies dit; om jou te laat sterf ten einde die boom van lewe te beskerm, maar dit is ‘n ander bespreking.

Die betekenis van Adam/mens = rooi, om bloed in die gesig te “wys”. Adam is dus die siel want die siel is in die bloed. Ons kan dus ook aflei dat God die mens ‘n siel noem.

Adam/mens het ‘n lewende siel geword, die asem van lewe ontvang, die stof/gees van die aarde Gen. 2:7.
Die asem van lewe is jou sesde sintuig, jou verbeelding.

Ek sê; die siel is ‘n gees van verbeelding of ‘n gerub. Gerub beteken ook engel.

Die betekenis van Eva = lewe gewer (sy gee lewe aan haar man, voed hom soos jy nou verstaan) ook plek om in te lewe, bekleding van die man, aankondiger of om te vertoon.


Plek om in te lewe = die man/gees lewe in Eva of Eden en daarom word sy genoem lewens plek vir die man.

Aankondiger of vertoon; sy is die sigbare deel van jou liggaam en spreekbuis, maar nie die spraak nie.

Bekleding; sy is die vlees, die bekleding vir die geestelike man.
Dit beskryf dan duidelik dat sy jou liggaam is.

Ek het aan die begin gesê dat ek jou ‘n beskrywing sal gee van ‘n ander Eden en tuin.
Eden is ook die aarde en die tuin van aarde is Kaapstad, die Moeder stad, Kaap van goeie hoop, met Tafelberg in die middel van die stad.
Tafelberg simboliseer die tafel vir die voedsel, Duiwels kop, Sein heuwel, die twaalf apostels, Leeu kop en Judas piek.
Hierdie verteenwoordig die tuin, die gesig van God. Dit is egter ‘n ander bespreking.


Opsomming van Eden.


Ons het verduidelik wat die beeld van God is nl., God is man en vrou in een liggaam nl., hemel en aarde is een gesamentlike liggaam en hoe hulle mekaar ewiglik moet energeer. Hemel en aarde is die eerste stadium van die skepping en gesien SLEGS deur een oog.

Die lewe op aarde is die tweede stadium van die skepping en het logies ook hierdie beeld nl., twee helftes, genoem man en vrou. Alle lewe het hierdie beeld.
Jy verstaan nou ook dat God die mens Adam noem of jy nou man of vrou is, jy is Adam met twee helftes nl., Manlike en Eden.
Jy het ook geleer dat jou fisiese liggaam Eden of Eva genoem word en dat jou man of huweliksmaat uit jou brein verdryf is en vervang is met gerub wat ‘n gees van verbeelding is wat jou verblind, volgens die bybel.

Jy het ook geleer dat jou manlike deel uit stof geskep is en jou liggaam/Eden/Eva uit klei, wat dit ‘n leuen maak soos ons dit gepreek het.


Ons volgende bespreking handel oor die vrou van Kain. Voor hierdie openbaring oor die vrou van Kain kon geen Christen of mens verklaar wie die vrou van Kain was nie.

Daar was bv. lank gelede ‘n hofsaak en hierdie vraag is in die hof aan ‘n christen gevra en hy kon nie antwoord nie.

Vir ‘n lang tyd was dit ‘n bespreking en

No comments: